• No results found

3. VERANDERDE KONTEKS EN LEIERSKAP

3.2 TRANSFORMASIE IN DIE GEMEENTEKONTEKS

3.2.3 Getalle-skuiwe

Al vyf die gemeentes wat beskryf is, is sogenaamde makrogemeentes – met ander woorde gemeentes met ten minste 2100 lidmate en vier of meer leraars, of gemeentes met 2700 lidmate en ten minste drie leraars. Dit was ook opvallend dat hierdie gemeentes almal groeiende gemeentes is met betrekking tot getalle in vergelyking met die algemene afname in getalle wat die denominasie betref. Die vraag is egter of daar enigiets met betrekking tot getalle in die gemeentes is wat die transformasie en leierskap beïnvloed het? Dalk het die geweldige skuiwe in statistiese gegewens wat in die hoofstroomkerke en in die NG Kerk plaasvind, die mobiliteit en migrasie van lidmate en die verbruikersmentaliteit by lidmate die aandag ook op getalle-skuiwe gevestig.

In hierdie verband is daar kennis geneem van die bydrae van Mann (1998) en heelwat ander in die verband. Haar standpunt begin by die volgende stelling oor organismes en menslike sisteme:

When organisms change significantly in size, they must also change in form. Sy sluit by Blanchard aan wat gewys het hoe die moontlike interaksies eksponensieel vermenigvuldig met een getal wat bygevoeg word (2 = 2; 3 = 11; 4 = 54).

a. Vier gemeentegroottes en leierskapstyle

Die teorie wat Mann (1998:3-6) en baie ander gebruik het, berus eintlik op Rothauge se model46 van vier gemeentegroottes, naamlik familie-, Pastor-, Program- en Korporatiewe grootte. Dit kan soos trappe voorgestel word. Getalle in hakies is ’n skatting van lidmate vir Suid-Afrika en dié in kursief is Hendriks (2004:37-43) s’n met betrekking tot erediensbywoning in Afrika

46 Rothauge het in 1983 Sizing up a congregation for new member ministry geskryf waarin hy gemeentes in Familie-, Pastor-, Program-, en Korporatiewe groottes ingedeel het. Daarna het hy

Skets 3-2 Rothauge se gemeentegroottes (Vergelyk Mann 1998:3)

Alhoewel Rothauge oorspronklik die model ontwerp het met betrekking tot die verwelkoming van nuwe lidmate in ’n gemeente, het dit uiteindelik baie meer waarde gehad. Gaede (2001:4) wys daarop die sosiologiese grondstelling onderliggend hieraan is dat die grootte van ’n versameling die organisasie sal bepaal. Sy wys ook daarop dat baie skrywers na Rothauge besef het dat die grootte van die organisasie sy verhouding-struktuur en sy leierskapstyl bepaal. Sy sê dat haar doel met die aanwending van die model is:

to demonstrate how one important factor, the size of congregations, prevents us from using one program and one style of leadership for all church situations Hier kan kortliks na die basiese kenmerk van elke gemeentegrootte en gepaardgaande leierskapstyl verwys word, met die klem op die laaste een. Die beskrywing van die leierskapstyl is veral in aansluiting by Oswald (1998:77-91) se uiteensetting daarvan. • Familie-grootte (0-50 = betrokke lidmate)

Families met patriarge of matriarge beheer die programme en organisasie en die organisasie funksioneer soos ’n uitgebreide gesin. Die gemeente verwag pastorale sorg van die predikant – hy/sy is soos die kapelaan van die familie.

Familie 0-50 (0-200) 25-100 Pastorale grootte 50-150 (200-800) 70-200 Program grootte 150-350 (800-1500) 150-300+ Korporatiewe grootte 350-500+ (1500+) 350-500...+

Pastor-grootte (50-150 = betrokke lidmate)

Hier ken almal vir almal, maar die opgeleide predikant is die sentrum van alles en die samebindende faktor. Die predikant is die pastor wat in almal se geestelike behoeftes voorsien en hy/sy moet veral oor interpersoonlike vaardighede beskik. Hendriks (2004:41) sê die predikant is soos ’n tribal chief van die clan.

Program-grootte (150-350 = betrokke lidmate)

Hier word baie programme aangebied en bestaan verskeie selle van aktiwiteit wat deur lidmate gelei word. Programme vir kinders, musiek, studie, diens, opleiding, ondersteuning en geloofsgemeenskap trek nuwe lidmate. Die predikant word hier die beplanner en bestuurder wat strategies beplan vir die verskeidenheid programme en wat dit koördineer. Vaardighede wat benodig word het te doen met strategie om die missie en die visie van die gemeente te help ontwerp.

Hendriks (2004:41) verwys daarna dat die byvoeging van ander predikante en personeel benodig word, maar dat ’n leierskap probleem kan ontstaan.

“Reformed churches in Africa often contend that all pastors are equal and should share the congregational leadership. From an organizational point of view, this is disastrous. The theology behind such a stance has its origin in confrontations with the Roman Catholic system and the influence of the pope. It is truly outdated and theologically one-sided.”

Hierdie stelling is natuurlik te meer waar met betrekking tot die volgende grootte. • Korporatiewe grootte (350-500+ betrokke lidmate)

By hierdie groot gemeentes is die Sondag eredienste met sy talentvolle insette en hoë kwaliteit uiters belangrik. Lidmaat- en leierskap-bronne is uitgebreid. Hier is baie kompleksiteit en diversiteit en verskeie soorte kleiner en groter groepe wat funksioneer.

In die groter gemeente tree ’n senior pastor na vore, wat veral ’n goeie kommunikeerder by eredienste is en oor sterk leierskapgawes beskik. Hy koördineer

die leierskap van lidmate op verskeie vlakke, en sal veral saam met ’n span ander predikante kollegiaal lei. Dit is beter as die personeel ’n diversiteit van persoonlikhede en gawes beskik.

Mann (1998:19-29) toon deur middel van ’n N-kurwe aan dat leierskap binne elke grootte minder of meer met ’n enkele leier identifiseer.

Skets 3-3 Grotes - N-kurwe

By die korporatiewe grootte is daar steeds ’n komplekse netwerk van koördinasie, maar die central pastor sal ’n groot genoeg simboliese teenwoordigheid deur middel van prediking, voorgang, leiding in die raad en leierskap in die span van personeel hê (Mann 1998:23).

Enigiemand wat kennis het van Gereformeerde kerke in Suid-Afrika kan aandui dat gemeentes tot ’n groot mate uit ’n agtergrond van landelike en kleiner stedelike gebiede kom. Die verhoudinge en leierskapstyl is grootliks georden vanuit die pastor-model. Groei het meegebring dat voorstedelike gemeentes geskuif het na program-grootte en verskeie programme is ontwikkel. ’n Kombinasie van die pastor- en program-model het diep gewortel geraak in die verwagtings van lidmate asook in die styl van predikante. Die paradigma bly voortbestaan, selfs al het die gemeente reeds ontwikkel na korporatiewe grootte – soos in die geval van makrogemeentes.

Die navorser meen dat baie lidmate en leiers in makrogemeentes in die korporatiewe wêreld staan en dat hulle dit as natuurlik sien dat een van die predikante as ’n leier na

PASTOR FAMILIE KORPORATIEF PROGRAM Organisasie Organisme Pastor-gesentreerd Groep-gesentreerd

vore tree. Toe gemeentes begin kennis neem van die navorsing van Mann, Gaede en ander en besef het dat makrogemeentes sosiologies die kenmerke van ’n korporatiewe organisasie vertoon, het dit die behoefte aan ’n gemeenteleier bevestig.

b. Meer as getalle

Daar is van verskeie kante besef dat getalle wel belangrik is, maar saam met ander faktore met betrekking tot die gemeente as sisteem gelees moet word. Gaede (2001) lewer saam met ander heelwat aanvulling met betrekking tot Rothauge se model. Johnson (2001:3-30) brei onder Gaede se redaksie, die getalle uit met building blocks van verskeie kleingroepe wat as deel van die dinamika van gemeentes verstaan moet word. Hy praat van ’n kleingroep (12-15 mense), ’n primêre groep (tot 50) en gemeenskapsgroep (tot 150) as boublokke in gemeentes. Verder sê hy dat die korporatiewe groep waarskynlik as heelwat groter as 350 (vanaf 1000) gereken kan word en dalk ’n bron / resource gemeente genoem kan word. Verder sê hy dat die megachurches eintlik buite die kategorieë val.

Hendriks (2004:37-39) wys ook op verskeie faktore wat saam met gemeentegroottes in ag geneem moet word. Dan kan Mead (1993) se More than numbers in ag geneem word. Hy wys daarop dat groei in getalle, volwassenheid, organies en inkarnasioneel kan plaasvind. Dit alles in ag genome is gegewens oor gemeentegetalle ’n belangrike aanduiding van verhoudinge en leierskapstyl in gemeentes.