• No results found

PERSONE TYDENS 'N KRISIS

HOOFSTUK 6- RESULTATE VAN 'N EMPIRIESE ONDERSOEK

6.2 DOELWITTE EN METODIEK

6.3.1 Soort navorsing

Volgens Strydom (1999:73) kan daar onderskei word tussen basiese en toegepaste navorsing.

6.3.1.1 Basiese navorsing

Basiese navorsing kan gesien word as suiwer navorsing wat intellektuele uitdagingsvrae aan die navorser stel. Dit sluit dikwels die toetsing van hipotese in wat abstrakte gespesialiseerde konsepte omvat. Hierdie tipe navorsing moet uitgevoer word binne 'n konseptuele raamwerk sodat dit kan bou op vorige navorsing op die bepaalde terrein. (Strydom, 1999:73)

6.3.1.2 Toegepaste navorsing

"Systematic investigation to acquire facts that can be used to solve or prevent problems, enhance lifestyles, advance technologies, or increase income. This is contrasted to basic research. Most of social work research is considered applied research, because it pertains mostly to the interaction between peaple and their environment, social problems and methods for helping."

Toegepaste navorsing is dus daarop gefokus om probleme in die praktyk op te spoor en strategiee ter oplossing van die probleem voorte stel (Strydom 1999:73).

6.3.2 Benaderingsperspektief

Daar bestaan tans twee hoofstyle in empiriese navorsing, naamlik kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsing (Neuman 1997:14; Strydom; 1999:74-77; De Vos era/., 2005:132-3,261-2).

6.3.2.1 Kwantitatiewe navorsing

Volgens Srydom (1999:74) fokus hierdie positivistiese benadering op: • Dit kwalifisering van data.

• Dit meet sogenaamde objektiewe feite.

• Dit fokus of veranderlikes waar betroubaarheid voorop staan.

• Dit poog om waardevry te wees in verband met baie gevalle of proefpersone. • Die navorser bly op die agtergrond.

• Statistiese analise van data is moontlik.

6.3.2.2 Kwalitatiewe navorsing • Paradigma

Volgens De Vos et al. (2005:261) is die eerste unieke stap in 'n kwalitatiewe navorsingsproses om 'n paradigma te kies wat onderliggend is aan die hele studie. Hierdie paradigma is die navorser se verwysingsraamwerk of lewens- en wereldbeskouing. Hierdie aannames of aksioom staan in verhouding tot (Strydom, 1999:262):

o Die wese van realiteit

o Die verhouding van die navorser tot wat nagevors word o Die rol van waardes in die studie

• Eienskappe van kwalitatiewe navorsing

Neuman (1997:331-335) wys op die volgende ses belangrike eienskappe van kwalitatiewe navorsing:

o Konteks is krities- Kwalitatiewe navorsing beklemtoon die belangrikheid van sosiale konteks vir die verstaan van die sosiale wereld. As 'n navorser sosiale gebeurtenis, gesprek en antwoorde verwyder van hul eie konteks, word sosiale betekenis versteur (Neuman, 1997:331)

o Die waarde van die gevallestudie - Kwalitatiewe studie probeer so veel as moontlik inligting oor 'n spesifieke geval insamel deur dit indiepte te ondersoek (Neuman, 1997:331).

o Navorser se integriteit - Kwantitatiewe navorsing neem 'n positivistiese benadering, met ander woorde, so feitelik as moontlik - en die navorser het nie enige invloed op die resultate nie. Kwalitatiewe navorsing neem 'n naturalistiese benadering. Die navorser is baie betrokke en die vraag is hoe kan die resultate wat aangebied word as onbevooroordeeld deurgegee word. Die belangrikste wyse waarop die navorser vertroue by die leser inboesem, is deur die manier wat die bewyse aangebied word - daarom is genoegsame inligting altyd belangrik. Kwalitatiewe navorsing is bewus daarvan dat navorsing nie waardevry gedoen kan word nie - daarom moet die navorser bewus wees van sy eie waardes en aannames, sowel as die" van sy medenavorsers (Neuman, 1997:332).

o Basisteorie - Kwalitatiewe navorsing begin met 'n navorsingsvraag. Teorie ontwikkel gedurende die dataversamelingsproses. Die meer induktiewe benadering beteken dat die teorie in die data gegrond is en dit veroorsaak dat data en teorie in wisselwerking met mekaar tree (Neuman, 1997:334).

o Proses en volgorde - Wat die proses en opvolg van gebeure betref, is dit so dat die verloop van tyd 'n integrate deel van kwalitatiewe navorsing vorm. Kwalitatiewe navorsing kyk na volgorde van gebeure en gee aandag aan dit wat eerste, tweede en derde gebeur. So kan die evolusie van 'n spesifieke gebeurtenis gevolg word (Neuman, 1997:335).

o Interpretasie - Kwalitatiewe navorsing maak baie selde van tabelle en diagramme met hoeveelhede gebruik. Die data word deur die navorser geinterpreteer deurdat daar betekenis aan die data gegee word en dan word die data verstaanbaar aan die leser oorgedra (Neuman, 1997:335).

6.3.2.3 Onderskeid tussen kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing

Die belangrikste verskille tussen die twee style word as volg deur Neuman (1997:14) beskryf:

KWANTITATIEWE STYL KWALITATIEWE STYL Meer objektiewe feite Konstrueer kulturele betekenis Fokus op veranderlikes Fokus op interaktiewe gebeure Betroubaarheid is die sleutelfaktor Getrouheid is die sleutelfaktor Waardevry Waarde is teenwoordig en eksplisiet Onafhanklik van die konteks Situasiegebonde

Baie gevallestudie Min gevallestudie Statistiese analise Tematiese analise Navorser staan los van die situasie Navorser diep betrokke

6.3.3 Navorsingsontwerp

6.3.3.1 Die verkennende navorsingsontwerp

Wanneer daar min oor 'n onderwerp bekend is en dit moeilik is om 'n hipotese daaroor te formuleer, is die verkennende navorsingontwerp die aangewese pad om te loop.

6.3.3.2 Die beskrywende navorsingsontwerp

Die beskrywende ondersoeke verskil met betrekking tot die eenhede en kompleksiteit van die verskynsels wat bespreek word. In beskrywende navorsingsontwerp moet die steekproeftrekking absoluut op waarskynlikheidseleksie berus (Strydom, 1999:78).

6.3.3.3 Die verklarende navorsingsontwerp

Die navorsingsontwerp beoog die verbetering van insig deur feite met mekaar in verband te bring. Dit behels dus 'n logiese proses waar verskillende stelle feite met mekaar in verband gebring word (Strydom, 1999:78). Die belangrikste feit van die navorsingsontwerp is dat die ondersoeker geregverdigd sekere logiese afleidings ten opsigte van verband tussen stelle feite kan maak.

6.3.4 Navorsingsprosedure

6.3.4.1 Enkelstelselontwerp

Dit gaan hier om die integriteit van die navorsing en praktyk (Strydom, 1999:79). Volgens enkelstelselontwerp moet die navorsers sy eie alledaagse praktyk kan evalueer om bewys te kan lewer dat werk wat gedoen is,

effektief was (Strydom, 1999:79). Volgens hierdie ontwerp kan elke terapeut dus sy eie gevallelading as 'n navorsingsprojek beskou. Die enkelstelselontwerp verwys na die bestudering van 'n enkele subjek op 'n herhalende grondslag. Hierdie subjek kan 'n individu, 'n gesin, 'n groep of 'n gemeenskap wees.

6.3.4.2 Eksperimentele navorsing

'n Eksperiment is 'n hoogs gekontroleerde poging om die bestaan van 'n oorsaaklike verband tussen een of meer onafhanklike veranderlikes en een of meer afhanklike veranderlikes te kry (Strydom, 1999:80). Die ideale eksperiment bestaan uit 'n aantal individue wat op 'n ewekansige wyse uit die bevolking saamgestel is. Hierdie proefpersone word in twee afsonderlike en gelyke groepe verdeel naamlik die eksperiment- en kontrolegroep. Beide groepe word so ver moontlik aan dieselfde omstandighede blootgestel en die eerste meting word gedoen (Strydom, 1999:80). By die eksperimente groep word die onafhanklike veranderlikes ingevoer. Na afhandeling van die hulpverleningsprogram by die eksperimentegroep, word beide groepe weer eens aan meting blootgestel. Die verskil tussen die twee groepe sal aan die onafhanklike varanderlikes toegeskryf kan word.

6.3.4.3 Opnameprosedure

Die hoofsaaklike doel van veldopnames is om inligting te bekom ten opsigte van een of ander aspek van die werklikheid, vir die doel van beskrywing, verklaring of beplanning (Strydom, 1999:81). Feitlik enige aspek van menslike gedrag kan by wyse van veldopname bestudeer word en is al by wyse van veldopname bestudeer (Strydom, 1999:81).

6.3.4.4 Deelnemende aksienavorsing

By die tipe navorsing gaan dit oor sekere sleutelterme soos byvoorbeeld: Gemeenskap, bemagtiging, gemeenskapsdeelname, maatskaplik, netwerk, ondersteuning en mobilisering (Strydom, 1999:82). Die proefpersone neem dus aktief deel aan die proses om hulle eie probleme op te los en benut hul hulpbronne optimaal.

6.3.4.5 Intervensienavorsing

Volgens Strydom (1999:82) word intervensienavorsing gesien as 'n teikensisteem wat op 'n bepaalde stadium 'n probleem in 'n bepaalde gemeenskap is en word as 'n probleem geidentifiseer in samewerking met die gemeenskap (Strydom, 1999:82). Die doelsteilings en werkswyse vir die toetrede word in samewerking met die teikensisteem vasgestel.

6.3.4.6 Gevallestudie

Strydom (1999:83) beskryf gevallestudie as die ondersoek na 'n geselekteerde objek as 'n geheel. Die geval kan 'n individu, groep of 'n gemeenskap wees. Die studie is dus 'n intensiewe, indiepte ondersoek van 'n enkel geval/gevalle in hul lewenswerklike konteks, waarin 'n veelheid veranderlikes in 'n totaliteitsbenadering bestudeer word (Strydom, 1999:83).

6.3.4.7 Deelnemende waarneming

In deelnemende waarneming val die klem sterk op die bestudering van die natuurlike, alledaagse opset in die veld (Strydom, 1999:84). Die navorser moet deel van die gemeenskap wees, sonder om iets aan die natuurlikheid daarvan te verander. Veldnotas moet geneem word van alle waarnemings, wat so gou as moontlik in behoorlike verslae en uiteindelik in die finale verslag weergegee moet word.