• No results found

PERSONE TYDENS 'N KRISIS

HOOFSTUK 3 BASISTEORIESE PERSPEKTIEWE OP KRISISINTERVENSIE

3.5 AANLEIDENDE OORSAKE TOT 'N KRISIS

Een van die basiese stappe binne krisisberaad is om die onaangename gebeure ofsituasies te identifiseer wat aanleiding gegee het tot die betrokke persoon se dilemma. Hoe 'n persoon na die onaangename gebeurtenis kyk, met ander woorde: sy persepsie daarvan; waarde wat hy daaraan heg, met ander woorde hoe belangrik dit vir horn is, en hoe intens die persoon emosioneel betrokke is, sal alles bydraende faktore wees wat kan aanleiding gee tot 'n aktiewe krisis (Wright 2003:143). Daar word oor die algemeen onderskei tussen die bedreigende omstandighede en die presipiterende faktor, wat saam met die persoon se kwesbaarheid bydraende komponente is tot 'n aktiewe krisis. Die bedreigende omstandighede is gewoonlik die aanvanklike skok wat 'n reeks van reaksies inisieer en wat uiteindelik uitloop in 'n aktiewe krisis (Hoff, 1989:79). Die presipiterende faktor is dikwels 'n geringe insident, wat in die teenwoordigheid van ander stresvolle gebeure en die onvermoe van die persoon om gebruik te maak van normale hanteringsmeganismes, kan lei tot 'n aktiewe krisis. In 'n reeks van krisisse wat deur dieselfde persoon ervaar word, kan dit gebeur dat die presipiterende faktore in een krisis weer die bedreigende omstandighede in die volgende krisis kan wees. De Jong van Arkel (1986:63) tref in die lig hiervan geen onderskeid tussen die bedreigende omstandighede en presipiterende faktore nie.

3.5.1 Bedreigende omstandighede/presipiteerder

Volgens Wright (2003:131) kan 'n krisis deur een of meer van die volgende faktore veroorsaak word: 'n Verlies van watter aard ook al, 'n probleem wat te groot of oorweldigend is; 'n probleem wat vir meeste mense nie ernstig is nie, maar vir die spesifieke persoon oorweldigend is; iets wat op 'n baie slegte tyd gebeur. Clinebell (1984:35) toon ook dat krisisse veroorsaak kan word deur stresvolle lewensoorgange, soos byvoorbeeld: Die huwelik, geboorte, graduering, aftrede, ensovoorts; of deur 'n skielike onverwagte gebeurtenis, wat onbeplande en onverwagte stres en

verlies veroorsaak, byvoorbeeld: Siekte, ongeluk, operasie, verhuising, verlies van watter aard ook al of natuurrampe (vgl. ook Stone, 1993:19; Stone et ah, 2004:406) De Jongh van Arkel(1986:83) verwys na die volgende presipiterende/bedreigende faktore, naamlik: Verliese, wat heel waarskynlik bo-aan die lys sal staan en verliese in sluit van geliefdes deur die dood, verhuising, verbreekte verhoudings en objekte waaraan mense redelik geheg geraak het; konflik van enige aard is ook 'n bedrejging, soos byvoorbeeld tussen medemense, groepe of behoeftes, ensovoorts; frustrasies wat ontstaan as gevolg van die blokkering van die persoon se strewe en beplanning om een of ander doelwit te bereik; groot aanpassings vereis ook 'n redelike mate van energie en kreatiwiteit soos byvoorbeeld 'n nuwe skool; rampe en katastrofes het ook 'n uitwerking op individue en groepe. Stone (1993:22) verwys na die bedreigende omstandighede of presipiteerder ook as die stimulus.

3.5.2 Persoonlike belewenis

Stone (1993:19) toon aan dat die tweede element wat aanleiding gee tot 'n krisis die beoordeling is van die stimulus of die bedreigende omstandighede. Vir 'n krisis om plaas te vind, moet die stimulus gesien word as 'n emstige

bedreiging van die persoon of sy gesin se welsyn. Die presipiteerder word gesien as 'n gevaarlike situasie wat die

persoon se hele lewe sal raak. Stone (1993:20) maak 'n belangrike observasie deur aan te toon dat sommige bedreigende omstandighede inherent ernstiger as ander is en tot 'n onmiddellike aktiewe krisis kan lei.

3.5.3 Hantering en persoonlike bronne

Volgens Stone (1993:20) is die derde element wat kan aanleiding gee tot 'n krisis die faktor van hanteringsvermoe

en persoonlike bronne (vgl. ook Wright, 2003:135). Hanteringsvermoe het te doen met die wyse waarop 'n persoon

op probleme reageer. Dit het te doen met die stappe wat 'n persoon neem om probleme op te los. Wright (2003:135) noem sommige van hierdie hanteringsmeganismes: Rasionalisering, ontkenning, nuwe kennis, gebed en die lees van die Bybel. Hoe meer, en hoe groter die verskeidenheid van hanteringsmeganismes waaroor Yi persoon beskik, hoe minder is die kans dat die persoon Yi krisis ('n toestand van disorganisasie) sal beleef. 'n Persoon se persoonlike bronne het weer te doen met eksterne bronne soos byvoorbeeld die gesin, vriende of kerkmense; en die interne bronne soos byvoorbeeld aanpasbaarheid, probleem-oplossingsvaardigheid of kommunikasievaardighede. Stone (1993:20) beklemtoon dat indien Yi persoon se hanteringsvaardigheid nie die bedreiginge kan oorkom nie, Yi krisis vir seker sal plaasvind. Yi Krisis is dus nie slegs Yi eksterne stimulus nie, maar Yi interne reaksie in die persoon op'n stimulus.

3.5.4 Predisponerende faktore

Wat verder 'n bydrae lewer tot die persoon se vermoe om 'n bedreigende situasie te hanteer, is die persoon se

predisponerende faktor. Volgens De Jongh van Arkel (1986:59) word met predisponering bedoel faktore wat

individue, families of groepe kwesbaar maak vir krisisse. In hierdie verband gaan dit dan om oorerwing van sekere aspekte in die persoonlikheid en samestelling van die betrokke persoon - dit maak sekere persone meer kwesbaar vir sielkundige probleme. Oorerwingsaspekte wat hier ter sake is, is kwessies soos spanning, hanteringsvermoe, labiliteit, selfbeheersing en aanpasbaarheid. Sommige mense is geneig om meer intens op spanning te reageer as

ander. Die labiele persoon kan nie prikkels inhibeer nie en is van nature in 'n toestand van disekwilibrium, met die gevolg dat hy op die rand van 'n krisistoestand leef. Selfbeheersing is 'n persoonlikheidseienskap wat 'n persoon in staat stel om spanning langs ander kanale te gelei. Aanpasbaarheid - die vermoe of onvermoe om aan te pas by veranderinge - het 'n uitwerking op die persoon se kwesbaarheid. Die realistiese of onrealistiese waarnemingsvermoe speel ook 'n besonder deurslaggewende rol: Sommige mense is geneig om altyd negatiwiteit in omstandighede te sien. Wright (2003:147) wys na die volgende predisponerende faktore: oorweldiging, emosionele swakheid of emosionele beskadigde persoon; swak fisiese toestand; ontkenning van die werklikheid of die vermyding van pyn; onrealistiese benadering tot tyd; onverwerkte skuld; blaamverskuiwing; persone met 'n sterk afhanklikheid of onafhanklikheidsgedrag en skeefgetrekte teologiese oortuigings.

3.5.5 Aktiewe krisis/disorientering

As die persoon nie meer dinge kan hanteer nie, ontwikkel 'n aktiewe krisis. Wright (2003:133) wys na die volgende vier indikators in hierdie verband:

• Simptome van stres - psigologies, fisiologies of beide. Dit sluit in Depressie, kopsere, angstigheid, bloeiende maagseer, ensovoorts. 'n Toestand van paniek en verslaentheid: Die persone voel dat hulle alles probeer het en niks het gewerk nie. Daar is ook 'n gevoel van magteloosheid: Die persone voel verslaan, oorweldig, hulpeloos en hopeloos. Die persone kan ge'i'rriteerd en/of aggressief optree, begin op en af loop, kan begin om alkohol en dwelms te gebruik, ry te vinnig of raak betrokke in 'n bakleiery of word heeltemal passief en/of apaties - is depressief en slaap baie.

• Die fokus is op verligting - die persone wil uit die situasie kom. Hulle voel soos die psalmis in Ps. 57:1: "Wees

my genadig, o God!... want by U soek ek skuiling. Onder U vleuels sal ek skuil tot die bedreiging verby is." Daar

is 'n soeke na verligting van die pyn en die stres. Sulke persone is irrasioneel en dink nie logies nie. Hulle word oorafhanklik van ander om hulle uit die situasie te help.

• 'n Tyd van verlaagde effektiwiteit - persone in 'n aktiewe krisis funksioneer nie normaal nie. Die persoon se ewewig is versteur en gevolglik is hul effektiwiteit verlaag.

Stone (1993:22) noem die volgende aktiewe krisissimptome: Moegheid en uitputting, disorganisasie, hulpeloosheid, hopeloosheid, immobilisering, verwarring, fisiese simptome, angstigheid en disorganisasie in sosiale situasies.