• No results found

Fontainebleau gemeenskapskerk – Ds Jannie Swart

2. KONTEMPORÊRE ONTWIKKELINGS IN MAKROGEMEENTES

2.2 EMPIRIESE ONDERSOEK IN VYF GEMEENTES

2.2.3 Fontainebleau gemeenskapskerk – Ds Jannie Swart

Die navorser het op 9 Junie 2005 met ds Jannie Swart, tans leierleraar van die gemeente, semi-gestruktureerde onderhoud gehad. Die onderhoud is ook op band opgeneem ter wille van kontrole van gegewensovoorts Die respondent het ook sekere inligting op skrif verskaf.

Fontainebleau is een van die grootste makrogemeentes in die land met 1406 doop- en 3876 belydende lidmate – dus totaal van 5282 lidmate (vergelyk die 2005 jaarboek van die NG Kerke).

a. Oor die area / gemeenskap

Die verhaal van die gemeente-area is interessant. Die gebied is geleë aan die Noord-weste van Gauteng. Vyftig jaar gelede is daar pas begin met uitbreidings vanaf Linden na hierdie gebiede toe. Die gebied was toe hoofsaaklik plotte waar armer mense gebly het. Die gebied het intussen gegroei tot plek waar van die rykste mense in die land woon. Aanvanklik was dit hoofsaaklik welvarende wit voorstedelike gebied. Dit is steeds gebied van middelklas en bo-middelklas, met baie entrepreneurs. Nou is die gebied meer genormaliseer ten opsigte van die landsbevolking, met heelwat meer swartes wat in die gebied ingetrek het – selfs Nigeriërs in gebiede soos Windsor. Daar is ook ryker swartes wat in welvarende gebiede ingetrek het. Die klasse-verskeidenheid het ook verander. Gebied soos Windsor het baie armer gemeenskap geword, met baie mense in woonstelle en met baie maatskaplike probleme. Daar word selfs na hierdie gebied as tweede Hillbrow verwys. Meer welvarende mense het al meer Wes beweeg waar daar geweldige groot ontwikkelende gebiede is. Daar is ook nou baie meer Engelssprekende mense in die area.

Die mense in die area is baie duidelik deel van transformasie-kultuur. Die gemeenskap en die samestelling is baie oop vir die veranderinge wat in die breër Suid-Afrikaanse gemeenskap plaasvind. Tog is daar fasette van die kultuur, soos materialisme en sterk verbruikersmentaliteit wat hier groot rol speel. Veral die welvarende deel van die gemeenskap is deel van die rat-race met baie lang werksure. Die generasie gapings is hier ook baie sigbaar, veral met dinge soos lewensstyl en musiek en baie swak verbintenis teenoor die kerk – vergelyk statistieke hieronder. EGON (Eenheid vir Godsdiens en Ontwikkelings Navorsing – vergelyk p.36) het ook inligting in verband met die area (ongelukkig net van die area naaste aan Fontainebleau) uit die 1991 en 1996 syfers en gegewens verskaf. Daaruit word net die volgende hier genoem:

o Bevolking: 75% blank, 22% swart, 2% Indiërs en 1% Kleurlinge o Taalvoorkeur: 61% Engels, 15% Afrikaans, 5% Zulu en 4% Setswana o Ouderdom: 24% is 0-20, 41% is 20-40, 25% is 40-60 en 9% is ouer 60

o Werk: 88% werk, 4% werkloos – 13% bestuurders, 18% professioneel, 13% tegnies en ambagte, 11% klerke en 16% in elementêre werke

o Inkomste: 10% onder R500 pm, 19% R500-R1500 pm, 26% R1500-R4500 pm, 28% R4500-R11000 pm, 11% meer as R11000 pm.

o Onderwyspeil: 5% ongeskoold, 11% Laerskool, 51% Hoërskool, 13% matriek+, 5% onder 6 jaar.

o Behuising: 94% in huis, woonstel of dorpshuis, 1% in plakkershut, 3% in kamers. o Godsdiens: 71% Christene, 1% Moslem, 1% Joods, 11% geen geloof.

o Kerkverband: 11% NGK, 6% Anglikane, 8% Metodiste, 12% Katolieke, 7% AIC Met betrekking tot generasies in die gemeente is die volgende gegewens van die gemeente beskikbaar:

Generasies in FGK

Millennial 0-13 17% Jong X'ers 14-24 15% X'ers 25-33 22% Boomers 34-44 17% Ouer Boomers 44-54 13% Silent generations 55-74 13% GI 82-94 3%

Skets 2-3 Generasies in Fontainebleau

b. Oor die gemeente

Fontainebleau het in 1955 van Linden afgestig en het dus pas sy 50ste verjaarsdag gevier. As daar gekyk word na veranderings en transformasie, dan moet dit allereers gelees word saam met die veranderinge wat hierbo beskryf is. Die gemeente het in armer gemeenskap begin en het daarom van die begin af deernis vir mense in nood en karakter van barmhartigheid en sorg gehad. Daar word vertel dat die eerste predikant, ds Cronje, mense se karre herstel het en sodoende met mense in nood geïdentifiseer het.

Die statistieke hierbo gee ook prentjie van die bevolking, taal, inkomste en generasie-skuiwe wat in die gemeenskap plaasvind. Die feit daar net 17% Afrikaanssprekendes teenoor 61% Engelssprekendes hier woon, het daartoe gelei dat daar met Engelse eredienste, selgroepe en bedieninge begin is. Die feit dat armer mense vermeerder en die area meer multikulturele gemeenskap word, het aanleiding daartoe gegee dat die gemeente sterk gerig is op gemeenskapsprojekte. Daar is byvoorbeeld werkskeppingsprojekte saam met MES (Middestad Evangeliese Sorg) en korporatiewe organisasies en die Tswelopele (Progress) projek waar arm mense industrieel aktief is. Dan is daar verskeie HIV en VIGS projekte soos dat die gemeente die CABSA (Christian Aids Buro for Southern Africa) se hoofkantore huisves, projekte in Sandspruit plakkerskamp saam met ander kerke en gemeentes en vele meer.

Die predikante wat die gemeente bedien het, het byna almal baie pastorale en barmhartigheid aanslag gehad. Di. Hannes Cronje met sy onortodokse styl, Chris Brand wat die informele leier onder predikante was en baie akkommoderende styl gehad het en dr Arnold Smit met sy gawes met betrekking tot leierskap en strategiese beplanning kan hier kortliks uitgesonder word. Dit het daartoe gelei dat die styl in die gemeente nog altyd een was van oop kultuur, informeel en spontaan, met min beheer en kontrole en waar diversiteit omhels word.

Een van die groot veranderinge in die gemeente was toe daar in 1999 weggedoen is met die wykstelsel. Dit was voorheen eintlik gemeente van vyf parogieë. Daar is besef dat dit nie meer werk nie. Die verandering het maklik gebeur. Selgroepe was al goed gevestig, leraar-lidmaat ratio was net te groot en vrywillige assosiasie met leraars was al praktyk. Dit het die deur vir spesialisasie geopen.

Die volgende groot transformasie was die besluit in 2000 om die naam van die gemeente te verander na Fontainebleau Gemeenskapskerk. Die gemeente is voorheen deur verskeie fases van visionering. Bogenoemde gegewens oor die area en die visioneringsprosesse en identiteit en storie van die gemeente het byna vanselfsprekend daartoe gelei dat die gemeente kerk vir die gemeenskap wou wees. Dis nie amptelike naamsverandering nie, maar eerder soort branding om te sê dat die NG Kerk Fontainebleau voortaan bekend staan as Fontainebleau Gemeenskapskerk. Dit kommunikeer wel iets van die visie van die gemeente en van sy intensie. Die gemeente het die verandering met baie min weerstand aanvaar en daar was selfs opwaartse kurwe met betrekking tot lidmaattal en finansies. Die missie en visie van die gemeente is soos volg geformuleer:

ONS MISSIE IS:

om saam met God te leef en werk waar Hy besig is om die wêreld nuut te maak. ONS VISIE IS:

eietydse, multikulturele en veeltalige gemeenskapskerk wat die breë samelewing bedien, met fokus op Gauteng en Suidelike Afrika.

Die feit dat daar baie entrepreneurs is wat in die korporatiewe omgewing werk, het daartoe aanleiding gegee dat leiers toe ook besluit het om die bedieningsmodel te wysig. Die groot kerkraad het plek gemaak vir klein gemeenteraad, wat nie meer operasionele besluite neem nie, maar wat oorhoofs verantwoordelikheid neem met betrekking tot visie, strategiese prosesse, beleid, waardes en bestuur (onder andere finansies en personeelsake) van die gemeente. Die bediening en operasionele sake word gedelegeer aan lidmate en bemagtigde leiers. Die Gemeenteraad vra net dat bedienings-besluite nie bots met die gemeentevisie nie, maar hoe dit die visie bevorder. Dit beteken ook dat daar nie hiërargiese vlakke is nie, maar plat struktuur waar elke bediening besluite neem wat daardie bediening raak. Dit is iets van management-in-chaos. Die gemeenteraad het net drie kommissies, naamlik finansies, DVK en interne oudit, terwyl die bedieninge onafhanklik funksioneer. Daar is wel vier bedieningsforums wat bedieninge help koördineer. Hieronder voorstelling:

Skets 2-4 FGK Bedieningsmodel

c. Oor leierleraarskap

Die pos van leierleraar in die gemeente het natuurlik uit bogenoemde transformasie-prosesse na vore gekom. Die besluit om leierleraar aan te stel was ook in

1999-bedieningsmodel en visie en missies van die gemeente. Dit was veral vir die leiers en entrepreneurs wat in korporatiewe omgewings werk net logiese stap. Daar is besef dat daar in groot span leier nodig is en dat daar doelgerig iets aan effektiwiteit gedoen moet word. Dit was as sodanig ook al voorafgegaan deur proses waarin Frederick Marais in 1996 as spanleier na die gemeente beroep is. Toe hy bedank, is daar besluit om eers nie met die proses verder te gaan nie. Die respondent word toe in 1998 met opdrag gesins- en jeug-bediening na die gemeente beroep. Toe die span egter groter word, het die behoefte aan leier in die span ook groter geword. Daarom het die kerkraad die leraars gevra om dit in die span uit te klaar en met voorstel na die raad te kom. Daar is aanvanklik met al die leraars onderhoude gevoer, waar dit duidelik geword het dat twee leraars naby aftrede is en nie vir die pos sou instem nie. Die leraars het die respondent toe eenparig aangewys en die kerkraad het ook konsensus besluit daaroor geneem.

Daar is doelbewus besluit op die benaming leierleraar. Daar is gesê dat dit allereers oor leierskap gaan en dat die power-issue nie vermy moet word nie. Dit gaan hier nie allereers oor koördinering of bestuur nie, maar oor teologiese en rigtinggewende leierskap. Die praktyk en verwagtings van mense lê egter eerder na die kant van CEO en operasionele bestuur.

Die gemeente is waarskynlik nie alleen die eerste gemeente om die pos van leierleraar in die NG Kerk te skep nie, maar het die mandate van die pos ook die duidelikste omskryf. Hieronder volg die gemeente se eie formulerings hieroor:16

Die Leierleraar (LL) van FGK staan in “die amp of bediening van die bedienaar van die Woord” (Kerkorde Artikel 9) met spesiale opdrag om leierskap in die gemeente en gemeenskap te beoefen, sowel as oorhoofse uitvoerende verantwoordelikheid te neem vir die beleids- en besluitnemings-raamwerke van die Gemeenteraad.

Die LL vervul sy/haar rol soos volg:

1. Verantwoordelikheid te neem vir en finale besluitneming te neem oor die rooster vir

liturgiese (ingesluit bediening van sakramente) en/of predikingsverantwoordelikheid (dit wil sê wie van die uitvoerende span en van buite

die gemeente, wanneer en waar optree) by eredienste van die gemeente (sien Kerkorde

16 Die dokument van die gemeente word hier eintlik as bylaag in hulle eie skrif geplaas, sodat dit as afsonderlike dokument duidelik is vir die leser.

Artikel 9.1 tot 9.4). Dit word gedoen na oorlegpleging met die uitvoerende span en met die veronderstelling dat die LL se primêre leierskapsverantwoordelikheid as visiedraer en -vertolker in die gemeente hiermee blootstelling sal geniet deurdat hy/sy oorwegend die meeste van hierdie verantwoordelikheid self sal dra in gegewe jaar.

2. Verantwoordelikheid te neem vir jaarlikse rooster van kursusse wat die onderrig en toerusting van die gemeente dien en aan die gemeenskap diens in die verband verskaf vanuit christelike geloofsperspektief Die rooster word opgestel in oorleg met die ander lede van die uitvoerende span en sluit kursusse in wat in gelyke mate in die behoeftes van die ander lede van die uitvoerende span se terreine van spesialiteit voorsien, sowel as deur hulle (en spesialiste van buite) behartig word. Die LL se spesifieke verantwoordelikheid in die verband is een van koördinering, aftekening in terme van kriteria waaraan dit moet voldoen gegewe die gemeente se missie, visie, waardes en beleid, sowel as om self verantwoordelikheid te neem vir algemene kursusse wat die gemeente se missie, visie en waardes dien (sien Kerkorde Artikel 9.5).

3. Verantwoordelikheid te neem vir proses in die gemeente waar eienaarskap en inkoop kan plaasvind ten opsigte van FGK se missie, visie, waardes, beleid, strategiese

prioriteite en bedieningsfilosofie. Die LL neem dit as spesifieke verantwoordelikheid ten opsigte van “herderlike sorg” deur middel van soveel moontlike gesprekvoering met gemeentelede op so breë moontlike basis in die gemeente. Die LL doen dit sover moontlik in samewerking met GR-lede (sien Kerkorde Artikel 9.6). Dit is deel van die LL se primêre leierskapsverantwoordelikheid as visiedraer en –vertolker binne gemeenteverband.

4. Verantwoordelikheid te neem vir die bou van netwerke en verhoudinge in die breër gemeenskap (met organisasies op soveel moontlike terreine van die burgerlike samelewing) ter bevordering van FGK se missie, visie en waardes en met die oog op die ontginning van vennootskappe, geleenthede en bronne vir die uitleef van FGK se missie, visie en waardes (sien Kerkorde Artikel 9.7). Dit is deel van die LL se primêre leierskapsverantwoordelikheid as visiedraer en –vertolker binne gemeenskapsverband. 5. Verantwoordelikheid te neem vir die uitvoering van die GR se besluite ten opsigte van

missie, visie, waardes, beleid en strategiese prioriteite (sien Kerkorde Artikel 9.8). Die LL doen dit met behulp van uitvoerende span wat elkeen op sy/haar terrein van spesialiteit uitvoering gee aan algemene en meer spesifieke beleid, doelwitte en aksies soos bepaal deur die GR asook op elke terrein van spesialiteit self. Die LL is daarom saam met die DVK verantwoordelik vir die posbeskrywings van die uitvoerende spanlede (en indirek alle ander personeel) om die missie, visie, waardes, beleid en strategiese prioriteite te laat realiseer. Die LL is ook saam met die DVK verantwoordelik vir metings- en beoordelingsinstrumente waarmee vordering van elkeen se behaling van doelwitte en uitvoering van aksies geevalueer kan word. Die LL dien ook op die GR se FINKOM ten opsigte van finansiële prioriteite met die doel om die missie, visie, beleid, waardes en strategiese prioriteite te dien. Hiermee vervul die LL sy/haar uitvoerende verantwoordelikheid in die gemeente.

6. Verantwoordelikheid te neem as lid van die GR, en saam met die GR-lede, vir opsig en

tug oor die gemeente (sien Kerkorde Artikel 9.9).

7. Verantwoordelikheid te neem vir leiding aan die GR ten opsigte van teologiese, maar ook ander fundamentele kwessies ten opsigte van die lewe en die samelewing (sien Kerkorde Artikel 9.10).

8. Verantwoordelikheid te neem vir die bou van verhoudinge en netwerke, sowel as betrokkenheid by sake, binne die breër kerkverband (sien Kerkorde Artikel 9.11).

Die respondent verstaan die fokus van leierleraarskap as visie-draer, wat veral beteken dat hy die vertolker en kommunikeerder sal wees. Daarby is ingesluit teologiese

inisiatief na die span, gemeenteraad en gemeente toe. Die tweede hoofsaak is die oorhoofse bestuur van die gemeente. In die verband is daar finale aanspreeklikheid by die leierleraar vir die totale gemeentelike bediening.

Fontainebleau was een van die eerste gemeentes wat leierleraarskap ingestel het. Volgens die respondent was een van die grootste struikelblokke in die implementering geleë in die persoon van die leierleraar self. Dit was nuwe veld vir die gemeente en die NG Kerk wat deur hom ontdek moes word. Afgesien van onsekerheid was dit ook in baie opsigte eensame werk met niemand met wie jy daaroor kan praat nie. Verdere struikelblok was geleë in die verwagtings van lidmate, wat soms maar vasklou aan of terugval in tradisionele verwagtings van die predikant. Dan was dit ook aanpassing dat net een leraar leierleraar is en aanpassings ten opsigte van die gesag van die ander leraars en die leraars met betrekking tot gemeenteraadslede. Die power issues moes duidelik uitgesorteer word. Dan is die saak van verwisseling van gemeenteraadslede en om nuwe lede weer op dieselfde bladsy te kry, ook telkens uitdaging.

Die vraag na die termyn van leierleraar is nog nie beantwoord nie. Dit sal nie maklik wees om leierleraar met ander leraar in dieselfde gemeente te vervang nie. Daar sal moontlik eerder gekyk moet word na beroepstelsel waar leierleraar met een van ander gemeente vervang word.

Die nuwe ontwikkelings in makrogemeentes stel uitdaging aan die opleiding van predikante in die sin dat daar moontlik vorentoe meer gedink kan word aan opleiding wat nie net kweekskool-gebonde is nie, maar meer in samewerking met gemeentes geskied. Dit kan dalk ook moontlik wees om vroeër gawes vir spesialisering te identifiseer en dan meer moeite te doen om studente daarvoor op te lei.

d. Oor leierskap as spanwerk

Fontainebleau se span predikante (Jannie Swart, Johan Pieters, Ronel Bezuidenhout en Waldemar Stumpfe) is, soos wat die tradisie in die gemeente is, onortodokse span waarin elkeen unieke rol vervul. Meneer J Nyati, gemeenskapsdienste, is eintlik ook deel van die span. Die respondent se persoonlikheidsprofiel voeg besondere faset tot die span toe. Hy meen dat sy profiel hom help om maklik te cope

met management-in-chaos, dat hy in sy styl tot kollegas gemaklik oorkom, terwyl hy die groot prentjie kan raaksien. Dis span waarin die twee lede wat langer in die gemeente is kontinuïteit en stabiliteit verleen en die twee jonger toevoegings baie kreatiwiteit en vernuwing bring.

Die predikante se werk is so verdeel dat dit grootliks aanpas by die persoonlikheids- en gawe-profiel van die predikant. Drie predikante (W Stumpfe, R Bezuidenhout en Jannie Swart – wie s’n later verander is met sy aanstelling as leierleraar) is met spesifieke opdragte beroep en die raad het aan Johan Pieters spesifieke mandate gegee. Daar is dus doelgerig besluit op spesialisasie van die predikante. Elke predikant is bemagtig om met eie bestuurspan sy/haar losse netwerk van bedieninge – bedieningsforums genoem - te lei. Daardie bedienings stel hulle eie jaarlikse doelwitte en begrotings op en lewer by die volgende rondte hulle eie evaluering daarvan aan die uitvoerende span. Die predikante is ook nie bedieningsleiers nie, maar begelei die bedieninge waaraan hulle gekoppel is. Die leierleraar is in die bedieningsmodel die verbinding tussen die gemeenteraad en leraars en ook die verbinding na verskillende bedienings.

Die leraarspan en hulle onderlinge verhoudinge is uiteraard baie diep geraak met die diensbeëindiging van een leraar. Alhoewel die leierleraar die probleem op die tafel geplaas het, was die probleem baie meer kompleks as persoonlike of leierleraar saak. Dinge soos botsing met die visie van die gemeente, uit pas wees met die styl van die gemeente se bediening, onvermoë om as spanspeler te funksioneer en verhoudings-probleme, het onder andere ook rol gespeel. Alhoewel die leraar se diens deur die gemeenteraad, in die afwesigheid van die leierleraar, beëindig is, is hy egter tot groot mate aanspreeklik gehou. Die verhaal laat baie vrae ontstaan oor hoe konflik in span benader moet word en op watter vlak, deur wie, op watter manier en met watter meganismes dit gehanteer moet word. Daarmee saam moet nie alleen gevra word hoe leraars beskerm kan word nie, maar ook hoe leierleraars beskerm kan word. Konflik kan organisatoriese-, regs- en godsdienstige vrae na vore roep waarvoor oplossings in die nuwe ontwikkelings gevind moet word.

as mense mekaar kan vind. Daarnaas is daar jaarlikse geleentheid waar hulle saam jaarbeplanning gaan doen.

Die leraars vorm saam met deeltydse leraars, die bedryfshoof, die pastorale hulp en jeugkoördineerder die uitvoerende bestuur wat ook weekliks bymekaar kom om hulle werk te beplan. Daarby vorm die leierleraar hegte span met die gemeenteraad en die ander leraars met hulle bedieningsfokusse se bestuurspanne. Hierdie groter spanne funksioneer met uitgangspunte van bemagtiging van lidmaat-leiers waar energering van lidmate bevorder word. Hierdeur het daar meer gefokusde leierskap ontwikkel en verder is terreine van leierskap, rolle en mandate duideliker afgebaken. Daar moet egter realisties en eerlik gesê word dat die transformasie ook beteken het dat daar lidmate was wat in die vorige bedieningsmodel betrokke was by diens en leiersrolle vertolk het, wat energie en betrokkenheid verloor het. Die keuse met betrekking tot tot