• No results found

PERSONE TYDENS 'N KRISIS

HOOFSTUK 3 BASISTEORIESE PERSPEKTIEWE OP KRISISINTERVENSIE

3.7 DIE FASES IN 'N KRISIS

3.8.3 Korttermyn en langtermyn krisisintervensie

Volgens Clinebell (1984:184) het die bedienaar/berader se hulp aan die persoon in krisis te doen met vier aspekte, naamlik:

• Algemene pastorale bediening. • Informele krisisberaad.

• Korttermyn krisisintervensie (een tot vyf sessies).

• Formele krisisberaad asook langtermyn berading en terapie van ernstige krisisse/trauma.

Hierdie aspekte toon dat daar plek binne krisisberaad bestaan vir korttermyn sowel as langtermyn berading. De Jongh van Arkel (1986:50) is van mening dat die metodes van krisisintervensie nie geskik en ontwerp is om langtermyn en chroniese patologie te hanteer nie. Dit beteken egter nie dat krisisintervensie nie kan oorgaan in langtermynberaad of dat 'n persoon na die hantering van 'n krisis nie vir psigopatologie verwys kan word nie. Krisisintervensie aanvaar dat daar dikwels gedurende die intervensie ook ander areas van patologie ge'identifiseer kan word, wat dan nie tydens die krisisintervensie hanteer kan word nie. Clinebell (1984:184) wys ook daarop dat daar onderskei moet word tussen krisisversorging en krisisberading. Alle mense het versorging nodig as hulle deur moeilike tye gaan - daar is egter diegene wat formele krisisberaad nodig het en volgens Clinebell (1984:184) uiteindelik dan 'n kleiner hoeveelheid wat langtermyn terapie nodig het. Die formele langtermyn terapie is nodig vir mense wat deur 'n ernstige krisis gegaan het en as gevolg hiervan nie meer normaal kan funksioneer nie - hulle kan nie oor die pyn kom nie en hul emosionele hanteringsmeganismes is ge'i'mmobiliseer. Mense wat psigologiese en/of herhaaldelike trauma beleef, sal ook formele langtermyn terapie benodig.

Dit is vervolgens belangrik om in gedagte te hou dat die impak van opeenvolgende krisisse en verliese kulminerend van aard is [vgl. in die verband Holmes en Rahe (1967:213-218) se stresskaal in Bylaag 1]. Wright (2003:135) maak 'n belangrike observasie wanneer hy konstateer dat mense nie vir 'n onbepaalde tydperk in 'n staat van aktiewe krisis kan verkeer nie - daar moet gevolglik iets aan die krisis gedoen word sodat dit opgelos kan word. Ondervinding en navorsing wys dat 'n aktiewe krisis oor die algemeen eindig binne 'n periode van nie langer as ses weke nie (vgl. ook Gilliland & James, 1993:3) Volgens Wright (2003:135) is dit dus soveel te meer noodsaaklik dat krisisintervensie juis gedurende hierdie tydsraam beskikbaar moet wees ten einde te verhoed dat die persoon 'n oplossing kies wat psigopatologies en kontra-produktief is - daar is dus net 'n kort tydperk vir krisisintervensie beskikbaar. Sodanige intervensie sluit dan aspekte soos die volgende in: Aktiewe terapie, ondersteuning, deurwerk

van dit wat gebeur het, ontbloting van die pyn, hantering van emosies, normalisering en bevestiging "validating" van die ondervinding, en ten slotte die identifisering van persoonlike ondersteuningsbronne (Wright,2003:135). As die

persoon die gebeurtenis nie verwerk het nie of verkeerdelik verwerk het, sal die patologiese gedrag en denke eerste hanteer moet word voordat verdere berading kan plaasvind.

Met betrekking tot kort- en langtermyn krisisintervensie wys Switzer (1986:63) op die belangrike insigte van Slaikeu. Hy (Slaikeu) maak 'n onderskeid tussen wat hy psigologiese eerstehulp noem en "multimodaf krisisterapie, of andersins "first-order" en "second-order" krisisintervensie. Psigologiese eerst hulp word aan die persoon gegee as die krisis die eerste keer aan die lig kom en dit word dadelik gedoen. Die doel hiervan is om ondersteuning te gee, om die impak van die krisis te verminder en, om die persone in 'n krisis in aanraking te bring met ander hulpbronne. Dit gaan dus om die herstel van ewewig en dit word gewoonlik binne ses weke bereik. Swizer (1986:63) gee egter toe dat daar 'n aantal spesiale krisissituasies is waar die besondere intense gevoelens en gedrag oor die algemeen langer as ses weke neem om op te klaar, soos byvoorbeeld die dood van 'n geliefde, egskeiding, reaksie op 'n hartaanval of die diagnose van 'n terminale siekte. Dit is juis in die lig van bostaande dat Slaikeu verwys na

krisisterapie, oftewel "second-order intervensie. Dit begin waar psigologiese eerstehulp ophou en die proses is dan

langer (gewoonlik weke of maande). Dit vereis assessering om te bepaal tot watter mate die krisis die vyf areas van die persoon se funksionering versteur het, naamlik; Gedrag, gevoel, fisiese gesondheid, interpersoonlike verhoudings en kognitiewe funksionering(Swizer, 1986:64). Die totale assesserings proses sluit volgens Switzer (1986:64) die volgende in:

• Presipiterende gebeurtenis • Probleme wat lei tot aanmelding • Konteks van die krisis

• Basiese funksionering voor die krisis • Die basiese funksionering tydens die krisis

Die basiese doel van krisisterapie is volgens Switzer (1986:64) om die persoon te ondersteun om deur die krisisondervinding te werk langs die volgende dimensies:

• Fisiese oorlewing van die krisis en die hantering van die nagevolge • Die uitdrukking van emosies wat ervaar word

• Die bemeestering van gedagtes met betrekking tot die ondervinding • Gedrag en interpersoonlike aanpassings ter wille van normale funksionering

Hier word dan onderskei tussen krisis restourasie en krisisoplossing. Krisisrestourasie sal natuurlik plaasvind, maar die gevolge kan goed of sleg wees. Die krisis kan tegnies verby wees (ewewig herstel) binne ses weke, maar dit beteken nie dat die die krisis opgelos is nie. Die oplossing van die nagevolge van 'n traumatiese gebeurtenis kan volgens Switzer (1986:65) moontlik nie voldoende realiseer binne ses weke nie. Daar sou gevolglik behoefte wees aan 'n langer beradingsproses totdat die onderliggende konflik opgelos is en daar by die persoon noemenswaardige persoonlike groei plaasgevind het. Switzer (1993:137) wys dat in die geval van egskeiding en die dood van 'n geliefde die oplossing van die krisis van een tot twee jaar kan neem, en selfs langer.