• No results found

PERSONE TYDENS 'N KRISIS

HOOFSTUK 3 BASISTEORIESE PERSPEKTIEWE OP KRISISINTERVENSIE

3.9 VERSKILLENDE KRISISINTERVENSIE BENADERINGS/METODES

3.9.1 Een tot een benadering

3.9.1.3 H Stone en D K Switzer

Stone (1993:38-50) bespreek die ABC- metode soos volg (vgl. ook die bespreking van Switzer 1986:65-89). Switzer (1986:65) wys daarop dat die ABC- metode van krisisintervensie een van die vroegste is wat is deur die psigiater Warren Jones ontwikkel. Die model kan as volg beskryf word:

• A - "[Achieving contact with the client." Volgens Stone (1993:38) en Switzer(1986:65) moet daar heel eerste 'n verhouding opgebou word, 'n Verhouding word opgebou deurdat die leraar in die eerste plek wys dat hy werklik omgee vir die persoon in 'n krisis; die tweede belangrike aspek is dat die gemeentelike ampsdraer sal luister. Deur te luister, kan bepaal word wat presies die presipiteerder/katalisator was wat aanleiding gegee het tot die huidige krisis. Switzer (1986:65) beklemtoon dat daar ook hoop en verwagting gebou moet word.

• B - "[BJoiling down the problem to its essentials." Die tweede stap is om te fokus op die teenswoordige situasie en op die aard/wese van die bedreiging. Die presipitant is meer as 'n presipiterende gebeurtenis. Dit is die gebeurtenis plus die spesiale betekenis wat die gebeurtenis vir die persoon in die krisis het. Die presipiteerder moet ge'i'dentifiseer word, maar ook die presipitant, naamlik die gedagtes en gevoelens wat voortgevloei het as gevolg van die reaksie op die stimulus. Stone (1993:42) en Switzer (1986:76) wys dat die probleem gereduseer word tot die belangrikste aspekte - ander onbelangrike detail moet uitgefilter word. In die tweede stap is dit belangrik dat daar opgetree sal word. Stone(1993:43) wys daarop dat om 'n verhouding te bou met 'n persoon in 'n krisis en na horn te luister, is nie volledig as daar nie opgetree word nie. Stone (1993:43) wys vervolgens op 'n paar response wat vermy moet word omdat dit nie bevorderlik is binne 'n krisissituasie nie. Byvoorbeeld om te

vinnig raad te gee of te veel vrae te vra en dan ook nog hoofsaaklik van geslote vrae (teenoor open-

ended questions) gebruik te maak, wat veroordelend en argumenterend van aard is.

• C - "[C]oping actively with the problem." Op hierdie stadium moet die beradene gehelp word om sy bronne te evalueer en te mobiliseer. 'n Aksieplan word ontwikkel en daar word spesifieke veranderinge gemaak, gerig op die oplossing van die krisis. Op hierdie stadium van krisisintervensie word daar ook gefokus op besluitneming en aksie (om iets te doen aan die situasie, is die hoofdoel van die prosedure). Daar moet as eerste stap 'n lys gemaak word van bronne wat kan bydra tot die oplossing van die probleem - dit sluit interne sowel as eksterne bronne in. Stone(1993:47) wys op die volgende vyf komponente as deel van bestuur wat probleemoplossend gerig is:

o Bevestig die doelwitte o Maak 'n lys van die bronne

o Formuleer altematiewe moontlike oplossing o Gaan oor tot aksie

o Evalueer

3.9.1.4 N.Wright

Wright (2003:164) is van mening dat daar verskeie stappe is wat gevolg moet word ten einde iemand deur 'n krisis te begelei en hierdie stappe word vervolgens kortliks aan die orde gestel:

• Implementeer onmiddellike ingrepe - Volgens Wright (2003:164) is daar 'n venstertyd vir ingrepe tydens krisisse. Tydens 'n krisis is daar baie skommelinge, die stresvlakke is hoog en die persone is baie kwesbaar. Die berader moet veral beskikbaar wees in sulke tye aangesien mense hom/haar dan die nodigste kan he. Mense kan nie die stres van 'n krisis vir 'n lang tyd hanteer nie en hulle sal geneig wees om dit op een of ander manier binne ses weke op te los, op watter manier ook al-positief of negatief. In hierdie tydgleuf is mense gewoonlik ook sag soos klei, maar soos die tyd aangaan, sal hulle verhard word. Praktiese riglyne vir hierdie fase is volgens Wright (2003:168) die volgende:

o Luister met empatie

o Assesseer in elke sessie (die behoefte, sowel as die vordering) o Normaliseer (wys aan die persoon dat dit wat hy beleef natuurlik is)

o Gee gerusstelling (verseker die persoon dat daar deur die krisisproses gewerk sal word) o Ondersteun

o Beplan beradingsessies

o Onderrig (gee aan die persoon in krisis rigting) o Monitor

• Neem Aksie - Die persoon wat 'n krisis beleef, moet dadelik gehelp word. Wright (2003:169) wys daarop dat

dit nie nou die tyd is om vraelyste, persoonlikheidstoetse of agtergrondnavorsing te doen nie. Die persoon moet egter hier en nou eers gehelp word om die krisis te verstaan. Dit is ook volgens Wright belangrik dat krisisse uit die verlede geeksploreer moet word omdat dit 'n bydrae kan lewer tot die huidige krisis.

• Herstel balans - Tydens hierdie fase kan daar begin word om op 'n beperkte basis op sekere doelwitte te fokus. Die persoon kan gehelp word om balans te verkry. Dit kan gedoen word deur te kyk na die inligting wat die persoon oor die krisis gegee het. Belangrike vrae om te vra: Verstaan die persoon die krisis volledig en het hy al die feite? Is die persoon as gevolg van sy emosionele toestand besig om die situasie en detail te verwring en te verdraai? Verstaan die persoon dat sekere gevoelens en optredes normaal is gedurende die krisis? Die berader kan in hierdie verband die persoon help om sekere gapings in sy inligting te vul en die persoon te help om sy vrese te oorkom.

• Bewerk hoop en positiewe verwagting - Volgens Wright (2003:176) voel sommige mense tydens 'n krisis hulpeloos. Dit is belangrik om hulle weer te help om hoop te verkry.

• Gee ondersteuning - Wright (2003:177) beklemtoon dat een van die redes waarom probleme geneig is om oor te gaan in 'n krisis, verband hou met onvoldoende sosiale sisteme. Intervensie in 'n krisis hou gevolglik verband met die gee van ondersteuning en om beskikbaar te wees vir die persoon wat deur die krisis gaan - deur byvoorbeeld telefoonoproepe te maak, om vir die persoon te laat weet jy bid vir horn en ook om ander ondersteuningsisteme soos byvoorbeeld binne die gesin, kerk, familie, ensovoorts te mobiliseer.

• Fokus op probleemoplossing - In hierdie fase word die hoofrede wat aanleiding gegee het tot die krisis, bepaal. Daar word dan deur die berader en beradene planne beraam om dit op te los. Die berader en beradene kan hulself sien as 'n span wat saamwerk. Gedurende hierdie fase word daar ook al meer gefokus op die daarstelling van konkrete doelwitte - daar word gekyk na die nodige bronne wat beskikbaar is. Die beradene moet ook tydens hierdie fase gehelp word om die probleem en die meegaande emosionele pyn in die gesig te kyk.

• Verstaan en beoordeel selfbeeld- Hierdie stap is een van die belangrikstes en dit behels die assessering en verstaan van die persoon se selfbeeld. Daar word gepoog om te bepaal tot watter mate die krisis die selfbeeld geaffekteer het en wat gedoen kan word om dit te verander. Dit is belangrik om nie etikette om die persoon se nek te hang nie.

• Bring selfstandigheid - Een van die belangrikste beginsels wat gevolg moet word in krisisberaad is: "Moet niks vir die beradene doen wat hy nie vir homself suksesvol kan doen nie."