• No results found

PERSONE TYDENS 'N KRISIS

HOOFSTUK 5 ■ BYDRAENDE PERSPEKTIEWE VANUIT DIE GRENS-WETENSKAPPE

5.5 PSIGOLOGIESE TRAUMA

5.5.3 Die tipiese fases van 'n traumatiese gebeure

Begrip vir die onderskeie traumatiese fases is baie belangrik, veral vir die huidige studie en met die oog op die uiteindelik daarstelling van 'n toerustingsprogram vir kerklike ampsdraers.

5.5.3.1 Die pre-impakfase

Coetzer (2005:28) wys daarop dat wanneer mense 'n krisis verwag, hulle hulself daarop kan voorberei. In Israel word kinders byvoorbeeld voorberei en toegerus vir aanvalle en terrorisme. Hicks (1993: 195- 205) wys op die volgende aspekte wat kan help om voorbereid te wees op trauma: Die kwaliteit van bestaande verhoudings

(gesin, vriende en geloof), hoopvolle lewensingesteldheid, 'n realistiese lewensbeskouing, beroepsatisfaksie en die vermoe om aan beide kante van die straat te lewe. Wat hier bedoel word, is dit wat Job gese het in 2:10: "Sal ons net die goeie uit die hand van God neem en nie die slegte ook nie."

5.5.3.2 Die impak-of skokfase

Volgens Retief (2004:31) beskryf hierdie fase die persoon se reaksie kort na die gebeurtenis. Die persoon beleef psigiese verlamming en dit is asof alles tot stilstand geruk word (Coetzer, 2005:28). Die persoon is geskok en kan

nie glo wat besig is om met horn te gebeur nie. Dit wil soms voorkom asof dit wat met die persoon gebeur, teen 'n baie stadige spoed afspeel (Coetzer, 2005:28). Hulpeloosheid en hopeloosheid kan tipeer word as die essensie van hierdie fase. As gevolg van 'n traumatiese gebeutenis verklein die hippokampus in die brein en dit veroorsaak dat die geheue van die persoon geaffekteer word (Wright, 2003:204). Retief (2004:31) wys ook daarop dat tydens hierdie fase daar veranderinge in die brein plaasvind in die sin dat die normale aard van breingolwe verander van beta- na theta-golwe. Beta-golwe val tussen die bandwydte van 14 - 30 Htz. Hierbinne is so 'n persoon by sy bewussyn en hy fuksioneer normaal. Theta-golwe val binne die bandwydte van 8-13Htz waarbinne die persoon in sy 'voorbewussyn' is en nie werklik by sy voile bewussyn is nie. 'n Meting onder 4 Htz dui daarop dat die persoon in 'n koma is. In die theta bandwydte is dit asof dinge stadig gebeur en die persoon neem dinge waar asof in slow motion. Verder is dit asof die brein se vermoe om ervaring en waarneming logies te kategoriseer, negatief beinvloed word. Daarom is dit moeilik om traumagebeure kort na die voorvai in besonderhede te onthou. Dit is asof alles deurmekaar is. Hierdie is van die redes waarom dit nie raadsaam is om intensiewe traumaberading te doen binne 72 uur na die gebeurtenis nie (Retief, 2004:31).

5.5.3.3 Die reaksiefase

Hierdie fase volg wanneer die byniere 'n groot hoeveelheid adrenalien begin uitskei en die persoon 'n sogenaamde veg-, vlug- of vriesreaksie toon (Retief, 2004:33). Matsakis( 1996:28) wys op die feit dat die afskeiding van noradrenalien in die brein die oorsaak kan wees van die vriesreaksie by sommige persone - Dit veroorsaak dat dit vir die persoon moeilik is om te beweeg of te reageer. Coetzer (2005:29) wys op 'n verskeidenheid van moontlike verdere reaksies tydens hierdie fases. Dit wissel van snikke tot giggelbuie, woede, vyandigheid en 'n irritasie met die gevoel van totale hulpeloosheid. Die persoon kan dikwels ook as gevolg van die groot hoeveelheid adrenalien dinge doen wat normaalweg nie fisies moontlik is nie.

As gevolg van die trauma gebeur dit somtyds ook dat die persoon agterna nie kan onthou wat gebeur het nie. Volgens Coetzer (2005:29) is dit oor die algemeen nie noodwendig as gevolg van dissosiasie nie (wat wel in situasies van intense trauma die geval kan wees), maar eerder die volgende prosesse wat in die brein plaasvind: Die brein stuur vanaf die amigdala-gedeelte boodskappe betreffende die traumabelewenis na die res van die brein - dit veroorsaak 'n kettingreaksie by die sogenaamde hipofise-pituiere-driehoek, wat weer onder andere daartoe lei dat groot hoeveelhede streshormone deur die byniere afgeskei word wat dan op hul beurt weer die brein oorspoel (vgl. ook Retief, 2004:33,34).

Die hippokampus-area van die brein speel ook 'n besonder belangrike rol random geheue. Dit bevat reseptore vir streshormone wat as gevolg van trauma geaktiveer word en dan die geheuefunksie belemmer.

5.5.3.4 Die terugtrek- of vermydingsfase

Tydens hierdie fase word die streshormoon, kortisol, tesame met adrenalien deur die byniere afgeskei. Dit veroorsaak onder andere dat die persoon geneig is om plekke, mense en situasies wat horn aan die insident

herinner, te vermy (Retief, 2004:35). Ongelukkig is sulke pogings tot vermyding gewoonlik nie baie suksesvol nie. Dit is asof die gebeurtenis die vermoe het om homself binne-in die mens se beleweniswereld in te dring deur waameming en assosiasie. Wanneer die persoon aan hierdie alledaagse insidente blootgestel word, word die gruwel van die traumadaad in sy volheid herleef. Volgens Coetzer (2005:31) is dit geweldig uitputtend om vir 'n lang tydperk in hierdie fase te verkeer (wat dikwels die geval is wanneer sekere faktore die helingsproses blokkeer). Dit is sleg vir die gees sowel as die liggaam, want die streshormoonvlakke styg en bly as't ware permanent op 'n hoe vlak. Dit is dan ook hier waar normale fuksionering in duie stort.

Coetzer (2005:31 )wys daarop dat dit belangrik is om daarop te let dat mense se reaksie op trauma normaalweg deur die volgende faktore bei'nvloed word:

• Ouderdom

• Die persoon se vorige trauma-ervarings • Die intensiteit van die traumabelewenis • Hoe lank die trauma insident geduur het • Wie almal betrokke was

• Of daar mense dood is

• Watter fisiese, psigologiese, geestelike en materiele skade deur die persoon self of ander naby horn gely is • Tot watter mate die persoon (werklik of vals) skuldgevoelens beleef

• Hoe die samelewing op sy ervaring reageer

Retief (2004:39) wys op die feit dat wanneer die proses van emosionele genesing, aanpassing en aanvaarding nie plaasvind nie, dan tree post-traumatiese stesversteuring in. Coetzer (2005:31) vgl. die post-taumatiese stresversteuring met 'n klip wat in die water gegooi word. Die aanvanklike stresreaksie op die trauma word dan vergelyk met die eerste reaksie nadat die klip die water tref. Die verdere rimpelings en golfies wat stadig al wyer kringe maak, maar mettertyd in krag afneem, kan vergelyk word met die sogenaamde post-traumatiese stresreaksie - dit is die tipiese rimpeling effek na die aanvanklike sterk impakfase. Indien die persoon nie die herstelproses voltooi het nie (deurwerk deur al die fases), dan begin die pyn heel dikwels op allerlei verskuilde wyses na vore te tree. Hoe langer die simptome duur, hoe moeiliker word die genesingsproses en daarom is dit belangrik om so gou as moontlik hulp te ontvang. Indien daar iemand is wat onmiddellik beskikbaar is, is die moontlikheid soveel groter dat hierdie persoon uiteindelik nie probleme sal ondervind met langtermyn simptome nie. Aan die ander kant, indien die persoon een nag langer moet wag na 'n uiters traumatiese ondervinding, kan die trauma opsigself verdubbel (Coetzer 2005:31).

5 Die integrasiefase

Volgens Retief (2004:40) vervaag die oor-aktiewe reaksie en intense betrokkenheid by die traumatiese insident in hierdie fase. Die persoon keer geleidelik terug na normale funksionering. Die streshormoonvlakke, liggaams- en

breinfunksies keer ook terug na normaal. Die ervaring vervaag en word deel van die persoon se lewensverhaal - een van baie dinge wat in sy lewe met horn gebeur het. Die persoon kan nou ook gemaklik, en waar van toepassing, oor die ervaring praat en dit oorweldig nie meer sy gedagtewereld nie en slaan nie meer in onbeheerste reaksie uit nie. Namate integrasie plaasvind, kan die persoon gewoonlik ook uit die ervaring een of ander sin maak of 'n lewensles leer. Mense kan dinge se soos: "Die gebeurtenis het my laat besef presies hoe belangrik my gesin vir my is". So 'n ervaring wat dan ten voile deurgewerk is, lei heel dikwels ook tot groter lewenswysheid en perspektief.