• No results found

Ewald Esselen het na sy skoolopleiding aan die Universiteit van Edinburg in die geneeskunde gaan studeer. Hier het hy saam met 'n Boergesinde Brit, nl. sir David Wedderburn, vir die ZAR gewerk. Gedurende die Eerste Vryheidsoorlog is Esselen se studies onderbreek en hy het horn op die insameling van fondse vir 'n ambulans vir vrywilligerdiens toegele. Teen die einde van 1881 het Esselen na Edinburg en Londen teruggekeer om horn as 'n regsgeleerde te bekwaam. Hier het hy in die openbare pers

179

as kampvegter vir die ZAR opgetree.

In 1885 het hy horn as advokaat in Kaapstad gevestig en het toe tot die aktiewe politiek toegetree deur by die Afrikanerbond aan te sluit. Hy het as verteenwoordiger van die kiesafdeling Richmond in die Kaapse Laerhuis gedien. Op versoek van regter J.G. Kotze, hoof regter van die ZAR, is Esselen in 1886 as strafregter in die ZAR aangestel. Esselen het egter in 1891 as regter bedank en as advokaat begin praktiseer. Hy het weer tot die aktiewe politiek toegetree en is tot lid van die Eerste Volksraad vir

179 P.H. Kapp, "Esselen Ewald August" in C.J. Beyers en J.L. Basson (Reds.), Suid-Afrikaanse Biogrqfiese Woordeboek, V, p. 263.

Fig. 2: Advokaat Ewald August Esselen (27.9.1858 - 1.11.1918) wat in Mei 1894 as Staatsprokureur van die ZAR aangestel is en die eerste twee geheime agente aangestel het. Bron: TA 22774.

180

Potchefstroom verkies. In hierdie tyd het Esselen toenemend die Krugerregering 1 Q 1

begin aanval. Hy het dit veral teen die regering se konsessiebeleid gehad.

Tydens die presidentsverkiesing van 1893 het Esselen as voorsitter van generaal P.J. Joubert se verkiesingskomitee opgetree. Die feit dat Esselen met die Transvaal

National Union gesimpatiseer het, was 'n groot verleentheid vir Joubert. Dit het die

182

generaal stemme gekos.

Ten spyte van die feit dat Esselen 'n Joubert-man was, is hy gedurende Mei 1894 as

183

Staatsprokureur van die ZAR deur pres. Kruger aangestel. Hy was, naas Jan Smuts, een van die mees talentvolle Staatsprokureurs wat die ZAR gehad het. Net soos Smuts het Esselen homself bekommer oor die veiligheid van die staat. Hy was 'n voorstander van hervormings binne die staatsdiens maar hy het ook die nodige aanvoeling vir politieke verandering gehad. Dit was dan ook waarskynlik Esselen, in samewerking met die staatsekretaris, dr. W.J. Leyds, wat die behoefte ingesien het om van geheime agente of spioene gebruik te maak om sekere vyandige bedrywighede teen die staat te ondersoek.

Esselen het sy aanstelling direk te danke gehad aan die ondersteuning van die regering om die Speurdiens op te knap. Hy het die pos as Staatsprokureur, en derhalwe as Hoof van die Polisiediens, aanvaar op voorwaarde dat hy vrye teuels gegee word om die Polisie- en Speurdiens op standaard te kry. Vanwee sy politieke affiliasies en

185

sentimente het Esselen ook die steun van die Engelstalige pers gehad. De Volksstem het geskryf dat Esselen se aanstelling 'n wyse besluit was:

His appointment was regarded as doubly satisfying because (a) it brought a competent person to the head of a department which had been pitifully

180 Ibid., p. 263.

181 C.T. Gordon, The growth of Boer opposition to Kruger 1890-1895, pp. 30-42.

182 J.A. Mouton, GcnI. Piet Joubert in die Transvaalse Geskiedenis in Argiefjaarboek vir Suid- Afrikaanse Geskiedenis, 20(1), 1957, p. 126.

183 J. Meintjes, The Commandant General, p. 131.

184 G.N. van den Bergh, Secret service in the South African Republic 1895-1900 in Krygshistoriese Tydskrif, 3(3), 1974, p. 57.

185 G.N. van den Bergh, Die polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 38, 1975, p. 172.

53

neglected, and (b) because it would work towards a bringing together of

, 186

burgers.

187

Die aanstelling van die eerste twee geheime agente deur Esselen - J.W. Howcroft (gedurende Junie 1894) en G.W. Taylor188 (gedurende Julie 1894) - byna 18 maande

voor die Geheime Diens formeel gedurende Desember 1895 tot stand gekom het, is insiggewend. Hulle aanstelling kan toegeskryf word aan die politieke klimaat gedurende 1894 asook Esselen se inisiatief en aanvoeling vir die hele situasie.

Die politieke klimaat in 1894 word deur twee tydgenootlike waarnemers raak saamgevat:

1RQ

The year 1894 saw the awakening of the Imperial spirit in South Africa.

Dit is insiggewend dat 'n organisasie met 'n militere karakter soos die Rand Rifle

190

Association, op 28 Junie 1894 in Johannesburg gestig is. Die enkele geheime agente

in diens van die ZAR het alreeds aan die begin van Augustus 1894 die organisasie as 'n moontlike stutorganisasie vir die anti-Krugergroeperinge gei'dentifiseer.191 Selfs

binne die klein geledere van die geheime diens in wording, is hierdie verhoogde politieke spanning aangevoel.

Verdere gebeure wat die politieke spanning verhoog het, was die opkommandering van Britse onderdane deur die ZAR-regering gedurende Mei 1894 om teen die opperhoof Mmalebogo, te gaan veg. Dit was egter 'n taktiese fout aangesien daar ooreenkomste met Holland, Belgie, Duitsland, Frankryk en Switserland bestaan het waarvolgens hulle burgers van krygsdiens vrygestel is. 'n Soortgelyke ooreenkoms het egter nie met Brittanje bestaan nie. Hierdie saak het die Britse regering 'n rede gegee om in die ZAR se huishoudelike sake in te meng en protesvergaderings is gehou. Die

186 C.T. Gordon, The growth of Boer opposition to Kruger (1890-1895), p. 235. 187 TAB, SP 238.

188 TAB, SP 238, Leeromslag van G.W.Taylor.

189 J. Scoble en H.R. Abercrombie, The rise and fall of Krugerism, p. 190. 190 SP 238, Verslag no. 10, Taylor-Esselen, 6.10.1894.

Volksraad was uiteindelik verplig om magtiging te verleen dat die Britse onderdane

192

ook van krygsdiens vrygestel word.

Die besoek van sir Henry Loch, die Britse Hoe Kommissaris, gedurende Junie 1894 aan Suid-Afrika sou tot verdere spanning tussen Brittanje en die ZAR-regering bydra. Loch het onmiddellik na sy aankoms in Kaapstad na Pretoria gereis om aandag aan die kommandeerkrisis te gee.193 Loch is op die Pretoriase stasie amptelik as

verteenwoordiger van die Britse regering ontmoet. Toe die stoet in beweging kom, het 'n deel van die skare "Rule Brittannia" gesing en die perde voor die President se koets uitgespan. Hierdie voorval het byna tot 'n uitbarsting gelei en die Volksraad het 'n geheime sitting oor die voorval gehou. Loch het ook 'n afvaardiging van die

Transvaal National Union uit Johannesburg ontmoet wat hulle griewe aan horn

oorgedra het.194 Die Volksraad het kort na hierdie voorval gedurende Julie 1894 'n

195

wet aangeneem om byeenkomste te verbied, wat met die openbare orde strydig was. Voeg hierby die feit dat Loch gedurende September 1894 daarop aangedring het dat die Suid-Afrikaanse garnisoen van Britse soldate met 500 man versterk moes word om die Uitlanders te ondersteun. Hy het ook 'n afdeling troepe te Mafeking gestasioneer met die doel om die Uitlanders te help.196

Gedurende 1894 het die Kamer van Mynwese se aktiwiteite 'n definitiewe politieke kleur begin aanneem. Tot in daardie stadium het die mynmagnate hulle nie ingemeng met die stryd om stemreg wat deur die Uitlanders gevoer is nie. Die draaipunt het egter gekom toe die President van die Kamer van Mynwese, Lionel Phillips, tydens sy openingsrede aan die begin van 1894 verklaar het dat die myne vir nege-tiendes van die staat se inkomste verantwoordelik was. Hy het verder verklaar dat solank dit die geval was, hulle die reg het om te eis dat die staatsgeld korrek en op behoorlike wyse

192 G.D. Scholtz, Die oorsake van die Tweede Vryheidsoorlog, I, pp. 286-287. 193 J.P. Fitzpatrick, The Transvaal from within, p. 82.

194 G.D. Scholtz, Die oorsake van die Tweede Vryheidsoorlog 1899-1902, I, pp. 289-290. 195 Ibid., pp. 293.

196 W.J. du Plooy, Die militere voorbereidings en verloop van die Jameson-inval 1895-1896, (MA.UP, 1958), p. 4.

55

bestee word. Vir die volgende twee jaar sou die Kamer van Mynwese al hoe meer

197

polities betrokke raak.

Teen hierdie agtergrond het Esselen sy eerste geheime agente gedurende Junie 1894 aangestel. Die gebeure in die periode 1886-1894 het alreeds die behoefte vir inligting aan die staat se kant finaal bevestig. Die terreine van ondersoek of spioenasievelde het al hoe duideliker na vore begin kom. Dit het ingesluit die monitor van die politieke klimaat, veral onder die Uitlanders, asook verskeie anti-ZAR- en anti-Kruger- organisasies. Hierdie terreine van ondersoek sou ook insluit die doen en late van politieke aktiviste asook die rapportering van hulle politieke uitsprake. Verdere spioenasievelde sou die gesindheid van die Kapenaars insluit, asook die rol van Cecil John Rhodes as Eerste Minister en mynmagnaat en imperialis. Hawestede soos Delagoabaai, Durban en Kaapstad, wat indirek buitelandse toegang tot die ZAR verleen het, asook die Wesgrens, sou bespied moes word. Daarby was ook nog die strategiese dorpe soos Kimberley, Bulawayo en Mafeking. Staatsamptenare in die diens van die ZAR sou ook die objek van spioenasie word.

Alhoewel J.W. Howcroft 'n maand voor G.W. Taylor aangestel is, kan geen persoonsleer vir hom gevind word in die dokumente van die Staatsprokureur nie. In 'n ongedateerde verslag wat A.H. Evans as geheime agent vir die Kommissaris van Polisie opgestel het in verband met die gedrag en bekwaamheid van speurders, kom Howcroft se naam voor. Evans het die volgende gerapporteer:

(H)owcroft aangesteld door den Heer Esselen.... Tamelyk goed als detectief... karacter een weinig slecht, ontslaan van het Telegraaf dienst te Natal ik ben niet zeker voor wat rede, maar hy was ontslaan van het Telegraaf dienst te Pretoria voor openbaring van Telegrammen, maar ik geloof zijn gedrag als detectief zijn niet slecht....

197 L.J. Twyman, Paul Kruger en Johannesburg 1886-1895, (MA, PUCHO,1965), p. 81.

198 Alfred Harry Evans alias Derfla het sy eed as geheime speurder voor kommissaris G.J. van Niekerk afgele op 31 Desember 1895. (Sien SP 872, Speurpolisie Ede).

& £ i ^

~/#l~

'fe.ru .&£/ii*?vd rt&t* .

fl1te&ii<f* /lUt-1^ /\-£Z.X\. J^tH V*7. V 'Wc>lll£S>- -?/ /,,, . / . /LG<£< it,^^-~a^d^e^ui. Jo /l/ntf fa

Fig. 3: Uittreksel van die begin en einde van een van Taylor, alias Josef, se rapporte as geheime agent net voor die Jameson-inval. Bron: SP 880.

56

George William Taylor is op 20 Junie 1894 aangestel as "geheime speurdienaar" te Johannesburg teen 'n salaris van £20 per maand. Sy skakelpersoon in Johannesburg sou assistent-landdros J.F. de Beer wees. Alle korrespondensie en tjeks sou aan De Beer vir Taylor se aandag versend word. Taylor sou ook vergoed word uit die begroting van die Staatsprokureur onder die pos "Geheime Dienst".200 Taylor se

aanstellingsbrief, onderteken deur die Staatsprokureur, beskryf sy taak as die voorkoming van smokkelhandel in gewere. Uit sy verslae sou dit egter mettertyd duidelik word dat sy taak baie meer omvangryk was.

Taylor het sy eed van getrouheid op 20 Julie 1894 voor Esselen as Staatsprokureur afgele. In die dokument word sy betrekking as "detectief der Z.A.R." aangedui.202

Hierdie benaming is waarskynlik gebruik vir doeleindes om by die begroting verby te kom aangesien daar amptelik nog geen geheime diens bestaan het nie. Kort na sy aanstelling op 27 Julie 1894 het hy sy eerste verslag aan Esselen gestuur.

Taylor was vanaf Julie 1894 tot Desember 1897 as geheime agent in diens. Sy dienstermyn kan in twee periodes verdeel word. Die eerste tydperk strek vanaf 27 Julie 1894 tot en met 22 November 1894 toe hy in diens was terwyl adv. Esselen nog Staatsprokureur was. Die tweede deel strek vanaf 25 Desember 1895 waarna hy aan die Kommissaris van Polisie onder die kodenaam "Josef" gerapporteer het.204

Kenmerkend van sy verslae is die feit dat sy eerste drie verslae as W. Taylor onderteken is. Vanaf sy vierde verslag op 25 Augustus 1894 is sy verslae, in opdrag van Esselen, nie meer onderteken nie. Dit dui op die klandestiene aard van Taylor se werk. As spioen moes hy beskerm word. Kenmerkend van Taylor se verslae is die volledigheid, netheid en eenvormigheid van voorkoms. In die tydperk vanaf Augustus 1894 tot en met November 1895 is 76 genommerde verslae aan die Staatsprokureur deurgestuur.206

200 SP 238, Ongeregistreerde minutes 1867-1900, Dekblad van Taylor se leer.

201 SP 463, Geheime Brieweboek 1894-1898, Skrywe Staatsprokureur - Taylor , 20.7.1894. 202 SP 238, Ongeregistreerde minutes 1867-1900, Eed - 20.7.1894.

203 SP 238, Ongeregistreede minutes 1867-1900, Verslag no. 1 .Taylor - Staatsprokureur, 27.7.1894. 204 SP 880, GBCP 11/95, Taylor- Kommissaris Van Niekerk, 25.12.95.

205 SP 238, Verslag no. 4, Taylor - Staatsprokureur, 25.8.1894. 206 Sien verskeie verslae in : TAB, SP 238.

Esselen het Taylor hoofsaaklik in Johannesburg aangewend, terwyl Howcroft

207

hoofsaaklik in Pretoria diens gedoen het. Sy keuse om twee Engelssprekendes as geheime agente aan te wend, was strategies korrek. Dit sou hulle in staat stel om maklik saam te smelt met hulle onderskeie werksvelde.

Dat Esselen 'n knap administrateur was, is duidelik uit die wyse waarop sy kantoor georganiseer is. Gedurende Mei 1894 het hy in 'n skrywe aan die Staatsekretaris gemotiveer waarom hy dringend magtiging moes kry om 'n klerk of sekretaris aan te stel. In dieselfde skrywe spreek hy ook sy kommer uit oor die feit dat daar geen boeke gehou is van uitgawes wat aan die Ouditeur-generaal verklaar moet word nie.208 C.T.

Rorke is aangestel en gedurende Julie 1894 het hy, terwyl hy in Kaapstad was, opdrag gekry om vas te stel watter naamtekeninge op die "Uitlanderadres" was. Die adres is kort tevore in Pretoria aan Hoekommissaris Loch oorhandig.209 Esselen het ook

opdrag gegee dat die geheime agente se verslae genommer word om kontrole oor die geheime verslae te vergemaklik.

Tipies van enige geheime diens het Esselen 'n stelsel van kodewoorde ingestel.21 Om

717

sy agente en homself verder te beskerm, het hy van tussengangers gebruik gemaak. Agente het dan ook van tyd tot tyd opdragte ontvang. Esselen het die insameling van inligting volgens 'n geordende stelsel bedryf. So was daar gedurende Augustus 1894 'n spesifieke opdrag aan Taylor om ondersoek in te stel na gerugte "waarin melding

71T

wordt gemaakt van kannonen in bezit van de Engelsche party...." Die Uitvoerende Raad het ook gedurende Mei 1894 die bedrag van £1 000 vir "geheime diensten" bewillig.214 Alhoewel daar teen 1894 nog geen formele geheime diens gestig was nie,

was dit duidelik dat Esselen daartoe in staat was om met die middele tot sy beskikking 'n staatveiligheidsdiens in die kleine te bedryf.

207 Ibid.

208 SP 462, Skrywe Staatsprokureur - Staatsprokureur 28.5.1894, pp. 2-3. 209 SP 462, Sekretaris van SP aan C.T.Rorke , 5.7.1894.

210 SP 462, Skrywe Staatsprokureur - W.Taylor , 15.8.1894, p. 23.

211 SP 238, Ongeregistreerde minutes 1867-1900, Skrywe Hull - Esselen 5.10.1894. 212 SP 238, Dekblad van Taylor se leer.

213 SP 462, Skrywe Staatsprokureur - Taylor, 15.8.1894, p. 24. 214 TAB, URN, Art 266 dd 2.5.1894.

58

Die spesifieke stasionering van die twee geheime agente, naamlik Howcroft in Pretoria en Taylor in Johannesburg vanaf middel 1894, dui op goeie insig en aanvoeling deur Staatsprokureur Esselen. Gedurende hierdie maande het daar 'n losse komplot teen die ZAR-regering begin ontvou wat afgelei kan word uit sekere stellings of bewerings wat agente gemaak het. 'n Voorbeeld hiervan is die uitspraak wat Loch teenoor Lionel Phillips, voorsitter van die Kamer van Mynwese gemaak het, dat indien daar 3 000 gewere in Johannesburg was om die plek teen die regering te hou, hy (Loch) imperiale ingryping sou aanbeveel."" Verder het Phillips in 'n brief gedateer op dieselfde dag wat Loch in Pretoria sou aankom, geskryf:

The Government is absolutely rotten, and we must have reform. The alternative is revolution or English interference."16

Dit is insiggewend dat Howcroft sy eerste verslag as geheime agent vanuit Pretoria op 25 Junie 1894 aan Esselen gestuur het.217 Dit is dieselfde dag waarop sir Henry Loch

in Pretoria aangekom het om te onderhandel oor die spanning wat opgebou het as gevolg van die opkommandering van Britse onderdane.' Die besoek van Loch aan Pretoria het die spanning tussen die regering en die buitelanders verhoog. Die regering sou deur middel van spioenasie akkurate inligting moes bekom oor die politieke gevoel teenoor die Kruger-regering. Verder was dit belangrik dat die leiers in beheer van die agitasie teen die regering, geidentifiseer word. Howcroft sou van die begin af die Staatsprokureur weekliks op hoogte hou van die politieke gevoel en gebeure wat onder die buitelanders in Pretoria aan die orde was.

Howcroft sou op grondvlak die geledere van die anti-Krugergesindes binnedring en veral rapporteer oor gesprekke wat hy gehoor het, oor besluite wat binne vergaderings geneem is en oor prominente leiers binne hulle geledere. Reeds in sy eerste verslag aan Esselen identifiseer Howcroft vir advokaat J.W. Wessels as een van die prominente leiersfigure. 'n Sekere advokaat, Auret, het Wessels versoek om as 'n

215 J. Scoble en H.R. Abercrombie, The rise and fall of Krugerism, p. 273. 216 Ibid., p. 273.

217 SP 238, Verslag no. 1 Howcroft-Staatsprokureur, 25.6.1894.

spreker op te tree by 'n vergadering van die Transvaal National Union. Wessels het in Johannesburg as advokaat gepraktiseer en het die Uitlanders in hulle griewe gesteun en hy sou ook later in die verhoor van die Reform Committee in 1896 optree.

'n Sekere Dusting, wat as sekretaris van die Defence Association opgetree het, is as 'n sleutelfiguur gei'dentifiseer. Volgens Dusting sou daar "n organisasie gestig word wat sekere gevaarlike oogmerke sou nastreef indien hulle nie binne 24 uur gunstige beloftes van sir Henry Loch oor hulle griewe gekry het nie. Dat Howcroft baie nougeset slegs in opdrag van Esselen gereageer het, blyk uit die feit dat hy toestemming by die Staatsprokureur gevra het om lid van hierdie te stigte organisasie te word "to play a double game".221 Hieruit kan afgelei word dat infiltrasie van anti-

Kruger-organisasies op grondvlak een van Howcroft se metodes sou word om eerstehandse inligting vir Esselen te bekom. Howcroft sou veral die vertroue van Dusting wen om sodoende die binnegesprekke van die TNU later te kon monitor. 'n Agent soos Howcroft het ook baie gou verslae geskryf oor gerugte van 'n rewolusie wat moontlik rondom die griewe van die Uitlanders kon ontstaan. Phillips het egter in 'n skrywe daarop gesinspeel dat hy reeds Esselen oor die moontlikheid gewaarsku het:

Of course, we don't want any row; but, as I told Esselen and Leyds, if the Government or Raad does nothing to pacify the people, we shall have a

222

revolution sooner or later....

Van der Poel beweer egter dat die mynmagnate eerder d.m.v. 'n dreigement 'n atmosfeer van rewolusie wou skep en die Kruger-regering daardeur wou intimideer. Die mynmagnate kon weens ekonomiese redes nie bekostig dat 'n volskaalse rewolusie uitbreek nie.223 'n Informant wat Howcroft gebruik het, het horn meegedeel dat 'n lid

van die Mounted Volunteer Corps horn meegedeel het dat lede van die eenheid aangese was om hulp aan die Johannesburgers te verleen as 'n sekere dag aanbreek en om die

219 SP 238, Verslag no. 1, Howcroft - Staatsprokureur, 25.6.1894.

220 M.J. Strydom, "Johannes Wilhelmus Wessels" in W.J. de Kock (Red.) Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, I, p. 912.

221 SP 238, Verslag no. 2, Howcroft - Staatsprokureur, 26.6.1894. 222 J. Scoble en H.R. Abercrombie, The rise and fall of Krugerism, p. 274. 223 J. van der Poel, The Jameson raid, p. 9.

60

magasyn te beset. Die persoon wat die versoek gerig het, was blykbaar 'n Amerikaner wat by die Brasiliaanse rewolusie betrokke was.224

'n Volgende kontak wat Howcroft opgebou het, was 'n sekere kaptein W. Tonkin wat 'n deel van die myners op die 7M/-bestuur verteenwoordig het. Tonkin het horn meegedeel dat die 77V77 die kommandeerkwessie slegs as 'n lokaas gebruik om die myners te kry om by die TNU aan te sluit.225 Howcroft het ook aangebied om in

Johannesburg inligting te gaan inwin indien Esselen horn daar sou wou gebruik. Taylor het egter vanaf Julie 1894 gereelde basis vanuit Johannesburg begin rapporteer. Lede van die Speurdiens was redelik bekend onder die Engelssprekende publiek. Howcroft het gerapporteer dat gerugte onder die skare tydens 'n byeenkoms gehoor is, dat 'n sekere Ueckerman en Evans besig was om op hulle te spioeneer.227

Dit was inderdaad moontlik aangesien W.H. Ueckermann op daardie stadium die hoofspeurder van Pretoria was.228 Wat reeds duidelik blyk uit Howcroft se eerste paar

verslae, is dat hy uitstekend daarin geslaag het om homself binne die TNU en aanverwante organisasies te posisioneer en eerstehandse informasie in te samel sonder