• No results found

In 1884 het president S.J.P. Kruger Europa besoek, onder andere met die doel om 'n bekwame Nederlandse regsgeleerde as staatsprokureur vir die ZAR te werf. Op advies van Leyds se professore is hy die betrekking aangebied. Op 13 Oktober 1884 het hy as staatsprokureur in die diens van die ZAR getree. In hierdie hoedanigheid het hy

135 SP 885, Koevert waarop getik is: "STRIKT PRIVAAT Hoofd v/h GEHEIM DIENST (Secret Service) PRETORIA", met poskantoorstempel gedateer 30 Maart 1899.

136 SP 818, GDDM 75/99, Verslag no. 77, De la Court - T. Kruger, Pretoria, 5.9.1899. 137 P.C. Schoonees (Hoofred.), Die Afrikaanse Woordeboek, III, G, p. 90.

Fig. 1: Dr. W.J. Leyds wat in 1884 as Staatsprokureur en later in 1889 as Staatsekretaris van die ZAR aangestel is, Leyds kan tot 'n mate as die "vader" van die gedagte van 'n geheime diens in die ZAR beskou word. Bron: L.A. van Niekerk, Kruger se regterhand: 'n

gedien as regsadviseur vir die regering, wette opgestel, daarby oor vele afdelings van die staatsdiens soos die polisie, speurdiens en gevangenisse toesig gehou. Hy het horn so goed van sy taak gekwyt dat hy in 1889 as Staatsekretaris aangestel is. In hierdie hoedanigheid het die hele staatsdiens onder horn geressorteer. Onder sy administrasie het die ZAR vir die daaropvolgende 10 jaar aansienlike vordering gemaak.138 Na

Leyds se terugkeer uit die buiteland in 1897 het De Volksstem as volg na sy rol in die staatsdiens verwys:

(D)e terugkomst van de Staatssekretaris een welkome gebeurtenis mag genoemd worden. Gedurende de afwezigheid van Dr. Leijds is in de administratiewe kringen der Republiek menigmaal het gemis gevoeld van de man... Dr. Leijds onder de bestaande landsomstandigheden, (is) een aanwinst ... voor de Transvaalse staats gemeenschap.139

Die amp van Staatsekretaris was naas die Staatspresident die hoogste amp in die ZAR. Dr. Leyds het dus 'n groot rol in binnelandse sowel as buitelandse sake gespeel. Hy het president Kruger in so 'n mate bygestaan dat die na hom as "my regterhand" verwys het.

Leyds was veral die skyf van die Britse, en plaaslike Engelstalige pers. Hulle het in 'n groot mate daarin geslaag het om 'n negatiewe en vals beeld van hom te skep. Hy is gesien as die voog van die Hollanders in die ZAR. Daar is selfs beweer dat hy slegs Hollanders in die staatsdiens bevoordeel het. Vanaf 1897 het The Star opnuut met 'n persveldtog teen Leyds begin1 ' Die feit van die saak was egter dat daar in 1892 slegs

18,5%- en in 1897 17,15; Hollanders in die staatsdiens was.142 'n Koerant soos Land

138 D.W. Kriiger, "Willem Johannes Leyds" in D.W. Kruger en C.J. Beyers (Reds.), Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, III. pp. 529-533.

139 De Volksstem, 11.9.1897.

140 L.E. van Niekerk. Kruger se regterhand: 'n Biografie van dr. W.J.Leyds, Voorwoord.

141 S. Strauss, Beriggewing in De Volksstem en The Star gedurende die tydperk 1896 tot 1899 oor gebeurtenisse wat gelei hei toi die Tweede Vryheidsoorlog 1899-1902: 'n Kritiese metodologiese analise, (MA, UP, 1964), pp. 51-52.

42

en Volk was ook negatief oor Leyds. Engelstalige skrywers het beweer dat Leyds die

gedagterigting van president Kruger en die Uitvoerende Raad bei'nvloed het.143

In The secret history of South Africa or sixty five years in the Transvaal beweer Abercrombie, wat 'n tydgenoot van Leyds was, dat Leyds duisende ponde bestee het om koerante om te koop en dat hy "secret service "-geld daarvoor gebruik het. Volgens horn het hy die waarheid geskryf maar vra verder:

(L)et us have all the Leyds correspondence, and the records of the secret archives published, we want to know who were the traitors on the other side who nearly finished off the commonwealth.144

Britsgesinde tydgenote van Leyds het horn deurentyd van klandestiene optrede teen Britse ryksbelange verdink. Hierdeur is daarin geslaag om 'n bepaalde siening van Leyds aan die wereld te projekteer.

Gedagtig aan die spesifieke gespanne omstandighede, wat in die tydperk net voor en net na die Jameson-inval in die ZAR geheers het, is dit logies dat 'n persoon in die posisie van Leyds as Staatsekretaris goeie sekerheid aan die dag gele het. Dit is ook net menslik en logies dat die minimum op skrif gestel sou word in terme van enige beplanning rondom beveiliging van die staat. Die aanwending van geheime agente sou sinloos wees as daar nie selfs binne die Uitvoerende Raad aanvanklik 'n "moet weet" behoefte bestaan het nie.

Deur die jare is dit as ln feit aanvaar dat dr. Leyds die stigter van die Geheime Diens

in die ZAR was. Die media en sekere propagandiste het horn trouens as die meesterbrein gesien wat verantwoordelik was vir al wat 'n plan en "komplot" was om Britse heerskappy teen te werk.1 " Verder het daar oor die algemeen in Brittanje 'n

negatiewe houding in die geledere van offisiere in die Britse leer teenoor spioenasie bestaan. Hierdie gevoel is opgesom deur ene kolonel Furse wat in 1895 verklaar het:

143 C.L. Grimbeek, Die wedersydse beoordeling van Boer en Uitlander 1886-1899, (MA, RAU, 1969), p. 88.

144 H.R. Abercrombie, The secret history of South Africa or sixty-five years in the Transvaal, p. 79. 145 L.E. van Niekerk, Kruger se regterhand: 'n Biografie van dr. W.J. Leyds, pp. 172-173.

The very term "spy" conveys to our mind something dishonourable and disloyal. A spy, in the general acceptance of the term, is a low sneak who, from unworthy motives, dodges the actions of his fellow beings. His underhand dealings inspire us with such horror that we would blush at the very idea of having to avail ourselves of any information obtained through such an agency.

In so 'n atmosfeer met sulke standpunte was dit nie baie moeilik om dr. Leyds in 'n negatiewe lig te stel rondom sy verbintenis met die ontstaan van die ZAR se Geheime Diens nie.

Ongeveer ses maande na Leyds se aanstelling as Staatsprokureur het die Uitvoerende Raad onder die hoof "Speciale Uitgaven" die bedrag van £300 in 1885 vir "Geheime Diensten goedgekeur".147 Alhoewel dit nie duidelik is presies waarvoor die bedrag

bedoel was nie, is dit heel waarskynlik vir doeleindes binne die Staatsprokureur se departement aangewend. Leyds was reeds vroeg in sy loopbaan verbind en betrokke by die "geheime speurdiens". So moes hy gedurende Julie 1888 aan die Eerste Volksraad verduidelik waarom die bedrag van £1 250 vir 'n "geheime speurdiens" nodig was. Hy het die Volksraad laat verstaan dat iemand wat klandestien werk en dus nie aan sy uniform uitgeken kan word nie, 'n beter kans op sukses het. Tydens hierdie debat was Leyds deur president Kruger gesteun. Leyds het ook daarop gewys dat 'n Uitvoerende Raadsbesluit horn twee jaar tevore gemagtig het om 'n speurdiens te begin. Een van die Volksraadslede, 'n sekere De Beer, het daarop gewys dat hy nog geen positiewe resultate van die "geheime politie" gesien het nie. Leyds het tydens die dag se sitting die laaste woord gehad en gese:

De geheime politie had reeds meer dan eens haar leven gewaagd in den dienst.148

Alhoewel daar tydens hierdie debat gepraat is oor speurders wat in die geheim moes werk om kriminele sake op te los, was daar in werklikheid indirek gedebatteer oor die

146 J. Haswell, British military intelligence, p. 13.

147 TAB, Besluiteregister van die UR, Artikel no. 209, 12.5.1885.

148 TAB, EVR 42, Notule van die Eerste Volksraad, Artikel 797, 3.7.1888.

44

beginsel van geheime fondse wat vir geheime dienste aangewend is. Hierdie sensitiwiteit, wat die Eerste Volksraad alreeds in 1888 oor geheime fondse en geheime dienste gehad het, sou ongeveer 10 jaar later weer kop uitsteek.

Die volgende dag, op Dinsdag 3 Julie 1888 is die debat voortgesit. Staatsprokureur Leyds moes onder die begrotingspos "Speurpolitie £1 250" sy saak aan die Uitvoerende Raad stel. Uit die argumente van die Volksraadslede kan afgelei word dat hulle begryp het dat hierdie "geheime speurpolitie" meer om die lyf gehad het as die speurders wat hulle geken het. Raadslid Stoop het met sy gebruik van die woord "agente" in sy argumentasie dit bevestig. President Kruger het ook tot die debat toegetree en gese:

149

(D)at er geen land ter wereld sonder geheime politie als deze is.

Die Volksraadslede het duidelik besef dat die omstandighede in die land verander het. Die instelling van 'n geheime speurdiens was dus nodig. Daar was ook verbasing oor die befondsing van die speurpolisie wat al twee jaar lank bestaan het. Leyds het hulle egter gerusgestel en magtiging by die Uitvoerende Raad gekry. Die fondse het uit die pos "Geheime Diensten" gekom. Uiteindelik het die Eerste Volksraad die begrotingspos met 25 stemme teen 6 goedgekeur.150 Dit was 'n pluimpie in Leyds se

hoed.

In Februarie 1889 het 'n sekere A.P. Steele 'n faktuur, vir "secret service rendered" vir Leyds se aandag as Staatsprokureur, ingestuur.1 ' Steele, as geheime agent, het sy

verslae aan dr. W.J. Leyds, as Staatsprokureur, gerig. Indien die inhoud van Steele se verslae ontleed word, kom dit neer op 'n mengsel van normale speurwerk en sekere geheime dienswerk. Hierdie was waarskynlik 'n normale verskynsel in die ontwikkeling van geheime agente se werk dat daar nog nie 'n onderskeid tussen speur- en geheime dienstake getref is nie. Steele het hoofsaaklik in die Ermelo, Steynsdorp en Bremersdorp omgewing speur- en geheime dienswerk verrig. Steele het

149 Ibid., Artikel 798, 3.7.1888, p. 176. 150 Ibid., Artikel 798, 3.7.1888, p. 178.

151 SP 237, Faktuur uitgemaak: "Transvaal Govt. to J.P. Steele for secret service rendered", Pretoria, 26.2.1889.

gerapporteer oor die moord op Steynsdorp en die ontsnapping van gevangenes uit die tronk;153 die smokkel van drank en die ontduiking van doeanebelasting;154 die deurgee

van swart opperhoofde se name vir arrestasie; 5 en die algemene gevoel en gesindheid

onder die inwoners. Hierdie gebied was op daardie tydstip van strategiese belang omdat onderhandelinge tussen die ZAR en Brittanje oor Swaziland aan die gang was. Die Krugerregering het ook 'n belang in Kosibaai as 'n hawe gehad. Volgens die Konvensie van London was Swaziland onafhanklik. 5 Hierdie is waarskynlik van die

vroegste aanwending van 'n "geheime agent" in die buiteland. Dit was in hierdie tydvak dat die gebruik deur Leyds gevestig is dat geheime agente aan die Staatsprokureur rapporteer - 'n gebruik wat Esselen as Staatsprokureur in 1894 voortgesit het.

Afgesien van die feit dat Leyds as Staatsprokureur verantwoordelik was vir die ZARP's en dus ook die Speurdiens, is die wyse waarop hy met vrae in die Eerste Volksraad gepeper is 'n aanduiding dat hy waarskynlik die vader van die gedagte van 'n "geheime speurpolitie" was. Alles dui daarop dat die bedoeling met 'n geheime speurpolisie was om hoofsaaklik kriminaliteit te bestry, maar ook terselfdertyd oor sogenaamde "staatsveiligheidsake" te rapporteer. Na 1890 het die klem stelselmatig verskuif namate die ZAR as 'n staat op ander terreine ook bedreig was.

Alreeds in 1899 het Heyer in 'n propagandapamflet Leyds met die "Transvaal Secret Service System" verbind. Daar was uitsprake soos "German Interests in Africa. Bismarck and Dr. Leyds Plotting" wat die verbinding Leyds-Bismarck by die Britsgesinde publiek bevorder het. Heyer beweer selfs dat Bismarck en Leyds die grondslag gele het vir die Geheime Diens, want:

In Bismarck he had managed to find a man of similar ideas to himself. These two men, then, were those who laid the foundation of the Transvaal

153 SP 237, "Secret service report re the Steynsdorp, Gaol-breaking and Lynching affair on the 20th Jan. 89"

154 SP 237, Verslag Steele - Leyds, Pretoroa, 26.2.1889. 155 SP 237, Verslag Steele - Leyds, Barberton, 15.2.1889.

156 C. 3947, Correspondence respecting the Convention concluded with the South African Republic on the 27th February 1884.

46

Secret Service system, the administration of which, as to cunning and

157

device, has yet to find its equal.

In 1900 het Blackburn die negatiewe propaganda teenoor Leyds en die Geheime Diens verder gevoer. In die inleidende sin van sy omstrede boek oor die Geheime Diens verklaar hy:

I came to hear Doctor Leyds discussing, in cold blood, the proposed murder of Mr. Cecil Rhodes....

In 'n latere werk het Blackburn en Caddell in 'n meer besadigde trant verduidelik: The secret service introduced by Dr. Leyds mainly took a perfectly legitimate form: that of defending the Republic from the prejudicial attacks and criticisms which appeared from time to time....159

Hulle beweer dat Leyds 'n Duitser genaamd "Max", in Duitsland as 'n geheime agent gewerf het. Weens sy swak taalvaardigheid was hy nie geskik om met Hollanders en Engelse te sosialiseer nie. Leyds het horn toe as 'n klerk in sy kantoor aangewend waar hy met Duitse korrespondensie behulpsaam was.160 Wat wel waar is, is dat dr.

Leyds, terwyl hy op besoek aan Duitsland was, opdrag van die Uitvoerende Raad gekry het "om met het oog op de moeielykheden" (die Jameson-inval) wat plaasgevind het, drie "speurdienaars" daarmoes werf.I61

Die feit dat die Jameson-inval daaraan gekoppel is, het beteken dat die opdrag moontlik eerder daarop neergekom het dat hy geheime agente moes werf. Die Uitvoerende Raad het 'n jaarlikse salarispakket van £700 en 'n "vrye overtocht" vanaf Europa na Suid-Afrika goedgekeur. * Op 2 Maart 1896 het dr. Leyds 'n telegram uit Amsterdam gestuur waarin hy laat weet het dat hy "een uitstekende geheime agent heeft geengageerd".163 Twee persone, L. Theyssen en J. van den Broch, is deur Leyds

157 A.E. Heyer, A Brief history of the Transvaal secret service system, p. 5. 158 D. Blackburn, Kruger's secret service: By one who was in it, p. 1. 159 D. Blackburn en W. Caddell, Secret service in South Africa, p. 243. 160 Ibid., pp. 256-257.

161 Leydsargief Bande 679/680, Kopie van die Geheime Uitvoerende Raadsbesluit No. 2 dd 15 Jan. 1896.

162 URN(Geheim), Artikel no. 2, 15.1.1896. 163 URN(Geheim), Artikel no. 7, 2.3.1896.

by die Rotterdamse speurdiens gewerf. Hulle het teen Mei 1896 as "konfidensieele agenten" diens aanvaar.164

In later jare, gedurende 1938, was die idee dat dr. Leyds die stigter van die Geheime Diens, verder gedra deur Rowan wat verklaar:

An organized system of secret service had been unknown to the Transvaal, as elsewhere in South Africa, until the energetic Dr. Leyds became secretary of state. The service which developed under his patronage was a curious imitation of many European services, and within a few years one of the most elaborate and costly in the world.165

In die lig van Leyds se aanstelling as Staatsekretaris in 1889 en gegewe die belangrikheid van die pos en die inisiatief wat hy op feitlik alle terreine van die staatsdiens in die ZAR geneem het, moet dit aanvaar word dat hy 'n rol gespeel het in die totstandkoming van die Geheime Diens. Die kantoor van die Staatsekretaris was die skakel tussen die Volksraad, die regering en alle staatsdepartemente. Die Staatsekretaris was verantwoordelik vir die uitvoering van alle besluite van die Volksraad en die Uitvoerende Raad.166

Van al die senior staatsamptenarie in die ZAR, was Leyds as gevolg van die blootstelling wat hy as Staatsekretaris gehad het, op vele terreine in die beste posisie om die aard en omvang van die bedreiging teen die staat te besef. Verder is dit moontlik dat hy in die proses van reorganisasie die gedagte van 'n geheime speurdiens, geheime diens en geheime agente, begin koester het. Dat hy egter so direk verantwoordelik was vir die totstandkoming van die Geheime Diens soos verskeie skrywers soos Blackburn. Heyer en Rowan beweer het, is moeilik om te bewys. Geen dokumentere bewys kon gevind word om so 'n stelling te beaam nie.

164 G.N. van den Bergh, Die Polisdiens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis. 38, 1975, p. 301.

165 R.W. Rowan, The story of secret service, p. 444.

48

Selfs Leyds se biograaf, L.E. van Niekerk, maak melding van die feit dat "hy (Leyds) as't ware as die vader van die Transvaalse geheime diens bestempel word". Van Niekerk baseer haar aanname waarskynlik ook op aanvoeling en die feit dat Leyds 'n impak en invloed op beleidsformulering binne die staatsdiens gehad het. Sy vyande, soos die Volksraadslid vir Barberton, R.K. Loveday, het byvoorbeeld beweer dat Leyds die president manipuleer en "dat dr. Leyds feitelijk het land regeert".168 Verder

het die feit dat Leyds binne die Volksraad die hele gedagte en beginsel om 'n geheime speurpolisie tot stand te bring moes verduidelik en verdedig, ook meegewerk om horn as die vader van die gedagterigting te vestig.

Wat Leyds waarskynlik aanvanklik in gedagte gehad het, was 'n speurdiens wat gerugte gedurende 1887 van 'n "geheime politie" in omloop laat kom het.1 9 Die taak

van die uniformpolisie of ZARPS was in daardie stadium voorkomend van aard, terwyl die taak van die Speurdiens die ondersoek en oplos van reeds gepleegde misdaad was. Die ontdekking van goud in 1886 en die gevolge daarvan vir die ZAR en sy inwoners het 'n bedreiging op twee vlakke geimpliseer, naamlik misdaad soos diefstal en moord enersyds en andersyds aktiwiteite wat die staat se veiligheid, ondermyning, subversie, intimidasie en drukgroepaktiwiteite ingesluit het. Indien dr. Leyds "as Paul Kruger se regterhand" horn geadviseer het om 'n speurpolitie tot stand te bring om die misdaadsituasie te hanteer, sou hy waarskynlik met sy insig en vermoens onmiddellik die denksprong gemaak het om die President te adviseer om 'n geheime diens of geheime speurpolitie tot stand te bring om die staatsveiligheidsituasie te monitor. In hierdie opsig kan aanvaar word dat Leyds 'n beduidende rol in die vestiging van 'n geheime diens gespeel het.

Die propagandistiese voordeel, deur hierdie persepsie te vestig, het die Britse pers soos 'n handskoen gepas. Dat hy wel agter die skerms 'n rol gespeel het om 'n Staatsprokureur soos Ewald Esselen te bei'nvloed om geheime agente in diens te neem,

167 L.E. van Niekerk, Huldeblyk aan dr. W.J. Leyds gelewer by geleentheid van die onthulling van 'n borsbeeld van Dr. W.J. Leyds by die Nasionale Intelligensie Akademie op 12 Augustus 1987. 168 L.E. van Niekerk, Kruger se regterhand: 'n Biografie van dr. W.J. Leyds, p. 75.

169 G.N. van den Bergh, Die Polisiediens in die Zuid-Afrikaanshe Republiek in Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 38, 1975, p. 140.

is waarskynlik waar. Veral omdat staatsfondse betrokke was by die indiensstelling van een van die eerste agente soos G.W. Taylor, moes die Staatsekretaris daarvan kennis geneem het. In geval 'n departement se begroting oorskry is, het die hoof van die departement 'n rekwisisie aan die Staatsekretaris voorgele. Leyds het dan die saak in die Uitvoerende Raad gemotiveer en indien dit goedgekeur is, het die Staatsekretaris

171

die Tesourier-generaal gemagtig om die uitbetalings te doen. In hierdie verband is dit logies dat Leyds 'n groot rol rondom die goedkeuring van fondse vir die Geheime Diens moes gespeel het.

Dat Leyds ook bewus moes gewees het van alle geheime agente wat vir buitelandse operasies aangewend is, spreek vanself. Die Staatsekretaris se kantoor was verantwoordelik vir die uitreiking van paspoorte en verlofbriewe vir persone wat buite

172

die landsgrense wou beweeg. Hierdie wetlike verpligting was ook op geheime agente van toepassing. Daar word egter baie min hieroor in die dokumentasie van die Geheime Diens aangetref. Dit moet aanvaar word dat selfs binne die kantoor van die Staatsekretaris hierdie aspek met die grootste omsigtigheid en vertroulikheid gehanteer is. Die feit van die saak is egter dat op grond van hierdie funksie van die Staatsekretaris se kantoor, Leyds reg van die begin af kennis moes gedra het van die name en bewegings van geheime agente.

Die vraag is egter op watter land se model die ZAR se Geheime Diens geskoei was. Dit is 'n baie moeilike vraag om te beantwoord omdat die meeste geheime dienste in Europa op daardie stadium nog in hulle groeiskoene gestaan het. Dit is ook moontlik dat die gedagte aan 'n inligtingsdiens spontaan in die gedagtes van Leyds as