• No results found

· Hoofstuk 1: Inleiding

Basisteoretiese perspektiewe op die kognitiewe herstrukturering van 'n persoon wie se huweliksmaat selfmoord gepleeg het

· Hoofstuk 2: Skriftuurlike beginsels en riglyne

· Hoofstuk 3: Perspektiewe ten opsigte van ander pastorale modelle

Metateoretiese perspektiewe op die kognitiewe herstrukturering van 'n persoon wie se huweliksmaat selfmoord gepleeg het

· Hoofstuk 4: Evaluering van bydraes uit ander vakdissiplines

· Hoofstuk 5: Resultate van empiriese navorsing

Praktykteoretiese perspektiewe op die kognitiewe herstrukturering van 'n persoon wie se huweliksmaat selfmoord gepleeg het

· Hoofstuk 6: Formulering van praktykteoretiese model

1.8 Skematiese voorstelling

Probleemstelling Doelstelling en

doelwitte

Metodologie

Watter rol speel

kognitiewe

herstrukturering in die pastorale begeleiding van 'n persoon wie se huweliksmaat selfmoord gepleeg het?

Om 'n ondersoek te doen na die rol van kognitiewe herstrukturering in die pastorale begeleiding van 'n persoon wie se huweliksmaat selfmoord gepleeg het.

Die Gereformeerde tradisie sal dien as vertrekpunt vir hierdie studie en die algemene

benadering sal in

ooreenstemming wees met die beginsels van die metode van Zerfass (1974:164).

Watter perspektiewe bied die Skrif om tot vernuwende insigte te kom wat betref die kognitiewe

herstrukturering van 'n

persoon wie se

huweliksmaat selfmoord gepleeg het?

Om perspektiewe uit die Skrif na te vors wat tot verruimende insigte kan lei ten opsigte van die kognitiewe

herstrukturering van 'n

persoon wie se

huweliksmaat selfmoord gepleeg het.

Eksegese van geselekteerde Bybelgedeeltes volgens die grammaties-historiese metode (De Klerk & Van Rensburg, 2005) word beoog. Woord- eksegese met behulp van komponensiële analise waarin daar gebruik gemaak word van die gegewens van Louw en

Nida (1989), asook

VanGemeren (1997), sal ook

gedoen word. Die

hermeneutiese reëls

waarvolgens die

Skrifondersoek gedoen sal word, is soos deur Coetzee (1990:15-30) aangedui.

Watter perspektief kan ander pastorale modelle bied ten einde 'n persoon wie se huweliksmaat selfmoord gepleeg het

deur middel van

kognitiewe terapie tot heelheid te begelei?

Om vas te stel in watter mate pastorale modelle verruimend kan inwerk in

die kognitiewe

herstrukturering van 'n

persoon wie se

huweliksmaat selfmoord gepleeg het.

As deel van die basisteorie sal daar ook aandag gegee word aan ‘n aantal pastoraalgerigte psigologiese perspektiewe met betrekking tot die kognitiewe herstrukturering van 'n persoon wie se huweliksmaat selfmoord gepleeg het.

Watter perspektiewe bied die hulpwetenskappe wat kan bydrae tot die kognitiewe

herstrukturering van 'n

persoon wie se

huweliksmaat selfmoord gepleeg het?

Om vas te stel in watter

mate die

hulpwetenskappe verhelderende

perspektiewe bied tot die kognitiewe herstrukturering van 'n persoon wie se huweliksmaat selfmoord gepleeg het. ‘n Literatuurstudie met gebruikmaking van rekenaargesteunde databasis- soektogte sal uitgevoer word.

Watter bydrae kan ‘n empiriese ondersoek lewer om vernuwende insigte te verkry in die kognitiewe

herstrukturering van 'n

persoon wie se

huweliksmaat selfmoord gepleeg het?

Om deur middel van ‘n empiriese ondersoek vas

te stel of daar

vernuwende insigte betreffende hierdie aangeleentheid na vore kom.

Om deur middel van ‘n empiriese ondersoek vas te stel of daar vernuwende insigte

betreffende hierdie

aangeleentheid na vore kom.

Watter praktykteoretiese riglyne kan geformuleer word om kognitiewe herstrukturering toe te pas

in die pastorale begeleiding van 'n persoon wie se huweliksmaat selfmoord gepleeg het? Om ’n praktykteoretiese model te formuleer waarvolgens kognitiewe herstrukturering toegepas kan word in die pastorale begeleiding van 'n

persoon wie se

huweliksmaat selfmoord gepleeg het.

Daar sal ‘n hermeneutiese wisselwerking plaasvind tussen basisteorie en metateorie om uiteindelik ‘n praktykteoretiese

model te formuleer

waarvolgens kognitiewe herstrukturering toegepas kan word in die pastorale begeleiding van 'n persoon wie se huweliksmaat selfmoord gepleeg het.

Hoofstuk 2

BASISTEORETIESE PERSPEKTIEWE 2.1 Inleiding

2.1.1 Oriëntering

Die doelstelling van hierdie hoofstuk is om vanuit die Skrif en ander teologiese insigte basisteoretiese perspektiewe in praktiese teologie te identifiseer met betrekking tot kognitiewe herstrukturering ná die selfmoord van 'n huweliksmaat. Vanuit die basisteorie sal daar later in hermeneutiese samehang met die situasie- analise en die metateorie ‘n aangepaste praktiesteologiese model vir kognitiewe herstrukturering ná die selfmoord van 'n huweliksmaat ontwerp word. Die doel van hierdie hoofstuk is om perspektiewe uit die Skrif na te vors wat tot verruimende insigte kan lei ten opsigte van die kognitiewe herstrukturering van 'n persoon wie se huweliksmaat selfmoord gepleeg het. Dit word gedoen deur die metode wat Janse van Rensburg en De Klerk (2005) voorskryf deur die eksegese van geselekteerde Bybelgedeeltes volgens die grammaties-historiese metode. Om hierdie rede fokus die Bybeltekste wat gekies is nie op selfmoord nie, maar eerder op die wyse waarop God die persoon wie se denke verward, negatief en deurmekaar is as gevolg van die trauma wat hy beleef met die verlies aan die huweliksmaat, bystaan en sy denke wil vernuwe.

2.1.2 Basisteorie

Lotter (2007:4) verwys na Zerfass se model vir praktiese teologie wat vanuit ‘n huidige praksis beweeg, die teologiese tradisie bestudeer,’n literatuurstudie doen, ‘n analise vanuit die situasie doen en dan ‘n nuwe praksis ontwerp waarin bogenoemde aspekte geïntegreer en in die praktyk gebruik kan word. Volgens Zerfass word die basisteorie uit die teologiese tradisie gevorm (Heyns & Pieterse, 1998:38-39; Venter, 1995:181-202). ‘n Basisteorie vir ‘n pastorale model behels die

interpretasie van Bybelse norme, waardes en kriteria van die mens se optrede ten opsigte van ‘n spesifieke studieveld binne die raamwerk van pastorale berading (Schoeman, 2005:14). Venter (1993:247) beskryf ‘n basisteorie as die ontginning van teologiese vertrekpunte, primêr vanuit die Skrif. Hierdie Skrifondersoek word eerste geplaas, omdat dit as basisteorie dien vir die sistematiese beskrywing van die wese en doel van die refleksiedomein vanuit die Skrif. Dit is dus noodsaaklik dat die navorsing vanuit die Skrif gefundeer word, want dit is juis vanuit die Skrif dat die mens beraad kan word en tot getuie van God se groot dade gebring kan word (De Klerk & Janse van Rensburg, 2005:3).

In hierdie hoofstuk word die teologiese tradisie (basisteorie) bestudeer aan die hand van die volgende teksgedeeltes uit die Bybel (1983):

Prediker 7:1-14

Die Prediker sinspeel op die dwaasheid van die gelowige om plesier- bo hartseergeleenthede te verkies. Die gelowige maak dus eerder ‘n keuse vir plesier en probeer die hartseer daarmee systap (Rudman, 2003:464). Daarom raai die Prediker die gelowige aan om die volle realiteit van die lewe te deurleef ten einde ‘n sinvolle bestaan te kan handhaaf, soos in Prediker 7:14 vermaan word: “Wees bly op die dag van voorspoed, en as daar ‘n dag van teëspoed kom, sien dit so: soos die een het God ook die ander gegee, sodat die mens nie weet wat vir hom voorlê nie.” Hy moet dus die goeie en die slegte van die lewe aanvaar en nie probeer wegvlug van swaarkry in die lewe of die realiteit daarvan ontken nie.

Psalm 94:1-23

Die digter beleef die feit dat dit goed gaan met die een wat deur die Here onderrig word en vir wie die Here rus gee, selfs tydens ‘n krisissituasie (Broyles, 1999:371). Die digter word oorval deur die krisis wat hy beleef, maar herinner homself daaraan en verklaar dat God sy veilige vesting is. Later sal daar aangedui word hoe die leuen

aangaande God se teenwoordigheid in ‘n krisistyd vervang behoort te word met die waarheid van die teksgedeelte.

Romeine 12:1,2

Romeine 12:2 handel spesifiek daaroor dat die gelowige se denke deur God vernuwe behoort te word. Mounce (1995:231) wys daarop dat ‘n heilige lewe nie sonder ‘n doelbewuste wilsbesluit kan groei nie. Heiligheid groei stap vir stap, maar elke stap is van ‘n wilsbesluit deur die gelowige afhanklik. Die keuse om te verander speel ‘n groot rol in hierdie teks.

1 Petrus1:13-16

Christus het die ‘ou mens’ vernuwe deur sy soenverdienste. Die verantwoordelikheid berus nou by die gelowige om volgens hierdie nuwe status te begin optree (Achtemeier, 1996:118). Die teks spreek die persoon aan om te word wat hy alreeds is. Hier moet dus ‘n verandering van denke plaasvind, naamlik dat die gelowige nie meer sondaar is nie, maar heilige.

Hierdie studie se klem val op die pastorale begeleiding van iemand wat ‘n eggenoot deur selfmoord verloor het en hanteer nie tekste wat na selfmoord verwys nie. Die navorser verwys egter vervolgens kortweg na selfmoord se impak op die gelowige se verhouding met God.

2.2 Pastorale teologie

Selfmoord het ‘n reuse impak op die lewe van die eggenoot. In die eggenoot se verhouding tot God het dit ‘n groter impak. Die realiteitsvraag wat in die rouproses van die eggenoot ontstaan, is of God tog kan bestaan. Soos Hsu (2002:118) dit stel: “How can we believe in God in the aftermath of a suicide?”

Hoe gebeur dit dat Christene hoop verloor en selfmoord pleeg? Dít kan dan moontlik bewys dat daar geen waarde in is om ‘n Christen te wees nie. Tog het God in die persoon van Jesus Christus in hierdie wêreld ingebreek en in die totaliteit van menslike bestaan, wat lyding insluit, kom leef en ly (Hsu, 2002:121). Dit is daarom belangrik dat die gelowige sal besef dat die lewe nie oor die seer, trauma en emosionele pyn van die lewe alleen gaan nie, maar oor hoe die gelowige daarop reageer. Dit is nie die feit dat slegte dinge met gelowiges gebeur wat hulle in krisis dompel nie, maar hul keuse van reaksie daarop (Louw, 2000:9). Hierdie God, wat in die wêreld solidariteit met die mens kom toon het, deurleef ook in die hede die emosionele seer van die mens saam met hom. God het nie net in Jesus Christus sy solidariteit kom wys nie, Hy handel ook nou solidêr met sy mense. Jesus Christus is immers Immanuel, wat ‘God met ons’ beteken (Hsu, 2002:126).

Soos Lotter (2007:3) aandui, speel pastorale teologie die bemiddelingsrol tussen teologie as sodanig en die alledaagse lewe. Dit wat ons van God weet (God se teenwoordigheid in mense se lyding) moet vir gelowiges (wat in die wêreld woon en lyding beleef) oopgesluit word, sodat hulle in ‘n gesonde verhouding met God kan leef.

2.3 Eksegese volgens die grammaties-historiese metode met De Klerk en