• No results found

Gedurende die ampstermyn van adv. Ewald Esselen as Staatsprokureur (1894 tot en met die Jameson-inval aan die begin van 1896), het dit van meet af duidelik geword dat 'n komplot teen die ZAR-regering aan die orde van die dag is. Om die faktore wat 'n rol in die totstandkoming van die Geheime Diens gespeel het te verstaan, moet die politieke situasie in die tydperk 1894-1895 kortliks in oenskou geneem word. Teen die einde van 1894 het die omverwerping van die Kruger-bewind vir Cecil John Rhodes persoonlik gebiedend noodsaaklik geword.: Tot in daardie stadium het

Rhodes as suksesvoile politikus, nyweraar, mynmagnaat, ontdekker, diamantdelwer, sakeman, boer en filosoof nog een van sy lewensdrome probeer verwesenlik, naamlik om Brittanje as wereldmoondheid vanaf die Kaap tot in Kai'ro in Afrika te vestig en so sy imperiale strewe te verwesenlik. Die sukses wat hy onder meer met sy Matabeleland-beleid behaal het, het horn laat besluit dat die Krugerregering omvergewerp moet word. Die Uitlanderkwessie het horn die geleentheid gebied.

Verskeie redes vir die dringendheid van Rhodes se optrede kan aangevoer word. Een van die belangrikste redes was dat die ZAR die ekonomiese leierskap in Suider- Afrika oorgeneem het en toenemend onafhankliker geword het. Verder was dit vir Rhodes tydens sy besoek aan Masjonaland en Matabeleland, gedurende September

1 J.H. Breytenbach, Geskiedenis van die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902, I, p. 109, D.O. Rhoodie, Die Johannesburgse "Reform Committee" 1895 - 1896, (MA, UP, 1958) p. 21; R. Mendelsohn, Thirty Years' Debate on the Economic Origins if the Raid in J. Carruthers (Red.), The Jameson raid: A centennial retrospective, p. 60.

2 D.O. Rhoodie, Die Johannesburgse "Reform Committee" 1895-1896, (MA, UP, 1958), p. 9. 3 R. I. Rotberg, Who was responsible Rhodes, Jameson and the Raid, in J. Carruthers (Red.),

The Jameson raid: A centennial retrospective, p. 132. 4 J. van der Poel, The Jameson raid, p. 6.

72

1894, duidelik dat Rhodesie in terme van goudpotensiaal, nie 'n tweede Witwatersrand was nie.5 Rhodes se onderhandelinge met Kruger oor

spoorwegaangeleenthede gedurende Oktober 1894, het ook nie gunstig verloop nie.6

Verder het Rhodes se gesondheid agteruit gegaan en teen die einde van 1894 het sy stryd reeds teen 'n vroee dood begin.

Die grondplan vir die komplot om die Krugerregering omver te werp sou dieselfde wees as die plan wat sir Henry Loch gehad het. Die Uitlandergriewe sou as katalisator gebruik word vir inmenging deur 'n krygsmag wat op die wesgrens van die ZAR gestasioneer was. Dit is egter ook duidelik dat die sogenaamde Uitlandergriewe veral deur die pers oordryf is. Dit het bygedra om die regte atmosfeer vir 'n magsoorname te skep. Wat die Rhodes-komplot begunstig het, is die feit dat die mynmagnate en kapitaliste ook van mening was dat die Krugerregering se tyd uitgedien was.

Om die komplot verder te voer, sou Rhodes beide die interne en die eksterne aspekte daarvan versigtig moes beplan. Vir die eksterne beplanning sou Rhodes Brittanje moes besoek om aansluiting by die Britse Koloniale kantoor te vind.10 Op 16

Desember 1894 het hy, vergesel van John Willoughby en dr. Rutherfoord Harris (die Sekretaris van die Chartered Company in Suid-Afrika), Londen besoek. Die doel was om die voorbereidings vir die komplot te tref vir Rhodes om 'n verbintenis met die koloniale kantoor te bewerkstellig. Drie belangrike sake wat uitgeklaar moes word, was die daarstel van 'n basis in Bechuanaland, die organisering van 'n gewapende

5 I. R. Smith, Joseph Chamberlain and the Jameson raid in J. Carruthers (Red.), The Jameson raid: A centennial retrospective, p. 99.

6 G.D. Scholtz, Die oorsake van die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902, I, p. 333.

7 D.O. Rhoodie, Die Johannesburgse "Reform Committee" 1895-1896, (MA, UP, 1958), p. 10.

8 I. R. Smith, Joseph Chamberlain and the Jameson raid in J. Carruthers (Red.), The Jameson raid: A centennial retrospective, p. 100.

9 R. Mendelsohn, Thirty Years' Debate on the Economic Origins of the Raid in J. Carruthers (Red.), The Jameson raid: A centennial retrospective, p. 84.

10 D.O. Rhoodie. Die Johannesburgse "Reform Committee" 1895-1896, (MA, UP, 1958), p. 11.

mag op die ZAR-grens en die beplanning van die rol wat die Hoe Kommissaris in die komplot moes speel.1

Sir Hercules Robinson was die Britse Hoekommissaris. Dit sou later blyk dat hy bloot 'n instrument in Rhodes se hande geword het. Gedurende Februarie 1895 het Rhodes na Kaapstad teruggekeer. Met die eksterne beplanning van Rhodes se komplot het dit goed gegaan.

Wat die interne aspek van die komplot betref, was daar sedert die begin van 1895 nog baie werk vir Rhodes om te doen. Teen die einde van 1894 het Charles Leonard, 'n broer van J.W. Leonard, na die ZAR teruggekeer om Tudhope as die voorsitter van die Transvaal National Union (TNU) op te volg. Die TNU het dan ook teen 1895 'n lae profiel gehandhaaf. Op daardie tydstip het Charles Leonard ook nog geen gedagte gehad om die ZAR-regering met geweld omver te werp nie. Leonard sou ook mettertyd deur Rhodes betrek word in die komplot.

George William Taylor, alias Josef, het as geheime agent steeds die TNU en sy bestuurslede se optredes dopgehou en daaroor gerapporteer.13 Hy het gewaarsku dat

die verwisseling in voorsitterskap van die TNU tot meer aktiewe agitasie, asook tot meer militante aksies teen die staat aanleiding sou gee, wat bewys het dat Taylor as geheime agent die korrekte aanvoeling gehad het vir sy werk en tydig oor relevante sake gerapporteer het.

Hoewel die mynmagnate ook nie polities betrokke was nie, sou hulle onder Rhodes se invloed teen die middel van 1895 betrokke raak. 'n Belangrike figuur was Lionel Phillips, president van die Kamer van Mynwese. Hy het 'n wesenlike rol in die hele beweging gespeel.14

Die staat se veiligheid is bedreig aan die begin van 1894. Die Krugerregering het ook dieselfde aanvoeling gehad want die Uitvoerende Raad het vanaf November 1894 tot

11 Ibid., p. 14. 12 Ibid., p. 14

13 SP 238, Verslag no 27, Taylor - Esselen, 27.1.1895.

14 D.O. Rhoodie, Die Johannesburgse "Reform Committee": 1895-1896, (MA, UP, 1958), p. 19.

74

April 1895 vier keer bedrae van £1 000 vir "geheime diensten" goedgekeur. Hierdie totaal van £4 000, wat in net ses maande se tyd vir geheime dienste bewillig is, was feitlik dubbel die bedrag wat vir die voorafgaande 10 maande van 1894 daarvoor bewillig is. Hierdie geld is klaarblyklik nie net op die twee geheime diensagente, Howcroft en Taylor, wat in diens van Esselen gestaan het, bestee nie. Dit is nie duidelik waarvoor die bedrae aangewend is nie. Dit het waarskynlik betrekking gehad op die losse komplot wat teen die ZAR-regering aan die einde van

1894 begin vorm aanneem het.