• No results found

Korporatiewe lewensiklus - Miller se model volgens Roxburgh (2000:119)

Die model hierbo is deur die navorser in Afrikaans weergegee. Die leierskap wat saamgaan met die lewensiklus van die organisasie lyk volgens die model soos volg: Die profeet (prophet) is die visionêr wat nuwe toekomste sien. Detail, implementering en langtermyn organisasie is nie sy vaardighede nie; die drywer (barbarian)67 neem die visie en oorkom alle hindernisse in die proses van implementering van die visie. Die bouer en ontdekker (builder and explorer) is die persoon(e) wat die infrastrukture, etos en waardes ontwikkel wat nodig is wanneer die organisasie groei. Konsensus en konsultasie is hier belangrik. Die administrateur (administrator) tree na vore

67 Die woord barbaar het waarskynlik te veel negatiewe konnotasies in Afrikaans en om dit met

wanneer die organisasie gevorm word deur reëls, regulasies en tradisies. Die burokraat (bureaucrat) neem ’n vaste greep van kontrole oor die organisasie en simbole van gesag soos posisie en titels word belangrik en weerstand teen verandering is sterk. Die aristokraat (aristocrat) leef van die organisasie deur die voortsetting van sy rituele lewe en huidige funksionering.

Organisasies sal leiers kies wat pas by die plek in die lewensiklus. Daarom sal die natuurlike prosesse in organisasies die spesifieke leierskapstyl in ’n spesifieke plek in die lewensiklus dikteer. Predikante is meestal administrateurs en burokrate en reguleerders van die Christendom-era. Die krisis wat transformasie veroorsaak, bring egter die noodsaaklikheid van profete en drywers (barbare) na vore. Roxburgh wys daarop dat nie-denominasionele gemeentes wat tans groei, waarskynlik daarmee te doen het dat daar profete is wat visie en missie-gefokus is.

Die laaste kategorie van leierskap is egter die sinergis (synergist). Organisasies hoef nie deur die hele siklus na uitsterwing te beweeg nie. Wat benodig word, is leierskap wat die organisasie sal help om in enige stadium gedefinieer, gedomineer of gelei te word deur enige van die sewe leierskapstyle. Daarvoor benodig die organisasie die sinergis. Dis leierskap wat die kapasiteit het om die verskeidenheid leierskapstipes van profeet, drywer (barbaar), bouer, uitbreider, administrateur en burokraat te verenig. Die sinergis sal die verskeie style in ’n span verenig en ruimte en prioriteit op verskillende tye verleen.

Die navorser is van mening dat ons in die kontemporêre ontwikkelings wat in hoofstuk twee beskryf is, heelwat kan leer van hierdie lewensiklus model. ’n Denominasie soos die NG Kerk is waarskynlik nog baie vasgevang in die Christendom en modernisme en vertoon veral style van administrateur, burokraat en aristokraat. Die gemeentes begin sê dat hulle egter nou profete, drywers (barbare) en bouers benodig. Dit blyk dat die definiëring van funksies en mandate van leierleraars ’n aanduiding in daardie rigting is. Die vraag is egter of die rol van ’n sinergis nie die primêre taak van ’n leierleraar sou kon wees nie? Dan sou dit impliseer dat die mandate van leierleraars maklik te eensydig in terme van visionering verstaan word en op die ander uiterste te veel met administrasie en bestuur te doen kan hê. Veral die

huidige konteks van transformasie te veel instandhouding van die sisteem beteken. Sou die feit dat sommige leierleraars “koördinerende leraars” genoem is, nie ’n aanduiding in die rigting van die belang van sinergisme wees nie?

Hoe lyk kerklike leierskap in transformasietye?

Die samevoeging van die fases van transformasie en die lewensiklus by Roxburgh (2000:121-153) lewer baie insiggewende resultate met betrekking tot leierskap. Sy eerste opmerking is dat leierskap as spanwerk verstaan moet word. Tereg sê hy dat die vereistes met betrekking tot transformasie en die lewensiklus waardeur die kerk gaan, net te omvattend is vir een persoon. Daarom is meervoudige leierskap nodig. Die model van solus pastor of selfs multiple pastor waar die enkel-pastor-model net vermeerder word in medeleraarskap, kan nie bevredig nie. Hy voorsien span leiers wat saamwerk. Hy meen dat so ’n span ’n “oorhoofse leier” benodig wat die energie en gawes van die hele span ten beste kan benut. Uit die lewensiklus-model kan dit die sinergis wees wat hierdie rol vervul. Hy stel verder ’n model vir missionêre leierskap voor waar vier kante van leierskap saam kan funksioneer. Hiervoor kombineer hy beelde van leierskap uit die Ou Testament en Nuwe Testament (byvoorbeeld Ef 4). Die volgende vier tipes leiers is dus volgens hom noodsaaklik in ’n transformasie-proses.

o Leier as Digter

Die digter tree veral op in die oorgang van diskontinuïteit- na ontwortelingsfase. Dis leierskap wat allereers luister en in musiek, storie en verbeelding die diepste gevoelens van die kultuur weergee. Dis ’n fokus op mense en om onder die oppervlak te sien en te onderskei. Die digter kyk dieper as die oppervlakkige lae van die kulturele mites en stories. Hulle sien byvoorbeeld die leegheid van individualisme, tegniek, materialisme en outonomie. Hulle is ook gewortel in die tradisie, veral van die Christelike verhaal. Digters is beeldskeppers (image framers), entrepreneurs, veranderingsagente, skeppers van toekoms-geloof-kerke. Hulle gebruik metafore en simbole.

“Poets listen, enabling people to express and see the worlds that unconsciously live inside and drive them everyday so that they might begin to re-discover that Gospel story and rhythm of life that has been lost.”

o Leier as Profeet

Die profeet tree veral in die oorgang van ontworteling- na oorgangsfase op. Die profeet se rol is die herstel van ’n wêreld, die hervorming van die gemeenskap rondom die Goddelike verhaal. Die profeet leef binne-in die tradisie. Die profeet moet mense verbind aan hulle kernwaardes. Dit kan byvoorbeeld beteken dat die individualisme, soos wat dit in individuele verlossing uitgewerk word en die beginsel van vrywillige organisasies in vandag se kultuur, gekritiseer word en dat op meer Bybelse beginsels gewys word. Jeremia is ’n voorbeeld van iemand wat onder die verhaal van die ballingskap God se verhaal vir die volk interpreteer.

“Prophets lead God’s people into recovering God’s story and re-forming the community as a distinct people.”

o Leier as Apostel

Dis die leierskap wat in die hervormingsfase nodig is. ’n Apostoliese leier is iemand met ’n duidelike roeping, missie, krag en dringendheid om ’n nuwe toekoms te skep. Die apostel is soos die drywer (barbarian) waarvan hierbo gepraat is. Hy wil die kerk hervorm rondom kernwaardes en het die vaardighede om te visioneer en te implementeer. Hy’s soos ’n generaal met ’n plan en rigting. Nehemia en Paulus is goeie Bybelse voorbeelde. Roxburgh (2000:141) sê dat dit dalk ’n korreksie aanbring met betrekking tot sisteem-leierskap en diens-leierskap as dit eensydig verstaan word. Apostels word baiekeer nie binne ’n gemeente gewaardeer nie en hulle stig dan onafhanklike gemeentes, terwyl hulle eintlik baie belangrik binne die organisasie is.

“Apostles lead God’s people into the new missional future.

…A missional church will have at its center an apostolic identity and an apostolic leadership.”

o Leier as Pastor

Die pastor was vir byna twee millenniums die primêre identiteit van kerklike leierskap. Na die Verligting het dit net verander in professionalisering in byvoorbeeld beraad, bestuur en leierskapsontwikkeling. Dis steeds belangrik, maar dan veral met betrekking tot die stabiele fase.

Die tipes leierskap word deur Roxburgh (2000:145-153) in die fases van transformasie geplaas (vergelyk die skets). Die pastor funksioneer dus ten beste in die stabiele fase, die digter in die diskontinuïteit- en ontwortelingsfase, die profeet in die ontwortelings- en oorgangsfases en die apostel veral in die reformasiefase. Dit beteken dat daar in ’n sekere fase ’n spesifieke tipe leierskap aangewese is om die sisteem dan te vorm. Hy beklemtoon egter dat dit onder leiding van ’n sinergistiese leier moet plaasvind wat uit die sterkte van die span sal funksioneer.

“The team typology, combining a mixture of leadership qualities, allows the energies and skills of people to be appropriately released and empowered for the transition and transformation of churches.”