• No results found

Hierdie hoofstuk handel oor die populêre teologiese benadering tot die kognitiewe herstrukturering van ‘n persoon wie se eggenoot selfmoord gepleeg het. Dit dien as ‘n uitbreiding op die voorafgaande basisteorie.

Eerstens is dit van belang dat die belangrikheid van die rouproses van die oorlewende huweliksmaat verstaan moet word. Die navorser het ‘n keuse vir ‘n meer uitgebreide model van die rouproses gemaak ten einde ‘n fyner indeling van emosies wat van belang is te kan identifiseer. Die model van die rouproses is ‘n belangrike aanduiding van waar die persoon ten opsigte van die rouproses gevorder het. Dit gee vir die berader ‘n aanduiding van watter fasette van die rouproses aandag moet ontvang.

Tweedens moet die berader op die verskillende kognitiewe distorsies fokus wat daar in die rouproses kan plaasvind en wat kognitief aangespreek behoort te word.

Hierdie distorsies word deur negatiewe denke en die belangrikheid van keuses, leuens en waarheid beïnvloed.

Negatiewe denke dissosieer die denke van die persoon wie se huweliksmaat selfmoord gepleeg het. Dit beïnvloed ook die persoon se rasionele herinneringe sodanig dat die rouproses nie natuurlik kan verloop nie.

Die belangrikheid van keuse en die feit dat alle aksies nie net ‘n reaksie het nie, maar dat die persoon ‘n keuse het oor sy reaksie op gebeure is 'n belangrike faset in kognitiewe herstrukturering. Elke aksie se reaksie kan herinterpreteer word om 'n meer aanvaarde reaksie in die toekoms te ontsluit.

Leuens word meermale vanuit 'n persoon se kognitiewe ontwikkeling gebore. Wanneer ‘n persoon sekere goed in die verlede ervaar het, word dit vir hom mettertyd die waarheid en ‘n meetsnoer waarmee hy soortgelyke ervarings gaan beoordeel. Hierdie manier van kognitiewe ontwikkeling is egter nie betroubaar nie en moet deur kognitiewe herstrukturering aan die hand van die Woord van God herevalueer word.

Waarheid: Die doelwit van kognitiewe herstrukturering is om by 'n meer realistiese beskouing van die persoon self en die omstandighede van die trauma te kom. Vir die pastorale berader is die Woord van God die bron van waarheid en realiteit. ‘n Persoon wat deur die berader met behulp van kognitiewe herstrukturering begelei word, sal leuens, keuses en negatiewe denke aan die hand van die Woord van God evalueer en ook met die Woord van God konfronteer ten einde die waarheid daarvan te ontdek en tot 'n meer realistiese gevolgtrekking te kom.

Die navorser kom vanuit die teologiese basisteorie tot die gevolgtrekking dat:

· die rouproses ‘n belangrike aspek in die kognitiewe herstrukturering van ‘n persoon is wie se eggenoot selfmoord gepleeg het;

· negatiewe denke veroorsaak dat die persoon se denke dissosieer en dat dit twee waarhede tegelykertyd aanneem. Deur kognitiewe herstrukturering moet die negatiewe denke gekonfronteer word;

· persone nie ‘n keuse oor die invloed van trauma in hul lewe maak nie, maar dat hulle hul emosies die keuse laat bepaal. Deur kognitiewe herstrukturering moet die persoon begelei word om beheer oor die invloed van gebeure in sy lewe te neem deur te kies hoe hy daarop gaan reageer; en

· leuens ‘n duidelike rol in die ervaring van trauma speel. Hierdie leuens bepaal die waarde wat die persoon aan die trauma verleen; dit moet deur kognitiewe herstrukturering gekonfronteer word en die waarheid moet vanuit die Woord van God verkondig word. Die persoon moet begelei word om die leuen kognitief en rasioneel met die waarheid te konfronteer soos dit deur die Woord van God aan ons gegee is.

Hoofstuk 4

METATEORETIESE PERSPEKTIEWE

4.1 Inleiding

In hierdie hoofstuk word die metateorie as deel van die groter proses in die navorsing oor die onderwerp Kognitiewe herstrukturering na die selfmoord van ’n huweliksmaat hanteer.

Soos in hoofstuk 1 van hierdie studie aangedui en beredeneer, gebruik die navorser Zerfass (vgl. Heyns & Pieterse, 1998:37) se model vir ‘praktiesteologiese’ navorsing.

Zerfass se model vir praktiese teologie (vgl. Heyns & Pieterse, 1998:37)

Hierdie model behels die vorming van basisteorieë wat in hoofstuk 2 en 3 hanteer is. Ten einde 'n praktykteorie te ontwikkel moet ander vakwetenskappe ook ondersoek word. Joubert (2005:174) bied 'n model aan waarin hy verduidelik waarom dit belangrik is dat teologie en ander vakwetenskappe oorvleuel. Sy vertrekpunt vir die model is ‘n Bybelse mensbeskouing dat die mens uit liggaam, siel en gees bestaan.

Praxis 1 Ou praktyk Teologiese tradisie (basisteorie) Praktykteorie Praxis 2 Nuwe praktyk Situasie-analise (metateorie)

Hy noem sy model vir praktiese teologie ’n ‘trichotomous therapy’ (drieledige terapie) en verduidelik die benadering aan die hand van die volgende diagram:

Joubert (2005:177)

Die sewe segmente van die oorvleuelende sirkels verteenwoordig sewe areas van terapie. Voorbeelde van terapeutiese tegnieke in elk van die areas word vervolgens gelys (Joubert, 2005:178-179): i. Liggaam – byvoorbeeld: · Refleksiologie · Aromaterapie · Fisioterapie · Medisinaal (anti-depressante) 1 Liggaam 3 Gees 2 Siel 4 liggaam & siel

6 liggam & gees

5 siel & gees

7 liggaam, siel

ii. Siel · Psigoterapie ̶ byvoorbeeld: - Gestalt-terapie - Transaksionele analise - Kognitiewe terapie - Gedragsterapie iii. Gees

· Bybelse berading ̶ byvoorbeeld: - ‘Nouthetic counselling’ (Adams) - Pastorale berading

iv. Liggaam en siel ̶ byvoorbeeld: · Spa-terapie

· Ontspanningstegnieke · Joga

· Meditasie

· Bewegingsterapie

v. Siel en gees – byvoorbeeld:

· Religieuse praktyke, soos lofprysing en gebed

vi. Liggaam en gees

· Spiritistiese medium en paranormale verskynsels – byvoorbeeld: - Astrale ervarings

- Buite-liggaamlike ervarings - Duiwelsaanbidding

vii. Liggaam, siel en gees

· Drieledige terapie: Die Heilige Gees in die mens se gees beheer die hele liggaam, naamlik sy siel (emosies, denke en optrede) sowel as sy liggaam met sy vyf sintuie (smaak, reuk, gevoel, sig en gehoor) en sy begeertes.

Terwyl elke area van terapie slegs met een ander terapie op 'n keer oorvleuel, is Joubert se model die een wat aan die vereiste van ‘n metasistemiese paradigma voldoen. Joubert (2005:177) poog om met sy drieledige terapie aan te dui dat die teologie nie sonder die metasistemiese benadering kan werk nie. Daar is 'n interafhanklikheid van mekaar om tot die volle waarheid van die mens se sielkundige, liggaamlike en geestelike gesondheid te kom. Vir elke teologiese praktykteorie is dit dus noodsaaklik om ook die ander vakwetenskappe te verken, sodat dit die basisteorie kan aanvul en uitbrei.