• No results found

3. VERANDERDE KONTEKS EN LEIERSKAP

3.1 TRANSFORMASIE IN DIE MAKROKONTEKS

3.1.1 Christendom vs. Post-Christendom

3.1.1 Christendom vs. Post-Christendom

Dit is veral vanuit die sendingwetenskap dat die transformasie in die Christendom-era raakgesien is. Newbigin (1957) het na sy terugkeer uit Indië nuut na die kerk in Europa gekyk en beskryf hoe die hele sisteem van die Christendom-paradigma opbreek. Mead (1991) skryf oor verlore paradigmas en hoe die kerk herontwerp moet word vir ’n nuwe sendingveld. David Bosch (1991) skryf, kort voor sy dood, sy epiese werk: Transforming mission. Paradigm shifts in theology of mission. Mead (1991:8-29) beskryf drie paradigma-fases:

a. Die Apostoliese paradigma

Die eerste drie eeue was die fase waarin die kerk die roeping van Christus gehoor het om as gestuurdes in die wêreld uit te gaan om te dien, te bekeer, siekes te versorg en die uitgestote mense te ondersteun. Gelowiges het hulle identiteit in hul missie gevind, Die plaaslike gemeente was die sentrale realiteit. Die wêreld was vyandig teenoor gelowiges, maar die geloofsgemeenskap het met passie in die wêreld getuig.

25 Bogenoemde inligting is by www.gksa.org.za/kerkblad.htm - 56k > 25 Oktober 2005, bekom.

b. Die Christendom paradigma

In die vierde eeu begin ’n nuwe paradigma met die bekering van keiser Konstantyn in 313 n.C. Daarna word die Christendom in naam en wetlik die amptelike godsdiens van die staat. Die kerk en staat word geïdentifiseer. Guder (1998:6) beskryf die Christendom as the system of church-state partnership and cultural hegemony in which the Christian religion was the protected and privileged religion of society and of the church in its legally established institutional form. Mead (1991:14-22) bespreek verskeie implikasies van hierdie era, naamlik: die vermenging van heilige en sekulêre, die sending wat veraf is en imperialisme en sending wat saamgaan, die gemeente as parogie, die dryf na eenheid, die leek se rol in die kerk is dat hy/sy deur geboorte deel word van die kerk en dan net die kerk en predikante moet ondersteun deur gehoorsaamheid en lojaliteit. Hy toon hoe die laaste generasies van Christendom hierdie fasette toepas. Onder andere is die rol van pastors binne die grense van gemeentes gesien as ’n soort kapelaan wat alle mense, maar veral vir die wat tot die gemeente behoort, versorg. Die bediening is gedoen en beheer deur die geestelikes (clergy) en hulle het daarvoor opleiding ontvang.

c. Die tyd tussen paradigmas (Post-Christendom)

Mead (1991:30) vergelyk die veranderinge wat plaasvind met die val van die Berlynse muur, die broodboom wat uit sy ou blare groei of die skuiwe met betrekking tot aardbewings. Hy kon veertien jaar gelede nog net van ’n tussentyd praat, waar die bediening van leke (gelowiges) na vore kom, die wêreld en kerk onderskei en geskei is en almal nie meer as christene beskou is nie, die gemeenskap nie ’n deel van die religieuse wêreld is nie en die voordeur van die kerk die deur na die sendingveld geword het. Hy toon die volgende krake wat in die Christendom na vore gekom het: • Die rol van die kerklike personeel / predikante (Clergy)

In die Christendom was die bediening in die hande van die geestelikes - clergy were the ministry. Hulle was die kapelane en bewaarders van die gemeenskap. Dit is besig om op te breek, terwyl klerikalisme (clericalism) die verandering bemoeilik. Predikante soek na nuwe rolle as sosiale aktiviste, geestelike direkteure, bemagtigers, gemeenskaps-organiseerders, opvoeders of beraders. Soms word dit net by die tradisionele prediker, pastor en administrateur bygevoeg.

Die rol van die leke

Die rol van die gelowige is nou nie net om die gemeente te ondersteun nie, maar lidmate is as gelowiges dienend in die wêreld besig, moet komplekse etiese kwessies hanteer en word dienswerkers in die gemeente.

d. Uitdagings in die Post-Christendom

Die uitdagings vir die kerk in die na-Christendom word deur Mead (1996) in ’n volgende boek beskryf (Five challenges for the once and future church). Hy noem die volgende:

To transfer the ownership of the church To find new structures to carry our faith To discover a passionate spirituality To feed the world’s need for community To become an apostolic people

Dis veral die eerste uitdaging wat hier van groot belang is. Mead wys daarop dat klerikalisme27 ’n groot gevaar vir die kerk is. Tekens daarvan word gesien in dinge soos dat gemeentes hulle geld op predikante spandeer, dat besluite hoofsaaklik deur predikante gemaak word, dat standaarde deur predikante bepaal word, dat breër kerklike besluite predikante se stemme vertoon, dat predikante-taal gehoor word, dat opleiding van predikante baie duur is dat predikante die reëls bepaal. Die eienaarskap van die kerk moet aan lidmate oorgedra word.28

Sekerlik sien mens heelwat elemente van die betrokkenheid van kerk en kultuur, van vaste struktuur en van die rolle van predikante en lidmate van die Christendom-paradigma, wat hierbo beskryf is, in Gereformeerde kerke in Suid-Afrika. Tegelykertyd sien mens krake en die beweging na ’n Post-Christendom paradigma. Die invloed daarvan op die rolle van lidmate en predikante is duidelik geïllustreer in die gemeente-praktyke wat in hoofstuk twee beskryf is.

27 Clergy verwys na geestelikes of predikante en clericalism verwys dan na sisteem waarin die geestelikes of predikante oorheersend funksioneer teenoor die lidmate van die kerk.

Die opbreek van die Christendom-paradigma het eintlik al tot ’n groot mate met die Verligting en Modernisme begin wat hieronder ter sprake sal kom.