• No results found

Module 1: 'n Skriftuurlike basis vir die pastorale ondersteuning van lidmate tydens krisisse en trauma

PERSONE TYDENS 'N KRISIS

AFDEUNG 4: PRAKTYK-TEORETIESE PERSPEKTIEWE HOOFSTUK 7 DIE FORMULERING VAN PASTORALE RIGLYNE

7.4 VOORGESTELDE RIGLYNE VIR 'N PASTORALE TOERUSTINGSPROGRAM VIR AMPSDRAERS TOT EFFEKTIEWE KRISIS EN TRAUMA-INTERVENSIE EN

7.5.1 Module 1: 'n Skriftuurlike basis vir die pastorale ondersteuning van lidmate tydens krisisse en trauma

. 7.5.2.1 Les 1 - Inleidende aspekte tot 'n krisistoerustingsprogram vir kerklike ampsdraers

• Lesuitkomste

o Dat die ampsdraers sal verstaan waarom hierdie toerustingsprogram nodig is.

o Dat die ampsdraers hulle unieke rol in krisisintervensie en -voorligting sal besef.

o Dat ampsdraers die pastorale beginsels ten grondslag van die program sal verstaan.

o Dat ampsdraers sal verstaan van watter leerstrategiee in die program gebruik gemaak sal word, o Dat ampsdraers sal besef wat die basiese beradingsbeginsels is waarop die program berus. • Lesinleiding

o Die noodsaaklikheid aan 'n krisisVtrauma-intervensie/beradingstoerustingsprogram vir kerklike ampsdraers en gemeentelede word hanteer (vgl. 1.1; 1.2.; 6.4.5 ,6.4.6).

o Die huidige leemtes in toerusting en opleiding van ampsdraers tot effektiewe krisis-/traumatoetrede sal ook in die lesinleiding ter sprake kom (vgl. 6.4.5,6.4.6.2).

o Daar word ook geleentheid gebied vir die bespreking van bostaande behoeftes en leemtes in groepe van vyf - Daarna kan elke groep 'n verteenwoordiger aanwys wat hulle gedagtes kortliks met die groter groep kan deel.

• Lesinhoud

Die volgende inleidende aspekte word tydens hierdie sessie aan die orde gestel:

o Die unieke plek en rol van die ampsdraers in die terapeutiese hantering van krisis/trauma in die gemeente word duidelik uitgelig (vgl. 3.1.2; 4.3).

o Die pastorale doelwitte word verduidelik. In hierdie verband is dit belangrik dat kursusgangers sal verstaan waar pastorale terapie inpas binne die breer studieveld van die praktiese teologie (vgl. 2.3).

o Die leerstrategiee asook norme van interaksie vir hierdie krisistoerustingkursus word vasgestel. Die primere leerstrategie in hierdie toerustingsprogram is transformatiewe onderrig, alhoewel daar wel ook van informatiewe onderrig gebruik gemaak sal word. Die norme vir interaksie het te doen met groepslede se optrede teenoor mekaar, byvoorbeeld dat lede vry is om vrae te vra, idees te deel en te bespreek en om ook foute te maak (vgl. 2.4.1.1,2.4.1.2; 5.3.1,5.3.1.1,5.3.1.2,5.3.2.2).

o Die belangrikste terapeutiese beginsels wat gebruik gaan word, word verduidelik. Hier gaan dit byvoorbeeld om beginsels soos die volgende: Tegniek alleen is nie effektief in berading nie; berading is 'n proses; mense kan nie slegs vir 'n uur beraad word en daarna word van hulle vergeet nie; tyd moet met die persone

spandeer word tydens en na krisisse en trauma om verhoud'mgs te bou, te luister en om dit wat gebeur het

deur te praat (vgl. 2.4.4.1; 4.5.5.1).

o Ten slotte word sekondere trauma en ook uitbranding verduidelik asook die belangrikheid van mentorskap, wat sterk aanbeveel word (vgl. 4.5.5.2; 3.1.3.2).

• Lesslot

Hier word die hoofpunte en sentrale waarhede van hierdie les herhaal en kernagtig saamgevat.

• Leerderassessering

Die volgende belangrike beginsels moet in gedagte gehou word by die assessering van die leerders: Egte assesseringstake moet gebruik word. Die take moet gerig wees op die lewenswereld van die volwassene en dit moet bevestig dat dit wat hulle geleer het, toegepas kan word in die omgewing waarop die onderrig van toepassing is. Hierdie beginsels vir lesassessering sal by elke les toegepas word (vgl. 5.3.2.2).

In notas wat op hierdie stadium aan die leerders uitgedeel word, sal die bostaande hoofpunte en kernwaarhede geskommel word en 'n alfabetletter langs elkeen aangebring word. Die leerders moet vervolgens die hoofpunte en kernwaarhede wat bymekaar pas, met mekaar verbind. Daarna sal die regte antwoorde verskaf word sodat leerders kan sien hoe hulle gevaar het.

• Lesevaluasie

'n Evaluasievorm word aan die leerders uitgedeel waarin die lesinhoud en aanbieding op 'n skaal van 1-10 beoordeel word (een is baie swak en tien is uitstekend). Wat betref die lesmateriaal kan aspekte soos \esinhoud, relevansie en die onmiddellike toepaslikheid daarvan beoordeel word. Wat betref die lesaanbieding kan aspekte

soos aanbieding styl en duidelikheid beoordeel word. Hierdie evaluasie-vorm word by alle lesse en in al die modules gebruik.

7.5.2.2 Les 2 - Die pastoraat bied troos, sorg en hulp vir die mens tydens en na 'n krisis

• Lesuitkomste

o Dat die ampsdraer as sieleherder sal besef die pastoraat is 'n ontmoeting en kommunikasie-gebeurtenis

waarin die herders bemiddelend moet optree/toetree met behulp van die 'parakletos' (Heilige Gees) in die naam van Jesus die Middelaar tot vertroosting, beskerming, ondersteuning, versorging en bystand virpersone in 'n krisis.

o Met die voorafgaande in gedagte, impliseer dit dat die pastoraat wesenlik trooshulp beoog.

o Die ampsdraers sal moet weet dat hul primere taak is om as opsieners die gemeente van die Here te versorg,

o Hierdie versorging van diegene in nood is die kollektiewe taak van die herders en uiteindelik die taak van die

hele gemeente.

• Lesinleiding

o Die onderhoud met respondent D (die man wat sy werk verioor het en as boemelaar op die straat beland het) word by wyse van 'n gevallestudie bespreek.

o Na die hantering van hierdie of soortgelyke gevalle word daar in kleiner groepe verdeel sodat kerklike ampsdraers se algemene betrokkenheid tydens en na sulke krisisse bespreek kan word. Daar word veral dan gefokus op aksies vanaf ampsdraers se kant tydens en na krisissituasies wat tot konkrete troos,

beskerming, ondersteuning, versorging en bystand kan dien vir die betrokke individu in 'n krisis/trauma

situasie.

o Terugvoering van hierdie bespreking deur die kleingroepe word aan die groter groep gedoen deur die groep verteenwoordiger (vgl. 6.4.7.1).

• Lesinhoud

Daar word op die volgende aspekte gefokus (vgl. 2.4.2):

o Trauma en krisisse het die volgende ernstige gevolge op interpersoonlike verhoudinge. verbreking en diskonterings van gesins-, vriendskap- en liefdesbande; onvermoe om in 'n naby of intieme verhouding te wees; seksuele probleme; vyandigheid en argumente met familie, werkgewer en kollegas; sosiale onttrekking/isolasie; die gevoel van konstante bedreiging.

o Die kern van psigologiese trauma is 'disempowerment - daarom is herstel gebaseer op die bemagtiging van die oorlewende en die skep van nuwe verbintenisse.

o 'n Breuk in terme van verhoudings kan behandel word deur interpersoonlike strategiee, byvoorbeeld die ontwikkeling van vertrouensverhoudings.

o Sosiale afsondering kan behandel word deur sosiale strategiee soos byvoorbeeld die mobilisering van natuurlike ondersteuningsnetwerke soos die binne 'n familie, lewensmaats, vriende asook die interaksie binne die konteks van die plaaslike gemeente se lidmate en pastor.

o Die eksegese van Hand 20:28 word vervolgens aan die orde gestel omdat 'n Skrifgedeelte soos hierdie belangrik is in die herstel van verbreekte en getermineerde gesins-, vriendskap- en liefdesbande. Dit gaan veral dan ook om die feit dat herstel/genesing na intense krisiservarings normaalweg nie in afsondering kan plaasvind nie, maar eerder binne die wisselwerking van verhoudinge met andere. Binne hierdie proses kan die geestelike leiers binne die plaaslike gemeente dus 'n besondere rol vervul.

o Ten slotte word belangrike Bybelse terme wat verband hou met die bediening van die pastoraat tot sorg, troos en hulp (poimen, episkopos en parakaleo) bespreek en verduidelik.

Lesslot

Nog enkele ander Skrifgedeeltes word hanteer wat bostaande lesinhoud verder bevestig en uitbrei (vgl. 2.4.2.1).

Leerderassessering

Die les word deur rolspel geassesseer. Enige twee leerders kan uit vrye wil deelneem of deur die aanbieder gekies word om die beginsels van troos, sorg en hulp asook die ander beginsels wat tydens die les oorgedra is, te demonstreer - hier kan dan van 'n hipotetiese voorbeeld gebruik gemaak word.

Les 3 - 'n Lewende besef van wie God werklik is, help om 'n klimaat te skep waar krisis en