• No results found

4. BYBELSE PERSPEKTIEWE OP GEMEENTELIKE LEIERSKAP

4.1 CHARISMA, AMP EN LEIERSKAP

4.1.2 Die drie-ampteleer (munus triplex)

4.1.2 Die drie-ampteleer (munus triplex)

Dit is die moeite werd om ook indringend te kyk na die laaste artikel (Deel vyf) in die reeks van Burger en Wepener waarin Burger (2004b) meer fokus en duidelikheid oor die predikantsamp wil verkry. Dit kan ook help in die verstaan van leierskap in die algemeen.

Burger toon aan dat die drie-ampteleer sedert die Reformasie hoofsaaklik op die Christologie toegepas is, maar in verband met die roeping van elke gelowige gebring is (Heidelbergse Kategismus – Sondag 12, vraag 32). Hy sluit veral by Wainwright (For our salvation – 1997) aan wat die drie-ampteleer op die ekklesiologie, kerklike amp en dienswerk toepas. Burger wys self probleme met toepassing op die ampte uit, soos dat die amp van die koning in spanning met nederige dienswerk kan staan en dat die ampte nie altyd en oral in die Skrif so helder gefokus en afgebaken word nie. Die navorser meen dat die grootste kritiek moontlik kan wees dat die Nuwe Testament self nie hierdie soort toepassing maak nie, en dat die driedeling dus verder kan strek as wat die Skrif dit wil doen. Dit kan meebring dat daar gesistematiseer word, terwyl die Nuwe Testament die dinamiese en kontekstuele ontwikkeling van dienste juis oper wil laat. Nogtans is dit die moeite werd om te kyk na die beginsels wat Burger in hierdie artikel na vore bring.

a. Beginsels oor die drie ampte uit die Ou Testament • Die Profeet

o Die Woord of boodskap staan in die kern van die profeet se werk

Hulle gee kreatiewe herinterpretasie van die oorgelewerde boodskap en was draers van nuwe visie en hoop (Burger 2004b:540 haal vir W Brueggeman aan wat met die term “prophetic imagination” ’n naam probeer gee aan hierdie kreatiewe herinterpretasie wat die profete aan die oorgelewerde boodskap gegee het.)

Die Priester

o Priesters was integrale deel van die institusionele godsdiensbeoefening van Israel en verantwoordelik vir die uitbou van die erediens en kultus. Hulle moes bou aan die gemeenskap en was die bewaarders van die tradisie en identiteit van die Godsvolk.

o Hulle het, met baie voorskriftelikheid, diens verrig by die kultus en erediens o Hulle het ook pastorale funksie verrig, mense in nood bygestaan en God met

die tummin en urim om Sy wil geraadpleeg.

o Hulle het lerende funksie gehad en was bewakers van die tradisie (Dt 33:10).

o God speel sterk rol in die institusionalisering van Israel se geloof en gebruik die priesters hierin met betrekking tot die wetskrywing en werk in die kultus. • Die Koning

Die koningsamp is heelwat komplekser as wat dalk mens dink. Paar fasette is: o Die instelling van die amp het baie te doen met kontekstuele oorwegings.

Getallegroei en die feit dat daar vanuit politieke, militêre en ekonomiese redes behoefte was aan sterker sentrale leierskap vorm onder andere redes. Dit sou die eenheid as volk beter na vore bring.

o Die koning moes in Israel nie magsfiguur wees nie, maar was dienskneg wat in die Here se naam die volk moes lei, bestuur en organiseer – op so manier dat God se heerskappy duideliker sou word. Hmagy was soort bestuurder, organiseerder of strateeg. Burger haal vir Fackre aan wat sê die koning se taak was “to get things done”

o Die ideaal was nie dat die koning rykdom, mag en lang lewe vir homself sou verkry nie, maar dat hy dienskneg van God sou wees wat die volk met billikheid, reg en wysheid sou regeer. (Vergelyk Salomo se droom – 1 Kon 3)

o Bogenoemde ideaal kom veral na vore in die Messiasverwagtings van koning wat nuwe vrederyk met reg, liefde en trou sal vestig.

o Die koning was dus bestuurder, organiseerder, administrateur, strateeg, wat die groterwordende geloofsgemeenskap só moes lei dat meer van God se heil en genade in en deur hulle lewens sigbaar sou word.

b. Die benutting van die drie-ampteleer vir die leraarsamp

In die benutting van die drie-ampteleer vir predikantswerk noem Burger dat dit die volgende vir die predikant se werk behels:

Priesters wat met groot deernis naby mense leef.

Die offerkultus het na die Ou Testamentiese tyd weggeval. In plek daarvan kom die pastorale sorg en die instandhouding van die erediens. Burger noem die volgende toepassings:

o Priesters wat mense raaksien en hul lief en leed ernstig neem.

Dit beteken dat hulle tyd met mense spandeer, hul pyn en seer raaksien, dat hul liefde veranker is in die hart van die evangelie en dat hulle bou aan die geloofsgemeenskap.

o Die sentrale plek waaruit hulle werk – is in ons tyd – die erediens.

Die priester spandeer baie tyd om na te dink oor die erediens – die belewenis van God se teenwoordigheid en die sinvolle en geseënde deelname van mense, spandeer tyd aan die gebed as sentrale aktiwiteit in die erediens, neem die institusionele kant van die geloof ernstig en kom naby aan mense waar hulle werklik leef – byvoorbeeld. in huisbesoek.

Profete wat naby God leef en herinner aan die hoopvolle evangelie-beloftes

Die profeet word in die Protestantse geloof baie sterk met die predikant of prediker geassosieer, vandaar die term predikant of leraar, teenoor die Rooms Katolieke priester. Die volgende toepassings word gemaak:

o Die profeet leef naby aan God, spandeer tyd met Hom en Sy Woord en lei die gemeente terug na die geheim van sy bestaan. Dit het te doen met die teenwoordigheid van die Lewende in die midde van die gemeente en wêreld, met die verstaan van Sy wil vir die gemeente en met die hoop wat die

evangelie bring.

o Profetewerk is werk met die Bybel, wat meerkantige proses is, wat impliseer dat oor God se wil en aktiwiteit in die wêreld nagedink word in die lig van die Skrif, wat die prediking van die Woord en lering, tydig en ontydig, insluit. • Gemeenteleiers (konings) wat “naby die gemeente leef” en met wysheid die

gemeentelike lewe so begelei en bestuur dat die heil van God (liefde, reg en vrede) konkreet gestalte kry in die gesamentlike lewe van die gemeente.

Die kern is dat die predikant as leier van die gemeente strategies en prosesmatig oor gemeentelike prosesse moet leer dink sodat die gemeente begelei kan word om haar geloofspotensiaal te verwesenlik. Dit impliseer:

o Kennis van gemeentes en hulle eie werking, prosesse, planne en strukture. o Die predikant moet as begeleier planne maak om drome waar te maak. o Dit gaan veral oor verstaan van die logika van die Gees en Sy werking. o Konings is diensknegte van God wat moet help om “goed gedoen te kry.” Die

woorde leier, begeleier, bestuurder of administrateur kan eerder as “koning” hiervoor gebruik word.

o Die doel hiervan is dat die heil van God beliggaam kan word. Dit impliseer dat God se bedoeling dat die geloofsgemeenskap sout en lig vir die wêreld sal wees, verwesenlik word deurdat die gawes van Sy koningsheerskappy soos reg, liefde en vrede sigbaar word. Daarvoor is bemiddelde programme, prosesse en strukture, wat tydelike diensfunksie vervul, altyd nodig.

Die laaste deel se interpretasie van die koningsamp met betrekking tot die predikant laat ’n mens vandag baie van die mandate hoor waarvan in hoofstuk twee kennis geneem is. En tog lyk dit nie vir die navorser of die drie-ampte-leer vir die doel van die navorsing aangewese is nie. In die beoordeling van die munus triplex en sy aanwending met betrekking tot die predikantsamp wil die navorser allereers aansluit by kritiek wat Hendriks (1990:29) lankal reeds gelewer het. Hy wys daarop dat die skema in bepaalde historiese konteks ontstaan het; dat dit op vereenvoudigende wyse terugslaan op die drie dienswerke in die Ou Testament; dat dit beperkend inwerk op die bedieninge van die leraar (profetiese klem), ouderling (koninklike), en diaken (priesterlike); dat dit afgeslote ampstruktuur is wat die

Skrifbeginsels geweld aandoen; dat Christus se werk ook nie in kompartemente ingedeel kan word nie, maar dat dit veel meer omvattend is.

Hierbo is ook reeds kritiese opmerkings oor sodanige gebruik van die drie-ampteleer gemaak. Dit is die navorser se mening dat bogenoemde uiteensetting aanduiding is dat daar uit die praktyk van gemeentebediening sterk behoefte is, veral vanweë omvattende transformasie, om begronding te soek vir nuwe ontwikkelings. Alhoewel die uitwerk van die drie-ampteleer hierbo interessante resultate lewer – veral met betrekking tot die visionering en strategiese werk as uitvloeisel van die koningsamp – sou die navorsing eerder in ander rigtings wil soek na antwoorde vir die praktiese ontwikkelings. Dit is wel interessant om te sien dat die nuwe ontwikkelings nie vreemd is met betrekking tot Ou Testamentiese leierskap nie. Dalk is die belangrikste om raak te sien dat die Ou Testament in die drie ampte verskillende antwoorde gee op unieke kontekstuele uitdagings, dat herinterpretasie reeds in die Ou en Nuwe Testament plaasgevind het, en dat soortgelyke nuwe ontwikkelings van bedienings vanweë ons eietydse konteks vandag steeds moontlik is.