• No results found

AFDELING1:0RIENTERING HOOFSTUK1 INLEIDING

1.1. ORIENTERING EN PROBLEEMSTELLING

Gedurende die afgelope aantal jare was daar 'n beduidende klemverskuiwing vanaf langtermyn individuele behandeling na korttermyn krisishantering. Die metode wat gevolglik al sterker op die voorgrond getree het, is die van krisisberaad, wat meer op die korttermyn ingestel is en waar die historiese verloop van omstandighede in die betrokke individu se lewe as van minder belang geag word (Coetzer, 1994:4). In hierdie verband beskryf Wright (2003:130) 'n krisis soos vo|g:

"Crises are turning points where counselees can possibly move towards growth, enrichment and improvement, or they can move toward dissatisfaction, pain and, in some cases, dissolution."

Wright (2003:140) voeg dan ook die volgende belangrike vermaning by:

"The ministry of churches - if we are going to lessen some of life's crises - is to prepare our congregations in advance for the changes they will experience."

Navorsing toon dat die gemiddelde krisis na ongeveer ses weke opklaar. Binne hierdie konteks word die terme 'krisis' en 'trauma' dan ook heel dikwels afwisselend gebruik (Wright, 2003:217). Waar die klem egter op 'n meer uitgerekte proses is wat oor 'n tydperk van heelwat meer as ses weke strek, sal daar eerder verwys word na 'gekompliseerde trauma' (vgl. Lindeque, 2006:2). Alhoewel die term 'trauma' deesdae algemeen aangetref word in psigologiese, mediese en kriminologiese literatuur, is dit van oorsprong egter 'n Bybelse term. In die Nuwe Testament figureer die Griekse woord

'trauma' (of 'n verbuiging daarvan) spesifiek in die volgende drie Skrifgedeeltes (Coetzer, 2007:24):

• In Luk 10:34, waar dit gaan oor die Barmhartige Samaritaan: "Hy het die man se wonde met olie en wyn behandel

en hulle verbind."D\e term 'wonde' hier is 'n vertaling van die woord 'traumata'. Louw en Nida (1988:231) definieer

die woord se betekenis soos volg: "The condition resulting from being severely hurt or wounded."

• In Luk 20:12, waar dit gaan oor die gelykenis van die boere en die wingerd: "Hulle het horn (die eienaar se slaaf)

geslaan dat die bloed loop..." Laasgenoemde frase is 'n vertaling van die werkwoord 'traumatize, wat vertaal kan

word: om te wond of te beseer. Louw en Nida (1988:231) definieer die woord se betekenis soos volg: "To hurt or wound, normally resulting in some mark or permanent scar on the body."

• In Hand 19:16, waar dit gaan oor die seuns van Skeva wat in die Naam van Jesus probeer geeste besweer het: "... sodat hulle kaal en stukkend geslaan uit daardie huis gevlug het." Die Griekse woord hier is

Wanneer daar vervolgens in hierdie studie verwys word na 'trauma', is dit in die eerste plek vanuit 'n Bybelse vertrekpunt (teen die agtergrond van bovermelde drie Skrifgedeeltes), asook vanuit die subkategorie van krisispastoraat in die algemeen.

Charles Gerkin het in sy werk, Crisis experience in modern life (1979), 'n aantal insiggewende insette gemaak wat besonder verhelderend is ten opsigte van Bybelse vertrekpunte betreffende krisisse en trauma. In sy studie poog hy om antwoorde te vind op vrae soos die volgende: Wat gebeur, vanuit teologiese perspektief beskou, tydens en selfs ook na 'n krisis? Watter implikasies het dit ten opsigte van die pastorale verantwoordelikheid, soos begrond vanuit Bybelse perspektief?

Hy (Gerkin, 1979:28) wys op die feit dat dit ongetwyfeld so is dat die kerk en die pastor in 'n besondere posisie verkeer om mense in krisissituasies by te staan en te help, 'n Basiese vertrekpunt in hierdie opsig sou wees om die betrokke individu te begelei om uiteindelik God as die sekuriteit en steun in sy lewe te vind. In hierdie verband verduidelik Gerkin dat die moderne mens al minder duidelikheid het oor God se voorsienigheid en gevolglik meer kwesbaar is vir die vakuum wat 'n krisis veroorsaak. Mense het hulle visie van God verloor en veral wanneer 'n krisis hulle tref, het hulle geen antwoord daarop nie. Wanhoop en gebrek aan rigting en sekuriteit tree dan sterk na vore. Daar is geen toekomsblik nie en 'n gevoel van persoonlike onvermoe oorheers die situasie - hierdie persoon word dus 'n mens sonder hoop. Gerkin vra tereg of ons teologiese beoefening werklik 'n antwoord op hierdie problematiek het. Dit het inderdaad 'n geweldige uitdaging geword om 'n pastorale bediening in die Naam van God deur te voer te midde van 'n wereld waar 'n visie van God se krag en Sy beheer oor gebeure, besig is om te vervaag.

"Can our openness to that situation, our vulnerability in the concrete experiences of crisis ministry offer any possibility of opening up new avenues for theological inquiry into the meaning of God's consolation and providential care?" (Gerkin, 1979:28).

Die vraag is dus of die moderne mens te midde van sy krisissituasie begelei kan word tot hernude geloof in die voorsienende God.

Norman Wright het 'n besondere bydrae tot die krisispastoraat gelewer met sy boek: The new guide to crisis and trauma

counselling. A practical guide for ministers, counselors and lay counselors (2003). Hy is van die min outeurs wat navorsing

gedoen het met betrekking tot krisisse en trauma vanuit 'n Bybelse vertrekpunt. Inleidend tot sy boek wy hy dan ook drie hoofstukke aan die tema van krisisberading vanuit 'n Bybelse perspektief. As basiese uitgangspunt fokus hy gevolglik op die lewe van Jesus Christus en sy verhoudings met ander.

Vervolgens neem hy 'n aantal tipiese karakteristieke uit Jesus se hantering van andere en pas dit toe op hedendaagse situasies waarbinne die pastorale berader homself mag bevind. Teen hierdie agtergrond is die uiteindelike doel van krisisberading dan ook:"... to help the person in need accept and take responsibility" (Wright, 2003:21).

Robert Hicks is 'n kapelaan in die Amerikaanse weermag wat deur sy boeke ook 'n besondere bydrae gelewer het tot die terrein van krisispastoraat. In sy boek, Trauma, the pain that stays (1996), gee hy 'n treffende uiteensetting van krisisse en trauma asook van die stappe onderweg na heling en genesing vanuit 'n Bybelse vertrekpunt. 'n Belangrike tema wat aan die orde kom, is die vraag na waar God in krisisse inpas. Nadat hy oor verskillende aspekte van die helingsproses gepraat het, vat hy dit soos volg treffend saam:

"Healing is more than the healing of memories or the healing of the inner child. It has to do with becoming a whole person. Being a whole person involves having a purpose for living and how one views life" (Hicks, 1996:163).

'n Verdere treffende bydrae tot die terrein van die krisispastoraat is die boek van Duncan Sinclair, Horrific traumata, A

pastoral response to the post traumatic stress disorder (1993). Hy kom uiteindelik tot die konklusie dat die sogenaamde

post-traumatiese stresversteuring ten diepste 'n geestelike disfunksie is - 'n feit wat deur algemene gesondheidsorg misgekyk word.

"Horrific traumata destroy spiritual well-being. The most corrosive impact of horrific emotional trauma is to be found in the spiritual fabric of persons. This is where the prolonged damage is created. This is the facet of the illness so often overlooked by the mental-health systems of our country. This is where medicine and the normally established practises of insight, behaviour and cognitive therapies have less efficacy. The condition of PTSD is spiritual at the deepest levels. This is where spiritual insight and community and relational-based approaches are most efficacious" (Sinclair, 1993:65).

Hy bespreek vervolgens elk van die volgende geestelike attribute wat heel dikwels in die slag bly as gevolg van die belewenis van 'n krisis of trauma: verlies aan hoop, verlies aan intimiteit, verlies van die toekoms, verlies van vrede, verlies van helende herinneringe, verlies van spontanei'teit, verlies van heelheid, verlies van onskuld, verlies van vertroue asook 'n verlies van 'n besef van die grootheid van God.

Herman (2001:133) wys op die feit dat die herstel/genesing van intense krisiservarings normaalweg nie in isolasie kan plaasvind nie, maar eerder binne die wisselwerking van verhoudinge met ander. Hier kan die kerk dus 'n besonder rol vervul. Hicks (1996:85) wys ook op die kritiese belangrikheid van die rol van ondersteuningsgroepe (soos byvoorbeeld in 'n gemeente) met betrekking tot die afplatting van die stresvlakke na krisisse.

Wright (2003:9) is van mening dat die doel van die bediening van die Kerk daarop gerig moet wees om sy lede te help om enersyds hul eie krisisse beter te hanteer, en andersyds andere te help om ook hul krisisse te hanteer. 'n Traumatiese ervaring kan volgens horn gesien word as 'n ernstige krisis en hy is van mening dat gemeentelede deur middel van preke en toerustingsgeleenthede onderle kan word ten opsigte van die nodige beginsels vir die hantering van sodanige verliese en krisisse. Volgens Wright is vrese, wat voortspruit uit gevoelens van onbekwaamheid, heel dikwels die rede waarom mense nie betrokke raak om te help nie.

Uit die bostaande blyk dus duidelik die noodsaaklikheid van 'n gemeentelike trauma-toerustingsprogram. Om egter leiding te kan neem in die aanbied van so 'n program, is dit uiters noodsaaklik dat die betrokke gemeente se ampsdraers self deeglik toegerus en onderle sal wees met betrekking tot die pastorale begeleiding van lidmate wat deur krisiservarings geraak is.

1.1.1 Suid-Afrikaanse statistiek

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiedienste se statistiek (SAPS 2005) vir 2004/2005 is daar in Suid- Afrika 18793 persone in die land vermoor en was daar 24516 pogings tot moord - dit impliseer 51.48 moorde per dag. Volgens hierdie selfde statistiek word daar jaarliks gemiddeld 55114 vroue in Suid-Afrika verkrag en 12434 persone was die slagoffers van motorkaping. Die aanrandingstatistiek is skokkend: 249369 aanrandings met die doel om ernstig te beseer en 'n verdere 267857 "gewone" aanrandings. By albei hierdie kategoriee moet huishoudelike geweld {domestic violence) ingereken word. Daar is by 276164 huise ingebreek waar persoonlike besittings gesteel is, 126789 gevalle van roof met ernstige gevolge en 5568 kinders wat mishandel of verwaarloos is. Volgens Statistiek-Suid-Afrika se webwerf (2005) is daar jaarliks 31 000 egskeidingsgevalle. Die baie duisende wat in Suid-Afrika aan HIV/ VIGS sterf en die duisende kinders wat wees gelaat word, laat dit alles lyk na 'n getygolf van menslike swaarkry. Statistiek soos hierdie beklemtoon op 'n oorweldigende wyse die nood binne die sekulere samelewing, sowel as binne die kerk, aan berading en begeleiding en toerusting.

Yancey (1990:19) verwys na die Duitse teoloog Helmut Thielicke wat na 'n uitgebreide toer deur die VSA 'n baie belangrike opmerking gemaak het, naarnlik dat die Amerikaanse kerk 'n ontoereikende siening oor lyding het. Navorser se mening as predikant, wat meer as veertien jaar in gemeentelike bediening staan, is dat dieselfde ook waar is van die Kerk in Suid Afrika. Hierdie probleem kan egter hanteer word deur beter toerusting van leraars en ampsdraers (en uiteindelik dan ook lidmate) met betrekking tot die terrein van krisispastoraat.