• No results found

Om die latere Geheime Diens in die ZAR se ontstaan en funksionering te begryp, is dit nodig om die organisasie van die Polisiediens onder die loep te neem. Dit wentel

120 Ibid., pp. 278-281.

121 C.L. Grimbeek, Die wedersydse beoordeling van Boer en Uitlander 1886-1899, (MA, RAU.1969), pp. 30-31.

37

veral om die bevel- en beheerstruktuur asook pligte van die polisie. Die rol en take van die Speurpolisie is veral ook van belang omdat laasgenoemde die stamboom van die Geheime Diens was. Later sou veral verwarring ontstaan oor die rol van die Speurdiens en die Geheime Diens omdat lede soms oor en weer operasionele diens verrig het.

Die gebeure in en om die Witwatersrand tot en met ongeveer 1894-1895 sou hoofsaaklik die tempo van verandering en ontwikkeling van die staat se behoefte aan inligting bepaal. Daarby was dit ook nodig om vas te stel wat die houding van buurstate en binnelandse stamme was. Die ontstaan en groei van die Speurpolisie asook die Geheime Diens, was die resultaat van hierdie behoeftes.

Die Polisie- en Speurdiens, wat vanaf 1886 op die Witwatersrand diens sou doen, het feitlik geen grondslag gehad om op te bou nie. Die nuwe Mynkommissaris, C.F.P.J. von Brandis, sy klerk en kleiminspekteur is in 1886 aangestel. Von Brandis het die onmiddellike behoefte aan 'n polisiediens besef en gevra dat 'n sipier, 'n hoofkonstabel en tien ander konstabels in Johannesburg aangestel word, 'n Sekere John Mclntosh is as hoofkonstabel aangestel.123

Mclntosh het die Mynkommissaris se tent gedeel. Agt konstabels, wat ook as bewaarders moes optree, is aangestel. Teen die einde van 1886 is die eerste twee berede konstabels tot Von Brandis se mag toegevoeg. Volgens die Goudwet van 1886 is die beheer van die polisie uit Von Brandis se hande geneem en in die hande van die assistent-landdros, H. Eckhardt, geplaas.124 Teen 1887 is die dienste van meer

konstabels aangevra. Die regering het besluit om ook 'n Kommandant van Polisie oor hoofkonstabel Mclntosh aan te stel. Die aanstelling van A.J. de la Rey was egter 'n fout en hy het bedank. In sy plek is die 36-jarige D.E. Schutte, as Kommandant van die Polisie in Johannesburg aangestel. Met sy aanstelling is die beginsel van politieke lojaliteit voorop gestel. Aanvanklik was Schutte slegs in beheer van die berede polisie,

123 G.N. van den Bergh, Die Polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in Argiejjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 38, 1975, pp. 125-126.

maar vanaf Oktober 1889 was hy in bevel van al die polisie. Met sy aanstelling het die verdere ontwikkeling van die polisie begin.

In Johannesburg is ook luitenant G.W.L. Mostert en in 1890 tweede luitenant J.P. de la Court Schroder, aangestel. Schroder sou later een van die mees uitstaande geheime agente in diens van die ZAR word. Hierdie twee amptenare het egter meer ondervinding van polisietake as Schutte self gehad. J.P. Heugh is na Mostert se bedanking aangestel. Die polisie se werksaamhede het grootliks uit voetpatrollies bestaan en soos dit polisie betaam, moes hulle toesien dat die landswette gehoorsaam word.

Die berede polisie se dienste het bestaan uit gewone, spesiale en reserwediens. Gewone diens het uit patrolliediens bestaan, spesiale diens het klopjagte en die vervoer van gevangenes ingesluit. Die aanstelling van en beheer oor die voetpolisie op die delwerye was 'n plaaslike aangeleentheid waaroor die spesiale of assistent- landdros, mynkommissaris of vrederegter, besluit het.

Die behoefte aan 'n speurdiens op die Witwatersrand het kort na 1886 na vore getree. Die Speurdiens het veral aandag gegee aan die oplos van misdrywe soos moord, roof, aanranding, onwettige drankhandel en gouddiefstal. Volgens Leyds se biograaf, L.E. van Niekerk, het Leyds president Kruger reeds in 1886 oortuig dat 'n geheime speurdiens ingestel moes word.129 In 1887 was daar gerugte dat 'n "geheime politie"

opgerig gaan word. Gedurende Oktober 1887 is die ZAR se eerste speurdienaar, Robert Ferguson, aangestel. Later in die jaar is Francis Brand en James Watt ook as speurders aangestel.

125 Ibid., pp. 130-131.

126 A. Wessels, "Schutte Daniel Egnatius" in C.J. Beyers en J.L Basson (Reds.) Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, V, pp. 739-740.

127 G.N. van den Bergh, Die Polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in Argiefraarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 38, 1975, pp. 133-134.

128 Ibid., pp. 134-135.

129 L.E. van Niekerk, Huldeblyk by geleentheid van die onthulling van 'n borsbeeld van dr. W.J. Leyds by die Nasionale Intelligensie Akademie op 12 Augustus 1987.

130 G.N. van den Bergh, Die Polisiediens in die Zuid-Afrkaansche Republiek in Argiejjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 38, 1975, p. 140.

39

Die Staatsprokureur was ook benewens sy juridiese pligte, oorhoofs in beheer van die hele speurdiens. Aan die begin sou slegs sy verteenwoordiger, nl. die assistent- landdros aan die speurders opdragte kon gee. Die hoofspeurder was egter verantwoordelik vir die administrasie en opleiding van die speurders. In hierdie verband het hy dieselfde fiinksie as die kommissarisse, kommandante, luitenante en onder-offisiere by die polisie verrig. Metteryd was daar wrywing tussen die gewone polisie en die speurders. Een van die redes was dat Ferguson as hoof van die speurders in rang aan Schutte gelyk gestel was. Verder is die polisie verbied om met die speurders se werk in te meng. Om hierdie probleem die hoof te bied, was die speurders ingevolge die Polisiewet van 1895 onder die Kommissaris van Polisie se beheer.131

Die Speurpolisie se hoofkwartier was in Johannesburg. Die geriewe was aanvanklik nie baie gerieflik nie:

In the days when gold fever was turning the good Zuid-Afrikaansche Republiek topsy-turvy there stood at the back of Johannesburg's first Courthouse a little document-battered room, full of shabby furniture, which housed a badly advertised little organisation that began the activities which have since grown into one of the world's most specialised Crime Detection Systems, i.e., the Rand C.I.D.

In die begin het 'n geheimsinnigheid die Speurdiens van die ZAR omhul. Die geheimhouding rondom sake soos begrotings vir die speurdiens was verstaanbaar, maar die geheimsinnigheid binne die diens tussen lede onderling, is moeilik verklaarbaar. Selfs ontmoetings tussen speurders onderling moes privaat geskied.133

Speurders het ook 'n ronde lapelwapen met die woorde "Geheime Politie Z.A.R". en 'n nommer onderaan, gedra. Hierdie bewoording "Geheime Politie" asook "Detective Department" en self "Geheime Dienst,"134 het waarskynlik daartoe bygedra dat

131 Ibid., pp. 140-142.

132 E. Rosenthal, Geheime Diens in The Nongqai, Augustus 1927, p. 762.

133 G.N. van den Bergh, Die Polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 38, 1975, p. 141.

onkunde oor die aard en funksie van die speurdiens bestaan het. Daaruit kon 'n antagonisme jeens hulle en die staat daaruit voortspruit. Die verwarring het reeds voor

1890 begin en tot na 1897 voortgeduur. Vanaf 1898 was verwysings na Geheime Diens al hoe meer in die regte konteks. Die verstandhouding het posgevat dat dit die ZAR se spesifieke afdeling belas met staatsveiligheid, inligtinginsameling en spioenasie was. Waar korrespondensie en briewe teen 1899 gerig was aan: "STRIKT PRIVAAT Hoofd v/h Geheim Dienst (Secret Service) Pretoria"135 en aan "T. Kruger

Chef van den Inlicthtingsdienst der Z.A. Republiek,"136 was daar geen twyfel meer

nie dat die Geheime Diens 'n eie identiteit en staanplek binne die staatsdiens verwerf het.

Een definisie beskryf die verskynsel van 'n geheime diens as 'n:

Staatsdepartement wat in die geheim inligting van politieke of militere aard inwin, politieke misdadigers opspoor en vertroulike werk verrig wat nie aan die groot publiek bekend mag raak nie. Die uitgawes van hierdie

137

departement word gewoonhk nie gekontroleer nie.

Uit hierdie omskrywing in die omgangstaal is dit duidelik dat die idee van 'n geheime diens, in die geval van die ZAR, aanvanklik troebel was. Vanaf 1894 het 'n stelselmatige ontwikkelingsgang egter plaasgevind. Teen die einde van die volgende jaar het die Geheime Diens finaal beslag gekry. Eers vanaf daardie tyd kon bogenoemde definisies op die ZAR se Geheime Diens van toepassing gemaak word.