• No results found

PERSONE TYDENS 'N KRISIS

Les 2 Aanleidende oorsake tot 'n krisistoestand

Lesuitkomste

o Dat die leerders presies sal verstaan wanneer individue gedisorienteer raak as gevolg van die ervaring van 'n

krisis.

o Dat leerders sal verstaan wat die rol van presipiteerders is wat oor die algemeen aanleiding gee tot 'n

aktiewe krisis.

o Dat leerders insig sal he betreffende die tipiese predisponerende faktore wat sommige persone meer

kwesbaar maak virdie negatiewe implikasies van 'n krisiservaring.

Lesinleiding

o Die onderhoud met respondent G (wat haar ouers drie dae uitmekaar aan die dood afgestaan het - of soortgelyke gevalle) word bespreek.

o Die leerders gee hul mening betreffende al die moontlike faktore wat aanleiding kon gee dat die betrokke persoon uiteindelik 'n aktiewe krisis beleef het (vgl. 6.4.7.1).

Lesinhoud

Die aanleidende oorsake wat lei tot 'n aktiewe krisis word in hierdie les behandel - dit sluit die volgende in: o Bedreigende omstandighede of presipiteerder (vgl. 3.5.1).

o Persoonlike belewenis (vgl. 3.5.2).

o Hantering van persoonlike bronne (vgl. 3.5.3). o Predisponerende faktore (vgl. 3.5.4).

o Die beskrywing van 'n tipiese aktiewe krisis (vgl. 3.5.5).

Lesslot

Die kern aspekte wat aanleiding gee tot disorientering as gevolg van 'n krisis word bondig saamgevat en daar word 'n geleentheid gegee vir die bespreking van elk van hierdie aspekte in die groot groep.

Leerderassessering

Die belangrikste aspekte wat lei tot 'n aktiewe krisis word in die leerders se notas vervat. Vervolgens word 'n lys van stellings bygevoeg wat by elkeen van hierdie aspekte pas. Die stellings word egter geskommel en die leerders moet nou die regte stelling met die tersaaklike aanleidende aspek (tot 'n aktiewe krisis) verbind. Die regte antwoorde word uiteindelik gegee sodat die leerders kan evalueer hoe hulle gevaar het.

7.5.3.3 Les 3 ■ Verskillende kategoriee van krisiservaringe

• Lesuitkomste

Dat die leerders aan die einde van die les duidelike insig sal he betreffende die verskillende kategoriee van krisiservaringe.

• Lesinleiding

o Verskillende kategoriee van krisisse word aan die leerders voorgehou.

o Vervolgens word 'n lys van krisisse voorgehou en dan word daar van die leerders verwag om elkeen hiervan te kategoriseer volgens die aanvanklike lys van kategoriee.

o Die doel van hierdie aktiwiteit is om die bestaande kennis van die leerders betreffende krisiskategoriee te verbreed.

• Lesinhoud

Meeste navorsers met betrekking tot krisisberading maak gebruik van veral twee hoof kategoriee van krisisse, naamlik ontwikkelings - en situasie krisisse. Benewens hierdie groot onderskeiding is daar ook kleiner verdelings wat verband hou met aspekte soos eksistensiele krisisse, disposisionele krisisse, verwagte krisisse, onverwagte krisisse, ontwikkelingskrisisse, ensovoorts. Al die onderskeie krisiskategoriee sal volledig in die lesing behandel word (vgl. 3.6.1 ■ 3.6.3).

• Lesslot

Die verskillende krisisindelings word op samevattende wyse herhaal en daar word gewys op die tipe pastorale ingrepe wat by elkeen van hierdie krisisse beoog word.

• Leerderassessering

Soos in die inleiding sal hier verskillende tipe krisisse aan die leerders voorgehou word en hulle moet dan in staat wees om aan elkeen 'n naam te gee en dit dan ook te kategoriseer.

7.5.3.4 Les 4 - Die onderskeie fases van 'n krisis • Lesuitkomste

Dat die leerders aan die einde van die les die onderskeie fases van 'n krisis ervaring sal kan onderskei en sal kan verduidelik.

• Lesinleiding

o 'n Gevallestudie word hier hanteer.

o Die leerders probeer om die fases te identifiseer wat aanleiding gegee het tot die disorganisasie en disorientering by respondente D en G.

o Die tipe/soort krisis wat respondente D en G beleef het, word ook hier geidentifiseer (vgl. 6.4.7.1).

• Lesinhoud

o Daar is dikwels identifiseerbare fases van ontwikkeling wat uiteindelik lei tot 'n aktiewe krisis oestand en hierop word vervolgens in hierdie les gefokus.

o Verder word daar ook onderskei tussen krisisfases wat meer te doen het met verwagte of oorgangskrisisse teenoor krisisfases wat meer van toepassing is by skokkende gebeure soos byvoorbeeld verkragtings, skielike dood of die nuus van 'n terminale siekte.

o Ten slotte word die fases wat verband hou met die draaipunt en wat gewoonlik lei na groei en genesing ook behandel (vgl. 3.7).

• Lesslot

In die les slot word die verskillende fases wat binne verskillende soorte krisisse onderskei kan word kortliks herhaal en en daar word ook op sekere ooreenkomste en verskille gelet.

• Leerderassessering

Die leerders moet die verskillende fases wat in 'n krisis voorkom, kan identifiseer - ook met betrekking tot verskillende soorte krisisse. Die spesifieke tipe krisisse kan beskryf word en dan moet die leerder ook die tersaaklike fases kan onderskei.

3.5 Les 5- Krisisintervensie

• Lesuitkomste

Dat die ampsdraers sal weet wat krisisintervensie behels en hoe om dit suksesvol toe te pas.

• Lesinleiding

o Die inhoud van hierdie les sal in meer as een lesing hanteer moet word.

o Wanneer hulp tydens 'n krisis aangebied word, moet die pastorale hulpverlener besef dat die grond waarop hy staan in 'n sekere sin heilige grond is aangesien mense bereid is om iemand toe te laat om insig te verkry in hul diepste menswees - rondom hierdie aspek sal daar inleidend gesprek gevoer word.

o Die oogmerk en uitdaging rondom krisisintervensie sal verder verduidelik word aan die hand van 'n stelling soos die volgende:

'Things and people break down, at least temporarily, all the time; and the whole purpose of crisis counseling, no matter who the counselor is, is to get them going again" (Kennedy, 1981:1).

• Lesinhoud

Aspekte wat hier aan die orde gestel sal word, is die volgende: o Hoe 'n krisisdiagnose gemaak moet word (vgl. 3.8.1).

o Wat die doelwitte is wat krisisintervensie wil bereik (vgl. 3.8.2).

o Belangrike aspekte betreffende die onderskeid tussen korttermyn en langtermyn krisisintervensie (vgl. 3.8.3). o Die verskillende vlakke van krisisintervensie (vgl. 3.8.4).

o Die noodsaaklike voorwaardes tot krisisintervensie (vgl. 3.8.5).

o Belangrike benaderings wat van toepassing is in 'n een tot een krisisintervensie (vgl. 3.9.1.1 - 3.9.1.4). o Die bespreking van enkele ander benaderings tot krisisintervensie (vgl. 3.9.2).

• Lesslot

Die kernwaarhede sal opsommenderwys saamgevat word en puntsgewys in die notas weergee word wat aan die leerders uitgedeel word, sodat dit maklik gememoriseer kan word.

• Leerderassessering

Die situasies van respondente D en G (of soortgelyke gevalle) word bespreek. Die leerders moet deur rollespel demonstreer hoe hulle die bostaande krisisintervensietegnieke gaan gebruik om respondente D en G te help ten tye van die betrokke krisisse (vgl. 6.4.7.1).

7.5.4 Module 3: Kliniese aspekte van trauma en die kliniese hantering van die

getraumatiseerde mens

Daar word van die veronderstelling uitgegaan dat hierdie derde module deurloop word deur leerders wat reeds modules 1 en 2 voltooi het - module 3 voorveronderstel dan ook die kennis van modules 1 en 2.

7.5.4.1 Les 1 - Die onderskeie fases van 'n traumatiese ervaring en hulpverlening

• Lesuitkomste

o Dat die leerders sal weet wat die definisie van psigologiese trauma is.

o Dat die leerders sal begryp waiter aspekte 'n rol speel betreffende 'n individu se belewenis van 'n spesifieke

traumatiese ervaring.

o Dat die leerders die onderskeie fases van psigologiese trauma sal kan beskryf.

• Lesinleiding

o Hier word gefokus op 'n definisie van psigologiese trauma (vgl. 5.5.1),

o Asook op aspekte wat 'n individu se hantering en belewenis van trauma kan beinvloed (vgl. 5.5.2).

• Lesinhoud

Hier word besonder gefokus op die volgende tipiese fases wat tydens en na 'n traumagebeurtenis onderskei kan word (vgl. 5.5.3.1-5.5.3.5): o Pre-impakfase o Impak of skokfase o Reaksiefase o Terugtrek of vermydingsfase o Integrasiefase

Verder word daar ook aandag gegee aan die hele kwessie rondom hulpverlening tydens die eerste 72 uur na die traumagebeurtenis (vgl. 5.5.3.5).

• Lesslot

Die tipiese fases tydens en na trauma word kernagtig saamgevat met dan ook 'n kort opsomming van die hulp wat by elkeen aangebied kan word.

• Leerderassessering

Op die notas wat die leerders ontvang, word 'n lys gegee van die tipiese fases tydens en na 'n trauma. Dan word daar ook 'n tweede lys gegee van hulpverleningsaksies. Van die leerders word dan verwag om die regte fase met die regte aksie te koppel. Uiteindelik word die korrekte antwoorde gegee en elkeen kan dan hul weergawe hiermee vergelyk.

7.5.4.2 Les 2 - Ontlonting (defusing)

• Lesuitkomste

Daf die ampsdraers sal weet hoe om kort na traumagebeure die nodige ontlonting te kan doen.

• Lesinleiding

o 'n Aantal werklike en/of hipotetiese krisisse/traumas wat sopas plaas gevind het, word as voorbeeld voorgehou en dan moet die leerders beskryf hoe hulle elke situasie op die toneel sal hanteer.

o Hierdie aktiwiteit kan in die groot groep plaasvind. Deelnemers kan uit vrye wil deelneem of genomineer word deur die aanbieder.