• No results found

NG gemeente Paarlberg – Dr Pieter van der Walt

2. KONTEMPORÊRE ONTWIKKELINGS IN MAKROGEMEENTES

2.2 EMPIRIESE ONDERSOEK IN VYF GEMEENTES

2.2.4 NG gemeente Paarlberg – Dr Pieter van der Walt

Die navorser het op 6 Junie 2005 met dr Pieter van der Walt, tans die leierleraar van die gemeente, semi-gestruktureerde onderhoud gehad. Die onderhoud is per telefoon gevoer, op band opgeneem en die beskrywing daarvan is op 20-22 Junie 2005 met hom bevestig.

Paarlberg is gemeente met 958 doop- en 2676 belydende lidmate – dus totaal van 3634 lidmate.

a. Oor die area / gemeenskap

Paarl is baie historiese dorp met lang geskiedenis. Die taalkeuse van die mense is 75% Afrikaans, 20% Xhosa en 5% Engels. Die invloei van Xhosa mense in die dorp en die ontstaan van die woonbuurt Mbekweni het groot invloed in die dorp. Die gemeente is geleë aan die Noordekant van Paarl, wat veral deur die Kleurlinge “onner-Paarl” genoem is. Dit was hoofsaaklik bruin woonbuurt. Die grootste gedeelte van die gemeente lê onderkant die hoofstraat – en in die dorp is die boonste gedeelte die meer gegoede, ware Paarliete en in die onderste gedeelte baie groter

Stukkie apartheid-geskiedenis: St. Stephen’s Anglikaanse kerk

Noorder Paarl, oftewel “onner Paarl” soos dit algemeen bekend was, was die tuiste van lewendige en unieke “bruin” gemeenskap voor die groepsgebiedewet van 1956. Daar het ryk verskeidenheid van ambagsmanne, werkers, onderwysers, plaaswerkers en professionele mense (waaronder dokters, rekenmeesters, direkteur van onderwys, skool-inspekteurs) gebly. Dit was hegte gemeenskap met sy eie sportklubs, sosiale organisasies en jeugklubs. Die NG Sendingkerk Immanuel en die St. Stephen’s Anglikaanse kerk was die spits waarom die gemeenskap gedraai het. Dit was veral St. Stephen’s wat kerkgebou in 1877 ingewy het en later ook kerksaal, pastorie, skool en begraafplaas gehad het, wat baie groot rol in die gemeenskap gespeel het.

Noorder Paarl was aanvanklik deur die groepsgebiedewet as kleurling gebied geklassifiseer. Die blankes het aangevoer dat dit as wit area verklaar moes word omdat die gebied coloured pocket in blanke gebied gevorm het, waar blank en bruin deur middel van Jan van Riebeeck straat geskei was. Die gebied is toe as blanke gebied verklaar. Die bruin mense in dié gebied moes toe gedwonge verskuif na huise en grond by New Orleans, Charleston Hill en na die sub-ekonomiese woonstelle in Klein New Orleans.

Die St. Stephen’s gemeente is ook ten nouste hierdeur geraak. Hulle moes hulle geboue ontruim nadat die gemeenskapsraad hulle kerk vir R50000 gekoop het. Paarlberg het hulle geboue toe by die raad oorgeneem vir R20000 en die kerk as saal gebruik. Sodoende hou St. Stephen’s op 25 Januarie 1981 hulle laaste diens op die plek waar baie gedoop, getrou en later begrawe is.

Die verhaal begin egter op 27 April 2003 nuwe hoofstuk van hoop en versoening. Nadat daar onder die nuwe wette op herstel van grondregte aansoek gedoen is vir herstel en verskeie positiewe onderhandelings tussen Paarlberg en St. Stephen’s plaasgevind het, besluit die Paarlberg gemeente om die kerkgeboue aan St. Stephen’s terug te gee, weliswaar met vergoeding van R780 000 deur die staat. Dié oorhandiging het op bogenoemde datum in ware gees van vergifnis, versoening en broederskap plaasgevind. (Vergelyk artikels in Die Burger, 24 April 2004; Cape Argus, April 25, 2003 en Paarl Post 30 April 2003)

Verskillende groepe:

Daar is groot verskeidenheid groeperings van mense binne die gemeente se grense. Hulle kan hoofsaaklik in vier groepe ingedeel word, naamlik:

o Sub-ekonomiese groep

Hierdie gedeelte bevat heelwat munisipale woonstelle en wooneenhede en daar is sowat 50-50 verspreiding tussen blankes en kleurlinge. Hier is heelwat meer maatskaplike probleme, gesinsprobleme, disfunksionele gesinne, werklike fisiese nood soos armoede en siektes, gebrek aan lewens-vaardighede en ook bose kringloop van negatiewe omstandighede.

o Middel-ekonomiese-groep

Die grootste deel van die gemeente is egter in die middel-inkomste-groep. Hier is kleiner wooneenhede waar baie eerste kopers hulle huise kom bou of koop het. Dit is dus baie jonger garde wie se kinders hoofsaaklik nou op skool is. Die kultuur is hier anders. Dis mense wat met TV, internet en global world grootgeword het. Dis uitbreidende gedeelte, waar mense meer mobiel is en ouens nie noodwendig verbintenis met die kerk het nie. Dit lyk wel asof die feit dat daar nou meer kinders op skool is die ouers laat settle en dan ook meer kerklik betrokke maak. Dis ook hierdie groep wat minder gestruktureerde bediening, informele erediensstyl en positiewer houding oor transformasie voorstaan.

o Hoër inkomste-groep

Daar is kleiner groep “witkraag” beroepsmense, mense in bestuurs- en professionele beroepe. Hulle is egter so min dat dit nie aan die gemeente beduidende groep leiers verskaf nie. Daar het oor die afgelope aantal jare ook aftree-oord, Groenleegte, ontstaan waar daar ouer en meer konserwatiewe lidmate ingetrek het, wat ook sekere invloed in die gemeente gehad het.

o Boerdery-groep (Plase)

Daar is maar sowat 5-6 plase in die gemeentegrense, maar dit is wel plase wat ekonomies baie sterk is. Dit is ook uit die verkoop van dele van die plase waar daar grond vir verdere dorpstigting gekom het.

Klasse en rasse-skeiding – hoe nou gemaak?

Die kerkgebou is bokant die hoofstraat – wat in die dorp ekonomiese-klasse-skeiding en tegelyk ook rasse-ekonomiese-klasse-skeiding was. Mense aan die onderkant was die armer mense en was veral vroeër meer mense van kleur. Mense aan die onderkant het gesê: “Ons gaan nie na die rykes se kerk toe nie.”

Deesdae is daar veral in die sub-ekonomiese deel byna gelyke deel blankes en kleurlinge. Die gemeente het egter steeds nie in hierdie deel beduidende invloed onder die armes of kleurlinge nie. Daar word nou “Projek 2006” hier geloods waar daar etnografiese navorsing gedoen is en waar die verskillende kerke, soos die VGK en AGS, saamwerk. Die gemeente het ook sop-projek waarmee kinders en mense in die sub-ekonomiese deel bedien word.

Op die plase word weer hande gevat met bedieningspunt van die VGK, naamlik Nuwedrif, waar evangelis die plaaswerkers bedien.

Transformasies

Die gemeente is dus van die begin af eintlik onderwerp aan transformasie. Die verskuiwings, stigting van nuwe dorpsgebiede en uiteindelik die sekuriteits-aftree-oord het elkeen sy inset tot kultuurveranderinge gemaak. Daar is groep mense in die gemeente wat behoudend teruggryp na die verlede en laer wil trek. Dan is daar ook ander wat oop is vir transformasie en ander wat die realiteit van die saamleef van rasse moet aanvaar.

Die kern van die gemeente was rondom die nuwe blanke woongebied wat ontwikkel het. Die kerk het aanvanklik die fasiliteite van Laerskool Noordeind gebruik en noue band en samewerking tussen skool en kerk het ontstaan. Die persepsie was dat die skool en kerk nie sosiaal, maatskaplik en ekonomies sterk is nie. Dit het aanleiding daartoe gegee dat die selfbeeld van die mense nie regtig goed was nie. Die skool het egter al meer goeie prestasies begin lewer en die kerk het ook sukses in die gemeenskap behaal.

b. Oor die gemeente

Noorder-Paarl. Ander gemeentes in die ring, soos Strooidakkerk en Toringkerk, het nie regtig hoop op sukses vir die gemeente gehad nie. Die eerste agt jaar stabiliseer die gemeente eintlik net onder die sterk outoritêre en pastorale leierskap van ds Struwig as eerste leraar. Predikante sluit daarna soos volg by die gemeente aan: ds NJ Marais in 1979; ds JCM Smit in 1984; ds Hugo Bierman in 1989 en dr Pieter van der Walt in 1992. Die bedieningsbenadering was lank geskoei op die pastorale model met parogieë waarin elke dominee as pastor dien. Hierdie Herder-kudde model het baie diep in die verwagting van leraars en lidmate bly lê totdat dit deur transformasie-prosesse tot verandering gedwing is. Volgens identiteitsanalise wat deur een van die leraars, ds Bierman, in 1994 gedoen is, kan die gemeente se storie in drie fases, naamlik: Afstigting en oorlewingsjare (1973-1985), die begin van meer doelgerigte gemeentebou (1986-1991), en die era van strategiese teologiese beplanning (vanaf 1992) ingedeel word.

In die laat tagtigs groei die gemeente skielik. Die lank uitstaande skuld op die kerkgebou word teen die einde van die tagtigerjare na dankofferveldtog afbetaal, tot verbasing vir almal in die dorp. En skielik is die gemeente makrogemeente, maar steeds met ou bedieningsmodel wat net nie meer wil werk nie. In 1991-1993 word Strategiese Teologiese Beplanning onder leiding van Hendriks en van der Merwe gedoen, maar met min sukses. Redes daarvoor is waarskynlik dat die krisis nie groot genoeg was nie, die dominees nog te algemeen wou werk en daar nie leierskap was om prosesse verder te neem nie.

In 1999 kom daar botsing tussen die musiekbediening en die leraars. Hulle gaan saam, onder leiding van Frederick Marais as fasiliteerder, weg om dinge uit te klaar. Almal besef egter daar dat daar groter transformasie is wat aangespreek sal moet word. Die kerkraad en breër leierskap word toe betrek, meningspeilings is gedoen en lidmaatleiers kom na vore om die proses te lei. In besonder was daar jong bestuurder van maatskappye wat soort barrier-buster is en graag met turn-around-strategies werk, wat as leier na vore tree. Die kerkraad wys toe turn-around-strategiese beplanningsgroep aan, bestaande uit twee leraars en vier lidmate, om die proses te lei. Hulle het soms van ander lidmate en van die kerkraad gebruik gemaak in die prosesse. Uiteindelik was dit hierdie groep wat die opdrag tot die aanwys van leierleraar

In Julie 2000 word Bedieningsplan deur die kerkraad goedgekeur en by gemeente-vergadering aan die gemeente bekend gestel. Dit het die totstandkoming van Bestuurskomitee, die aanwys van leierleraar met sy bestuursassistent en sewe funksionele strategieë (prioriteitsareas) ingesluit. Die strategieë was die volgende:

o leierskap en bestuur

o bereidheid tot deelname van lidmate o rol van die leraars

o eredienste en prediking o kommunikasie

o kleingroepe

o die bediening van die jeug, gesinne en kleingroepe.

Die kerkraad het aan die bestuurskomitee die opdrag tot implementering gegee. Die komitee, onder leiding van die leierleraar (uitvoerende hoof), het toe die fokusareas een vir een gevat en strategiese planne en aksies daarvoor uitgewerk. Na vyf jaar kan gesê word dat daar werklik ander kultuur, atmosfeer en styl in die gemeente bestaan. Daar is natuurlik nou al weer nuwe uitdagings, soos die veranderende jeugkultuur (van Gen X-generasie na millenium generasie), die multikulturele en armoede omgewing, hoe om kerkvervreemdes te bereik en kwynende erediensbywoning.

Die bestuurskomitee, wat eintlik die rigtinggewende of strategiese werkgroep van die gemeente is, word saamgestel uit die leierleraar (ook “uitvoerende hoof” genoem) as die voorsitter, onder-voorsitter, die voorsitters van die kerkraad (nie leraar nie), Finansies, Kommunikasie en ander lede soos die kerkraad besluit. Die komitee is verantwoordelik om die gemeente te bestuur in lyn met die gemeentevisie en moet verseker dat alle bedieninge effektief funksioneer. Bedieningsgroepe, insluitende die leraarsgroep, rapporteer aan die bestuurskomitee, wat dan weer aan die kerkraad rapporteer. Verder berus die gemeente se bediening hoofsaaklik op blokstelsel en bedieningsgroepe.

Die gemeente sluit by die SAVGG (Suid-Afrikaanse Vennootskap van Gestuurde Gemeentes) aan. Die volgende visie vir die gemeente was al vroeër geformuleer, maar kry met die vennootskap nuwe impetus:

“Elkeen medewerker in God se wingerd”

Daarmee wil die gemeente skuif van die instandhouding van strukture na groter lidmaatbetrokkenheid en meelewing. Die gemeente voel veral dat God hulle stuur na kerkvervreemdes en gesinne in krisis en wil hulle veral deur middel van kleingroepbyeenkomste, dissipelskaptoerusting en verwelkomende eredienste bereik. In die verdere proses saam met SAVGG is die gemeente tans besig om deeglik oor haar missie of roeping na te dink. Tydens Pinkster `05 is daar reeds 15 kategorieë gelys en in verdere prosesse sal daar duidelike roepings en fokusse hieruit ontwikkel. c. Oor leierleraarskap

Daar is reeds hierbo verwys na die werkgroep vir strategiese beplanning wat in Julie 2000 tydens die transformasie proses op punt gekom het waar hulle gesê het dat daar leierleraar aangewys moet word om die proses verder te neem. Hulle het die leraars versoek om uit hulle geledere iemand aan te wys. Die leraars het besef dat hier iemand met die gawes van “transformasie-leierskap” benodig word. Alhoewel twee leraars toe 55 jaar oud was en een 45 jaar, het hulle die respondent, toe 35 jaar, aangewys. Die transformasie-leierskap moes in hierdie konteks help om strategieë uit te werk, te sorg dat die eredienste vernuwe en dat lidmate as leiers bemagtig word. Dit sou beteken dat daar wegbeweeg word van dominees-kerk, na lidmaat-kerk met deelname en betrokkenheid van lidmate op alle vlakke – dit was die hoogste prioriteit.

Die term leierleraar is deur die kernleierskap gebruik, maar dit is nie sterk gedruk nie. Daar was eerder na die respondent verwys as die “uitvoerende hoof” of voorsitter van die bestuurskomitee. Daar was groot aanvaarding in die gemeente en daar was baie eerder gefokus op die belangrikheid van die prosesse en die leierleraar se rol daarin as sy pos of persoon.

Die mandate en pligte het grootliks gepaard gegaan met die taak van die bestuurskomitee wat die strategiese prosesse en uitvoerende bestuur in die gemeente behels. Die rol van die leierleraar as ”uitvoerende hoof” en voorsitter van die

in, waaronder organisering, leiding en beheer van die bestuursorganogram en die bedieningsorganogram van die gemeente. Die leierleraar moet ook doeltreffende bestuur, die implementering van beleid en die effektiewe funksionering van alle bedieningsgroepe verseker. Sodoende moet hy verseker dat die bedieninge toenemend in lyn kom met die sentrale visie van die gemeente. Volgens die respondent is die fokus van die leierleraar om die leierskap en gemeente te hou by die sentrale proses in die gemeente wat `n geestelike onderskeidings-proses met betrekking tot die visie van die gemeente is. Daarmee saam moet hy ook die implementerings-prosesse begelei of toesien dat dit geïmplementeer word.

Die respondent meen dat hy self te veel by operasionele bestuur soos administrasie, finansies, eiendomme, ensovoorts betrokke was. Die gemeente oorweeg dit nou om bestuurshoof aan te stel wat baie verantwoordelikheid en operasionele take van die leierleraar moet afneem. Die bestuurskomitee is uiteindelik die aanspreeklike instansie in die gemeente.

Struikelblokke met betrekking tot die implementering van die rol as leierleraar is allereers dat medeleraars sukkel om dit te aanvaar, veral vanweë tradisionele teorie rondom bediening en amp wat beteken dat paradigmaskuif gemaak moes word. Verder was reluctancy of terughoudendheid en versigtigheid by die respondent self

struikelblok. Die gemeente en leierskap het eintlik meer na die respondent opgesien om leiding te neem.

Die ontwikkelings rondom leierskap beteken dat die rol van leraars nou anders gesien moet word. Insig in die roeping van die kerk as missionêre liggaam wat in die gemeenskap verskil moet maak, moet die rol van die predikant ook bepaal. Punt van groot kritiek teen dominees is dat hulle nie die wêreld waarin mense leef, ken nie. Daarom moet die opleiding ook aandag gee aan dinge soos die bestuur van transformasie en geestelike leierskap.

d. Oor leierskap as spanwerk

Die styl van die respondent was eerder de-centered-leadership as centered-leadership waar ander leiers, insluitende die ander leraars, ook in verskillende leiersrolle

belangrike bydraes lewer. Dit beteken dat mens moet onderskei in watter situasies en groepe jy ander leiers moet bemagtig om verantwoordelikheid te neem. Die oudste leraar is byvoorbeeld die voorsitter van die leraarsgroep en het ook verantwoordelikheid gehad om sekere dinge met die gemeente te kommunikeer. In die groter leierspan is bemagtigende leierskap en die verantwoordelikheid van lidmate belangrike uitgangspunt. Daarom is die rol van lidmaat as voorsitter van die kerkraad belangrik en ook die bemagtiging van lidmate in verskeie leierposisies. Daar is ook formele leiers wat in poste verkies word, soos die blokleiers en bedieningsleiers, maar daar is ook informele leiers wat nie poste beklee nie, maar wel invloed het of bedieninge lei. Hulle word dan veral by besinningsprosesse ook betrek. Daar word baie gevra: Is almal hier wat hier moet wees? Daar word ook van werkgroepe en fokusgroepe gebruik gemaak wanneer daar oor sekere bedieningsterrein besin word.

In die besluite rondom die heraanwending van die predikante is die volgende uitgangspunte geneem: die leraars word aangewend volgens hulle sterkpunte, lidmate word meer betrokke, daar word kultuur van “ons bedien mekaar” in plaas van “hoe kan die kerk my bedien” gevestig en huisbesoek berus nou op aanvraag. Daar is sekere take wat al die leraars vervul, soos Woordverkondiging, pastoraat, toerusting en persoonlike bedieningsontwikkeling. Verder spesialiseer die leraars en word hulle aangewend waar hulle gawes en passie lê.

Die verhouding in die leraarspan was voor die aanwysing van die leierleraar easy omdat niemand regtig leiding wou neem nie. Die verantwoordelikheid van die leierleraar met betrekking tot die implementering van transformasie het egter wel tot spanning gelei en daar moes voortdurend oor die filosofie en paradigmaskuiwe van die transformasie gepraat word. Meganismes om verhoudinge te bou is dat daar maandeliks vergader word met betrekking tot die werk (spanpraatjie), maar daar word ook maandeliks vergader net ter wille van spanbou. Die gesinne kom ook kwartaalliks saam om te kuier en saam te eet. Een keer per jaar gaan die leraars weg om net real met mekaar te wees en jaarbeplanning te doen. Daar is ook nou polisiekapelaan en sendeling van Kingfisher wat deel van die span word.

respondent is nou vir vyf jaar leierleraar en die voorsitter van die kerkraad het hom pas informeel gevra om vir verdere vyf jaar in die rol aan te bly. Dit sê iets van die vertroue wat daar tans in die proses en styl van leierskap is.

Bevindings en kommentaar (Navorser) • Transformasie

In die gemeenskap het die unieke rasse- en klasse-situasie van die gemeente en die transformasie sedert die apartheidsdae hier besondere uitdagings gebied. Die verskeidenheid in die groeperings, die demografiese skuiwe wat plaasvind en selfs die generasie-skuiwe bied besondere uitdagings. Die St. Stephen’s aangeleentheid het natuurlik ook ’n inpak gehad op die gemeente se persepsies van versoening en ten opsigte van vernuwing om ’n gestuurde gemeente te word.

In die gemeente kon die herder-kudde model nie meer aan die eise met betrekking tot die verskuiwings in kerk- kultuur- en generasie-behoeftes beantwoord nie en ’n nuwe model moes doelbewus gesoek word. Baie moeite is gedoen om paradigma-skuiwe by predikante en lidmate te bewerkstellig.

Leierleraarskap en leierskap

Die sterk gevoel oor transformasie-begeleiding het leierskap vereis en meegebring dat die rolle van die predikante geherinterpreteer is. Daar was gesoek na ’n predikant wat op ’n rigtinggewende en visionêre manier die gemeente verder kon lei en so het die pos van die “uitvoerende hoof” of leierleraar met heelwat bestuur-verantwoordelikhede ontstaan. Die funksies van visionering, strategiese beplanning, kultuurskepping, bestuur, spanleier en die wees-funksie kom alles hier voor. Spontane en bemagtigende leierskap en leierskap breër as die leraarspan het in die gemeente ontwikkel.