• No results found

4.2 ’n Langverwagte partytjie – deel 2 (A Long-expected Party)

4.8 Die Uruk-hai (The Uruk-hai)

(Tolkien 1993:466-8)

Vertaling 8 beeld die Uruk-hai uit, deur sowel die behandeling deur die twee orke van Pippin en Merry as die taalgebruik tydens die woordewisseling tussen Uglúk en Grishnákh, en die bloedige konfrontasie wat volg.

Hy worstel ’n rukkie, heeltemal vergeefs. Een van die Orke wat naby sit, lag en sê iets vir ’n makker in hulle afgryslike taal. “Rus terwyl jy kan, jou klein twak!” sê hy dan vir Pippin in die Omgangstaal, wat hy amper so afgryslik soos sy eie laat klink. “Rus terwyl jy kan! Ons sal binnekort een of ander nut vir jou bene vind. Voor ons terugkeer, sal jy wens jy’t g’n niks bene gehad nie.”

“As ek my sin kon kry, het jy nou gewens jy was vrek,” sê die ander. “Ek sou jou laat tjank het, jou mislike brak.” Hy buk laag oor Pippin, bring sy geel slagtande tot naby die hobbit se gesig. Hy het ’n swart mes met ’n lang, ru gekeepte lem in sy hand. “Lê stil, of ek begin jou bietjie hiermee te kielie,” sis hy. “Moenie aandag trek nie, of ek vergeet dalk net my bevele. Vervloekte Ysterhoffers! Uglúk u bagronk sha pushdug Saruman-glob búbhosh skai,” en hy slaan oor na ’n lang ontstoke tirade in sy eie tong wat stadig wegkwyn in ’n gegrom en gemor. Pippin lê stil, vreesbevange, hoewel die pyn in sy polse en enkels toeneem, en die klippe onder hom in sy rug in boor. Om sy gedagtes van homself af te lei, luister hy aandagtig na alles wat hy kan hoor. Daar is baie stemme om hom, en hoewel Ork-spraak altyd vol haat en woede klink, is dit duidelik dat ’n rusie ontstaan het, en hewiger begin raak.

Pippin is verras om agter te kom dat hy die meeste van die gepraat verstaan; baie van die Orke gebruik gewone taal. Blykbaar is daar lede van twee of drie heeltemal verskillende stamme, en hulle verstaan nie mekaar se Ork-spraak nie. Daar word kwaai gedebatteer oor wat hulle nou te doen staan: watter koers hulle moet inslaan en wat met die gevangenes gedoen moet word. “Daar’s g’n niks tyd om hulle ordentlik te dood nie,” sê een. “G’n tyd vir speel op hierdie uitstappie nie.”

99 “Dít kan nie gehelp word nie,” sê ’n ander een. “Maar hoekom hulle nie gou doodmaak nie – maak hulle nóú vrek? Hulle’s ’n vervloekte oorlas, en ons is haastig. Dit raak aand, en ons moet roer.”

“Bevele,” sê ’n derde stem met ’n diep grom. “‘Maak almal dood maar nié die Halflinge nie; hulle moet so gou moontlik léwendig teruggebring word.’ Dís my bevele.”

“Waarvoor is hulle nodig?” vra verskeie stemme. “Hoekom lewendig? Is hulle vet pret?” “Nee! Ek het gehoor een van hulle het iets, iets wat nodig is vir die oorlog, een of ander Elfkomplot. Elk geval, hulle sal al twee ondervra word.”

“Is dit al wat jy weet? Hoekom deursoek ons hulle nie en vind uit? Dalk kry ons iets wat ons self kan gebruik.”

“Dit is ’n baie interessante opmerking daardie,” smaal ’n stem, sagter as die ander, maar boser. “Ek sal dit dalk moet aangee. Die gevangenes sal nié deursoek of beroof word nie: Dit is mý bevele.”

“En myne ook,” sê die diep stem. “‘Lewendig en soos toe hulle gevang is, niks bederf nie.’ Dít is my bevele.”

“Nie ons bevele nie!” sê een van die stemme van vroeër. “Ons kom al die pad van die Myne om dood te maak, en ons makkers te wreek. Ek wil doodmaak, en dan terug gaan noord.” “Wens dan maar vir iets anders,” sê die grommende stem. “Ek is Uglúk. Ek’s in bevel. Ek keer terug na Ysterhof met die kortste pad.”

“Is Saruman meester, of die Groot Oog?” sê die bose stem. “Ons moet dadelik teruggaan Lugbúrz toe.”

“As ons die Groot Rivier kon oorsteek, kon ons dalk,” sê ’n ander stem. “Maar daar is nie genoeg van ons om dit onder na die brûe toe te waag nie.”

“Ek het oorgekom,” sê die bose stem. “’n Gevlerkte Nazgûl wag noord van hier op die oosoewer vir ons.”

“Dalk, dalk! Dan vlieg jy weg met ons gevangenes en kry al die betaling en beloning in Lugbúrz, terwyl ons so goed ons kan moet voetslaan deur Perdewêreld. Nee, ons moet bymekaar bly. Hierdie wêreld is gevaarlik: vol vieslike rebelle en struikrowers.”

“Ja, ons moet bymekaar bly,” grom Uglúk. “Ek vertrou nie julle klein varknekke nie. Buite julle eie hokke het julle niks murg in jul pype nie. Was dit nie vir ons nie, sou julle almal

100 weggehol het. Ons is die vegtende Uruk-hai! Ons het die groot kryger afgemaai. Ons het die gevangenes geneem. Ons is die dienaars van Saruman die Wyse, die Wit Hand: die Hand wat ons mensvleis gee om te eet. Ons het uit Ysterhof gekom, en julle hiernatoe gelei, en ons sal julle teruglei met die pad wat ons kies. Ek is Uglúk. Ek het gepraat.”

“Jy het meer as genoeg gepraat, Uglúk,” smaal die bose stem. “Ek wonder hoe hulle daarvan sal hou in Lugbúrz. Hulle dink dalk net Uglúk se skouers moet van sy opgeswelde kop bevry word. Hulle kan dalk vra waar sy vreemde idees vandaan kom. Kom dit dalk van Saruman? Wie dink hy is hý, om hom so op sy eie met sy smerige wit hande in te rig? Hulle stem dalk net met my saam, met Grishnákh, hul betroubare boodskapper; en ek, Grishnákh, sê: Saruman is ’n gek, en ’n vuil verraderlike gek. Maar die Groot Oog hou hom dop.

“Varknekke, sê jy? Hoe hou julle kêrels daarvan om várknekke genoem te word deur die misskrapers van ’n vuil, klein towenaartjie? Ek wed julle dis órkvleis wat hulle eet.”

Heelwat harde uitroepe in Ork-spraak beantwoord hom, en daar is die klinkende kletter van wapens wat getrek word. Pippin rol versigtig op sy sy, in die hoop om te sien wat gaan gebeur. Sy wagte het by die rusie gaan aansluit. In die skemerlig sien hy ’n groot swart Ork, waarskynlik Uglúk, wat aangesig tot aangesig staan met Grishnákh, ’n kort, krombeenkreatuur, baie breed en met lang arms wat byna tot op die grond hang. Rondom hulle staan heelwat kleiner goblins. Pippin veronderstel dít is die spul uit die noorde. Hulle swaarde en messe is getrek, maar hulle huiwer om Uglúk aan te val.

Uglúk uiter ’n kreet, en ’n aantal Orke byna so groot soos hy, storm nader. Skielik, sonder waarskuwing, spring Uglúk vorentoe, en met twee blitsige hale kap hy twee van sy teenstanders se kop af. Grishnákh tree na eenkant en verdwyn in die skaduwee. Die ander deins terug, en een tree na agter en struikel met ’n vloek oor Merry se uitgestrekte liggaam. Dit red waarskynlik die Ork se lewe want Uglúk se volgelinge spring oor hom en maai nog een met hulle breëlemswaarde af. Dit is die wag met die geel slagtande. Sy liggaam val bo-op Pippin, die lang, gekeepte mes steeds in sy vingers vasgeklem.

“Sit weg julle wapens!” roep Uglúk. “En staak hierdie twak! Ons gaan reguit wes van hier, en af met die trap af. Dan reguit na die rûens, en met die rivier langs na die woud. En ons beweeg dag en nag. Dit duidelik?”

“Nóú,” dink Pippin. “As dit daardie lelike kêrel net ’n rukkie neem om sy troepe onder beheer te kry, het ek ’n kans.” ’n Sweempie hoop het by hom opgevlam. Die rand van die swart mes

101 het sy arm skrams gesny, en toe afgegly tot by sy pols. Hy voel die bloed wat na sy hand afsypel, maar hy voel ook die koue aanraking van staal teen sy vel.

Die orke maak reg om hulle tog voort te sit, maar van die noorderlinge is nog teësinnig, en die Ysterhowers maak nog twee van kant voordat die res die aftog blaas. Daar is ’n warboel en baie geskel, en vir ’n oomblik hou niemand Pippin dop nie. Sy bene is stewig vasgebind, maar sy arms net om die polse, en sy hande is voor hom. Hy kan al twee saambeweeg, al is die tou verskriklik styf vas. Hy stoot die dooie Ork na eenkant, waag dit skaars om asem te haal, en skuif die tou om sy polse se knoop op en af teen die lem van die mes. Die lem is skerp en die dooie hand klem dit vas. Die tou is gesny! Pippin tel dit vinnig op en knoop dit sodat dit ’n los armband met twee lusse vorm, en glip dit oor sy hande. Dan lê hy baie stil.

4.9 Boombaard (Treebeard)

(Tolkien 1993:496-9)

Boombaard se idiosinkratiese, woordryke manier van praat word in vertaling 9 uitgebeeld, en die lied “The Ent and the Ent-wife” vorm deel van die vertaalde poësie.

“Dit is ’n nogal vreemde en hartseer storie,” vervolg hy ná ’n tussenpose. “Toe die wêreld jonk was, en die woude wild was en wyd gelê het, het die Ents en die Entvroue – en toe was daar nog Entmeisies: ai, die skoonheid van Fimbrethil, van Leniglid die vlugvoetige, in die dae van ons jeug! – hulle het saam gewandel en hulle het saam gewoon. Maar ons harte het nie op dieselfde wyse aanhou groei nie: die Ents het hulle liefde gegee aan dinge wat hulle in die wêreld teëgekom het, en die Entvroue het hulle gedagtes op ander dinge gerig, want die Ents was lief vir die groot bome en die wilde woude, en die hange van die hoë heuwels; en hulle het van die bergstrome gedrink en het net van die vrugte geëet wat die bome in hulle pad laat val het; en hulle het by die Elwe geleer en met die bome gepraat. Maar die Entvroue het hulle gedagtes gerig op die geringer bome, en op die grasvelde in die sonskyn anderkant die voete van die oerwoudreuse; en hulle het die sleedoring gesien in die ruigte, en die wilde appel en die kersie aan’t bloei in die lente, en die groen kruie in die vleilande in die somer, en die stuiwegras in die herfsvelde. Hulle het nie daarna gehunker om met hierdie dinge te praat nie; maar hulle wou hê dat hulle moes hoor en dat hulle gehoor moes gee aan wat vir hulle gesê word. Die Entvroue het hulle beveel om na hulle wens te groei en blare en vrugte na hulle smaak te dra; want die Entvroue het gehunker na orde, en oormaat, en vrede (waarmee hulle bedoel het dat dinge moes bly soos hulle dit geplaas het). Derhalwe het die Entvroue tuine gemaak om in te woon. Maar ons Ents het aanhou swerf, en het net dan en wan by die tuine aangedoen. Toe die Duisternis in die noorde aangebreek het, het die Entvroue die Groot Rivier

102 oorgesteek, en nuwe tuine gemaak, en nuwe lande bewerk, en ons het hulle minder gereeld gesien. Ná die Duisternis omvergewerp is, het die land van die Entvroue ryklik tot bloei gekom, en hulle lande het vol koring gestaan. Baie mense het die kundigheid van die Entvroue aangeleer en groot eer aan hulle betoon; maar ons was vir hulle net ’n legende, ’n geheim in die hart van die oerwoud. En tog hier is ons steeds terwyl al die tuine van die Entvroue verwoes is: Mense noem dit nou die Bruinveld.

“Ek onthou dit was lank gelede – ten tye van die oorlog tussen Sauron en die Mense van die See – ’n verlange het oor my gekom om Fimbrethil weer te sien. Toe ek haar laas gesien het, was sy steeds baie mooi in my oë, hoewel baie anders as die Entmeisie van ouds. Want die Entvroue was geboë en gebruin van hulle arbeid, hulle hare verbleik deur die son, die kleur van ryp koring en hulle wange soos rooi appels. En tog was hulle oë steeds die oë van ons eie mense. Ons het Anduin oorgesteek en hulle land bereik, maar daar het ons ’n woestyn gevind: dit was verbrand en ontwortel, want oorlog het daardeur beweeg. Maar die Entvroue was nie daar nie. Ons het lank geroep, en ons het lank gesoek; en ons het almal wat ons teëgekom het, gevra waarheen die Entvroue gegaan het. Sommige het gesê hulle het hulle nooit gesien nie, en ander het gesê hulle het hulle weswaarts sien loop, en sommige het gesê oos, en ander suid. Maar nêrens waar ons gegaan het, kon ons hulle vind nie. Ons smart was baie groot. En tog het die wilde woud geroep, en ons het daarheen teruggekeer. Baie jare lank het ons elke dan en wan uitgegaan en die Entvroue gaan soek, en ons het wyd en syd geloop en na hulle geroep op hul pragtige name. Maar met verloop van tyd het ons nie meer so dikwels gegaan nie, en nie meer so ver geswerf nie. En nou is die Entvroue vir ons net ’n herinnering en ons baarde is lank en grys. Die Elwe het baie liedere geskep oor die Ents se Soektog, en sommige van die liedere is oorgedra in die taal van Mense. Maar ons het geen liedere daaroor geskep nie, en het daarmee genoeë geneem om hulle pragtige name te singpraat wanneer ons aan die Entvroue dink. Ons glo dat ons moontlik in dae wat kom weer kan ontmoet, en dalk sal ons ’n land vind waar ons saam kan woon en albei gelukkig kan wees. Maar daar word voorspel dat dit slegs gaan gebeur wanneer ons albei alles verloor het wat ons nou het. En dit is baie moontlik dat daardie tyd ten einde laaste nader. Want as Sauron van ouds die tuine vernietig het, is dit waarskynlik dat die vyand van vandag al die woude gaan verdor.

“Daar was ’n Elwelied wat hieroor gepraat het, of dit is ten minste hoe ek dit verstaan. Dit is al met die Groot Rivier langs gesing, maar let wel, dit was nooit ’n Entlied nie: dit sou ’n baie lang lied in Ents gewees het! Maar ons ken dit uit ons koppe en neurie dit dan en wan. Dit is hoe dit in julle taal klink:

103 wanneer wind teen die rant is en lig oor die woudstroom sak;

wanneer treë lank is en asem diep, en die berglug fris,

kom terug na my! Kom terug na my en sê hoe mooi my land is! Entvrou: Wanneer Lente na tuin en land kom, en koring is in die halm;

wanneer bloeisels soos glimmend sneeu op die boorde talm; wanneer reënbui en son op aarde die lug met aroma verfris, sal ek hier vertoef, en sal nie kom, omdat my land mooi is. Ent: Wanneer Somer oor die wêreld lê, en op ’n middag goudgeel

onder dak van slapende blare die drome van bome afspeel; wanneer woudportale groen en koel is, en wind is in die Weste, kom terug na my! Kom terug na my, sê my land is die beste! Entvrou: Wanneer Somer hangend’ vrugte warm bak en bessies bruin brand;

wanneer strooi goud is en die aar wit, die oes in die dorp aanland; wanneer heuning stort en appels swel, en hoewel wind is in die Weste, sal ek hier vertoef onder die Son, want my land is die beste!

Ent: Wanneer Winter kom, die wilde winter wat heuwel en woud verdelg; wanneer bome val en sterloos’ nag die sonloos’ dag verswelg;

wanneer wind in die dood’lik’ Ooste is, dan sal in die bitter reën, ek na jou soek, en roep na jou: ek sal weer na jou heen!

Entvrou: Wanneer Winter kom, en sang ophou; wanneer duister oplaas aanbreek; wanneer lig en arbeid oor is, en die dorre tak gebreek,

sal ek uitkyk vir jou, en wag vir jou, dan kom ons weer byeen: saam sal ons op die pad begeef onder die bitter reën!

Albei: Saam sal ons op die pad begeef wat lei na die Weste, en ’n land vind waar albei ons hart kan rus in ver’ geweste.

Boombaard beëindig sy lied. “Dit is hoe dit klink,” sê hy. “Dit is natuurlik Elfs: lighartig, vlugwoordig en weldra oor. Ek dink nie dit is te sleg nie. Maar die Ents kan gerus meer aan hulle kant sê, as hulle net meer tyd gehad het! Maar nou gaan ek opstaan en ’n bietjie slaap. Waar gaan julle staan?”

“Ons lê gewoonlik wanneer ons slaap,” sê Merry. “Ons sal piekfyn wees hier.”

“Lê wanneer julle slaap!” sê Boombaard. “Maar natuurlik! Hm, hoem: ek het vergeet. Daardie lied het oue tye in herinnering teruggeroep; ek het amper gedink ek praat met jong Entlinge. Nou toe, julle kan op die bed lê. Ek gaan in die reën staan. Goeienag!”

104 Merry en Pippin klim op die bed en krul op in die sagte gras en varings. Dit is vars met ’n soet geur, en warm. Die ligte doof uit en die gloed van die bome vervaag, maar buite onder die gewelf kan hulle Boombaard sien staan, bewegingloos, met sy arms bo sy kop gelig. Die helder sterre loer vanuit die hemel en verlig die vallende water wanneer dit oor sy vingers en kop stroom, en in honderde silwer druppels op sy voete drup, drup. En met die geplons van die druppels raak die hobbits aan die slaap.