• No results found

Wat in hierdie navorsing ter sprake is, is die feit dat hierdie soort energiepunte in die gemeente ontgin kan word. Wanneer Burger elke energiepunt bespreek, dan wys hy by elke punt ook op die uitdaging wat dit aan die leierskap stel. Kortliks die volgende: SOCIETAS NUWE SOCIETAS COMMUNITAS ENERGIEPUNTE IN ’N COMMUNITASTYD Verdiepte verhoudings

Van ’n soeke na geborgenheid in strukture...tot ’n soeke na geborgenheid in verhoudings en in medemense

Verdiepte spiritualiteit

Van ’n soeke na verbreding van jou lewe...tot ’n soeke na ’n verdieping van jou verankerdheid in God

Kreatiewe grenservarings

Van ’n veiligheid-eerste-lewe binne die sisteem...tot vernuwende ervarings op die grense van ons lewe

Nuwe Refleksie

Van ’n gevoel dat ek die lewe nie verstaan nie...tot insig en ’n nuwe begrip.

o Verdiepte verhoudings

’n Leierskapstyl waarin daar ’n diepe belangstelling in mense, diens en die versorging en energering van mense plaasvind. Die styl van beheer, mag en kontrole kan vervang word met ’n sterker mens- en verhoudingsbediening.52

o Verdiepte spiritualiteit

Burger verwys nie net na die belang van ’n coram Deo lewe nie, maar dat dit in leierskap in geestelike integriteit en menslike egtheid na vore kan kom. Dit gaan meer oor die wees-vlak (being functions) as die doen-vlak (doing functions).53 Hy wys daarop dat dit ons verder kan neem as die professionalisering van die predikantsamp. o Kreatiewe grenservarings

Burger wys daarop dat juis in hierdie fase is dat ’n versorgingskultuur gevestig kan word waarin mense hulle negatiewe ervarings kan artikuleer. Die styl van leierskap sal hier meer konsentreer op bemagtiging, betrokkenheid by dienswerk en ’n bereidheid om eie pyn meer openlik te dra.

o ’n Nuwe verstaan.

Hier kan mense gehelp word om te re-visioneer, om die Bybel nuut te lees in ’n uitgebreide revisioneringsproses. 54

Hieronder sal daar na ’n verdere model van transformasie gekyk word wanneer Roxburgh (2000) se voorstel behandel word.

3.2.6 Leierskap-skuiwe

Die transformasie wat ook in die kerk beleef word, is hierbo as verskillende paradigma-skuiwe, oorgange of quantum veranderinge beskryf. Dis juis in so ’n tyd dat God mense roep om sy kerk te lei na ’n nuwe kerk (Church next – The Once and Future Church). Maar watter soort skuiwe sal in die leierskap self moet plaasvind om die uitdagings van die nuwe wêreld te hanteer?

52 Die belang van die mense, menslikheid en verhoudings word ook vanuit die postmodernisme teenoor modernisme beklemtoon.

a. Leierskap implikasies vir ’n quantum era

Die implikasies vir die kerk se leierskap word uitstekend deur Gibbs en Coffey (2001:69-142) uiteengesit. Hulle noem die volgende groot uitdagings:

Nuwe netwerk-strukture vir bediening

Die onderliggende beskouing van kerk en gemeente – die kerkmodel, ekklesiologie of kerkbegrip – het ’n baie groot invloed op die beskouing oor leierskap. Hieronder sal heelwat aspekte bygevoeg word met betrekking tot ekklesiologiese uitgangspunte (byvoorbeeld die gemeente as span of die missionêre gerigtheid van die gemeente). Hier kan net kortliks by enkele uitgangspunte aangesluit word.

Gibbs en Coffey (2001:76-77) haal vir Wagner aan wat sê dat daar vir ’n new-emerging-church-paradigm ’n oorgang van burokratiese na persoonlike gesag/outoriteit, van wetlike- na verhouding-strukture, van kontrole na koördinasie en van rasionele na charismatiese leierskap sal moet plaasvind. Hulle sluit dan veral by Easum55 aan wat die volgende aspekte van netwerk leierskap uitwys:

o Leierskap in ’n plat struktuur,

o die verhoudingsdinamiek waar gesag in verhoudings eerder as status of posisie gesetel is en waar daar met ondersteunende spanne gewerk word.

o Toestemming verlening in plaas van kontrolering – vanuit ’n persoonlike vertroue en rondom ’n verenigende visie

o Toerusting – on the job training o Bemagtiging

Slocum word aangehaal wat sê dat die kerklike professionele persone 2% van die kerklidmaatskap is, wat bygestaan word deur 18% vrywilligers in hulle dienswerk. Die 20% moet bronne verskaf vir hulle dienswerk in die wêreld.

o Diversifisering – netwerke bestaan uit ’n reeks self-organiserende diensspanne, bestaande uit vrywilligers met spesifieke vaardighede en ervaring.

o Desentralisasie – met leiers wat ’n sterk verbintenis aan die visie en waardes van die gemeente het en in noue kontak met ’n bestuurskomitee is.

o Aanspreeklikheid

55 Gibbs & Coffey maak gebruik van opmerkings in William Easum se boek: Sacred cow makes

Heelwat van bogenoemde terme en beginsels is reeds in hoofstuk 2 genoem in die ontwerp van gemeentes se bedieningsmodelle en in die mandate van leierleraars. Die metafoor van die Redwood56 as ’n groot boom in ’n hele ekologiese sisteem van diverse en interafhanklike lewe word deur Easum en Bandy (1997) gebruik om perspektiewe op ’n postchristendom57 kerkmodel te beskryf. Die gemeente self het ’n sellulêre struktuur waarin verhoudinge en netwerke die basis vorm. Daar is ’n DNA of genetiese kode wat in leke teenwoordig moet wees en wat bestaan uit geloof, leer, missie en sorg. Hierdie selle manifesteer in kleingroepe. Gemeentelik beteken dit elke lidmaat dieselfde toerusting tot diens het en dat daar bedieningspanne gevorm word. Hier is begaafde en geroepe lidmate die uitgangspunt vir die bediening en nie geordende predikante nie. Personeel ondersteun net hierdie bedieninge deur visionering, motivering en sintetisering. Die leiers word dan soos vroedvrouens om lewe te begelei – meer daaroor hieronder. Smit (1995:22) beklemtoon ook dat die gemeente die subjek van die bediening is en dat leierskap daarom as begeleiding gesien moet word.

In die volgende hoofstuk sal daar heelwat meer verwys word na Bybelse metafore wat ook lig kan werp op ’n gemeentemodel of ekklesiologie.

Nuwe styl van leierskap

Daar is baie populêre boeke oor leierskap op die mark. Dink aan Maxwell (2000) wat leierskap as invloed sien en wat so vér gaan as om te sê: Alles berus op leierskap. Hy beklemtoon dinge soos integriteit, ’n positiewe ingesteldheid, verhoudinge, visie en dan gee hy verder (Maxwell 1995) aandag aan die ontwikkeling van ander leiers en die bou van ’n ideale span / dream team. Blackaby en Blackaby (2001) stel weer, in ’n snel veranderende wêreld, die geestelike model teenoor ’n sekulêre model. Hulle definisie is:

“Spiritual leadership is moving people on to God’s agenda.”

God berei leiers voor en verskaf die agenda. Visionêre leierskap is volgens hulle nie ’n vermoë van mense/leiers nie, maar ’n openbaring van God. Karakter, deur God gevorm, is ’n vereiste van leiers. Geestelike leierskap behels ook ’n geestelike onderskeidings-vermoë vir besluitneming. Dieselfde skrywers kyk in Geroep as God se leier (2004) hoe hierdie beginsels in die lewe van Josua gestalte kry. Dinge soos groei in oorgangstye, bou op die verlede, lering, gebruik van simbole, fokus, passie, beslistheid, aanbidding en die seën van ander, is hier ter sprake. Burger (2005) beskryf ook op ’n besondere manier, na aanleiding van God se roeping van Moses, oor hoe omvangryk roeping in die Bybel voorkom. Hy sê: “Die Bybel is ’n roepingsboek vol roepingsverhale.” Daar is ’n Christelike-, menslike- en persoonlike roeping. Leierskap kan ook vanuit die laaste hoek gesien word as God se unieke roeping waarin Hy jou gawes vir Sy doel wil gebruik. ’n Mens kan dink aan suksesvolle leiers van groot makrogemeentes in die VSA soos Rick Warren (1995, 2002) en Bill Hybels (2002). Hybels praat van die strategiese belang van die gawe van leierskap en toon uit hulle verhaal by Willow Creek Community Church hoe visionering (a picture of the future that produces passion), strategiese beplanning (getting-it-done-leadership), die bou van ’n span (building a Kingdom Dream Team), die ontginning van bronne, die ontwikkeling van ander leiers, die keuse van ’n leierskapstyl58, besluitneming en die kuns van self-leierskap en biddende afhanklikheid van God belangrik is met betrekking tot leierskap.

In al bogenoemde literatuur kom die belangrikste temas met betrekking tot leierskap wel na vore. Tog is dit dalk nog nie al wat gesê moet word oor leierskap in transformasietye nie – veral nie as ’n mens byvoorbeeld dink aan die kritiese opmerkings teenoor dié megachurches in verband met die soeker-sensitiewe benadering, markgerigtheid en elemente van modernisme nie (Gibbs & Coffey 2001). In hoofstuk vier van Gibbs en Coffey (2001:93-119) word die problematiek van akademies-opgeleide teoloë, weg van gemeentes, uitgewys. Daar is verskeie uitdagings vir leiers in ’n quantum era. In die opleiding moet gekyk word na die self-identiteit en gawes van leiers. Teenoor ’n sisteem waar predikante in modernisme hoë waarde aan individualisme, self-vertroue en individuele prestasie geheg het, staan

58 Hybels (2002:139-159) praat van die volgende style: visionary, directional, strategic, managing,

spanbou met ander begaafde leiers. Soms sal leraars verskillende hoede moet opsit. Die skrywers haal vir De Pree aan wat sê dat leierskap in die ou paradigma ’n one-man-band of ’n dirigent van ’n orkes was, maar dat die leier van die nuwe era soos ’n jazz-band-leader moet wees wat die musiek en die regte musikante moet kies, waar die optrede afhanklik is van die omgewing, die gawes van die vrywilligers en die interafhanklikheid.59 Hier sal konflik ook openlik hanteer moet word. Leiers sal ook fasiliteerders van prosesse, lewenslange leerders, goeie leermeesters en bestuurders moet wees. Die nuwe paradigma leier is gewoonlik jonger, inisiatief-nemers, innerlik gemotiveerd, kreatief, omring van soortgelyke mense en besig om nuwe leiers te werf en te mentor.

Die karakter, integriteit en spiritualiteit van die nuwe-paradigma-leiers is baie belangrik. Dit is nie beroemde mense nie, maar eerder nederige mense60. In besonder met die oog op GenXers sê die skrywers dat daar ’n egte spiritualiteit nodig is by hierdie nuwe leiers. Hier word ’n diepe verhouding met God gevoed uit die tradisies van die Katolieke en Ortodokse spiritualiteit, uit die Lectio Divina, uit respiratoriese gebed, word geleer van Taizé en Keltiese spiritualiteit en ’n ware vroomheid en heiligheid nagestreef.

Daar is weereens heelwat ooreenstemming met die soort leierskap wat aan leierleraars gekoppel is. Dink maar aan kultuurskepping, visionering, toerusting, spanleierskap en die beklemtoning van die wees-funksies en spiritualiteit in die hele styl. Dink ook aan aspekte van geestelike onderskeiding wat na vore gekom het. Die bydrae wat Sweet (1999a, 1999b, 2004) gelewer het om nie net die geweldige paradigmaskuiwe vir die kerk te interpreteer nie, maar ook op ’n nuwe styl van leierskap te wys, kan nie onderskat word nie. In SoulTsunami (1999b) vergelyk hy transformasie met ’n tsunami en toon maniere aan waarop die kerk in hierdie vloed

59 Bandy (2000:11-26) gebruik die beeld van afrigting as kern-beeld om leierskap te beskryf en sê dat iets daarvan ook in beelde van ’n persoonlike taalonderwyser, ’n jazz-leier en vroedvrou gesien kan word.

60 Collins (2001:17-40) het saam met ’n span die elf maatskappye beskryf wat oor ’n lang tydperk buitengewone groei getoon het. Die eerste aspek wat hy beskryf is die sogenaamde vlak 5 leierskap wat bestaan uit ’n mengsel van persoonlike nederigheid (dis nie beroemde leiers van buite nie, maar leiers van binne wat deur medewerkers beskryf word met woorde soos quiet, humble, modest, reserved,

van verandering kan swem. In Aquachurch (1999a) gebruik hy die metafoor van water om die voortdurende verandering en vloeibaarheid van die postmodernisme uit te druk. Hy toon nie alleen die tendense van verandering in die postmodernisme en inligtingstydperk aan nie, maar wys op die totale herinterpretasie van kerkwees en leierskapstyl in die 21ste eeu. Leiers sal seevaarders61 moet wees wat nie net met kaarte navigeer nie, maar die kuns van seevaart bemeester. Hy sê (1999a:19) die kaptein van die skip is in Grieks die kubernetes (1 Korintiers 12 – leierskap) genoem. Die kaptein was by uitstek ’n navigeerder. Hy moes deur ervaring die see ken, diverse pligte op die skip uitvoer, rigting hou en verantwoordelikheid vir die passasiers en vrag aanvaar. Die kuns wat die kerklike leier as seevaarder moet bemeester is soos met die instrumente van die kaptein van die skip: oriënteer aan die Noorderster (Jesus Christus); bepaal rigting met die kompas (Bybel); gooi die anker (tradisie); loop oor die loopplank (risiko’s neem); luister na die sonar (vibrasies); kyk deur die teleskope (visie); neem landverlof (Sabbatsrus); sein die vlag en seintoestel (kommunikasie); waardeer die bemanning (samewerking en spanwerk); gebruik die giroskoop (kreatiwiteit); leer van die skip se logboek en biblioteek (intellektuele kapitaal) en voel met die nat vinger (intuïsie). Met woordkuns beskryf hy sodoende die kuns van leierskap vir die postmoderne kerk.

Sekere aspekte vir leierskap word nog verder uitgewerk in Sweet se Summoned to lead (2004) waarin hy die voorbeeld van Ernest Shackleton62 gebruik om die kuns van leierskap te verduidelik. Hy beskryf Shackleton se karakter (optimisme, integriteit en uithouvermoë), sy gebruik van musiek (wat verwys na die vermoë om te luister), sy spankeuse (insig in spanlede, neem van risiko’s, seën gee en spanbou) sy doelgerigte missie (aangepas volgens omstandighede), sy leerbare gees (hy’t geleer van die tekste, mense, kommunikasie en uit die verlede), sy intuïsie (aanvoeling en ook openheid vir God), sy kreatiwiteit (en onderskeidingsvermoë) en sy improvisasie en liefde vir sy span. Dit bevestig heelwat aspekte wat hierbo genoem is. Besonders is Sweet se beklemtoning dat die fyn luister, die aanvoeling van omstandighede, van leierskap as akoestiese kuns voorrang het bo die visioning thing. Hy wys daarop dat visionering

61 Niemandt (2005) verwys na ’n verwante term waar Sweet na leiers as Pneumanauts verwys wat deur die leiding van die Gees die kerk moet begelei. Hulle moet onder andere die semiotiek beoefen om die tekens van die tyd reg te lees.

62 Sir Ernest Shackleton het van 1914-1917 in die grootste oorlewingsverhaal ooit, besondere leierskap uitgeoefen om in Antarktika te oorleef (I never lost a man) en sy bemanning tot veiligheid te lei.

en strategiese beplanning nog baie maklik vasgevang kan sit in modernistiese tendense en dat dit dan ’n manier van uitoefening van dominansie kan wees waar mense met jou idees rondgestoot kan word Sweet (2004:17). Daarom kom die kuns van luister voor visionering – wat wel belangrik is – en is intuïsie, kreatiwiteit en spanwerk aspekte wat dit in ’n postmoderne tyd balanseer. Bandy (2000:27-45) bespreek die belang van kreatiwiteit en sê dan:

“It means that identity will replace planning as the key to building enduring organizations. The more chaotic the human condition becomes, the less strategically it can be organized.”

Dieselfde soort temas met betrekking tot tot leierskap in Christendom en na-modernisme hoor ’n mens by verskeie ander skrywers. Easum (2000) vergelyk transformasie met ’n wurmgat (wormhole) in die uitspansel waardeur die kerk ook moet beweeg na ’n nuwe wêreld toe. Hy beklemtoon roeping en passie – vir God se missie - as die basiese boustene van leierskap. Aan die ‘ander kant’, in die nuwe wêreld, sal daar leiers wees wat intuïtief deur die Gees gelei word, dissipelmaking as DNA van kerkwees beskou, geestelike leiers in ’n organisme en spanspelers sal wees. Hy sê dat leiers hulle lewensmetafore sal moet verander om gereed te wees vir hierdie bediening.

Die gemeente as span, die bediening as spanwerk en leiers as afrigters is die metafoor waarmee Bandy (2000) na die veranderde styl van leierskap kyk. Dit is nou nie eintlik ’n Bybelse beeld van leierskap nie, maar dit het wel die voordeel om die transformasie wat in tydsgees, kerkmodel en styl van leierskap plaasgevind het, goed te verduidelik. Bandy (2000: 62) verduidelik die transformasie in kerkmodel en leierskap soos volg:

“The premodern paradigm requires a guardian, an educator, a shepherd, and an occasional prophet.

The modern paradigm requires a teacher, an administrator, a chief executive officer, and an occasional priest.

Die gemeente as span het drie fondasies naamlik verbintenis, vaardigheidsontwikkeling en aanspreeklikheid; drie doelwitte, naamlik missie-resultate, gesamentlike getuienis en geestelike groei; drie netwerke, naamlik lerende dissiplines, vennote in die gemeenskap en die gemeentelike aanbidding. Hierdie siening van die gemeente verander die perspektief op leierskap. Die afrigter bring 4 dinge na so ’n span toe:

o ’n doelgerigte houding o ’n werksetiek

o ’n veranderbare wedstrydplan o ’n wen-geloof

Binne hierdie metafoor word dit dus moontlik om leierskap as deel van ’n organisme te sien. Miskien sou Bybelse metafore soos liggaam van Christus en huisgesin van God die aanwending van so ’n metafoor net nog kon verdiep. Die metafoor van ’n afrigter van ’n span bring egter wel waardevolle perspektiewe tot die gesprek by.

Die metafoor van afrigter en span word meestal in enkelvoud by Bandy gebruik en verwys eintlik na die styl van leierskap. Hy verwys net soms na ’n hulpafrigter en ander afrigters. By groter spanne is daar egter meestal ’n afrigtingspan waarin verskeie afrigters met spesialis bydraes onder leiding van die hoofafrigter die afrigting strategies bedink, beplan en uitvoer. Klubs het ook verskeie spanne net soos daar ook in groter gemeentes verskeie bedieninge en groepe ontstaan waarin daar ook ’n spanbenadering gevolg kan word. Wat die gemeente betref verwys verskeie skrywers dan na die samewerking in die leierskapspan as spanwerk.

Samevattend kan daar gesê word dat daar miskien nie net gekyk moet word na die woorde wat die funksies en mandate van leierleraars uitspel nie, maar ook na die teologie, wêreldbeeld en tydsgees wat daaraan inhoud gee. Dalk kan daar nog baie modernistiese aspekte aan funksies soos visionering en strategiese beplanning, bestuur en verantwoordelikheid daaraan kleef. Is die aanduiding dat daar heelwat – en in sommige gevalle selfs te veel – bestuursverantwoordelikheid aan leierleraars gegee word (byvoorbeeld voorsitter van die bestuurskomitee) nie ’n aanduiding van so ’n tendens nie?

b. Missionêre leierskap

Die navorser meen dat die teorie en model wat deur Roxburgh (1998:183-220) as Missional Leadership voorgestel word, nie net vir ons help om iets van die soort leierskap wat in transformasietye nodig is, te verstaan nie, maar dit word gedra deur ’n grondige teologiese besinning oor die missio Dei en oor die wese van die kerk Die begronding van missionêre leierskap

Die begronding van missionêre leierskap binne God se werk, die vorming van ’n verlosde geloofsgemeenskap met die oog op die realisering van Sy Koninkryk, is die basis van missionêre leierskap. Missionêre leierskap word gevorm deur:

o die openbaring van Jesus Christus

o die Gees se vorming van ’n na-Pinkster-geloofsgemeenskap o die herontdekking van eskatologie

o en vorm self ’n gemeenskap wat God se bedoeling met die skepping demonstreer en aankondig.

Missionêre leierskap word dus verstaan as deel van die heilshistoriese werk van God-drie-enig, deur die geloofsgemeenskap, in die hele skepping en met die oog op die toekoms wat Hy sal laat aanbreek.

In die reeks van Gospel and our culture sê Van Kooten en Barrett (2004:138-148) dat missionêre gemeentes en die leierskap se gesag volledig van God kom. Die kerk is God s’n en alle gesag waaroor beskik word, is wat Hy aan die kerk verleen het.

Die konteks van missionêre leierskap

Roxburgh (1998:190) sê dat die vorm van leierskap in ’n spesifieke konteks ’n saak is van historiese voorlopers en diep kulturele waardes! Hy toon aan hoe die verskillende paradigmas wat hierbo beskryf was, die kerklike leierskap dramaties beïnvloed het. o Leierskap in Christendom: Van Apostels na Priesters

Na Konstantyn se vorming van die staatskerk het die kerk beskik oor die verlossende genade van God en die uitdeler daarvan geword. Eers vanaf die tweede eeu is die term

priester vir Christelike personeel gebruik. Rang en rol het die plek van gawe en charisma ingeneem. Christendom het ’n gevestigde, statiese Christelike wêreld daargestel waarin die kerkampte as afsonderlike orde van die gemeenskap gefunksioneer het. Die priester was herder wat ’n volk moes versorg deur die reëling en verspreiding van genademiddele in ’n geografiese gebied. Leierskap het ’n gevestigde pastorale identiteit ontvang.

o Leierskap in die Reformasie: Van Priesters na Leermeesters/Leraars

Die Reformasie het nie die rol van die predikant of kerkamptenaar wesenlik verander nie, want die kerk was steeds basies as statiese verspreider van genade gesien. Dit het net nou ’n pedagogiese / lerende / opvoedkundige identiteit daaraan gegee, sodat leiers die beskermers van die Woord geword het. Sodoende het prediking en lering, toesig oor die regte leer en die regte administrasie van sakramente die normatiewe