• No results found

Die keuring, aanstel en aanwending van geheime agente

Die aanstelling van agente met die nodige opleiding en ervaring, was een van die grootste probleme waarmee die Geheime Diens aanvanklik geworstel het. Onder hierdie omstandighede het die Kommissaris se kantoor geen keuse gehad as om van speurders gebruik te maak nie. 'n Voorbeeld van so 'n persoon was J.J. Donovan1 wat

aanvanklik in beheer van die "Ontucht polisie" was en later in die Geheime Diens aangestel is.2

Om hierdie probleem aan te spreek het die Uitvoerende Raad vir Leyds, wat horn in daardie stadium in Berlyn bevind het, versoek om drie goed opgeleide geheime agente te werf. Die salarisse wat aangebied is, het £700 per jaar bedra. Die hoe salaris het gedui op die belangrikheid van die poste en die mededinging van Europese dienste. Leyds het drie maande later uit Amsterdam toestemming by die Uitvoerende Raad gevra om die agente, wat hy gewerf het, aan te stel. Die twee persone, L. Theyssen en J. van den Broch, is by die Rotterdamse speurdiens gewerf. Hulle het teen Mei 1896 as "konfidensieele agenten" diens aanvaar en het ook verdere opleiding in Parys en Berlyn ontvang. Alhoewel hulle die enigste opgeleide lede in die Geheime Diens was, kom hulle name geensins verder in die Geheime Diens se dokumentasie voor nie.

1 SP 193, SPGR 149/99, Korrespondensie tussen publieke aanklaer en Kommandant van Polisie. 2 SP 872, Eed van John Joseph Donovan, 25.11.1899.

3 Leydsargief, Band 679, UR besluit, 15.1.1896. 4 TAB, URN (Geheim), Artikel 7, 2.3.1896.

5 TAB, Leydsargief, Bande 679/680, Geheime missiewe ZAR agentskap in Gravenhage, 11.3.1896, p. 184.

133

Dit was algemeen bekend dat Leyds Duitsers in die ZAR se Geheime Diens wou invoer. Tydgenootlike skrywers, soos Blackburn en Caddell, verwys ook na die feit. Sulke lede het 'n taalprobleem gehad omdat van hulle nie Hollands of Engels kon verstaan nie. Een so 'n agent was weens hierdie rede nie bruikbaar nie. Leyds het hom as 'n kriptograaf in sy kantoor gebruik. Hy is verder ook aangewend vir die opstel en vertaal van korrespondensie met die Duitse regering.

Die kommissaris het geen ander keuse gehad nie as om geheime agente plaaslik te werf en aan te stel. Sulke agente moes verkieslik Hollands en Engels magtig wees. Verder moes hulle sekerheidsklarings slaag en ook in 'n mate lojaal teenoor die ZAR- regering wees. Alhoewel dit moeilik is om die tipiese profiel van geheime agente in diens van die ZAR saam te stel, kan sekere afleidings gemaak word. Die verslae van agente soos Taylor, Mostert, Van der Berg, Oliphant, Daniell, White, Bain en Evans in die loop van 1896-1897, het van werk van 'n hoe gehalte getuig. Hulle verslae was omvattend, relevant en was met uitknipsels uit koerante toegelig. Verder het van die agente aanbevelings en afleidings na hulle oordeel in van die verslae ingesluit. Die afleiding kan sonder teenspraak gemaak word dat die meerderheid van die geheime agente Engelssprekend of Engels magtig was. Die voorkoms en aanbieding van hulle verslae dui ook daarop dat hulle taalvaardig was wat tydgenootlike kritiek op die kwaliteit van verslae weerle. Daar is byvoorbeeld beweer:

There was absolutely no system in the selection of agents - either chiefs or subordinates. The most unlikely person often found himself placed in a position of authority, and asked to perform duties of which he had not the slightest knowledge; and this merely because he may have communicated a piece of information momentarily of value.... At the period of which we are writing - 1896-9 - there was not in the secret service a single man who had any experience over and beyond that of informer. That is, nearly every man had been placed on the staff as a reward for having supplied some item of information more or less valuable. It is, therefore quite

believable that many of these secret agents were as blunderful and tactless as any ill-bred son of the soil could be even in a farcical sketch.7

Alhoewel lojale lede van die publiek soms inligting deurgegee het, is dit nie waar dat hulle voor die voet as geheime agente in diens geneem is nie. So het 'n sekere J. Vercuiel alreeds voor die Jameson-inval belangrike informasie deurgegee.8 Hy is egter

nooit as agent in diens geneem nie.

Aansoeke vir 'n betrekking in die Geheime Diens is op 'n geordende en verantwoordelike wyse hanteer. So het C. van Ahlefeldt van Zeerust gedurende Desember 1897 aansoek gedoen vir "eene anstelling voor speurder der geheime diensten in het district Marico". Hy het ook 'n getuigskrif van J.A. van Niekerk, die Kommandant van die Polisie te Zeerust, ingesluit. Die aansoek is behoorlik oorweeg en T.A.P. Kruger, die verantwoordelike klerk, het die kommandant te Zeerust versoek om die applikant in kennis te stel dat daar nie so 'n vakature beskikbaar was nie.9 Talle aansoeke is deur die Kommissaris se kantoor ontvang vir die Speur- en/of

die Geheime Diens. Dit wil voorkom of die meeste sodanige aansoeke van die hand

• to

gewys is.

Sommige applikante se aansoeke vir poste in die Geheime Diens is direk by president Kruger ingedien. So het die Kommissaris van Polisie 'n sekere G.D. Scholtz van Wolmaransstad laat weet dat hy eerder sy aansoek aan die hoof van die Speurpolisie in Johannesburg moes stuur.11

Daar is nie gesloer met die aanstel en aanwending van agente nie. Op 16 Mei 1896 het Charles Daniell by die Kommissaris in Pretoria vir 'n betrekking in die Geheime Diens aansoek gedoen.12 Op 20 Mei 1896 het hy as geheime agent vanaf Pretoria op

sy eerste spioenasietog na Kimberley en Mafeking vertrek. Reeds op 23 Mei 1896 rapporteer hy uit Kimberley en vanaf Vryburg het hy onder die kodenaam "Truth."

7 Ibid., pp. 239-240.

8 SP 882, GCP 6/95, Skrywe van Vercuiel - Kommissaris van Polisie, 19.12.1895.

9 SP 807, DDM 1179/97, Leer met opskrif: "C. van Ahlefeldt, Maakt applicatie voor een betrekking, 27.12.1897".

10 SP 816, Sien verskeie aansoeke vir die jare 1895 - 1898.

11 SP 844, Skrywe Kommissaris van Polisie - G.D.Scholtz, 6.5.1897. 12 SP 882, Skrywe van Daniell - Kommissaris van Polisie, 16.5.1896.

135

gerapporteer.13 Op die 28 Mei 1896 stuur hy sy eerste telegram in kode aan die

Kommissaris se kantoor vanaf Ottoshoop (tussen Zeerust en Lichtenburg): By Goed 750 diamanten 1. ezel plaats struis vogels en veeren hoeveelheid

zeer weinig. Na dekodering het dit gelees:

By Mafeking 750 Engelsche Troepen 1 Maxim en 1 Kanon. Geweren en ammunitie zeer weinig.