• No results found

NG gemeente Doornpoort – Dr Marius Nel

2. KONTEMPORÊRE ONTWIKKELINGS IN MAKROGEMEENTES

2.2 EMPIRIESE ONDERSOEK IN VYF GEMEENTES

2.2.2 NG gemeente Doornpoort – Dr Marius Nel

Doornpoort gemeente het op 14 Januarie 1990 van Wonderboom gemeente afgestig. Die gemeente het tans 861 dooplidmate en 1595 belydende lidmate en dan ook 110 wat as ongedoop en ander aangegee word – totaal van 2567 lidmate (Gegewens op 15/06/05 deur die gemeente verskaf). Die gemeente word tans deur vyf leraars bedien, waarvan twee voltydse en drie deeltydse poste (tentmakers) beklee. Die navorser het op 15 Junie 2005 met die respondent, dr Marius Nel, semi-gestruktureerde onderhoud gevoer. Dit het ook gepaard gegaan met besoek aan die gemeente en

oorsig oor die area en die ontwikkelings by die gemeente. Hier volg weergawe van die onderhoud.

a. Oor die area / gemeenskap

Die gebied Doornpoort is aan die heel noordekant van Pretoria, noord van Wonderboom en sowat 16 kilometer van die middestad geleë. Dit bestaan uit woonbuurte van middel- tot bo-middelklas wat sedert 1987 ontstaan het. Die woongebied is teen geweldige tempo ontwikkel en bestaan uit woonhuise, meenthuise en enkele woonstelle.

Die gemeente het op 30 April 2004 die volgende gegewens van EGON ontvang. Die benaderde gegewens hieronder berus op die 2001 sensus.

• Bevolking: Blank 84%, Swart 14.6%, Kleurling 0.8%,, Indiërs 0.5%

• Ouderdom: 00-09 = 18%, 10-19 = 12.6%, 20-34 = 34%, 35-49 = 23%, 50+ = 12% • Taal: Afrikaans 76.2%, Engels 9.7%, Nege amptelike Afrika-tale 13.6%, Ander

0.5%

• Huwelikstatus: Getroud 73.1%, Nooit getroud 8.6%, Saamwoon 5%, Geskei 4.7% • Godsdiens: NG 47.4%, Charismaties 8.4%, Metodis 5.7%, Ander Christelik 7%,

Ander Gereformeerd 3.7%, Geen religie 6%

• Onderrig: Geen 1.3%, Gr 0-7 = 2.3%, Gr 8-11 = 11.8%, Matriek 52%, Na-skoolse kwalifikasies 32.6%

• Arbeid: Werkend 75.6%, Werkloos 3.2%, Nie-ekonomies aktief 21.2%

• Beroepe: Bestuurders 16.6%, Professioneel 18.2%, Tegnies 18.7%, Klerke 21.2%, Elementêre beroepe 8.4% (Gemiddelde inkomste per huishouding = R224 986 pj) • Behuising: Eie huis 78.3%, Meenthuis ensovoorts 14%, Woonstel 4%

Die woongebied bestaan uit sowat 85% eerste bouers. Baie mense is wel nou in tweede fase waar huise opgradeer word. Dit lyk ook asof die besteebare inkomste van die gemeente oor die afgelope aantal jare baie gegroei het. Dit is uit die ouderdomsprofiel duidelik dat dit baie jong gemeenskap is van ouers met jonger kinders. Die hoof van die huishouding is byvoorbeeld – 30-59 = 72,2% en 20-29 = 16.4%. Dis baie homogene gemeenskap.

Die respondent se persepsie rondom die gemeenskap en lewensstyl en kultuur behels onder andere die volgende: daar is baie professionele vrouens; selfs groter persentasie van die gemeente vrouens as in die gemeenskap is werkend en gesinne het dus dubbele inkomste; huweliksmaats is vennote; familiebande is belangrik en daar is sterk gesinsgerigtheid. Dis gemeenskap waar kinders met die internet en selfone grootword en waar tieners sterk sosiale tendens rondom die besigheidsentrums (byvoorbeeld die Kolonade) openbaar.

Die gemeente is die enigste kerk wat kerkgebou in die gebied besit en moet hom derhalwe baie sterk op die hele gemeenskap rig. Die gemeente het byvoorbeeld onlangs begin met godsdienstige byeenkoms op Dinsdagoggend vir mense wat oor naweke werk. Daar het toe by die afskop groot aantal eiendomsagente opgedaag. Die gemeente het beleid dat hulle met die besige lewens van mense eerder kwaliteit as kwantiteit wil bied, dat hulle mense net een taak wil gee en dat die jeug swaartepunt in hulle bediening moet wees. Meer as 12% van die mense wat by die gemeente inskakel is nie NG lidmate nie. Die persentasie Engelssprekendes in die gemeenskap het meegebring dat die gemeente nou met Engelse dienste wil begin. b. Oor die gemeente

Die gemeente is afgestig omdat dit geografies ver (amper tien kilometer) van Wonderboom geleë is met die lughawe wat tussenin lê en omdat dit pastoraal moeilik geword het om dit te bedien. Die gemeente het geen grond of veel kapitaal as bruidskat ontvang nie en moes vir die eerste agt jaar in onvoldoende skoolsaal van Hoërskool Montana, naby Montana gemeente, kerk wees. Die afstigting was miskien prematuur. Die eerste leraar, ds WF Rautenbach, moes binne een jaar na afstigting weens gerugte teen hom bedank en sodoende het die gemeente in krisis begin. Daarna het ds Ben Beukes (1991-1998) die gemeente bedien. Die respondent, dr Marius Nel, sluit in 1994 by die gemeente aan en sy vrou, Jampie, wat ook predikant is, word in 1996 as tentmaker aangestel. Nadat ds Beukes in 1998 vertrek, verkry sy ook voltydse pos in die gemeente. Besonderhede oor die ander predikante word hieronder gegee.

Die groot swaai en verandering in die gemeente het gekom toe daar in 1998 besluit is om kerk te bou. Ouderling het, na hartomleiding, in die hospitaal belofte teenoor die Here gemaak om te help met die kerkbou. Sodoende is die kerk teen R800 000 gebou en is dit baie gou, in die jaar 2003, deur middel van geloofsofferbelofte afbetaal. Die gemeente het na die kerkbou-proses eers werklik soos ’n selfstandige en eiesoortige gemeente begin funksioneer.

Die kerk is gebou sonder orrel, wat simbolies baie sterk kommunikeer oor die styl waarvoor die gemeente van die begin af gekies het. Laagtepunt was egter toe daar in 2002 besluit is om twee eredienste te hê waarvan die een meer tradisioneel en die ander meer kontemporêr sou wees. Dit het egter baie negatief gewerk en niemand bevredig nie. Daarna is in 2003 besluit dat die gemeente kies vir een informele en kontemporêre styl. Dit het beteken dat daar wel sowat honderd mense weggegaan het na ander gemeentes, maar dat daar tegelykertyd groei van sowat driehonderd nuwe mense was. Skielik het die bydraes ook dramaties begin groei. Daar het egter verdere worship war gewag oor die oorwig van Engelse teenoor Afrikaanse musiek in die eredienste, totdat daar besluit is op persentasie van 60%-40% (Afrikaans vs. Engels) in die oggenddienste en omgekeerd vir aanddienste.

Verdere proses van groei het na 2001 gekom toe daar sterker klem op toerusting gekom het deur middel van Bybelskool, maar veral na visioneringsprosesse. Daardie prosesse is sedert 2003 verder versterk deur die aansluiting by die SAVGG (Suid Afrikaanse Gemeenskap van Gestuurde Gemeentes). Die visie van die gemeente is soos volg geformuleer:

“Ons is nuwe tuiste vir al God se kinders”

Hierdie visie sê iets van die gemeenskap waarin die gemeente leef. Tuiste sluit aan by die feit dat so baie hier in nuwe huise bly, maar ook by die tuiste wat jy in God se huishouding kan verkry. Nuwe verwys nie alleen na die nuwe woonbuurt nie, maar ook na die nuwe styl van gemeentewees. “Al God se kinders” verwys na uitnodigende en akkommoderende benadering teenoor alle mense in die gemeenskap, van enige kerk of agtergrond. Die SAVGG het ook groot invloed daarin dat die

wandel in die Woord14 gewoontes oral in die gemeentebediening beoefen word. Die perspektief dat die gemeente as geheel gestuur is en dat dit deur middel van kultuur-verandering gekweek moet word, het ook belangrike insette geword.

Die bedieningsmodel van die gemeente het ook deur verskeie transformasie-prosesse gegaan. Die herder-kudde model was die aanvanklike model. Dit was egter mettertyd duidelik dat “huisbesoek” net nie meer die antwoord is nie. Sedert 1996 is daar nie meer uitgegaan om te kollekteer nie, maar het mense hulle dankoffers na die kerk toe gebring of deur middel van debietorders bygedra. Soos wat ander leraars as tentmakers bygekom het, het die leraars ook al meer spesialis terreine gekry en is daar op bedienings gefokus.

Die gemeente word gelei deur drie liggame, naamlik Sentrale kerkraad (SKR), Blok-kerkraad (BKR) en Uitvoerende kerkraad (UKR). Die SKR word saamgestel uit die Leierouderling as voorsitter, die leierdiaken, al die leraars, voorsitters van kommissies, die saakgelastigde, die skriba (sonder stemreg) en die blokleierouderling en blokleierdiaken. Die SKR se funksie is primêr om aandag aan die visie, missie en kernwaardes van die gemeente te gee, beleid vir bedieninge te bepaal en die gemeente te bestuur. Die BKR bestaan weer uit sowat 20-25 ouderlinge en diakens en is verantwoordelik vir die geestelike versorging van al die lidmate, waarvan sowat 10-15% in omgeegroepe is. Die BKR vervul veral funksie by eredienste (byvoorbeeld kollektering en nagmaalbediening) en “Pioniersbediening” waar “nuwe mense” besoek en bedien word.

Die UKR word saamgestel uit alle kerkraadslede en vergader net wanneer groot besluite soos die beroep van leraar of die koop en verkoop van eiendom ter sprake kom. Die uitvoerende arm met betrekking tot die visie en bediening van die gemeente is sy bedienings-kommissies wat Jeug, Uitreik, Finansies, Eiendomme, Kommunikasie, Administrasie, Diensverhoudinge insluit. Belangrike uitgangspunt vir die gemeente is om nie te veel te belê in uitgewerkte planne op papier en baie besluite nie, maar liewer bewus te wees van waar God besig is om te werk – waar die energie vloei – en daar die spontane aktiwiteit van lidmate en leiers te ondersteun.

Daar word dus baie meer waarde geheg aan spontane, Gees-gewerkte aktiwiteit, wat later beskryf kan word, as vooropgestelde planne op papier. Die respondent se stelling: Admin is overrated verwoord iets daarvan.

Iets van die kultuur van die gemeente is dat daar konsensus-benadering gevolg word en dat die kerkraad vir baie jare reeds volkome konsensus bereik. Hulle neem “spaarsamig” besluite en doen moeite met vooraf gesprekke en met terugverwysing totdat daar konsensus is. Lidmate word ook bemagtig sodat daar spontaan bedieninge ontstaan, sonder dat die leierskap soms daarvan weet. Die bedieninge word mandaat verleen om binne sekere begroting die bediening selfstandig te lei. Verder is daar deurdagte maar pragmatiese benadering, wat beteken dat daar baie buigsaamheid is en openheid om te eksperimenteer.

Die gemeente is baie oop vir transformasie. Die leesverslag van die SAVGG het besonder positiewe prentjie geskets van gemeentelede se ervaring van God se teenwoordigheid en werkinge en asook oor ander sake. Dié verslag eindig deur te sê dat die gemeente werklik nou gereed is vir nuwe hoofstuk, maar dat dit leierskap sal vra om mense in die toekoms te begelei. Sekere prosesse, wat lankal reeds aan die gang was, soos die formulering van visie, bepaling van eie identiteit en spesifieke roeping, is eers in 2004, as deel van die proses van die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes, geformaliseer. Toe het die gemeente die volgende as spesifieke fokusse bepaal:

o dinamiese en kontemporêre eredienste o uitreik na buite

o gespesialiseerde jeugbediening o toerusting

o kleingroepe o gebed.

As jy die gemeente se verslag: “Doornpoort as gestuurde gemeente” lees sien jy iets van die dinamika wat reeds bestaan en van die planne en drome met betrekking tot bogenoemde vir die toekoms.

c. Oor leierleraarskap

Die pos van leierleraar is eers amptelik in 2005 bevestig. Soos met baie ander dinge, was die ontstaan daarvan ook baie uniek in Doornpoort. Die respondent het in 2004 toevallig op die gemeente se webblad gelees dat hy die leierleraar genoem word. Die respondent was egter in werklikheid ‘de facto’ die leierleraar in baie opsigte – hy is tot sekere mate die founding pastor as die storie dat die gemeente eintlik eers in 1998 met die bou van die kerkgebou begin het, in ag geneem word. Hy is die enigste 100% voltydse leraar. Sy persoonlikheidsprofiel lei daartoe dat hy akademies, visionêr en wat bestuursvaardighede aanbetref die natuurlike leier in die span is. Die ander leraars het ook almal hulle pad na die gemeente gevind deur die persoonlike kontak met die respondent. Hy sien dit as manier waarop die spankaptein die geleentheid gehad het om sy span te help kies. Die ander lede van die span het eintlik die proses geïnisieer – op die webblad en in gesprekke daarna - en wou graag aan die respondent die mandaat verleen. Die aanwysing van die leierleraar was dus eintlik logiese gevolg van die praktyk in die gemeente. Op teoretiese vlak het die gemeente ook kennis geneem van die boek van Alice Mann (1998)15 oor getalle oorgange en het hulle besef dat hulle korporatiewe grootte gemeente is wat die fasette daarvan, naamlik erediens as hoogtepunt, kleiner bestuurspan/kerkraad, leier wat rigtinggewend en visiebepalend moet optree en lidmaatgedrewe bediening, moet bereken. Die size transition in lidmaatgetalle en in die span predikante, tesame met die verskeidenheid in die span, het ook die noodsaaklikheid van die rol na vore gebring.

Alhoewel die respondent baie versigtig is daarvoor dat een leraar nie belangriker as ander beskou moet word nie en ook glo in kollektiewe leierskap, het dit nie die spesialisasie van leierleraarskap in gedrang gebring nie. Die gemeente het gekies vir die benaming leierleraar omdat die respondent in werklikheid hierdie rol in die gemeente en veral in die leraarspan vervul het. Die respondent meen dat die benaming dalk eerder suggestie is na die leier in die leraarspan.

Wat die mandate van die leierleraar betref, is dit weereens geval van dat die beskrywing of administrasie die werklike uitoefening van die rol hier gevolg het. Die rol wat die respondent vervul sluit onder andere die volgende in: Visionering, wat onder andere die belyning van bedieninge en kommunikasie van die visie insluit; die skakel tussen die leraars en die SKR en die SKR en gemeente; die kontakte en werk na buite; bestuurs- en koördinerings-funksie; spanleier wat onder andere beteken dat hy die idees, geleenthede, sorg, dissipline en soort wellness manager vir die span is. Die mandate wat nou in proses is om met die SAVGG se Staff covenanting uitgeklaar te word, sal waarskynlik die volgende insluit:

• skep kultuur • toerusting • spanleier • fasiliteer prosesse • oorhoofse bestuur • visiedraer • leierskap ontwikkeling • kommunikasie • vertroue skep • bekwaamheid.

Hierin kan die invloed van die gesprek van die groep leierleraars oor standaardisering van die mandate (vergelyk hierbo) gesien word. Die respondent sien die fokus van die pos as die beliggaming van die visie en die rol van koördinering in die span. Hy sien sy rol ook as die een wat die verantwoordelikheid het om hoog te klim en vér te kyk. Hy sien dit ook as kernfunksie om as mentor vir ander leiers op te tree en toerusting te gee. Daar is reeds hierbo verwys na die feit dat die respondent

baie groot rol van bestuur en administrasie in die gemeente vervul.

Die pos van leierleraar is nie alleen in die gemeente en leraarspan gelykmatig, maklik en sonder struikelblokke aanvaar nie, maar eerder verwelkom as bevestiging van rol wat reeds baie sterk vervul is. Dis soos die respondent sê: Ons doen eers die werk en dan skryf ons die kontrakte later.

Die leierskapsbeginsels in die gemeente het deur die proses wat hierbo beskryf is, die tradisionele rol van die predikant grootliks verander. Waar die predikant hoofsaaklik as herder gesien is wat huisbesoek doen, is die predikant in die korporatiewe gemeente nou iemand wat in sy gawe-veld in bediening spesialiseer. Die aanpassings wat daarom aan die predikante se opleiding gedoen moet word, sal meer moet maak van informele leierskap, spesialisasie en om te werk volgens jou gawes. Daar sal ook wyer gekyk moet word as die NG Kerk en spesifieke struktuur of model van bediening.

d. Oor leierskap as spanwerk

Die samestelling van die leraarspan in die gemeente is nogmaals baie uniek. Daar is reeds verwys na die eerste twee leraars wat die gemeente verlaat het. Die huidige span en hulle mandate is die volgende:

• Dr Marius Nel, die respondent, wat sedert 1994 in die gemeente dien en wie se take hierbo volledig uiteengesit is.

• Ds Jampie Nel, wat in 1996 as tentmaker in die gemeente begin werk. Sy het sedert 1998 voltydse pos, maar is slegs 70% finansiële las. Sy’s verantwoordelik vir die junior jeug en omgeegroepe.

• Ds Stefan Botha is 50% in die gemeente en is verantwoordelik vir gespesialiseerde pastoraat, huweliksverryking en Engelstalige dienste.

• Ds Etienne Piek is 33% in die gemeente en word vir 17% ondersteun vir sy werk by Jerigo mure. Hy is verantwoordelik vir senior jeug, gebedsbediening en uitreikaksies

• Ds Riaan Steyn is 25% aan die gemeente gekoppel en is verantwoordelik vir die pionersbediening en die kommissies vir eiendomme en elektroniese bediening. • Ettienne Trollip, jeugwerker wat besig is met opleiding as pastoor in die AGS, is

die jongste toevoeging tot die span.

Hierdie is span waarin daar baie verskeidenheid is. Die spanlede verskil in terme van MBTI persoonlikheidsprofiele, agtergronde, uitlewing van spiritualiteit (van evangelies tot charismaties), belangstellings in die bediening en hulle verbintenis tot

die gemeente. Die respondent bring byvoorbeeld goeie lering, sy vrou emosionele element, kollega is energizer, ander kollega bring die rustigheid van berader en nog een die ervaring van gewone beroepslewe na die gemeente. Die benadering in die span is egter juis om die verskeidenheid te omarm en elkeen te laat blom in sy / haar besondere bydrae tot die span en gemeente. Hier word verskeidenheid gevier. Dit vorm waarskynlik ook belangrike beliggaming van die visie dat die gemeente nuwe tuiste vir al God se kinders wil wees, alhoewel die leesverslag van SAVGG tog toon dat die keuse rondom aanbiddingstyl en kultuur tog rol kan speel waarom “almal” nie tuis sal wees nie. Wat die span aanbetref, werk die verskeidenheid egter goed en is die respondent en sy vrou se benadering van “As ons kollegas slaag, slaag ons saam met hulle!” aanduiding van oop benadering.

Die verhoudinge in die leraarspan is dus baie oop, maar tegelykertyd gebou op waardering vir mekaar se uniekheid en op wedersydse vertroue. Die hele span kom op Woensdae bymekaar om saam voor God te wees en werk te beplan. Die nuwe kompleks wat nou by die kerk in aanbou is, gaan ook kantore vir al die leraars hê en dit word voorsien dat hulle kontak en skakeling daardeur baie sal verbeter. Die respondent besef egter dat die leierleraarskap ook ander verantwoordelikhede in sy verhouding met die ander leraars na vore bring. Hy is allereers die spanleier. Verder is hy die een wat die span die heeltyd met die visie belyn. Bogenoemde beteken ook dat hy as mentor vir die ander spanlede optree en dat hy dit ook al nodig moes ag om

sekere mate van dissipline te verskaf deur spanlid oor saak aan te spreek.

Die benadering tot leierskap in die gemeente beteken ook dat die leierspan baie groter as die leraarspan is. Die voorsitter van die kerkraad is byvoorbeeld baie gerespekteerde leier in die gemeente. Die respondent het ook baie noue verhouding met hom en sake sal byvoorbeeld voor vergadering eers met hom uitgepraat word voor dit in die vergadering bespreek word. Dan is daar ook uitgangspunt van bemagtiging na die ander leiers in die gemeente soos die kerkraad en veral dan die leiers van bedieninge. Die respondent meen dat die bemagtiging so vér strek dat hulle leiers byna te veel vertrou. Bedieninge en verantwoordelikheid word werklik in die hande van die lidmate en leiers gelaat.

Belangrike aspek van die groter leierspan is dat hulle deur middel van die SAVGG styl van geestelike leierskap gekweek het, wat nou praktyk in die hele gemeente word. Die “wandel in die Woord” styl word nie net in die Bybelskool nie, maar in alle vergaderings en praktyke van die gemeente nagevolg.

Bevindinge en kommentaar (Navorser) • Transformasie

Doornpoort is ’n baie jong gemeente met ’n jonger generasie lidmate wat al die tekens