• No results found

PERSONE TYDENS 'N KRISIS

HOOFSTUK 6- RESULTATE VAN 'N EMPIRIESE ONDERSOEK

6.4 EMPIRIESE NAVORSING

6.4.1 Algemene benaderingswyse

In hierdie empiriese ondersoek is daar gebruik gemaak van 'n kwantitatiewe benadering, oopvrae asook 'n kwalitatiewe benadering. Dit het plaasgevind enersyds deur middel van vraelyste en andersyds deur middel van persoonlike onderhoude aan die hand van 'n ongestruktureerde vraelys met 'n aantal fokuspersone (vgl. De Vos et

al., 2005: 298).

Die ondersoek is gefokus enersyds op kerklike ampsdraers, en andersyds op lidmate wat 'n krisis of erge trauma beleef het. Die data is ingesamel deur twee vraelyste. Albei vraelyste is per hand afgelewer aan die leraars van die gemeentes wat by die studie betrek is. Aan hulle is die versoek gerig om hierdie vraelyste na afloop van 'n Sondagoggenderediens te laat invul deur die ampsdraers en gemeentelede (vgl. Strydom 1999:122). Van die ingevulde vraelyste is weer per hand afgehaal en ander is gepos (Strydom 1999:122). Die vraelyste is eers ingevul en daarna is ongestruktureerde onderhoude gevoer met sewe lidmate wat 'n traumatiese ervaring beleef het (Strydom 1999:120). Die vraelyste wat in die ondersoek gebruik is, is opgestel in oorleg met prof. HF Steyn, Hoof van die Statistieke Konsultasiediens aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus (Vraelyste word

aangeheg as Bylae 2 en 3). Die insigte wat uit hierdie empiriese navorsing verkry, word sal dan uiteindelik

aangewend word om 'n effektiewe krisisberadingstoerustingsprogram vir ampsdraers voor te stel waardeur hulle in staat gestel kan word om sinvolle pastorale hulpverlening te bied aan persone tydens krisisse.

6.4.2 Dekbrief

Volgens Strydom (1999:131) moet die volgende aspekte in die dekbrief geidentifiseer word: • Die persoon en organisasie moet geidentifiseer word.

• 'n Kort uiteensetting van die doel van die navorsing moet gegee word ten einde respondente te motiveer om hul samewerking te gee.

• 'n Aanduiding moet gegee word van die belangrikheid van die studie en vir wie dit in besonder van belang is. • 'n Aanduiding moet gegee word van hoe die betrokke respondent in die ondersoek betrek is.

• 'n Versekering van anonimiteit moet aan die respondent gegee word. • Naam, adres en telefoonnommer moet op die dekbrief verskyn.

Die riglyne vir die opstel van 'n dekbrief is gevolg in hierdie studie (vgl. Bylae 2 en 3 en 4).

6.4.3 Versekering van anonimiteit

Die respondent sou onwillig kon wees om inligting oor sensitiewe sake aan 'n onderhoudvoerder bekend te maak (Mouton & Marais, 1992:93). Daarom behoort die anonimiteit van die respondent tydens die invul van die vraelyste

sterk beklemtoon te word. In die onderhawige ondersoek het die respondente dan ook die versekering ontvang dat daar geen identifiserende aanduidings gebruik sal word nie.

6.4.4 Struktuur van die ondersoek

Die bevindings van die ondersoek word onder die volgende drie afdelings bespreek: • Afdeling 1: Vraelyste (6.4.5)

• Afdeling 2: Oop vrae (6.4.6) • Afdeling 3: Onderhoude (6.4.7)

6.4.5 Afdeling 1: vraelyste

6.4.5.1 Samestelling van die vraelyste

Soos reeds vermeld, is daar van twee vraelyste gebruik gemaak: Een vir kerklike lidmate en een vir kerklike ampsdraers. Die vraelyste aan die lidmate bestaan uit drie hoofafdelings, naamlik: Persoonlike besonderhede; besonderhede van kerk en besonderhede van krisis/trauma - hierdie vraeiys bestaan uit altesaam 26 vrae. Die vraeiys aan die ampsdraers bestaan uit die volgende ses hoofafdelings: Persoonlike besonderhede; ampsdraers se gemeentelike besonderhede; besonderhede van predikant se teologiese opleiding; besonderhede van ampsdraers se trauma beradingsvaardigheid; ampsdraers se opleidingsbehoefte en gemeente se opleidingsbehoefte - hierdie vraeiys bestaan uit altesaam 17 vrae.

In die geheel gesproke bied die volgende vier vrae basies samevattend die oogmerke van hierdie studie met betrekking tot die posisie van kerklike ampsdraers:

• Voel kerklike ampsdraers genoegsaam toegerus om lidmate by te staan tydens krisisse? • Het ampsdraers trauma opleiding ontvang?

• Watter opleidingsbehoeftes tot krisisintervensie en berading is daar by ampsdraers?

• Is ampsdraers van mening dat daar behoefte is aan opleiding wat hulself betref sowel as die gemeente?

Die volgende vyf vrae bied basies samevattend die oogmerke van hierdie studie met betrekking tot die posisie van kerklike lidmate:

• Watter tipe krisisse beleef gemeentelede oor die algemeen?

• Het die gemeentelike ampsdraers lidmate ondersteun tydens hulle trauma, en op watter wyse? • Is lidmate van mening dat ampsdraers hulle kon help tydens en na die trauma?

• Het lidmate gegaan vir berading en as hulle gegaan het, waar?

Vervolgens word elk van hierdie nege vrae aan die orde gestel, tesame dan met die relevante terugvoering en reaksies wat op die betrokke vraag ontvang is, asook die interpretering en toepassing daarvan met betrekking tot die basiese navorsingsvraag van hierdie studie (vgl. Bylae 5 en 6).

• Voel ampsdraers genoegsaam toegerus om lidmate by te staan tydens krisisse en erge trauma?

Wat die toerusting van ampsdraers betref, het 68.97 % aangedui dat hulle nie toegerus voel om in die gemeente krisis- of traumaberading te doen nie. 90% van die ampsdraers was van mening dat hulle nie opgelei is om tydens of na 'n krisis- of traumaberading te doen nie. Die persentasies gee oorweldigend die indruk dat ampsdraers nie van mening is dat hulle toegerus is om krisis- of traumaberading te kan doen nie. Dit bevestig die basiese aanname van hierdie studie dat kerklike ampsdraers oor die algemeen nie toegerus is om lidmate te kan begelei wat deur persoonlike krisisse gegaan het nie.

• Het ampsdraers enige trauma opieiding ontvang?

Slegs 38.46 % van leraars het tydens hulle teologiese opieiding krisis- of traumaberadingsopleiding ontvang, met ander woorde 61.54% het geen opieiding gehad nie. Wat krisis- of trauma-opleiding na afloop van teologiese opieiding betref, het 80% van leraars aangedui dat hulle geen verdere opieiding/toerusting ontvang het nie. Wat die kerkraadslede betref, het 92.31% aangedui dat hulle geen krisis- of trauma-opleiding gehad het nie.

• Watter opleidingsbehoeftes tot krisisintervensie en berading het die ampsdraers?

Wat die opleidingsbehoefte van ampsdraers betref, was 61.54% ampsdraers van mening dat hulle behoefte aan krisis- of trauma-opleiding het. Dit is ook interessant dat 96.55% van ampsdraers gebruik sal maak van krisis- of trauma-opleiding van buite die gemeente as dit aangebied sou word. Wat betref die areas ten opsigte waarvan daar 'n behoefte aan toerusting is, het dit veral gegaan om die dood van 'n geliefde, egskeiding, miskrame, kapings, seksueelgemolesteerde kinders; jeugkrisisse soos dwelmmisbruik, selfmoord, ens. Kort kursusse in algemene berading word voorgestel, sowel as kerkraadslede wat kan spesialiseer in spesifieke areas soos huwelikskrisis- of sterwensbegeleiding; Dagkursusse tesame met praktiese opieiding word ook aanbeveel.

• Is ampsdraers van mening dat daar behoefte is aan opieiding wat hulself betref, sowel as die gemeente? Wat trauma-opleiding betref, het 59.26% ampsdraers aangedui dat hulle nie in staat is om gemeentelede op te lei om traumaberading te doen nie. Wat die opieiding van lidmate betref, was 86. 67% ampsdraers van mening dat lidmate nie toegerus is om krisis- of traumaberading te doen nie en 100% ampsdraers was van mening dat gemeentelede opgelei behoort te word. Hierdie statistiek bevestig die behoefte aan krisisberadingsopleiding, nie alleen vir ampsdraers nie, maar ook vir lidmate.

• Watter tipe krisisse beleef gemeentelede?

Die empiriese studie het aangedui dat krisis of traumagebeurtenisse nie diskrimineer nie, met ander woorde dit het niks te doen met die betrokke persoon se geslag, ouderdom of kulturele agtergrond nie, maar wel met die

gebroke, sondige wereld waarin mense hulself bevind. Die verskeidenheid van krisisse waaraan lidmate blootgestel is, bevestig maar net weer die hoe vlakke van misdaad in die gemeenskap asook die feit dat Christene ook daaronder ly.

• Het die gemeentelike ampsdraers lidmate ondersteun tydens hulle trauma en hoe?

Gelowiges wat deur 'n krisis/trauma geraak word, sal 77.14% van die tyd daaroor praat, en dan veral met 'n pa 7.34 %, 'n ma 14.68%, 'n huweliksmaat 18.35%, familielid 22.94%, vriend 38.53%, medegelowiges 26.61% en met die polisie 9,17%. Gelowiges het ook 75.51% van die tyd vrymoedigheid om na ampsdraers te gaan ten tye van of na 'n krisis/trauma. In 75% van gevalle ondersteun die ampsdraers wel gelowiges wat 'n krisis/trauma beleef het. Die tipe ondersteuning geskied by wyse van 39.45% huisbesoeke, 17.43% telefoon oproepe, 26.61% gesprekke by die kerk en in slegs 15.60 % van gevalle gaan dit om berading deur ampsdraers. Die data bevestig dus dat ampsdraers lidmate tydens krisis/trauma ondersteun, maar baie min berading van lidmate vind plaas. Dit is te verstane, in die lig van die gebrek aan opleiding en die feit dat die ampsdraers nie bekwaam voel om te beraad nie.

• Is lidmate van mening dat die ampsdraers hulle kon help tydens en na die trauma?

In 83.16 % van gevalle het lidmate die ondersteuning deur die ampsdraers as effektief beleef - die ondersteuning was dus wel daar. Wat egter hier in gedagte gehou moet word, is dat slegs 15.60% ampsdraers lidmate wat trauma beleef het, beraad het en dat 47.57% lidmate nog traumanagevolge beleef. Dit bevestig dat die ondersteuning wat gebied is wel tot voordeel van die traumaslagoffers was, maar dat daar nog veel meer gedoen kon gewees het. Dit toon verder daarop dat indiepte berading en selfs voortdurende nasorg-terapie nodig is vir slagoffers van traumatiese gebeurtenisse.

• Het lidmate gegaan vir berading en as hulle gegaan het, waarheen?

Dit is interessant dat slegs 33.33 % van lidmate gegaan het vir trauma- of krisisberading. Die lidmate gaan hoofsaaklik vir berading na sielkundiges 13.89%, leraars 12.04% en pastorale beraders 13.89%. Wat tog kommerwekkend is, is dat 47.57% gelowiges wat op 'n vroeer stadium 'n trauma beleef het, nog steeds nagevolge beleef. Dit kan moontlik toegeskryf word daaraan dat slegs 15.60 % berading gedoen word deur die ampsdraers en slegs 33.33% lidmate in elk geval gegaan het vir berading. Die tipiese nagevolge is drome 8.41%, emosionele doodsheid 15.89%, herbelewenes van die gebeure 16.82%, woede 20.56%, verslawing 3.74% en eetprobleme 7.48% (vgl. ook 6.4.6.1 vraag 4). Gegewens soos hierdie toon beslis dat lidmate na 'n leraar wil gaan, vir hulp tydens of na 'n krisis of traumagebeurtenis. Dit toon ook dat lidmate meer aangemoedig sal moet word om vir berading te gaan veral in die lig van die hoe persentasie lidmate wat nog traumanagevolge beleef.

• Behoort lidmate toegerus te word om ander gemeentelede by te staan tydens 'n krisis?

Wat belangrik is, is dat 91.67% van gelowiges wat 'n krisis/trauma beleef het van mening is dat hulle ander gelowiges wat 'n krisis/trauma beleef, sal kan ondersteun. Dit maak sin as in gedagte gehou word dat diegene wat

self deur krisiservarings in die lewe gegaan het 'n groot stuk lewenservaring in die proses opgedoen het - kennis wat weer met ander gedeel kan word. Ondanks hierdie feit is dit nogtans insiggewend dat 97.06 % van respondente van mening is dat hulle steeds behoefte het aan krisis- of traumaberadingsopleiding. Enersyds het hulle dus die behoefte om andere te ondersteun, maar andersyds voel hulle nie toegerus om mense tydens of na 'n krisisgebeurtenis te beraad nie.

6 Afdeling 2: oop vrae