• No results found

PERSONE TYDENS 'N KRISIS

HOOFSTUK 5 ■ BYDRAENDE PERSPEKTIEWE VANUIT DIE GRENS-WETENSKAPPE

5.6 STRES EN UITBRANDING

5.6.5 Die stres-kringloop 1 Akute stres

Dit vind plaas wanneer die brein 'n stressor waarneem/beleef wat meer is as wat die persoon kan hanteer. Dit is nie meer 'n uitdaging nie, maar 'n bedreiging (Retief & Retief, 2006:15). Die persoon raak bewus van negatiewe stres as 'n bewuste gevoel van spanning, konsentrasieverlies, malende gedagtes, stadige denke, slapeloosheid en 'n verlies aan produktiwiteit (vgl. ook Charlesworth & Nathan 1984:34/5).

5.6.5.2 Kroniese stres

Wanneer daar nie 'n afplatting van die stresvlakke plaasvind nie verhoog die streshormoon vlakke in die bloed en die liggaam is die hele tyd in 'n toestand van fisiese gereedheid (Retief & Retief, 2006:16). Die resultate is die

volgende: Die hart klop aanmekaar vinnig en ritmestoomisse word beleef; asemhaling bly vinnig; die persoon hiperventileer soms; spiere bly saamgetrek en dit veroorsaak spierspasmas veral in die nek, skouers en rug; vinnige senuweegeleiding veroorsaak malende gedagtes; slapeloosheid en angsaanvalle kom soms voor; bloedvette bly hoog en immuunrespons word afgebreek, wat veroorsaak dat die persoon meer vatbaar is vir virusinfekies; depressie kan intree as mense heeltemal oorweldig voel; denkprosesse word belnvloed en kreatiewe denke en oplossingsvermoe word verloor (Retief & Retief, 2006:16; Leaf, 2007:47-51).

5.6.5.3 Uitbranding

Dit is 'n gevaarlike toestand van algehele psigiese ineenstorting waarin bekwame en selfs georganiseerde mense hulpeloos raak (Retief en Retief, 2006:16; Leaf, 2007:51). Akute stres lei tot kroniese stres, wat weer lei tot uitbranding, wat weer kan lei tot depressie (Minirth. etal., 1992:11-18). Hierdie proses gaan dikwels gepaard met angsaanvalle. Pasiente met kroniese uitputtingsindroom ervaar dikwels slaapsteumisse, spierpyne, gewrigspyne en soms allergiese simptome (Retief en Retief, 2006:16). Maartens (2006:11) wys daarop dat uitbranding

[burnout} 'n besondere tragiese vorm van trauma is aangesien dit geneig is om mense se geloof, leierskap,

kreatiwiteit, lewensvreugde, analitiese denke, verhoudings en gesinslewe aan te tas. Dit kan ook

nalatigheidstrauma of 'n trauma van onkunde genoem word. Hierdie trauma kom voor as mense hulself te ver

dryf. Uitbranding kan voorkom word deur daar teen te kies deur stressors te identifiseer en beheer te neem oor die situasie. Die stresrespons op stressors kan ook teegewerk word deur ontspanningstegnieke of fisiese oefening.

5.6.6 Streshantering

Die volgende praktiese aspekte is belangrik in die hantering van stres en uitbranding (Coetzer, 2005:135-137; MacArthur & Mack, 1994:212-215):

• Fisiese oefening

Navorsing het getoon dat persone wat fiks is, baie sterker en gesonder harte het, met dan ook beter bloedsirkulasie. Die daaglikse stressors veroorsaak aftakeling (wear and tear) in die liggaam. Die stres veroorsaak weer chemiese reaksies wat daartoe lei dat spiere gespanne is. Fisiese oefening is een manier om van die daaglikse spanning in die liggaam ontslae te raak.

• Gesonde eet- en drinkgewoontes

Die ou spreekwoord is waar wat se: "Jy is wat jy eet" (vgl. Southerland, 2006:98,110). Gesonde mense kan stres en trauma beter hanteer. Dit wat mense eet, kan hulle gedrag affekteer. Stimulante en depressante soos kafeme, te veel suiker en alkohol het 'n baie nadelige effek op die liggaam en moet vermy word. Die volgende voedingstowwe is die boustene vir die liggaam: Proteine, koolhidrate, ensieme, vitamiene, minerale en vette. Die volgende voedingstowwe vorm deel van 'n gebalanseerde dieet: Kalium, koper, yster, magnesium, seleen, en sink.

• Rus, ontspanning en vakansie

Mense het gemiddeld 7-8 ure slaap per nag nodig. Serotonien is die belangrikste breinensiem en help dat mense 'n gesonde slaappatroon het (Meier ef a/., 2005:37). As die serotonienvlakke te laag of uit balans is, veroorsaak dit nie net depressie nie, maar ook slaapsteurnisse. Depressie weer op sy beurt veroorsaak, wat Meier ef al. (2005:37) noem, "early-morningawakenings. Persone wat aan depressie ly, word heel dikwels tussen 2-3 uur vroegoggend wakker en kan nie verder slaap nie. Onderdrukte woede of aggressie kan ook depressie veroorsaak en dit veroorsaak dat mense sleg slaap. Jaffe, ef al. (2005) beveel aan dat ontspanningstegnieke soos byvoorbeeld biofeedback en breathwork in hierdie opsig baie effektief kan wees.

5.7 REGSASPEKTE

Weaver (1993:387) verwys na die volgende kategoriee van erge traumagebeurtenissse in die lewe van mense, naamlik:

Kriminele viktimisering: verkragting, moord, kindermishandeling; natuurrampe: vloede, brande, aardbewings, orkane; mensgemaakte rampe: oorlog, bendegeweld, terrorisme, oorlogsmisdade; katastrofiese ongelukke: erge motor-, vliegtuig-,

of industriele ongelukke; en laastens hoe stresvolle werke: nooddienste, brandweer, gesondheidsorg en polisiewerk. Uit die vermelde voorbeelde is dit baie belangrik om te let dat daar erge traumagebeurtenisse is wat ook 'n krimenele oortreding is en sekere regsimplikasies het. Ampsdraers wat slagoffers van veral misdaad en geweldsmisdaad beraad, sal hulleself gevolglik moet vergewis van wat hulle verantwoordelikheid teenoor die landswette is in elke afsonderlike geval. Kruger (2006:41) gee die volgende basiese wetsaspekte wat belangrik is as dit kom by die reg van die slagoffer:

• Die Grondwet waarborg respek vir en beskerming van elkeen se ingebore menswaardigheid. • Elke mens het die reg om teen misbruik en vemedering beskerm te word.

• Die Gelykheidshof (elke landdroshof en hooggeregshof is 'n gelykheidshof) hanteer spesifieke eise waarin mense se regte kragtens die Grondwet afgedwing moet word.

• Ons lewe in 'n regstaat. Dit beteken dat die regstelsel en die howe burgers teen verkeerde behandeling deur die owerheid of ander mense beskerm.

5.8 SAMEVATTING EN GEVOLGTREKKING

Daar is in hierdie hoofstuk gefokus op relevante sekul&re of nie-religieuse studievelde wat betrekking het op die toerusting van kerklike ampsdraers met betrekking tot krisisberading. Die studieveld van die opvoedkunde het byvoorbeeld gewys dat onderrig 'n aktiewe proses is waar betekenis gekonstrueer word en bestaande begrippe getransformeer word deur interaksie met die omgewing. Tydens onderrig vind daar 'n interaktiewe proses plaas waar leerders sin maak van die

leerinhoud en daar ook 'n sosiale bevestiging is van die betekenis waartoe die leerder gekom het. Die leerder heg ook

persoonlike betekenis aan leerinhoud sodat die leerinhoud (publieke kennis) ook persoonlike kennis kan word. Die

fasiliteerder tree dan as bemiddelaar op tussen bestaande denkwyse (persoonlike kennis) en die nuwe leerinhoud (publieke kennis) met sy nuwe wyses van dink en doen, Die fasiliteerder bou as't ware 'n brug tussen die leerinhoud (publieke kennis) en sy bestaande kennis (persoonlike kennis). Die meeste onderrig in volwassene en kinderjare is oor die algemeen gefokus op die sogenaamde informative learning. Daarenteen is transformative onderrig 'n tipe onderrig wat die belangrikste aspek van leerders se wereldbeskouing (voorveronderstellings, aannames) en beskouing van self in revisie bring.

'n Volwassene kan gedefinieer word deur 'n kombinasie van die drie terme, naamlik kronologiese ouderdom, ontwikkelingstake en psigologiese volwassenheid. Die volwassene se kognitiewe vermoe bly konstant in sy dag tot dag lewe of dit ontwikkel verder soos wat hy ouer word. Navorsing het getoon dat veroudering inderwaarheid geheue verdof en leerspoed ook negatief afneem, veral wanneer die materiaal wat die volwassene leer nie verwant is aan sy lewens- en werksondervinding nie of in konflik staan met bestaande kennis. Daar is basies drie algemene eienskappe van die volwassene leerder wat in ag geneem moet word by volwassene onderrig, naamlik: Die leerder is volwasse per definisie; die volwassene leerder bring sy hele lewensondervindinge en persoonlike kennis na die leergebeurtenis; die leergereedheid is verbind/gekoppel aan sy lewensrol en take. Hierdie drie karaktereienskappe het belangrike implikasies vir volwassene onderrigpraktyke, naamlik die volgende: Die leerders se behoefte moet aangespreek word, 'n Behoefte- analise moet die "wat is" en "wat behoort te wees" definieer. Daar moet gebruik gemaak word van leerders se bestaande kennis en opgeboude lewensondervinding. Die behoefte van onmiddellike toepaslikheid moet aangespreek word - hulle wil dit wat hulle geleer het, kan toepas en hulle wil die onmiddellike bruikbaarheid en relevansie van die nuwe kennis wat hulle geleer het, kan gebruik.

Vir die ontwerp en implimentering van 'n gesprekvoerende (tweegesprek) leergeleentheid vir volwassene onderrig word 'n sewe-stap ontwerp voorgestel wat sewe vrae impliseer wat gevra moet word wanneer 'n leergeleentheid ontwikkel gaan word. Die eerste twee vrae het te doen met behoeftebepalings, die volgende drie vrae handel oor logistieke aspekte en die laaste twee vrae handel oor die leergeleentheid of gebeurtenis self.

In uitkomsgebaseerde onderrig is daar basies drie baie belangrike stappe wat geneem moet word in die onderrigbeplanningsproses, naamlik: Besluit en skryf wat die uitkomste is wat die leerders moet bereik; besluit hoe die leerder gehelp gaan word om die uitkomste te bereik (besluit op inhoud en leerstrategie); en besluit hoe daar bepaal gaan word of die leerders die uitkomste bereik het (besluit op hoe assessering gedoen gaan word).

Met betrekking tot die veld van kliniese psigologiese trauma is daar veral gefokus op die belangrikheid van die fases binne traumagebeurtenisse. Die volgende fases word onderskei: pre-impakfase; impak- of skokfase; reaksiefase; terugtrek- of vermydingsfase en integrasiefase. Hulpverlening tydens elkeen van die bostaande fases sal verskillende tipe hulp benodig. Met betrekking tot die eerste fase kan persone deur middel van skoling en toerusting voorberei word op moontlike

trauma. Met betrekking tot die impak en reaksiefases kan daar gefokus word op ontlonting en de-aktivering (defusing en

debriefing). Wat betref die terugtrekfase is die fokus meer op langtermyn berading en terapie, veral indien daar sekere

blokkasies in die herstelproses ingetree het. Dit is sinvol om eers met indiepte berading of terapie te begin ongeveer 72 uur na die impak van die trauma.

Meeste mense dink aan stres as die eise (druk) wat die lewe op die individu plaas. Tegnies geproke is hierdie eise eintlik die stressors (triggers) of bedreigings terwyl die aftakeling in die liggaam eintlik die werklike stres is. Sodra die sintuie 'n uitdaging waarneem, stuur dit 'n sein na die brein. Die brein gee die liggaam opdrag om die nodige hormone af te skei ten einde toegerus te wees om die uitdaging of bedreiging te hanteer (die sogenaamde veg-of-vlug-respons). Onverwerkte fisiese en emosionele stres het oor die algemeen baie nadelige gevolge met betrekking tot die fisiese, emosionele en geestelike dimensies van die individu.

Ten slotte is daar gefokus op die feit dat sekere traumagebeurtenisse tegelykertyd ook 'n kriminele oortreding is wat dan sekere regsimplikasies het. Ampsdraers wat slagoffers van veral misdaad en geweldsmisdaad beraad, sal hulself dienooreenkomstig moet gewis van wat hul verantwoordelikheid teenoor die landswette is in elke afsonderlike geval.