• No results found

PERSONE TYDENS 'N KRISIS

HOOFSTUK 3 BASISTEORIESE PERSPEKTIEWE OP KRISISINTERVENSIE

3.1.3 Noodsaaklike toerusting van lidmate tot krisishantering

In die kerk is daar 'n slapende reus van lekeberaders wat tot dusver nog nie werklik ontgin is nie (Crews, 2002:1). Crews (2002:1) wys na die groot nood wat daar bestaan om hulpverlening te bied aan mense wat deur pyn en lyding gaan (vgl. ook Hoff, 1989:6). In hierdie verband se sy:

"There is enough pain and suffering around us to keep both professional and lay counselors busily engaged in their particular ministry".

Die probleem is egter dat die lekeberaders in die kerk nie toegerus is nie. Mumbower (2002:1) is van mening dat 'n beradingsbediening wat deeglik is in aanbieding en plaasvind binne die grense van die plaaslike gemeente, 'n dinamiese ondersteunende bydrae kan lewer in die gemeente sowel as in die gemeenskap met betrekking tot die hantering van menslike krisisse. Tan (2002:3) beklemtoon die feit dat opgeleide leraars wat geskool is in 'n bediening van hulpverlening gebruik moet word in die opleiding en supervise van lekeberaders. Standpunte soos hierdie bevestig enersyds die noodsaaklikheid van die toerusting van die leraar en andersyds die noodsaaklikheid van toerusting van lekeberaders. Die toegeruste ampsdraers wat primer verantwoordelik is vir gemeentelike versorging kan onmoontlik alleen die geweldige vloedgolf van pyn en lyding in die gemeente en samelewing

bedien. Daarom is die verdere toerusting van lekeberaders van kardinale belang (Crews,2002:1; MacArthur 1986:152).

3.1.3.1 Die daarstelling van 'n effektiewe krisisberadingsbediening

Mumbower (2002:1) wys op die volgende drie stappe wat geneem behoort te word om 'n effektiewe bediening in krisisberading in die gemeente te vestig. Hy is van mening dat hierdie bediening een van die sterkste middels tot evangelisasie en dissipelskap in die gemeente kan wees:

• Die eerste stap is die opbou van gemeentelede deur berading, ondersteuningsgroepe en programme waardeur mense bedien word wat deur pyn en lyding gaan. Die opgeleide lekeberaders kan veral gebruik word as groepleiers in hierdie ondersteuningsgroepe, waar hulle hul lewensondervinding en - toerusting kan gebruik om mense te help. Dit sal ook daartoe bydra dat mense in die kerk bly en nie uit moedeloosheid buite die grense van die gemeente hulp sal gaan soek nie.

• Die tweede stap is die voorbereiding van mense sodat hulle toegerus sal wees om veral oorgangskrisisse, soos byvoorbeeld die geboorte van 'n kind, adolessensie, mid-lewenskrisis, aftrede, ensovoorts, te kan hanteer. • Die derde stap is die verwydering van hindernisse. Hier poog die pastorale bediening in krisisberading om mense

te help om hulle probleme op 'n Bybelse manier op te los.

3.1.3.2 Die bemagtiging en opleiding van lekeberaders

Soos reeds na verwys is in stap een van 3.1.3.1 met betrekking tot die belangrikheid van lekeberaders, is Crews (2002:1) van mening dat lekeberaders as die slapende reus ontwaak moet word deur hulle waarde as sodanig binne die plaaslike gemeente te erken deur hulle te bemagtig en toe te rus. Tan (1991:72) huldig ongeveer dieselfde standpunt met die volgende stelling:

"It should be noted that the Bible also teaches that some Christians may be specially gifted with appropriated spiritually gifts like exhortation, or paraklesis, and therefore called to spend much of their time and service in lay counseling."

Die toerustingsfokus is om die lekeberaders bekwaam en effektief te maak terwyl professionele mentorskap en rolmodelle ook aan hierdie lekeberaders voorsien moet word sodat hulle 'n rolmodel net wat hulle ondersteun, rigting gee en aan wie hulle verantwoording kan doen (Tan, 1991:72).

• Die ontwikkeling van 'n lekeberadingsprogram vir die plaaslike gemeente

Tan (2002:3) wys daarop dat soos die gemeente groei, dit vir die leraar onmoontlik word om by al die krisisse uit te kom en daarom die noodsaaklikheid van die ontwikkeling van 'n bediening van lekeberaders in die gemeente. Tan (2002:3) gee die volgende riglyne met die oog op die vestiging van so 'n bediening in die gemeente:

o Die eerste stap is die keuse van 'n toepaslike model. Sommige gemeentes verkies die informeel georganiseerde model. In hierdie model word die beraders versigtig gekies, opgelei en gemonitor in 'n goed georganiseerde bediening wat binne 'n informele konteks soos byvoorbeeld in huise, hospitale en ouetehuise bedien. Ander gemeentes verkies 'n meer formeel georganiseerde model. In hierdie model word beraders ook selektief gekies, opgelei en gemonitor. Die model vind egter in 'n formele konteks binne die gemeente, plaas waar afsprake gemaak moet word.

o In die tweede stap is dit belangrik dat die voile ondersteuning van die kerkraad verkry moet word voordat so 'n toerustingsprogram begin kan word.

o Die derde stap is die seleksie van begaafde en gekwalitiseerde leke-Christenberaders. Die kriteria wat gevolg moet word, is onder andere aspekte soos die volgende: Geestelike volwassenheid; emosionele stabiliteit; liefde en belangstelling in mense; toepaslike geestelike gawes; lewensondervinding en vorige opleiding. Al hierdie aspekte sal belangrik wees om die regte persone te kies vir die program.

o Die vierde stap is die program self. Daar is tans baie opleidingsprogramme beskikbaar wat wissel van 'n minimum van 24-50 ure opleiding in luistervaardighede en hulpverleningsvaardighede. Hierdie opleiding word oor 'n periode van etlike weke tot etlike maande versprei. Die aantal lekeberaders wissel van 25-30, met gereelde opleidingsessies. Die opleidingsprogram behoort die volgende in te sluit: Basiese Bybelkennis, kennis van luister- en beradingsvaardigheid, 'n begrip van algemene probleme soos depressie, angs, stres, en seksuele misbruik, ensovoorts. Lekeberaders behoort hulle beperkings te ken en behoort ook te weet wanneer om te verwys.

o Die vyfde stap is die ontwikkeling van 'n lekekrisisberadingsprogram waar die opgeleide leke beraders gebruik kan word. Die program sal afhang van die model wat gekies word. Voortgesette opleiding en supervisie van lekeberaders moet voorsien word en behoort weekliks of tweeweekliks plaas te vind. Wicks et

al. (2003:366) wys daarop dat supervisie die prinsipiele wyse is om pastorale beraders op te lei. Supervisie

beteken breedweg die "overseeing" van iemand anders se werk (Wicks et al. 2003:366). Dit is egter noodsaaklik dat daar ten minste van 'n opgeleide leraar gebruik gemaak sal word om die opleiding en supervisie te doen. Om die leraar/kerkleiers te kan gebruik, sal dit egter eers nodig wees dat hulle self toegerus sal wees om effektiewe krisis berading te doen sodat hulle in staat sal wees om gemeentelede tydens 'n krisis by te staan sowel as om lekeberaders toe te rus. Daar is nie veel van 'n keuse of die

kerkleiers betrokke gaan raak by mense in krisisse, al dan nie. Nee, die vraag is eerder of die kerkleiers effektief gaan wees en of die kerkleiers se berading tot voordeel sal wees vir die persone in 'n krisis. Switzer (1986:54) raak 'n baie belangrike aspek aan met betrekking tot die toerusting/onderrig van die leraar betreffende krisisberading as hy konstateer dat die leraar nie 'n effektiewe krisisberader kan word deur slegs teorie en tegniek vanuit 'n boek aan te leer nie. Volgens Switzer (1986:54) moet die krisisberader egter as 'n mens groei wat vir ander 'n model of voorbeeld is van iemand wat 'n doel het in die lewe, wat bevredigende interpersoonlike verhoudings het en een wat hierdie insigte op 'n gepaste wyse kan toepas.