• No results found

Missionêre leierskap. Roxburgh (1998:213)

Die vorming van missionêre leiers

Hoe kan sulke missionêre leiers gevorm word? o Vereistes vir die vorming van leiers:64

Roxburgh (1998:212-220) sê dat hierdie missionêre leiers mense sal moet wees met: - ’n diepe roepingsbesef,

- ’n duidelike Christelike karakter,

- ’n akademiese en intellektuele bekwaamheid en - vaardighede in geestelike- en gemeenskapsvorming o Meervoudige leierskap

Die missionêre gemeente is ’n geloofsgemeenskap en die eerste taak van missionêre leiers is juis die vorming en lewe in so ’n gemeenskap. Van Kooten en Barrett (2004:142-145) gee talle voorbeelde uit die gemeentes waar leierskap as deel van die

64 Hunsberger (2004:32-33) gee die volgende agt eienskappe van ’n goeie missionêre leier – dis leiers wat: die tyd ken; goed lees; wat eienaarskap vir ’n gedeelde verantwoordelikheid vir die gemeente se roeping neem; visie het; wat visioneer; vol geesdrif, genade, wysheid, kennis en krag is; ’n

gemeente, span en in kollegialiteit beoefen is. Dit is Roxburgh (1998:214) se mening dat die missionêre leierskap nie in een persoon te vind is nie, maar in ’n span van meervoudige leierskap gesoek sal moet word. Die klem in die vorige paradigma op die opleiding en bevestiging van een persoon as pastor-leraar het aanleiding gegee tot die solus pastor. Missionêre leierskap sal egter van leierskap spanne gebruik maak, waar die doel en rigting van die kerk as missionêre gemeenskap ’n apostoliese leierskap vorm. Hy maak dan gebruik van Efesiërs 4 om daarop te wys dat daar in die missionêre gemeente ruimte is vir profete, evangeliste (in die gemeentelike konteks), die pastor-leraar en apostel wat as span funksioneer. So bring elkeen sy gawes na die gemeente om haar op te lei tot haar missionêre roeping. Hy sê dan die volgende:

“A leader among the leaders with overall apostolic gifts could provide the oversight within the team of leaders.”

Hy dink hier selfs aan die samewerking van predikante van verskillende gemeentes in ’n dorp in so ’n span. In ’n makrogemeente bring die grootte van die gemeente uiteraard dieselfde moontlikhede, soos reeds in die ontwikkelings hierbo gesien is. o Identifisering en opleiding van leiers

Hy wys daarop dat bogenoemde model grondige transformasie met betrekking tot die identifisering, opleiding en bevestiging van leiers sal moet lei. Praktiese Teologie sal vanuit ’n missionêre kerkbegrip verstaan moet word en opleiding sal in samewerking met sulke gemeentes moet geskied. Die model vir opleiding is – en so ook in Suid-Afrika – te veel geskoei op die solus pastor wat as professionele leermeester die private geestelike behoeftes van gemeentelede bedien. Die doel van missionêre leierskap is tog: (Roxburgh 1998:219 se aanhaling van Newbigin)

“to lead the congregation as a whole in a mission to the community as a whole, to claim its whole public life, as well as the lives of all its people, for God’s rule.”

c. Transformasie op pad na missionêre leierskap

transformasie kan kyk. Met spesifieke verwysing na Roxburgh se standpunte rondom die ontwikkeling van missionêre leierskap kan sy model nou ter sprake kom. Daar is hierbo aangetoon wat die betekenis van missionêre leierskap is. Die vraag is egter: hoe kom ’n mens by die ideaal van ’n nuwe ontwerp van leierskap as daar nog soveel elemente van die ouer paradigmas aan ons kerkbegrip en leierskapsmodelle kleef? Daar is diep gewortelde praktyke, gewoontes en raamwerke wat moet verander. Turner se model dien vir Roxburgh (1997, 2000) as instrument om die transformasie waardeur die kerk en sy leierskap beweeg te verduidelik. Hy wys op liminality (limen = drempel) as die grenservaring waardeur uiterlik en innerlik gewerk moet word.65 In The missionary congregation, leadership en liminality (1997:23-57) bespreek hy die drie fases van liminaliteit, naamlik: seperation, liminal, reaggregation. Die fase van liminaliteit waarin die kerk haar bevind, bring geweldige onsekerheid met betrekking tot die rol en identiteit van die predikant.

“This is a liminal, betwixt-and-between time for pastors, their roles no longer fit the classifications of society. Questions are legitimately asked: What is a pastor? What do pastors do? Where do they fit? What kind of social function do they have?” (Roxburgh (1997:43)

Hy wys ook op die feit dat die communitastyd ’n tyd is waarin die professionele onderskeiding en gespesialiseerde gesag gelyk gemaak word en titels nie meer geld nie. Dit bring geleenthede vir herbesinning met betrekking tot die spesialisering en professionalisering van die kerklike ampte. Roxburgh (2000:95-108) wys daarop dat transformasie in organisasies eintlik ’n diep kulturele skuif meebring.66 Hy stel egter eers ’n model voor waarvolgens ons die fases en prosesse van transformasie beter kan verstaan.

65 Roxburgh (2000:75) gebruik ook John Kotter se model wat toon hoe verskillende mense en groepe ’n eie pas van verandering kan hê – innovative leaders (2%), opinion leaders (14%), early majority

(34%), late majority (34%) and last adopters (16%). Daarvolgens het ’n leier ten minste die eerste 16%

nodig om ’n idée te versprei. Hy wys ook daarop dat dit nie ’n liniêre proses is nie, maar ’n veelkantige sistemiese proses.

66 Roxburgh (2000:95-108) maak gebruik van Hiebert se model oor kultuur waarin daar oppervlakte kenmerke en kern kenmerke (wêreldbeeld) is en waar daar met ontworteling aan die kern kenmerke verander word.

Transformasie-prosesse in fases

Die model wat Roxburgh (2000:23-46) voorstel help ons om ingrypende transformasie in vyf fases te sien gebeur. Hieronder is ’n diagrammatiese voorstelling daarvan.