• No results found

TABEL 4.8: RELATIEWE KANSVERHOUDING VAN BEDUIDENDE RISIKOFAKTORE RISIKOFAKTOR OR 95%

xxii SUMMARY

TABEL 4.8: RELATIEWE KANSVERHOUDING VAN BEDUIDENDE RISIKOFAKTORE RISIKOFAKTOR OR 95%

Dringendheid 2,210 1,132-4,315 Nierinkorting 2,582 1,435-4,646 Heroperasie 4,308 2,318-8,004 Bykomende prosedure 7,143 3,599-14,179

OR – “odds ratio”; VI – vertrouensinterval

Pasiënte met „n IABP asook pasiënte wat op „n ventilator direk van die kateterlaboratorium geopereer is (as aanduiding van dringendheid), het „n twee maal groter kans om te sterf as dié wat uit die KE geopereer is. Chroniese nierinkorting (CKD III), gebaseer op die “simplified modification in diet and renal disease” – sMDRD – verhoog die kanse vir sterfte na KVO twee en „n half maal. CKD III is teenwoordig in 21,7% van pasiënte in die tabula viva chirurgi (376 van 1 735 pasiënte, met 15 pasiënte wie se sMDRD nie bereken kon word nie). Heroperasie is „n risiko ongeag of eerste KVO met „n tweede KVO vergelyk word, of „n tweede KVO met „n derde KVO. Die aantal pasiënte met „n vierde KVO se statistiese krag is te klein om afsonderlik te ontleed. In „n groot reeks (Launcelott, Ouzounian, Buth & Légaré 2012:778) van 1 521 heroperasies het heroperasies „n mortaliteit van 9,7% gehad vergeleke met eerste operasies se mortaliteit van 3,4% (Vergelyk met Tabel 4.6). Die 122 pasiënte wat saam met die KVO ook „n bykomende prosedure benodig het, se kanse om te sterf was sewe maal groter as pasiënte met „n geïsoleerde KVO.

4.8.2.6 Toepassing van die risiko’s in die tabula viva chirurgi

In die vorige paragraaf is aangetoon dat pre-operatiewe risiko‟s verband hou met mortaliteit na KVO. Die risiko‟s (Tabel 4.8) wat volgens die stapsgewyse logistieke regressie bepaal is, kan ingespan word om die pasiëntprofiel te verander. Indien alle pasiënte wat „n tweede of verdere operasie ondergaan het; dié wat vanuit die KE met „n IABP geopereer is; pasiënte met „n bykomende prosedure; en dié met ingekorte nierfunksie (CKD <60ml/min) geselekteer word, verklein dit die tabula viva chirurgi tot 963 pasiënte. Van hierdie pasiënte is sewe oorlede (0.73%) met „n verwagte mortaliteit volgens die EuroSCORE van 2,40% (Tabel 4.9).

TABEL 4.9: MORTALITEIT VAN LAERISIKOPASIëNTE IN DIE TABULA VIVA CHIRURGI OUDERDOM/

GESLAG MAJOR MORBIDITEIT OORSAAK STERFTE

69 m Hereksplorasie Dermiskemie

79 m SIRS

64 v Beroerte Beroerte

78 m Skielike dood

58 m Nier- en respiratoriese versaking MOF

82 m Beroerte Beroerte

62 m Verlengde ventilasie (53 dae) Respiratoriese versaking

m - manlik; v - vroulik; SIRS - ”systemic inflammatory response syndrome”; MOF - ”multi-organ failure”

Met „n EuroSCORE van 0 (met ander woorde geen mortaliteit word verwag nie) het daar steeds een uit die 237 (0,42%) pasiënte gesterf. Die individu was „n 58-jarige man wat vanuit die KE geopereer is met „n kritieke hoofstamletsel en „n BMI van 33.3 kgm-2.

Volgens berekening met die nuwe EuroSCORE II was sy verwagte kans vir sterfte 0,68%, en nie 0% nie. Aan die ander kant het die pasiënt met die hoogste risiko vir sterfte, naamlik EuroSCORE 19, inderdaad gesterf. Dit was iemand wat met „n akute iskemiese ventrikulo-septale defek voorgedoen het. Figuur 4.4 illustreer die duidelike verband tussen risiko en mortaliteit.

4.8.3 Major morbiditeit

4.8.3.1 Agtergrond

„n Groot aantal potensiële komplikasies word geassosieer met kardiale chirurgie. Dit is „n ingrypende prosedure in „n groep pasiënte wat grade van onderliggende siektes of komorbiditeite het.

Vyf belangrike oftewel major morbiditeite word in die literatuur geïdentifiseer. Hulle word gerapporteer as „n aanduiding van die uitkoms ná kardiale chirurgie. Volgens die STS (Shroyer et al. 2003:1857) is hierdie vyf belangrike negatiewe uitkomste die volgende:

Hereksplorasie.

Verlengde ventilasie langer as 48 uur. Dit is intussen gewysig na ventilasie langer as 24 uur (Shahian et al. 2009:S4).

Nierinkorting, gedefinieer as een of meer van serum kreatinien hoër as 175 mol/l; 50% verhoging in basale pre-operatiewe kreatinienvlakke; of nuwe dialise. Die definisie is ook deur die STS aangepas (Shahian et al. 2009:S4).

Beroerte wat blywend is. Diep mediastinale infeksie.

In die plaaslike praktyk is die uitkomste se definisies ten opsigte van twee major morbiditeite ietwat aangepas. In dié studie word nierinkorting na chirurgie beskou as nuwe dialise, maar daar was ook enkele pasiënte wat voorgedoen het met anurie of oligurie as deel van ander orgaanversaking en waar dialise nie aangewend is nie omdat dit te laat was of die pasiënt reeds te kritiek was. Anurie of oligurie is dan wel ingereken as „n renale major komplikasie na chirurgie. Die JACVSD beskou renale inkorting postoperatief ook as nuwe dialise (Motomurura et al. 2008:1868). Die Cleveland Clinic, „n gerespekteerde eenheid wat amper 19 000 pasiënte oor 11 jaar geopereer het, definieer eweneens renale versaking as nuwe dialise na operasie (Vivacqua, Koch, Yousuf, Nowicki, Houghtaling, Blackstone & Sabik III 2011:1781). Die STS het die beskrywing van nierinkorting sedert die 2003 bepaling gewysig. Daarvolgens aanvaar die STS nou nierinkorting as nuwe dialise óf „n verhoogde serum kreatinien na die operasie van meer as 175 mol/l mét „n verdubbeling van die pre-operatiewe kreatinien (Shahian et al. 2009:S4). Hierdie wysiging van die STS skakel byvoorbeeld die pasiënt wie se kreatinien van 60 mol/l na 120 mol/l verhoog, uit.

Die tweede major morbiditeit wat vir die plaaslike reeks herdefinieer is, is diep sternale sepsis. Alle pasiënte wat herbedrading van die sternum moes kry, was beskou as diep sternale infeksie. Dit sluit dus pasiënte in wat byvoorbeeld die sternum los hoes, maar wat nie noodwendig „n organisme kweek nie. Pasiënte wat eintlik al ontslaan was, maar binne ses weke heropgeneem is met sternumloslating saam met „n dreinerende wond word vir doeleindes van dié studie steeds as diep sternale sepsis postoperatief gedefinieer. Afgesien van die 53 sterftes het 115 pasiënte tydens aanvanklike hospitalisasie een of meer major komplikasie gehad. Wat in gedagte gehou moet word, is dat 31 pasiënte eers gesterf het nadat hulle ook „n major komplikasie gehad het, en daar is dus „n oorvleueling van getalle. „n Verdere sewe pasiënte was reeds by die huis, maar moes weer opgeneem word vir „n dreinerende sternotomiewond en los sternum – dit gee „n totaal van 122 pasiënte met major morbiditeite. Twee-en-twintig pasiënte is oorlede sonder „n major komplikasie, waarvan vyf gesterf het voor hulle uit die teater gekom het. In hierdie pasiëntreeks was die gesamentlike mortaliteit en morbiditeit dus 144 pasiënte (22 geïsoleerde sterftes plus 115 morbiditeite insluitende 31 sterftes na major komplikasies, plus die 7 wat na ontslag steeds ingereken word – Figuur 4.5). Dié

pasiënte verteenwoordig 8.2% van die ondersoekte pasiëntpopulasie. So te sê 92% van pasiënte het die hospitaal sonder mortaliteit of major morbiditeit verlaat.