• No results found

NG gemeente Constantiakruin – Dr Theo Marais

2. KONTEMPORÊRE ONTWIKKELINGS IN MAKROGEMEENTES

2.2 EMPIRIESE ONDERSOEK IN VYF GEMEENTES

2.2.1 NG gemeente Constantiakruin – Dr Theo Marais

Indien die definisie van makrogemeente (óf vier en meer leraars en ten minste 2100 lidmate, óf meer as 2700 lidmate en ten minste drie leraars) volgens Hendriks (1992:13) gebruik word, is Constantiakruin streng gesproke nie makrogemeente nie. Die gemeente het tans 1721 belydende en 434 dooplidmate en dus ’n totaal van 2155 lidmate. Indien die tentmaker-leraar, Ds Pieter Bosch – predikant by MES9, as leraar getel word, sou die gemeente wel binne die definisie val. Die navorser sluit egter die gemeente in omdat dit ook aan die Wesrand geleë is en omdat al die sake wat ondersoek word, hier gevind word. Dit is eintlik goed om die ietwat kleiner gemeente as spieël te gebruik.

Op 30 Mei 2005 het die navorser met Dr Theo Marais, leierleraar van Constantiakruin, ’n gesprek gehad. Die meeste inligting hieronder is ’n weergawe van die gesprek. Sekere inligting is egter ook skriftelik aan die navorser verskaf. a. Oor die area / gemeenskap

Constantiakruin is aan die Wesrand geleë en aan die noordekant van Ontdekkersweg, wat ’n soort sosiale en ekonomiese skeiding verteenwoordig. Sowat 25% van die gemeentelede kom uit ’n radius van sowat 15 kilometer buite die gemeente se grense. In die gebied woon ’n baie hoë inkomstegroep waarvan baie mense in

bestuursposisies (15.3%) is, eie besighede het of in professionele beroepe (23.6%) staan. Daar is 70% van die inwoners werkend, 3.2% werkloos en 26.8% nie-ekonomies aktief (Vergelyk EGON verslag).

’n Verslag van EGON (Eenheid vir Godsdiens en Ontwikkelings Navorsing)10 van 30 April 2005 het op grond van die 1996 en 2001 sensus die volgende inligting oor die Constantiakruin gebied verskaf: (Benaderde syfers)

• Bevolkingsamestelling: Swart 21%, Kleurling 4%, Indiërs 1%, Blank 74% • Ouderdom: 0-9 = 10%, 10-19 = 11,5%, 20-34 = 27%, 35-49 = 25%, 50+ = 27% • Taal: Engels – 47%, Afrikaans – 32%, Setswana – 6.7%, Zulu – 3%

• Religie: NG – 24%, Katoliek – 11%, Metodis – 10%, Charismaties–4.6%, Geen– 13%

• Opvoedkundig: Geen – 4.5%, Gr 0-7 – 9%, Gr 8-11 – 14.6%, Matriek – 28.7%, Na-skool – 43.2%

Hieruit is dit duidelik dat dit ’n oorwegend blanke gebied is waarin daar veral in die Noordelike rigting al meer Engelssprekende mense begin woon. Afrikaans en die NG Kerk geniet egter steeds groot markaandeel. Dis ’n besonder hoog geskoolde groep. Die respondent sê dat dit ’n gemeenskap is wat oop is vir verandering, waar daar min oor politiek gesels word en waar risiko’s geneem kan word. Dit is ook ’n gemeenskap wat aan die ontvangkant van misdaad en geweld staan en waar veiligheid, hoë mure en privaatheid belangrik is. Die 16-30 jaar generasie lyk na ’n subkultuur waar kleredrag, taalgebruik (mengsel van Afrikaans en Engels) en musiekvoorkeur verskil.

10 EGON staan vir Eenheid vir Godsdiens en Ontwikkelingsnavorsing, is by die Universiteit Stellenbosch gesetel en kan by http://academic.sun.ac.za/theology/urdr.htm > (9 Okt 2005) besoek word. Die organisasie het voorheen as EGDN (Eenheid vir Godsdiens en Demografiese Navorsing) bekend gestaan.

Die gemeente het met behulp van die wandel in die wêreld oefening van SAVGG11 met sielkundiges, dokters, hoofde van skole, maatskaplike werkers, ensovoorts gesels en is die volgende probleme in die gemeenskap hoog op die lys geplaas: depressie, werkverlies, geestelike verval, finansiële probleme, werklike armoede, huwelikskonflik, egskeiding, enkelouerskap, gebrekkige behuising, dwelm-/drankmisbruik, vigsnood, vereensaming van ouer mense. Die gemeente hoor nou God se stem daarin dat Hy hulle stuur na die verwondes in die gemeenskap.

b. Oor die gemeente

Kortliks ’n voëlvlug oor die geskiedenis van die gemeente. Die gemeente word in 1973 gestig en ds Carel Willemse is die eerste leraar (1973-1981). Daarna bedien ds Frikkie Bloem die gemeente vir ’n verdere 8 jaar (1981-1993). Hy is iemand wat in ’n pastor – kudde model funksioneer. Ds Kobus Sandenbergh bedien die gemeente van 1984-1987. Daarna volg dr Theo Marais (November 1992), ds Blikkies Blignaut (Augustus 1993) en ds Jaco Schoeman (Februarie 2000).

Draaipunte in die bediening was allereers dat die kerkraad in 1992 ’n doelbewuste besluit ten gunste van strategiese prosesse neem. In 1994 neem die gemeente kennis van uitdagings in oorgangstye (C Burger, 1995 – Gemeentes in transito), stuur die leraars vir ’n VSA toer en so kom die eerste visie (“Ligdraers vir Christus”) en missie formulerings tot stand. In 1996 word ’n begin gemaak met die selgemeente model wat nou gegroei het tot 40 selgemeentes. Toe is ook begin met ’n Kersspel wat in 1998 opgevolg is met ’n Pinksterspel. In 1999 word daar onder leiding van Malan Nel ’n gemeente-analise gedoen en ’n nuwe strategiese proses begin. So word die volgende missie geformuleer en kernwaardes daargestel:

Constantiakruin is daartoe verbind om dissipels vir Jesus Christus te wees en dissipels vir Hom te maak,

11 SAVGG (Suid-Afrikaanse Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes) is ’n organisasie wat gemeentes help om van instandhouding tot gestuurdheid te beweeg. Wandel in die wêreld is ’n praktyk van die SAVGG, waar daar met sekere belangrike persone en of instansies in die gemeenskap gesprekke gevoer word oor tipiese probleme en tendense in die gemeenskap. SAVGG word in Suid-Afrika vanaf

In die jaar 2000 besoek ’n leiergroep en die leraars Willow Creek CC in Chicago en kom met nuwe inisiatiewe terug. Plaaslik word ook verskeie gemeentes besoek en verskeie probleme soos ’n gebrek aan leierskap, kommunikasie, diversiteit, betrokkenheid by gemeenskapsnood en te min soeker-sensitiwiteit word geïdentifiseer. Dit was ook die direkte aanleiding tot die besluit rondom ’n nuwe bestuursmodel en die aanstelling van ’n leierleraar, ook genoem uitvoerende voorsitter. SENTRALE KERKRAAD SENTRALE KERKRAAD STEUNFUNKSIES STEUNFUNKSIES LYNFUNKSIES LYNFUNKSIES BESTUURSPAN BESTUURSPAN EREDIENS EREDIENS GEMEENTE BEDIENING GEMEENTE BEDIENING SELGEMEENTES SELGEMEENTES WYKSKERKRADE WYKSKERKRADE JEUG JEUG HULP EN HOOP HULP EN HOOP SENDING SENDING EVANGELISASIE EVANGELISASIE OUDERLINGE OUDERLINGE DIAKENS DIAKENS

STRATEGIESE TEOLOGIESE BEPLANNING

STRATEGIESE TEOLOGIESE BEPLANNING

VISIONERING VISIONERING OORHOOFSE BESTUUR OORHOOFSE BESTUUR OPSIG EN TUG OPSIG EN TUG BELEID BELEID ADMINISTRASIE ADMINISTRASIE DIENSVERHOUDINGE DIENSVERHOUDINGE FINANSIES FINANSIES FASILITEITE FASILITEITE KOMMUNIKASIE KOMMUNIKASIE FONDSE EN FUNKSIES FONDSE EN FUNKSIES DIENSTE DIENSTE

DAG TOT DAG

DAG TOT DAG

BESTUUR VAN BESTUUR VAN DIE GEMEENTE DIE GEMEENTE LEIER LEIER- -LERAAR LERAAR NG KERK CONSTANTIAKRUIN NG KERK CONSTANTIAKRUIN BESTUURMODEL BESTUURMODEL GEMEENTE GEMEENTE GEMEENTE GEMEENTE EINDE . . .

Skets 2-2 NG Kerk Constantiakruin Bestuurmodel

Die kerkraad besluit op ’n verkleinde kerkraad (30 lede), onder andere om die volgende redes:

• die kerkraad het te lomp begin word • probleme rondom ’n kworum

• oorgangstye vereis dinamiese besluitneming en visionêre denke.

Die raad word saamgestel uit die voorsitter, leraars, gemeente-administrateur, leierouderling, leier- en onderleier-diaken, vier verkose gemeentelede, twee visionêre denkers, ’n selgemeente verteenwoordiger, vier streekouderlinge en die elf bedieningshoofde.

’n Dagbestuur, bestaande uit die leierleraar, ander leraars (wat nie vergaderings hoef by te woon nie), gemeente-administrateur en drie ouderlinge, hanteer, onder leiding van die leierleraar dag tot dag besluite, moniteer alle werksaamhede, tree pro-aktief op met betrekking tot die jaarprogram en identifiseer leemtes en nodige koersaanpassings.

c. Oor leierleraarskap • Aanwysing:

Die aanwysing van die leierleraar het ten nouste saamgegaan met die strategiese prosesse wat hierbo uiteengesit is. Saam met die besluite oor die bestuursmodel en die verkleinde kerkraad, is die volgende na ’n evaluering in 2001 gesê:

o dit is asof sekere strategieë nie van die grond af kom nie

o die vraag wat voortdurend gevra word, is: “Wie is die kaptein van die skip? Is dit die voorsitter van die kerkraad (ouderling), gemeente-administrateur of leraars?” o daar moet iets aan leierskap gedoen word.

Die kerkraad besluit toe dat:

o die raad gelei word deur ’n uitvoerende voorsitter

o die uitvoerende voorsitter verantwoordelikheid aanvaar vir die tussentydse bestuur van die gemeente en ook as leierleraar aangestel word

o die aanstelling vir vyf jaar geld

o die dienskontrakte van die leraars aangepas word

o ’n nuwe bestuurspan en bestuursmodel vir die gemeente ontwikkel word.

Die agtergrond hiervan lê ook in die pro-aktiewe optrede van agt leiers wat saam met die leraars na Willow Creek CC toe was. Volgens die respondent het hulle in hulle terme van ’n CEO (Chief Executive Officer) of ’n skoolhoof gedink en wou hulle sien dat daar ’n uitligting van een leraar plaasvind sodat hy rigtinggewend kan lei.

Die kerkraad het die leraars gevra om saam daaroor te gaan besin en uit hulle geledere ’n leierleraar aan te wys. Die twee ander leraars het toe vir Theo Marais aangewys en

dit is so deur die kerkraad bekragtig. Sy persoonlikheid (MBTI profiel12) en

geskiedenis van betrokkenheid by strategiese prosesse in die gemeente het hom

’n natuurlike keuse gemaak. • Mandate en fokus:

Die kerkraad het die volgende verantwoordelikhede aan die leierleraar opgedra: o uitvoerende voorsitter van die kerkraad

o voorsitter van die bestuurspan o voorsitter van die leraarsvergadering o tree op as leierleraar in die gemeente

o aanvaar verantwoordelikheid vir die tussentydse bestuur van die gemeente o verantwoordelik vir leierskapontwikkeling

o bly op hoogte van nuutste ontwikkeling op kerklike gebied o geskeduleerde gesprekke met lidmate om visie te kommunikeer.

Dit blyk dat die respondent die mandate vir die pos van leierleraar egter tot ’n groot mate self moes uitkap, met die agtergrond van die aanstelling in gedagte. Die respondent verstaan nou die volgende as sy mandate:

o visie-dra – met dien verstande dat dit die gemeente se visie is, maar dat hy dit primêr moet uitdra en verkoop (dit is die primêre fokus van die leierleraar wat moet help om die gemeente te beweeg in die rigting van sy fokus)

o leierskapsontwikkeling

o toerusting – ’n oorhoofse verantwoordelikheid

o effektiewe kommunikasie – deur middel van die prediking, afkondigings en gemeenteblad waarin die visie en missie, nuwe besluite van die kerkraad en inligting oor bedieninge gekommunikeer word

o spanleier – waar respek en vertroue gekweek moet word o die oorhoofse bestuur van die gemeente

o kultuurskepping.

12 MBTI staan vir die bekende Myers Briggs Type Indicator wat persoonlikheidsprofiele meet. Sonder om die betekenis hier te verduidelik, kan genoem word dat die respondente se profiele verskil van ENFJ, INTJ, INFJ tot ENFJ. Die respondente verteenwoordig dus verskillende persoonlikheidsprofiele.

Implementering en struikelblokke

Die respondent was die natuurlike keuse as leierleraar en daarom het die proses glad verloop. Daar het intussen aanpassing gekom daarin dat die leierleraar van die voorsitterskap van die kerkraad afstand gedoen het. Gemeentelid, as ouderling, is as voorsitter gekies.

Predikantswerk

Die uitdagings van die tyd maak strategiese werk noodsaaklik, maar dominees word nie opgelei in leierskap en strategiese prosesse nie. Dit is ook verder nodig dat spesialisasie in die bediening beter aangespreek sal word.

d. Oor leierskap as spanwerk

Die leraars heg groot waarde aan die funksionering van die span. Die span leraars kom een keer per kwartaal saam om vir die werksaamhede te bid. Hulle kry ook een keer per jaar die geleentheid om saam met hulle gesinne weg te gaan vir spanbou. Die respondent sê dat die leraarspan se verhoudinge nou beter is as voorheen, veral ook omdat elkeen meer gefokus werk en hyself meer geleer het wat dienende leierskap beteken.

Die gemeente het ’n beleid van spesialisasie vir die leraars. Die leraars het gedeelde verantwoordelikheid met betrekking tot take soos prediking, huisbesoek (leierleraar 25%), selgemeentes, pastoraat en ander hulpverlening. Die leierleraar se spesialisasie is hierbo genoem. Een leraar spesialiseer veral met betrekking tot die selgemeentes, gemeentefunksies en die hulp en hoop bediening terwyl die ander een spesialiseer met betrekking tot die jeug, evangelisasie en sending en die gebedsbediening.

Die leierskap in die groter span van leiers werk ook goed. Die gemeente se bedieninge is voorheen deur kommissies en hulle voorsitters gelei, toe is dit departemente genoem en nou word dit bedieninge genoem. Die leierleraar het ’n groot taak tot bemagtiging van hierdie voorsitters van bedieninge. Hy ontmoet die leiers van wyke (Vat vyf stelsel), blokke, selgemeentes en bedieninge een keer per kwartaal en praat dan oor die visie, leierskap en motivering vir die werk.

Bevindinge en kommentaar / (Navorser)

Enkele opmerkings / kommentaar op bevindings met betrekking tot Constantiakruin • Transformasie

Die gemeente is geleë in ’n redelik homogene en baie gegoede gemeenskap, maar raak bewus van baie verwondes in hulle omgewing en hoor dat God hulle na sulke mense stuur. Verder beweeg die gemeente weg vanaf ’n instituut- en verkondigings-model in die rigting van ’n liggaams- en transformasie-verkondigings-model13 wat ’n verskil in hulle omgewing wil maak. Die transformasie in die SA gemeenskap en die kulturele transformasie saam met bogenoemde lei die gemeente om hulle bedieningsmodel te verander. Die gemeente neem kennis van wêreldwye tendense en wil doelbewus ’n visie ontwikkel wat ’n verskil in die gemeenskap sal maak.

Leierleraarskap en leierskap

Die behoefte aan rigtinggewende leierskap is duidelik gebore uit die transformasie wat hierbo beskryf is. Dit het eintlik as natuurlike proses daaruit voortgevloei. Visionêre-, strategiese-, en veral bestuursfunksies maak ’n belangrike deel van die leierskap in die gemeente uit. Leierskap as spanwerk blyk duidelik en die leraarspan het saam met ’n groter groep leiers in die gemeente verantwoordelikheid geneem vir strategiese prosesse.