• No results found

Die bedanking van Esselen91 as Staatsprokureur op 14 November 1895, slegs twee

maande voor die Jameson-inval, was 'n geweldige terugslag vir die geheime diens in wording. Verder het sy bedanking 'n onderbreking in die invloei van inligting op 'n kritieke stadium veroorsaak. Trimble was aanvanklik gedurende November 1894 op 'n tydelike basis deur Esselen as hoofspeurder aangestel. Trimble se aanstelling was egter 'n slim set van die regering om die Uitlanderkritiek oor die onbekwaamheid van

92

die Speur- en Polisiediens te probeer hokslaan. Desnieteenstaande het wantroue vanuit sekere regeringskringe egter deurentyd geheers teenoor Trimble en sy hoof, Esselen. Dit was 'n uiters ongesonde situasie ten opsigte van die staatsveiligheidstoestand wat langsamerhand aan die ontwikkel was. Omdat Esselen in

89 TAB, URN (Geheim), Art. no. 25, 28.8.1895. 90 The Star, 6.7.1894.

91 J.W. Meijer, Dr. H.J. Coster 1865 - 1899 in Argiefiaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 52, 1989, p. 148.

92 G.N. van den Bergh, Die Polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek, in Argiefiaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 38, 1975, p. 166.

90

beheer van die staatsdepartement was wat die staat se veiligheid moes beskerm, het die wantroue onhoudbaar geword. Verder was hy ook in beheer van die staat se geheime diens al was dit baie klein. Taylor het verskeie kere hierdie aangeleentheid onder Esselen se aandag gebring. Dit het op teen-spioenasie neergekom. Gedurende Desember 189493 het hy gemeld dat daar spanning tussen Trimble en van sy kollegas

heers. 'n Sekere landdros Van der Berg het byvoorbeeld nie Trimble se gesag en aanstelling aanvaar nie. Gedurende Februarie het Taylor in 'n spesiale verslag gemeld dat daar 'n petisie teen Trimble opgetrek word.94 Volgens sy inligting het landdros

Van der Berg en speurder Ferguson agter die petisie gesit en het dit nie werklik oor Trimble se onbekwaamheid gegaan nie. Dit was 'n poging om Trimble by die algemene publiek in onguns te bring.

95

Om sake te vererger, het Taylor kort hierna gerapporteer dat 'n petisie ook teen Esselen opgestel is en aan die Uitvoerende Raad oorhandig sou word. Een van die sake wat genoem is, was dat Esselen homself omring het met Rhodes-mense wat nie vertrou kon word nie. Die feit dat 'n agent soos Taylor bereid was om die tipe sake onder Esselen se aandag te bring, het daarop gedui dat daar wedersydse vertroue tussen hulle was en dat daar niks aan Taylor se lojaliteit teenoor die Staatsprokureur en kollegas geskort het nie.

Gedurende April 189596 is dit weer eens onder Esselen se aandag gebring dat 'n

sekere Marthinus Kok, asook speurders Donovan en De Vries,'n agitasie aan die gang gesit het om te verhoed dat Trimble se tydelike aanstelling as permanent deur die regering bekragtig word. Gedurende November rapporteer hy dat die publiek aan die praat is oor die feit dat Trimble se aanstelling nie bekragtig is nie.97 Hy het ook

gemeld dat die Ueckerman- groepering daarop aanspraak maak dat dit deur hulle toedoen was dat die aanstelling nie gemaak is nie.

93 SP 238, Verslag no. 23, Taylor - Staatsprokureur, 29.12.1894. 94 SP 238, Spesiale verslag, Taylor - Staatsprokureur, 3.2.1895. 95 SP 238, Spesiale verslag, Taylor - Staatsprokureur, 17.2.1895. 96 SP 238, Verslag no. 42, Taylor - Staatsprokureur, 14.4.1895. 97 SP 238, Verslag no. 75, Taylor - Staatsprokureur, 17.11.1895.

Op daardie kritieke stadium was alles binne die Speurdiens ook nie pluis nie. Weens verskeie redes soos oorwegings van staatsveiligheid, dissiplinere vergrype van Trimble, botsings tussen hom en sy kollegas en selfs moontlike wrywing en agterdog

no

tussen Kruger en Esselen, is Trimble ontslaan en het Esselen bedank. Esselen het sy ontslag op 14 November 1895 geneem en as hoofrede aangevoer die feit dat die Uitvoerende Raad nie vir Trimble tot naturalisasie uitgenooi het nie."

Die skielike en onverwagse bedanking van Esselen as Staatsprokureur blyk uit die feit dat Taylor aan dr. Schagen van Leeuwen as waarnemende staatsprokureur, verduidelik het:

(A) year and a half ago I was appointed as a Secret Detective in this place and certain arrangements were made and certain instructions given me by Mr. Esselen as to what my duties were and through what channel I was to send in my reports. It was also arranged that none of my communications were to be signed but simply numbered. Mr. Esselen having resigned... I have not received any instructions with regard to the matter. I have the honour therefore to respectfully beg that you will instruct me how to act in this matter especially as in the present state of political situation very

100

serious developments may at any time occur.

Hierdie verslag van Taylor is tiperend van die situasie wat binne veiligheidsgeledere geheers het in 'n stadium toe die Geheime Diens absoluut moes fokus op die groeiende komplot teen die staat. Dat Taylor kon aanvoel dat sy tipe dienste in daardie stadium onontbeerlik was, blyk uit die laaste sinne van sy verslag. Die afleiding kan ook gemaak word dat hy 'n vermoede gehad het van die gewapende opstand, later bekend as die Jameson-inval.

Dit is tragies dat deur onderlinge twiste, gebrek aan samewerking, weerspannigheid, wantroue en nog vele ander persoonlike faktore, die Speur- en Geheime Diens aan die begin van Desember 1895 feitlik tot stilstand gebring is. Indien Trimble ontslaan is

98 G.N. van den Bergh, Die Polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 38, 1975, p. 178.

99 TAB, UR 73, Art 775, 13.11.95, pp. 4 - 5.

92

omdat sy integriteit onder verdenking was, is hy verontreg. Skrywers soos Colvin beweer egter dat Trimble glad me geweet het van die beplande inval deur Jameson nie. Hofmeyr103 beweer egter dat Trimble van die begin af verdag

voorgekom het en beskou is as 'n "Rhodes-agent". Te oordeel aan die werk wat Trimble gedoen het, wil dit tog blyk dat hy goeie intelligensie professioneel hanteer het en die dislojaliteit nooit bewys is nie.

Adv. Esselen moet ook bo verdenking geplaas word. Die opstandleiers het tot die gevolgtrekking gekom dat hy 'n "too rabid Afrikaner" was om verraad teen sy eie mense te pleeg. Hofmeyr105 beweer ook dat Esselen nie by die komplot betrokke was

nie. Esselen het egter ten tye van die Jameson-inval vir Kruger van sy lojaliteit teenoor die ZAR verseker,106

Na die bedanking van Esselen is alle speurders, geheim en gewoon, onder beheer van die Kommissaris van Polisie, G.J. van Niekerk, geplaas.1 Taylor se posisie as

geheime agent was in die gedrang omdat die nuwe Staatsprokureur nie van horn bewus was nie. Dit het verduideliking van Taylor se tussenganger, De Beer, gekos om Taylor in diens te hou. Die Staatsprokureur se kantoor het De Beer per skrywe laat weet dat die kantoor Taylor vir Desember nog sou vergoed. De Beer is aangeraai om die Uitvoerende Raad te kontak om te verneem of Taylor se dienste nog verder benodig sou word. Taylor is egter op 3 Desember uit die regering se diens ontslaan.109

Die Kommissaris van Polisie moes egter oortuig gewees het van Taylor se waarde as agent want op 10 Desember 1895 is hy voor Van Niekerk ingesweer as speurdienaar

101 G.N. van den Bergh, Die Polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 38, 1975, p. 179.

102 J. Colvin, The life of Jameson, Deel 11, p. 88.

103 N.J, Hofmeyr, De Afrikaner-Boer en de Jameson-inval, p. 154.

104 G.N. van den Bergh, Die Polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 38, 1975, p. 179.

105 N.J, Hofmeyr, De Afrikaner-Boer en de Jameson-inval, p. 155.

106 G.N. van den Bergh, Die Polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 38, 1975, p. 180.

107 Ibid., p. 188.

108 SP 462, Skrywe Thos. Theron namens Staatsprokureur - De Beer, 5.12.1895. 109 SP 880, Volg no. 1, GR462/95, 7.12.1895.

der Zuid-Afrikaansche Republiek (tydelijk). l Dit is nie duidelik waarom hy slegs in 'n tydelike hoedanigheid aangestel is nie. Dit het waarskynlik verband gehou met die wolk van onsekerheid waaronder Esselen sy pos ontruim het. Op 15 Desember het hy weer sy eerste verslag aan sy nuwe hoof, die Kommissaris van Polisie, onder die kodenaam "Josef" gestuur.

Teen die begin van Desember 1895 was daar genoeg getuienis vir die Krugerregering ter hand dat 'n gewapende opstand of inval aan die kom was. Tog het daar 'n groot gerustheid in Pretoria geheers.111 Kruger het wel 'n vermoede gehad dat iets aan die

broei was. So het hy byvoorbeeld al gedurende September aan 'n joemalis van die St.

James Gazette gevra waarom die Chartered Company honderde perde vir die Rhodesian Horse aankoop. Die beeld wat hy gebruik het dat hy sou wag totdat die

skilpad sy kop uitsteek en dan toeslaan, wys dat Kruger werklik die erns van die siruasie besef het maar nie oorhaastig wou optree nie.112

Hierdie houding en gesindheid het ook in die res van die staatsdiens geheers. Daar was geen vaste beleid vir die insameling of plan van aksie om inligting te bekom nie. Die onwilligheid in regeringskringe in Pretoria om te aanvaar dat wapens op groot skaal ingesmokkel is, kon voortgespruit het uit die feit dat soortgelyke gerugte in 1894 ongegrond was.113

Dit wil ook voorkom of Esselen die enigste senior staatsamptenaar was wat enigsins aandag aan die bedreiging teen die staat gegee het. Sy opvolger as Staatsprokureur, H.J. Coster,114 sowel as die Kommissaris van Polisie, Van Niekerk, was baie

onervare wat hierdie tipe sake betref. Taylor se rapporte is verle want hy moes later afskrifte daarvan aan Van Niekerk verskaf.11 Daar was dus geen kontinui'teit na

110 SP 880, GR 462/95, Dokument van inswering - George William Taylor.

111 G.N. van den Bergh, Die Polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in Argiejjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 38, 1975, p. 188.

112 D.W. Kruger, Paul Kruger, 11, p. 159.

113 G.N. van den Bergh, Die Polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in Argiejjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 38, 1975, p. 188.

114 J.W. Meijer, Dr. H.J. Coster 1865 - 1899 in Argiejjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 52, 1989, p. 149.

94

Esselen se vertrek nie. Hierdie toedrag van sake was nie bevorderlik vir die Krugerregering nie en het daartoe aanleiding gegee dat die anti-Krugergroepering die politieke inisiatief behou het. Dit is waarom iemand soos kolonel Frank Rhodes later tydens die kommissie van ondersoek na die inval op 'n vraag of die regering bewus was van die komende inval, gese het dat hulle moontlik daarvan bewus was dat iets aan die gang was, maar bra min geweet het.

Gebeure en verwikkelinge op die Irene-landgoed buite Pretoria was uit 'n spioenasie- oogpunt ook van belang. As deel van die plan om Pretoria te oorrompel, het die

Reformers 'n welvoorsiende voorradekamp op Irene ingerig. Dit is gedoen onder

die dekmantel van "prospekteerders" wat grond aangekoop hey wat strategies korrek gelee was om van daar 'n aanval op Pretoria te loods. Nog die Geheime Diens nog die Speurdiens het onraad hieroor vermoed. Die stasiemeester te Irene het onraad bemerk toe 20 treinwaens vanaf Mashonaland op die stasie aangekom het. Hy het hierdie feit asook die feit dat talle saels, tooms en perde daar aangekom het, telegrafies aan die Kommissaris van Polisie gerapporteer. Hy het versoek dat speurders daarheen gestuur moes word om die saak te ondersoek."8

Terselfdertyd het die aanwesigheid van 250 opgekoopte perde by Halfweghuis, wat later na die weste geskuif is, vermoedens verder bevestig. 'n Geheime speurder, A.H. Evans, is onmiddelllk deur die Kommissaris in diens geneem en na Irene gestuur om ondersoek in te stel. Die stasiemeester is versoek om al die nodige inligting aan Evans te verskaf. Die Kommandant-generaal het artilleriste langs die toegangspaaie tot Irene ontplooi. Dit was een van die eerste geleenthede waar die gebeure op die wesgrens staatsdepartemente belas met veiligheid, laat saamwerk het.121 Die "prospekteerders" te Irene is egter betyds uit hulle eie geledere gewaarsku

voordat die regeringsmagte opgedaag het want hulle het met hulle wapentuig met 'n

116 J. Ploeger, Die fortifikasie van Pretoria, Publikasie no. 1, 1968, p. 7.

117 G.N. van den Bergh, Die Polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 38, 1975, p. 192.

118 SP 880, Telegram Stasiemeester Irene - Kommissaris van Polisie, 29.12.1895. 119 J. Ploeger, Die fortifikasie van Pretoria, Publikasie no. 1, 1968, p. 7.

120 SP 892, Telegram Kommissaris van Polisie - Stasiemeester Irene, 31.12.1895, p. 6.

121 G.N. van den Bergh, Die Polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 38, 1975, p. 192.

ompad na Johannesburg teruggekeer. Die vuurwapens en ammunisie is per ossewa vanaf Irene na die Goldfields-gebou in Johannesburg teruggesmokkel. 'n Klein krygsmag onder bevel van kmdt. Abraham Malan, die skoonseun van genl. Piet Joubert, het ondersoek gaan instel maar alles was reeds verwyder. Wat egter in gedagte gehou moet word, is dat Rhodes van sy kant af vir kapt. Robert White in April 1895 opdrag gegee het om in Johannesburg en Pretoria te gaan spioeneer. Die doel was o.a. om 'n moontlike invalsroete te identifiseer. White het ook 'n beleeringsplan vir Pretoria opgestel.124 Dit is egter net logies dat Rhodes agente tot op

die laaste sou ontplooi om sy plan van aksie te beveilic.

Taylor het sy eerste verslag aan sy nuwe hoof, die Kommissaris van Polisie, op 15 Desember gestuur.125 Daarin het hy dit genoem dat hy ondersoek sou instel na die

gerugte dat vuurwapens en ammunisie by die Simmer en Jack-myn weggesteek word. Volgens horn sou die gerugte waarskynlik vals wees. Taylor het hier gefouteer in sy ondersoek. Vuurwapens is op groot skaal met treintrokke ingesmokkel onder die voorwendsel dat dit kooks is wat vir die myne bestem was. Hierdie sowat 800 vuurwapens het vanaf De Beers in Kimberley op die 26ste Desember in Johannesburg in vyf skaaptrokke aangekom. Verder was drie Maxims, 125 kaste ammunisie en 1 800 gewere in lekkende oliedromme ingebring. Om die Krugerregering en sy agente te mislei, is die dromme vanaf Kimberley na Port Elizabeth gestuur om die indruk te skep dat dit vanaf oorsee ingevoer was; hierdie manier van misleiding is alreeds op die 6 November gebruik.

Dit was duidelik dat beide die Speurpolisie en die enkele geheime diensagente op daardie tydstip deur Rhodes gefnuik is wat die invoer van vuurwapens betref. 'n Meer verbeeldingryke en uitgebreide veiligheidsdiens sou miskien hierdie inligting kon bekom het. Wat verder dui op die gerustheid wat geheers het, was die feit dat

122 W.J. du Plooy, Die militere voorbereidings en verloop van die Jameson - inval, (MA, UP, 1958), p. 67.

123 F.E. Garrett, The story of an African crisis, p. 145. 124 J. Ploeger, Die fortifikasie van Pretoria, p. 5.

125 SP 880, Verslag no. 1, Josef - Kommissaris van Polisie, 15.12.1895. 126 F.E. Garrett, The story of an African crisis, p. 58.

96

Taylor versoek het om vanaf 23 tot 27 Desember op verlof te gaan. Hierdie versoek is toegestaan en al navraag wat die Staatsprokureur se kantoor gehad het was: Waar

gaat u keen ?

Dit het 'n skrywe van 'n gewone lojale landsburger soos J. Vercuiel van Johannesburg gekos om die Kommissaris van Polisie se kantoor wakker te laat skrik.128 In die skrywe, wat eers op die 24 Desember ontvang is, meld hy dat 'n groot

vergadering op 27 Desember gehou sou word en dat ammunisie en gewere ingesmokkel word. Hy het ook gemeld dat honderde kiste met vuurwapens en ammunisie vermom as negotie waren deur die doeane-afdeling ingebring is sonder dat dit deurgesoek is. Die Staatsprokureur se kantoor het opdrag gegee dat die Hoof van die Speurpolisie in Johannesburg onmiddellik ondersoek moes laat instel.129 Lt. De

Witt Tossel, wat aan die hoof van die Speurpolisie in Johannesburg gestaan het, het feitlik die volgende dag gereageer en bevestig dat Vercuiel inderdaad reg was.130

Taylor het in sy eerste verslag nadat hy van verlof af teruggekeer het, soos volg gerapporteer:

I have the honour to report that the situation is very serious here... meetings have been held on the Langlaagte Estate mine, on the Crown Reef mine, on the Robinson mine and the New Comet mine... all decided to go against the Government... F.H. Ferris has told me that he knows where the revolutionary party have some maxim guns stored... he will show them to me... Charles Leonard has left here for Pretoria... beg to respectfully suggest that the Government at once take steps to maintain order as people are leaving the place every day... Trimble is enlisting men for the revolutionary party... the leaders are going to hold a meeting... to decide on their plan of action.... The Germans and the Americans have

127 SP 887, Inskrywing no. 4, 23.12.1895.

128 SP 882, Brief vanaf J. Vercuiel - Kommissaris van Polisie, 19.12.1895. 129 SP 887, Inskrywing no. 6, 24.12.1895.

decided to support the Government and I feel confident that if a little force was shown in Johannesburg this movement would at once collapse.1

Hierdie tipe inligting het die Krugerregering skielik laat regop sit. Die Uitvoerende Raad het op 27 Desember 1895 die aanstelling van 'n geheime agent, Francis Brant, goedgekeur. Die doel van sy aanstelling was om die smokkelhandel in gewere oor die westelike grens deur die TNU te verhoed. Sy salaris, wat ook deur die Uitvoerende Raad goedgekeur is, het £2-2-6 per dag beloop en die van sy anonieme geheime agent £1-12 -6. Op dieselfde dag het die Uitvoerende Raad op versoek van die Kommissaris van Polisie £2 000 goedgekeur vir geheime onkostes in verband met die verslegtende politieke toestand in Johannesburg. "

Op 24 Desember 1895 het die Duitse regering sy konsul in Pretoria gewaarsku dat daar moeilikheid in Johannesburg aan die broei was.1'4 Von Marschall het dr. W.J.

Leyds, wat toe in Duitsland was, laat kom. Von Marschall het het horn daarop gewys dat Duitsland nie 'n verandering in die status quo van die ZAR sou duld nie.I35 Selfs

uit die buiteland het die Krugerregering bevestiging gekry dat 'n inval aan die kom was.

Uit die Kassaboekm wat vir geheime dienste in die Kommissaris se kantoor aangele is, kan afgelei word dat die fondse vanaf 28 Desember tot 31 Desember 1895 uiters effektief aangewend is. In die vier dae is 'n bedrag van £487 op geheime dienste in verband met die onluste in Johannesburg bestee. Enkele groot bedrae wat uitbetaal is, was: £75 vir It. Tossel vir "geh doeleinden", £75 aan die nuut aangestelde geheime agent Frank Brant en £30 aan W. Taylor, alias, Josef. By al hierdie name asook die van ander persone, soos A.H. Evans, A.J. van Niekerk en H.C. Bredell, word die

131 SP 880, Verslag no.80, Taylor (Josef) - Kommissaris van Polisie, 28.12.1895. 132 TAB, URN (Geheim), Art. no. 238, 27.12.1895.

133 TAB, URN (Geheim), Art. no. 239, 27.12.1895.

134 W.J. du Plooy, Die militere voorbereidings en verloop van die Jameson - inval 1895 - 1896, (MA, UP, 1958), p. 39.

135 H.E. Backeberg, Die betrekkinge tussen die Suid-Afrikaanse Republiek en Duitsland tot na die Jameson-inval (1852-1896) in Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, Deel 1,

1949, p. 259.

98

rede vir die uitgawes aangedui as geheime dienste in verband met die onluste in Johannesburg.

Hierdie aparte boekhouding wat vir die Geheime Diens in die kantoor van die Kommissaris ingestel, is van besondere betekenis. Dit het die Geheime Diens getipeer as 'n aparte afdeling wat 'n spesifieke taak gehad het. Alhoewel daar in hierdie tyd ook van die dienste van sekere geselekteerde speurders as geheime agente gebruik gemaak is, was die taak van die Geheime Diens los van die Speurdiens gemaak. Die feit dat die Uitvoerende Raad op kort kennisgewing fondse bewillig het vir geheime dienste en so vinnig nog geheime agente se aanstellings goedgekeur het, was belangrik. Dit het daarop gedui dat die Uitvoerende Raad die nut van 'n geheime diens begin insien het.

Selfs genl. Piet Joubert het in 'n vroee stadium alreeds 'n waarskuwing van 'n informele informant ontvang in verband met moontlike gebeure in Johannesburg. Die skrywe, gedateer 22 Desember 1895 van 'n Skotse skrynwerker wat met Joubert