• No results found

PERSONE TYDENS 'N KRISIS

HOOFSTUK 5 ■ BYDRAENDE PERSPEKTIEWE VANUIT DIE GRENS-WETENSKAPPE

5.5 PSIGOLOGIESE TRAUMA

5.5.4 Hulpverlening tydens die eerste 72 uur

Volgens Coetzer (2005:33) sal elkeen van die bostaande fases verskillende tipe hulp en ondersteuning benodig - 'n perspektief wat uiteraard dan ook van besondere belang is betreffende die finale oogmerk van hierdie studie. Wat betref die pre-impakfase kan mense oor die algemeen deur skoling en onderrig bedien word Wat betref die volgende twee fases (die van impak en reaksie) sal die klem veral wees op ontlonting en de-aktivering (defusing en debriefing). Wat betref die terugtrekfase sal die fokus op langtermyn berading wees indien dit sou blyk dat die persoon vanwee een of ander blokkasie hier vasgesteek het.

5.5.4.1 Ontlonting en de-akivering (defusing en debriefing) • Ontlonting (defusing)

o Definiering van ontlonting

Coetzer (2007: 7) gee die volgende definisie van wat ontlonting is: Ontlonting (defusing) hou verband met die aksie waar daar direk na die trauma (en soms nog tydens die trauma) met getraumatiseerde persone op die toneel van die trauma gewerk word - na hierdie aksie word verwys as 'trauma-ontlonting.' Daar is gevolglik 'n klemverskil tussen 'debriefing' en 'defusing' en verskillende vaardighede word benodig (vgl. ook Weaver, 2007; Davis, 2007). Ontlonting (defusing) is die benaming wat gegee word aan die proses van dinge

deurpraat "taking the fuse out of an emotional bomb". Dit gee aan slagoffers en werkers die geleentheid om

te ventileer met betreking tot hul herinneringe, streservarings, verliese en metodes van oorlewing ten opsigte van 'n ramp. Hulle kry hierdie geleentheid in 'n veilige en ondersteunende atmosfeer. In 'n sekere sin is ontlonting (defusing) eintlik 'n meer kompakte weergawe van de-aktivering (debriefing). Aangesien die tyd hiervoor gewoonlik baie kort is, is hierdie eintlik maar net 'n beginpunt.

o Kenmerke van ontlonting

Coetzer (2007: 7,8) wys op die volgende belangrike aspekte in hierdie verband: o Trauma-ontlonting behels die hantering van trauma op die toneel.

o Die trauma-ontlonter pas krisisintervensie tegnieke toe wat daarop gerig is om die slagoffers van trauma emosioneel te stabiliseer. Hierdie taak kan vergelyk word met die van ambulanspersoneel of paramedici op die pad. Hulle taak hou verband met die toepassing van sekere noodprosedures ten einde die pasient te stabiliseer totdat hulle horn by 'n hospitaal kan kry waar hy volledig medies versorg kan word.

Net soos wat paramedici nie op 'n pasient kan opereer wat langs die straat le nie, kan die traumaberader ook nie traumaberading op die toneel van die trauma doen nie. Die ontlontingsproses is dus daarop gerig om bloot die persoon te stabiliseer en te voorkom dat hy homself intussen 'emosioneel doodbloei' voordat behoorlike begeleiding kan plaasvind.

o Wat tydsduur betref, sal die proses van ontlonting binne 'n uur (of minder) afgehandel wees. De- aktivering, daarteenoor kan 2-3 ure duur. In 'n sekere sin sal daar oorvleueling wees tussen die fases van ontlonting en de-aktivering.

o Die traumawerker moet plooibaar wees en die situasie kan 'lees' - elke situasie is anders en soms is daar nie baie duidelike riglyne nie.

o Die oogmerke van ontlonting

Coetzer (2007:7,8) wys op die volgende oogmerke in hierdie verband: ■ Om die veiligheid van slagoffers van die trauma te verseker. ■ Om emosionele ondersteuning te bied.

■ Om praktiese bystand te bied.

■ Om duidelike informasie te gee met betrekking tot die proses wat gaan volg. ■ Om 'n proses te begin wat gevolg gaan word deur trauma de-aktivering.

De-aktivering (debriefing)

Volgens Coetzer (2007:15) is dit belangrik om de-aktivering {debriefing) nie te beskou as 'n losstaande komponent nie. Dit is eerder deel van 'n breer trauma-intervensie/begeleidingsprogram. So 'n program sou opsies insluit van voortgaande onderrig, ondersteuning en berading. (vgl. ook Weaver, 2007; Davis, 2007). Navorsing toon aan dat in gevalle waar 'debriefing' binne die periode van 24-72 uur na die trauma plaasvind, daar gedurende die tydperk daarna minder korttermyn asook langtermyn krisisreaksies of psigologiese trauma voorkom. Hoe langer die tyd egter verloop tussen die oorspronklike trauma en die de-aktivering, hoe minder effektief is die de-aktivering. Die ideaal is dat die de-aktivering by die oorspronklike toneel of naby daaraan sal plaasvind. Enige lokaal wat groot genoeg is om die groep te akkommodeer en waar daar privaatheid is, is aanvaarbaar. 'n Tydsblok wat moontlik oor 'n paar ure kan strek, is nodig en indien moontlik moet elkeen wat by die krisis betrokke was die sessies bywoon (Coetzer (2007:15).

o Kenmerke van trauma de-aktivering

Coetzer (2007:16) wys op die volgende belangrike aspekte:

■ Trauma de-aktivering impliseer nie dat berading of terapie plaasvind nie en dit dien ook nie as substituut vir berading of terapie nie. Alhoewel sommige van dieselfde kommunikasietegnieke van berading gebruik word, is die toepassing hier verskillend.

■ Dit gaan hier om die oordrag van feite betreffende die traumatiese insident, sonder die oorweldigende emosies wat gewoonlik gepaard gaan met 'n traumatiese insident.

■ Verder is dit ook belangrik dat die 'debriefed nie op hierdie stadium gaan probeer om die onderliggende gedrag, gedagtes en emosies te probeer ontleed of evalueer of 'ontgin' (explore) nie. Die klem is meer op die gee van informasie en feite aan die getraumatiseerde persone ten einde hul eie reaksie op die trauma te verstaan.

■ Trauma de-aktivering kan geskied met 'n individu of in 'n groep. Aan die individu in die groep bied dit die geleentheid om met andere te kan praat wat dieselfde ervarings gehad het. Die groepservaring sal hopelik ook vir die individu lei tot gevoelens van inklusiwiteit en ook die geleentheid om antwoorde op vrae te verkry.

o Oogmerke van trauma de-aktivering

Coetzer (2007:16/7) wys op die volgende belangrike aspekte: ■ 'n Veilige plek

'n Veilige plek moet geskep word waar getraumatiseerde persone hul gevoelens kan ventileer. ■ Toetsing van die realiteit

Persone kry die geleentheid om tot die besef te kom dat hulle steeds 'normaal' is. Hulle moet verseker word dat hulle emosies en gedrag normaal is binne 'n abnormale situasie.

■ Die herstel van kontrole

'n Traumatiese insident sal dikwels tot gevolg he dat gevoelens van hulpeloosheid en magteloosheid en verlies aan beheer voorkom - in sommige gevalle kan dit uitloop op egskeiding of selfmoord. Trauma de-aktivering gee gevolglik aan persone die geleentheid om weer beheer oor sekere aspekte van hul lewens te verkry asook 'n gevoel van hoop.

■ Kognitiewe herdefiniering

Die persoon begin om meer in 'n positiewe rigting te dink - hy sal bv eerder die term oorlewende as

slagoffer gebruik. Die persoon slaag ook al meer daarin om emosionele afstand te verkry ten opsigte van

die trauma.

■ Voorkoming van post-traumatiese stresversteuring

Die proses van de-aktivering is pro-aktief daarop gerig om post- traumatiese stresversteuring te voorkom en tee te werk.