• No results found

George William Taylor alias Josef se rapporte gedurende

G.W. Taylor het in die loop van 1895 oor verskeie relevante sake gerapporteer. Dit het gegaan oor die politieke klimaat, politieke organisasies wat gestig is, politieke aktiviste wat hy gei'dentifiseer het, die verspreiding van vuurwapens en die revolusionere klimaat wat geheers het. Wat die verspreiding van vuurwapens betref, het hy alreeds gedurende Februarie 1895 daarop gewys dat tussen 330 en 350 wapens aan die Witwatersrand opgestapel was. Hy het ook gemeld dat 270 van hierdie vuurwapens aan die westekant van Johannesburg, veral in die rigting van

C O

Krugersdorp, versprei is. Hierdie feit was insiggewend aangesien die Jameson-inval ook uit hierdie rigting sou plaasvind. Gedurende Augustus 1895 het Taylor gerapporteer dat die Rand Rifle Association (RRA) baie aktief is en goed bewapen was met goeie kaliber gewere.59

Taylor het ook gewaarsku dat die doeanebeamptes op die Johannesburgstasie nie bagasie van passasiers behoorlik vir wapens deursoek het nie.60 Dit het horn laat

vermoed dat vuurwapens maklik op die wyse die land kon binnegekom het. Gedurende Mei 1895 het hy verslag gedoen oor die vermeerdering van die RRA- vuurwapens, veral in die omgewing van Krugersdorp.61 Die swak beheer oor wapens,

56 SP 58, SPR 32/94, Skrywe Trimble - Staatsprokureur, 12.12.1894. 57 SP 58, SPR 1/95, Skrywe Trimble - Staatsprokureur, 9.1.1895. 58 SP 238, Verslag no. 31, Taylor - Staatsprokureur, 24.2.1895. 59 SP 238, Verslag no. 63, Taylor - Staatsprokureur, 24.8.1895. 60 SP 238, Verslag no. 40, Taylor - Staatsprokureur, 31.3.1895. 61 SP 238, Verslag no. 50, Taylor - Staatsprokureur, 26.5.1895.

wat per trein vanaf die Kaap kon inkom, het voortgeduur. Taylor het weer eens in Augustus 1895 die Staatspresident se aandag daarop gevestig.62

Die insmokkel van vuurwapens na Johannesburg was deel van Rhodes se beplanning. Die bewapening van die Uitlanders moes soortgelyk aan die van die Boerekommando's wees.

In daardie stadium was Rhodes se planne reeds ver gevorder. Hy en Alfred Beit het gedurende samesprekings in Junie 1895 te Kaapstad ooreengekom dat die kapitaliste die Uitlander-beweging sou steun. Verder is ooreengekom dat die kapitaliste die opstand sou finansier en dat 'n gewapende mag op die westelike grens geplaas moes word.64 Hierdie beplanning het gestrook met die verslae van Taylor. Hy het onder

andere verwys na vuurwapens wat meer na Krugersdorp in die weste se kant, gestapel was.

Taylor het ook redelik akkuraat gespioeneer en snuf in die neus begin kry oor die moontlikheid van 'n opstand. Hy het ook verwys na die verbintenis met Rhodes in die verband. So het hy gerapporteer dat 'n sekere Schuitma horn meegedeel het dat Rhodes agente in Johannesburg gehad het wat die Rhodes-kliek se belange bevorder het. Dieselfde Schuitma het horn ook meegedeel dat hy ten voile op die hoogte was van die personeel en werkswyse van die Geheime Diens van die ZAR.65 Hierdie

vermoede van Taylor was verder bevestig deur 'n verslag van Trimble waarin hy op sy beurt gemeld het dat 'n voormalige offisier van H.M. 's troepen horn gewaarsku het dat:

Er werd hier gefluisteren van een opstand onder de Europeanen... omtrent de mogenlijkheid van eenen opstand tegen het Government.66

'n Verdere bewys dat Taylor sy vinger op die pols gehad het, was die feit dat hy gedurende die middel van Junie 1895 gerapporteer het dat die Engelse party hulleself

62 SP 238, Verslag no. 63, Taylor - Staatsprokureur, 24.8.1895.

63 R. I. Rotberg, Who was responsible ? Rhodes, Jameson and the raid in J. Carruthers (Red.), The Jameson raid; A centennial retrospective, p. 138.

64 J. van der Poel, The Jameson raid, p. 41.

65 SP 238, Verslag no. 44, Taylor - Staatsprokureur, 28.4.1895. 66 SP 58, SPR 1/95, Trimble - Staatsprokureur, 8.1.1895.

84

in die geheim in groepe of assosiasies georganiseer het om later 'n plan uit te voer om president Paul Kruger, as President, met 'n persoon van hulle eie keuse te vervang. Groot bedrae geld sou in bankrekenings bele word wat gebruik sou word om die plan

67

uit te voer.

Hierdie gerugte het ook op straatvlak rondgele en het saamgeval met Phillips se lang besoek aan Rhodes in die Kaap. Phillips het verkiaar dat in daardie stadium net hyself, Rhodes, Frank Rhodes, John Hays Hammond, dr. Jameson en een of twee ander van die beweging geweet het. Daar is in daardie stadium reeds oor die kern van die plan besluit.68

Gedurende Augustus 1895 het Taylor die volgende belangrike en insiggewende inligting aan Esselen gerapporteer:

During a conversation which I had with Newby Fraser on Wednesday last he told me that an association was being formed here in Johannesburg and at Pretoria the object of which is to either give the Uitlander the full franchise or to raise a revolution.69

In sy verslag die volgende week, het hy gerapporteer dat hy vasgestel het dat die leiers van die beweging besluit het om Newby Fraser en nog 'n persoon na Rhodes in die Kaap te stuur om vas te stel wat sy bedoelings met die beweging was.70 Taylor het

dus alreeds ongeveer vier maande voor die Jameson-inval vir Rhodes begin verbind met 'n moontlike opstand aan die Witwatersrand.

In die omstredenheid rondom die sluiting van die driwwe, het Taylor ook lank voor die tyd voorsien dat politieke konfrontasie sou kom. In Augustus 1895 het die Krugerregering 'n proklamasie uitgevaardig om toe te sien dat Viljoensdrif en Zanddrif aan die Vaalrivier met ingang 1 Oktober gesluit sou word. Die bedoeling was om die ossewaverkeer, wat op die tariefverhoging tussen die Vaalrivier en die Witwatersrand begin is, stop te sit. Hierdie besluit van die Krugerregering het

67 SP 238, Verslag no. 53, Taylor - Staatsprokureur, 15.6.1895.

68 D.O. Rhoodie, Die Johannesburgse "Reform Committee" 1895-1896, (MA, UP, 1958), p. 24.

69 SP 238, Verslag no. 61, Taylor - Staatsprokureur, 10.8.1895. 70 SP 238, Verslag no. 62, Taylor - Staatsprokureur, 17.8.1895.

geweldige reaksie uitgelok. Taylor het ook in sy verslae na die ontevredenheid op grondvlak verwys. Volgens horn het die Chamber of Commerce en die Mercantile

Association 'n gesamentlike vergadering gehou waar sprekers soos Tudhope en

Phillips opgetree het.72 Hy het dan ook gewaarsku dat met die huidige gespanne

politieke klimaat as gevolg van die sluiting van die driwwe dit ernstige probleme enige tyd kon veroorsaak.73 Rhodes het die driwwekrisis benut om spanning verder te

laat oplaai. Op 29 Oktober 1895 het die Kaapse regering Chamberlain gevra om 'n ultimatum aan die Krugerregering oor die saak te stel. Later in November, het hy gerapporteer dat die heropening van die driwwe polities 'n baie positiewe uitwerking gehad het.75

Aan die begin van November 189576 rapporteer Taylor dat die rewolusionere

beweging sy ontstaan eintlik in Pretoria gehad het. Volgens sy informant het die sekretaris van die beweging in Pretoria besoek gebring aan Bettington, Newby Fraser en Hillier om 'n soortgelyke beweging in Johannesburg te begin. Fraser sou Rhodes in die Kaap gaan besoek om te gaan uitvind in welke mate hy bereid was om die beweging te steun. Volgens Taylor het daar niks van die beweging in Johannesburg gekom nie. Afhangende van watter beweging Taylor melding maak, kon hy dalk korrek gewees het.

Op daardie tydstip moes daar onderskeid tussen twee groeperinge getref word volgens geheime agente. Trouens die samesweerders het self aanduidings van hierdie

77

onderskeid te kenne gegee. Fitzpatrick beskryf die politieke organisasie van die kapitaliste in 1895 as die reform movement en voeg dan by:

71 G.D. Scholtz, Die oorsake van die Tweede Vryheidsoorlog, I, p. 257. 72 SP 238, Verslag no. 67, Taylor - Staatsprokureur, 21.9.1895.

73 TAB, SP 238, Verslag no. 70, Taylor - Staatsprokureur, 12.10.1895.

74 D.O. Rhoodie, Die Johannesburgse "Reform Committee" 1895 - 1896, (MA, UP, 1958), p. 35.

75 SP 238, Verslag no. 74, Taylor - Staatsprokureur, 9.11.1895. 76 Ibid.

11 D.O. Rhoodie, Die Johannesburgse "Reform Committee" 1895 - 1896, (MA, UP, 1958), p. 39.

86

The other elements were represented by Mr. Charles Leonard, the chairman of the National Union, and one or two other prominent members

of that body.78

Die sogenaamde reform movement is verder regstreeks met die samesprekings met Rhodes by Groote Schuur verbind. Ook mev. Phillips het 'n definitiewe onderskeid getref tussen die National Union en die reform movement wat hulleself tot

79

geheimhouding laat sweer het.

Charles Leonard het dus in sy persoonlike hoedanigheid by Rhodes se reform

movement aangesluit. Die bekende manifes deur hom uitgereik, was dus nie 'n National Union - manifes nie, maar 'n reform pam-manifes. Een van die punte

waaroor protes aangeteken is in die manifes was "The Secret Service Fund" en die beswaar is as volg bewoord:

When we come to the administration, we find that there is the grossest extravagance, that Secret Service moneys are squandered....

Dit is duidelik dat die aanwending van geheime fondse vir Leonard en sy ondersteuners 'n doring in die vlees was.

Die Rhodes-groep se eerste stap was om 'n geheime komitee te stig wat onder meer bestaan het uit Lionel Phillips, Charles Leonard, kolonel Frank Rhodes en John Hays Hammond. Hierdie was die voorloper van die Johannesburgse Reform Committee. Leonard as voorsitter van die TNU, was dus tegelykertyd leier van 'n wettige politieke organisasie, met konstitusionele metodes, en lid van 'n onwettige sameswering met geweld as metode.

Die vraag was in hoe 'n mate Esselen as Staatsprokureur akkuraat op die hoogte gehou is oor die komplot wat in September 1895 gefinaliseer is. 'n Verdere kritiese

78 J.P. Fitzpatrick, The Transvaal from within, p. 121.

79 D.O. Rhoodie, Die Johannesburgse "Reform Committee" 1895 - 1896, (MA, UP, 1958), p. 39.

80 C. 7933, Correspondence of the Recent Disturbances in the South African Republic, Presented to both Houses of Parliament by Command of her Majesty, February 1896, p. 67. 81 D.O. Rhoodie, Die Johannesburgse "Reform Committee" 1895 - 1896, (MA, UP, 1958),

pp.38 - 40.

vraag was in hoe 'n mate die Staatsprokureur se kantoor die informasie verwerk het om 'n korrekte inligtingsprentjie te voorsien oor die aard en intensiteit van die bedreiging teen die ZAR.

Gedurende September 1894 het dr. Jameson Johannesburg besoek en daar is oor die volgende ooreengekom:

The arrangements with Dr. Jameson were made with him in person. During the month of September he visited Johannesburg, and it was then agreed that he should maintain a force of some 1 500 mounted men fully equipped, a number of Maxims, and some field artillery and that he was in addition to this, to have with him 1 500 spare rifles and a quantity of spare ammunition, and that about 5 000 rifles, three Maxim guns, and 1 000 000 rounds of ammunition were to be smuggled into Johannesburg. It was calculated that in town itself there would be, perhaps 1 000 rifles privately owned. Thus, in the event of a junction of forces being effected, Johannesburg would be able to command about 9 000 armed men, with a fair equipment of machine-guns and cannon. Nor was this all, for on the original plan it was intended to seize the fort and magazines at Pretoria.82

Wat die insmokkel en die stapeling van vuurwapens veral onder die dekmantel van die Rand Rifle Associations (RRA), beide in Johannesburg en Pretoria betref, het sowel Taylor as Howcroft verslag gedoen. Hulle het gerapporteer dat 'n geleidelike toename in vuurwapens in die Witwatersrand aan die gang was. Taylor het so vroeg as Augustus 1894 snuf in die neus begin kry oor die RRA en gedurende Februarie 189584 begin om hoeveelhede vuurwapens te noem wat veral lede van die RRA in

hulle besit gehad het. Hy het deurlopend gedurende 1895 gewaarsku dat vuurwapens onder die doeanebeamptes se neuse op die Johannesburg- stasie vanaf die Kaap

85

ingebring word, 'n Verdere belangrike feit waarop hy gewys het, was die feit dat die wapens grootliks aan die westelike kant van Johannesburg versprei word. Dit

82 J.P. Fitzpatrick, The Transvaal from within, p. 123. 83 SP 238, Verslag no. 22, Taylor - Staatsprokureur, 4.8.1894. 84 SP 238, Verslag no. 31, Taylor - Staatsprokureur, 24.8.1895. 85 SP 238, Verslag no. 40, Taylor - Staatsprokureur, 31.3.1895.

88

moes vir Esselen 'n aanduiding gegee het dat 'n inval uit die weste verwag kon word. Taylor se inligting is ondersteun deur Howcroft wat ook gedurende Julie 1894 berig het dat wapenstapeling ook in Pretoria plaasvind en dat ene Bettington hom meegedeel het dat hy vuurwapens op groot skaal uit Europa laat inbring het.

Vanaf Julie 1894 tot en met November 1895 het Taylor as geheime agent 76 rapporte vanaf Johannesburg gestuur en Howcroft 31 rapporte tot en met die begin van November 1894. In talle van hierdie rapporte is deurentyd melding gemaak van die invoer van wapens. Al hierdie inligting moes voldoende bewys vir die Krugerregering gewees het dat 'n moontlike wapenopstand of inval aan die orde was. Die feit dat die magasyn te Pretoria, as deel van die plan beset moes word, het Howcroft alreeds gedurende Junie 1894 na verwys.NA In die fort was ongeveer 10 000

vuurwapens en 12 000 000 patrone. Tydens die Jameson-inval was die plan om die wapenarsenaal in Pretoria aan te val ook laat vaar, moontlik omdat die toestroming van kommando's na Pretoria hulle afgeskrik het. 'n Verdere saak waaroor die agente redelik akkuraat gerapporteer het, was die moontlikheid van 'n opstand van een of ander aard onder die Uitlanders.

Daar is min dokumentere bewys oor die Krugerregering se reaksie op al die inligting wat hulle bereik het. Een van die moontlike redes vir die toedrag van sake was waarskynlik die feit dat Esselen mondeling met die Staatsekretaris, die Kommandant- generaal en die Kommissaris van Polisie oor staatsveiligheidsake, gekommunikeer het. Hierdie wyse van kommunikasie was 'n normale verskynsel binne inligtingsdienste en die ZAR was nie 'n uitsondering nie.

Die Geheime Uitvoerende Raadsnotule gee egter 'n aanduiding dat die Krugerregering wel in terme van fondse wat vir geheime dienste bewillig is, op al die inligting wat by die Staatsprokureur se kantoor versamel is, gereageer het. Verskeie bedrae van £1 000 is vanaf die middel van 1894 bewillig vir geheime dienste en uitbetaal. Hierdie tendens val saam met die tydperk wat Esselen se eerste geheime

86 SP 238, Verslag no. 4, Howcroft - Staatsprokureur, 28.6.1894. 87 J.P. Fitzpatrick, The Transvaal from within, p. 123.

88 W.J. du Plooy, Die militere voorbereidings en verloop van die Jameson-inval 1895 - 1896, (MA, UP, 1958), p. 67.

agente begin rapporteer het. Die grootste enkele bedrag wat vir geheime

89

diensdoeleindes bewillig is, was £7 000 gedurende Augustus 1895.

The Star90 het gedurende Julie 1894 berig:

A Secret Session: Immediately after the members of the first Raad this morning the Press, entered accompanied by Mr. Esselen and Dr. Leyds. The former asked the Raad to go into secret session, and the galleries were accordingly cleared.

Hierdie sitting het plaasgevind in die maand net nadat Esselen sy eerste geheime agente aangestel het en horn op staatsveiligheidsake begin instel het. Een van die redes waarom daar nie groter reaksie van die regering se kant op al die inligting vanaf die Staatsprokureur se kantoor was nie, kan moontlik wees as gevolg van die wantroue wat daar teenoor Esselen bestaan het. Dit het veroorsaak dat sekere Volksraadslede ook geweier het om befondsing van die Geheime Diens te steun.