• No results found

xxii SUMMARY

BLARE IS OM TE EET – NIE OM TE ROOK NIE

5.1 GESONDE LEEFSTYL

Goeie eetgewoontes, „n ingesteldheid op oefening en geen rook nie word aanvaar as die basis van „n gesonde leefstyl en kan lewensverwagting verbeter (Walker & Walker 2004:826). Voeg nog daarby voldoende slaap van 7-8 uur per nag, en die mortaliteit toegeskryf aan kanker en kardiovaskulêre siektes kan tot die helfte afneem onder die deursnee bevolking (Enstrom 1989:1807). Afgesien van die mate van statistiese vrywaring of waarskynlik eerder uitstel van sekere gevreesde siektes, kan hierdie voorsorgmaatreëls die lewensverwagting met tot 10 jaar verbeter. Dít was die bevinding van „n ondersoek onder 34 000 Sewendaagse Adventiste in Kalifornië wat so „n basiese, gesonde leefstyl handhaaf (Fraser & Shavlik 2001:1645). In die INTERHEART studie wat in 52 lande onder 15 000 pasiënte na akute miokardinfarksie en 14 800 kontroles gedoen is, was die relatiewe kansverhouding (“Odds ratio” – OR) om „n miokardinfarksie te kry geassosieer met „n gesonde leefstyl van groente en vrugte eet, oefening doen en geen rook nie, 0.21. Dit beteken die risiko is met meer as „n driekwart verminder vergeleke met dié van „n roker én iemand met swak leefstyl (Yusuf, Hawken, Ôunpuu, Dans, Avezum, Lanas, McQueen, Budaj, Pais, Varigos & Lisheng 2004:942).

Lewensverwagting was in die verlede al so laag as 25-30 jaar (Walker 2001:85). Al het geneeskunde dus vordering gemaak met langer lewensverwagting bly daar vrae oor die kwaliteit daarvan (Walker 2003:599). Ongeskiktheidsaangepaste lewensverwagting (“disability-adjusted life expectancy” – DALE) dui op die jare van „n gesonde lewe en nie die totale lewensverwagting nie (Mathers, Sadana, Salomon, Murray & Lopez 2001:1685).

Volgens die Psalmdigter (Ps. 90:10-12) waarna in Hoofstuk 4, Paragraaf 4.6.1 reeds verwys is, kan die mens 70 of selfs 80 jaar oud word, maar die skrywer waarsku (baie pessimisties) dat die lewe vol swaarkry is. Die digter beskryf in Psalm 90 die kortstondigheid van die mens se lewe. Daarteenoor word God se ewige bestaan geprys. Die skrywer van die Psalm se oplossing is dat die mens die dae sal gebruik

om wysheid te bekom, maar die wysheid rondom leefstyl is ongelukkig by té veel mense gebrekkig. Vanweë die verwoestende invloed van die menslike immuniteitsgebrekvirus (MIV) in Sub-Sahara is die DALE vir Suid-Afrika 40 jaar, wat Suid-Afrika 160ste van 192 lande plaas. Aan die ander kant van die skaal het Japan

die hoogste DALE van so te sê 75 jaar (Mathers et al. 2001:1688).

Indien dit waar is dat slegs 3,1% van jongmense tussen die ouderdomme van 18 en 34 aan al vier die gesondheidspraktyke voldoen (BMI 18-25,0 kgm-2, vrugte en groente eet,

fisieke oefeninge doen en nie rook nie), dan het die kommentators (Walker, Walker & Wadee 2003:126) in „n redaksionele oorsig van die South African Medical Journal rede om bekommerd te wees oor die DALE in die toekoms (Reeves, Rafferty, McGee, & Miller 2001:761).

Lucchese en Koenig (2013:106) gaan 'n stap verder en toon „n verwantskap tussen die veelvuldige erkende risikofaktore vir kardiovaskulêre siekte en godsdiens/spiritualiteit aan. Hulle (2013:114) bevindinge na 'n oorsig van 3 200 artikels rakende gesondheid en godsdiens/spiritualiteit is dat risikofaktore deur leefstyl beïnvloed word en leefstyl deur godsdiens/spiritualiteit geraak kan word.

5.1.1 Spesifieke leefstyl risikofaktore

Dit is nodig om na die invloed van leefstyl-geassosieerde risikofaktore te kyk. Obesiteit, gebrek aan oefening en rook is grootliks lewenskeuses wat persone uitoefen. In „n ondersoek na die prevalensie van risikofaktore onder pasiënte van die navorser-chirurg wat reeds „n KVO gehad het, was „n teleurstellende bevinding dat pasiënte met „n positiewe familiegeskiedenis van KVS net so obees was (weens verkeerde dieet en gebrek aan oefening) en tabak gerook het as hulle wat onbewus was van KVS in hulle familie (Swart, Coetzer et al. 2005:228). Hierdie pasiënte was óf onbewus van bydraende risikofaktore óf het hulle nie daaraan gesteur nie – dit ten spyte van populêre tydskrifte wat vol is van leefstylartikels.

5.1.1.1 Obesiteit

Obesiteit is belangrik as „n manifestasie van „n verkeerde eetpatroon én „n sittende leefstyl (Du Toit & Van der Merwe 2003:49; Walker 2003:599). Die toename in obesiteit (>30 kgm-2) is „n wêreldwye verskynsel (Ferris & Crowther 2011:147; Kruger 2010:309).

Vanuit „n plaaslike perspektief is die toestand so ernstig dat Suid-Afrikaners as van die vetste mense ter wêreld beskou word (Volksblad 2012). Skrikwekkender is ongelukkig die toename van obesiteit onder kinders (Du Toit & Van der Merwe 2003:49; Pretorius, Stewart & Silwa 2011:112). Saam met obesiteit is daar ook „n toename van diabetes mellitus aangesien obesiteit „n baie sterk risikofaktor vir diabetes mellitus is (Sinha, Fisch, Teague, Tamborlane, Banyas, Allen, Savoye, Rieger, Taksali, Barbetta, Sherwin & Caprio 2002:802), soveel so dat die begrip “diabesiteit” ontstellend sin maak (Schmidt & Duncan 2003:1120).

Die dilemma is dat adipose weefsel nie net „n termiese isolator of „n onskuldige stoor van energie is nie. Dit is ook nie „n teken van vroulikheid en vrugbaarheid, soos die skilderye van die ou meesters uitbeeld nie. Vet is inderdaad „n aktiewe endokriene orgaan (Ferris & Crowther 2011:148). Die aantal produkte van adiposiete wat geïdentifiseer word, neem vinnig toe (Schmidt & Duncan 2003:1125). Dit sluit pro-inflammatoriese sitokiniene, „n velerlei peptiede wat verband hou met obesiteit-verwante siektes en „n verskeidenheid adipokiniene soos leptien in (Ferris & Crowther 2011:148).

In „n meta-analise van 54 studies (160 000 pasiënte) is aangetoon dat C-reaktiewe proteïen nie net „n onafhanklike merker is van kardiovaskulêre siekte nie, maar ook van verskeie kankers en longsiektes (The Emerging Risk Factors Collaboration 2010:132). C- reaktiewe proteïen word in toenemende mate gevind in die aantal onderskeie metaboliese sindroomkomponente teenwoordig (obesiteit, dislipidemie, diabetes mellitus en hipertensie) wat dui op die inflammatoriese aard van elkeen (Santos, Lopes, Guimarães & Barros 2005:1452). Hierdie merker van „n inflammatoriese toestand word meer en meer onder Suid-Afrikaanse kinders gevind en korreleer met liggaamsvet en omgekeerd met fiksheid (Kruger 2010:310).

5.1.1.2 Oefening

Die waarde van oefening in gesondheid is al deur die geneeskundiges van die Verligtingsera beklemtoon. Vroeg in die 18de eeu kon „n Italiaanse geneesheer, Bernardi

Ramazzini, op die verskil in die voorkoms van chroniese siektes tussen professionele hardlopers wat boodskappe afgelewer het en beoefenaars van professies wat „n sittende werk doen, soos kleremakers en skoenmakers, wys (Hagemann 2013:20).

Waarskynlik die eerste epidemiologiese studie om die verband tussen fisieke onaktiwiteit en KVS aan te toon, was Morris se verslag in 1953, met sy bevinding dat buskondukteurs „n 50% laer prevalensie van miokardiale infarksies vergeleke met busbestuurders het (Hagemann 2013:21). Na dié studie onder beroepslui is gedurende die laat 1960‟s amper 17 000 staatsamptenare wat kantoorwerk gedoen het se naweekaktiwiteite ondersoek (Morris, Chave, Adam, Sirey, Epstein & Sheehan 1973:333). Hulle afleiding was dat kantoorwerkers wat harde oefening oor „n naweek gedoen het se risiko om KVS te ontwikkel „n derde was van werkers wat nie aan sulke oefening blootgestel was nie. Reeds in 1990 kon „n meta-analitiese studie die voordele van oefening ten opsigte van KVS aandui (Berlin & Colditz 1990:626). „n Meer onlangse meta-analise van studies wat die verband tussen oefening en kardiovaskulêre mortaliteit ondersoek het, bevestig eweneens die indrukwekkende waarde van oefening (Nocon, Hiemann, Müller- Riemenschneider, Thalau, Roll & Willich 2008:245). Amper 900 000 deelnemers in 33 studies is betrek. Die risikovermindering was 35% vir kardiovaskulêre sterfte. Die waarde van oefening vir pasiënte met koronêre vatsiekte word ook deur die Cochrane Heart Group bevestig (Heran, Chen, Ebrahim, S., Moxham, Oldridge, Rees, Thompson & Taylor 2011:2).

Die invloed van oefening is nie net beduidend op KVS nie, maar dit word bereken dat die gebrek aan oefening alleen „n 6-10% bydrae lewer tot KVS, tipe 2 diabetes mellitus, asook bors- en kolonkanker. Die effek van onaktiwiteit is vergelykbaar met rook en obesiteit (Lee, Shiroma, Lobelo, Puska, Blair & Katzmarzyk 2012:228). Daar is ook „n mening dat „n gebrek aan oefening meer ongesond as vetsug, rook en diabetes mellitus is (Volksblad 2012). Ten spyte van die waarde van basiese oefeninge het Pittsburg Universiteit aangetoon dat meisies se fisieke aktiwiteite drasties afneem van voor puberteit tot adolessensie en daarmee saam neem obesiteit, rook en tienerswangerskappe toe (Kimm, Glynn, Kriska, Barton, Kronsberg, Daniels, Crawford, Sabry & Liu 2002:709). Hierdie meisies is die swanger vroue en moeders van môre (cf. Paragraaf 5.6).

Hoe is dit dat oefening so „n belangrike rol in die vermindering van KVS speel? Balady (2002:852) wys daarop dat grade van fiksheid nie net lengte van oorlewing voorspel nie, maar ook dat oefening risikofaktore soos hipertensie, obesiteit, hiperlipidemie en insulienweerstandigheid kan versag. Oefening se kardiale beskerming lê nie net in die verbetering van die lipiedprofiel, glukose verdraagsaamheid, vermindering van obesiteit en die positiewe effek wat dit op bloeddruk het nie, maar ook op endoteelvlak (Balady

2002:853). Voorts het oefening ook anti-inflammatoriese effekte op die endotelium, mononukleêre selle en adipose weefsel (Smith 2010:271).

5.1.1.3 Rook

Rook is „n erkende en bekende risikofaktor vir KVS (Saloojee & Hjalmarson 2010:68). In die INTERHEART studie het „n roker, vergeleke met „n nie-roker, oor geslags-, ouderdoms- en etniese grense heen „n OR tot akute miokardinfarksie van 2.87 (Yusuf et al. 2004:937). In hierdie wêreldwye studie was rook die algemeenste risikofaktor en het dit „n 36% bydrae tot die bevolking se toeskryfbare risiko‟s (“population attributable risk – PAR) gemaak (Yusuf et al. 2004:941). Met ander woorde, PAR of ook genoem PAF (“population attributable fraction”) skat die persentasie nuwe gevalle wat nie sal voorkom indien die spesifieke risikofaktor dan nie teenwoordig is nie (Lee et al. 2012:219). PAF hou verband met die prevalensie van „n risikofaktor en die geassosieerde relatiewe risiko (Lee et al. 2012:219). Terug by Yusuf en sy medewerkers se opmerking oor rook: Hulle waarneming kom daarop neer dat indien rook nie teenwoordig is as „n risikofaktor nie, dan is daar 36% minder sterftes in dié populasie.

Vir die hartchirurg is pasiënte se rook ook baie sleg aangesien rook nie net pasiënte wat „n KVO gehad het se verblyf in die intensiewesorgeenheid verleng en kompliseer nie (Mortasawi, Ashraf, Grayson & Oo 2004:310), maar rook kan ook lei tot „n groter kans vir her-revaskularisasie, met ‟n negatiewe impak op langtermyn oorlewing (Van Domburg, Meeter, Van Berkel, Veldkamp, Van Herwerden & Bogers 2000:878). Rook in die verlede of steeds peri-operatief kom uiteraard vrylik in „n KVO-populasie voor. Twee derdes van pasiënte het „n geskiedenis van rook; manlike KVO-pasiënte rook twee keer meer algemeen as vroue (Swart, Coetzer et al. 2005:228).

Die invloed van rook op akute miokardinfarksies word mooi geïllustreer deur die impak wat wetgewing op die ongevalle afdeling van „n geïsoleerde gemeenskapshospitaal in Helena, Montana, VSA gehad het. In die ses maande wat die wet op die verbod van rook in die werksopset en openbare plekke gegeld het, het toelatings van akute miokardinfarksies by „n spesifieke hospitaal met 40% afgeneem. Dit is in vergelyking met die tydperk voor die wetgewing ingestel is en nadat die wetgewing herroep is (Sargent, Shepard, & Glantz 2004:979). Vergeleke met die 30% daling in mortaliteit met statien behandeling; en die 23% vermindering wat bloeddruk behandeling, betablokkers en ander vorme van behandeling teweeg kan bring, is die 36% vermindering in sterftes

geassosieer met die staking van rook na miokardinfarksie die sterkste intervensie wat die geneeskundige het (Aalbers 2010:289).

5.1.1.4 Kardiovaskulêre gesondheid

Wat die ideaal van spesifiek kardiovaskulêre gesondheid betref, het die American Heart Association Strategic Planning Task Force and Statistics Committee (Lloyd-Jones, Hong, Labarthe, Mozaffarian, Appel, Van Horn, Greenlund, Daniels, Nichol, Tomaselli, Arnett, Fonarow, Ho, Lauer, Masoudi, Robertson, Roger, Schwamm, Sorlie, Yancy & Rosamond 2010:591) op die volgende riglyne besluit:

sigaretrook onthouding; BMI van <25kgm-2;

matige fisieke aktiwiteite vir ten minste 150 minute per week; gesonde dieet (5 porsies vrugte en/of groente per dag); onbehandelde bloeddruk van <120/<80 mmHg;

onbehandelde totale cholesterol van <5,2 mmol/l; en „n onbehandelde vastende glukose van <5,6 mmol/l.