• No results found

DIE GENEAGRAM AS HULPMIDDEL IN GESINSISTEMIESE ASSESSERING In hierdie literatuurhoofstuk word ‘n beskrywing en uiteensetting van die

4.3 DIE SAAMSTEL VAN DIE GENEAGRAM

4.3.3 DIE UITBEELDING VAN GESINSVERHOUDINGS

Die geneagram illustreer die huidige en historiese verhoudingspatrone van die gesin grafies. Die eienskappe van die verhoudings tussen gesinslede word uitgebeeld en kan gebaseer wees op waarnemings van die terapeut sowel as beskrywings deur die lede van die gesin en uitgebreide familie. Die aard van verhoudings kan heg wees of gekenmerk word deur konflik, onbetrokkenheid of vyandigheid. Dit kan ‘n naby maar vyandige verhouding wees, ’n verhouding gekenmerk deur beide vyandigheid en fusie, emosionele afsnyding, fisiese mishandeling en seksuele mishandeling (McGoldrick en Gerson 1985:21 en McGoldrick et al. 1999:192). Die aard van elke verhouding word grafies anders voorgestel (Vgl. Figuur 14). Die verhoudings in ‘n gesin of uitgebreide familie is dikwels kompleks. McGoldrick en Gerson (1985:21) dui aan dat die verhoudings op ‘n afsonderlike geneagram aangedui kan word. Die voorstelling van die aard van verhoudings tussen gesinslede kan ‘n aanduiding gee van die vlak van funksionering van gesinslede en die gesin as geheel en sou dus as ‘n noodsaaklike komponent van die geneagram beskou kan word.

Figuur 14:

McGoldrick et al. (1999:101) dui aan dat die geneagramformaat die volgende moet insluit:

o Simbole: Om die basiese struktuur van die gesinsamestelling uit te beeld. Dit sluit belangrike persone in wat by die gesin woon of wat ‘n belangrike rol in die gesin speel

o Interaksiepatrone in die gesin: Dui die aard van verhoudingspatrone tussen gesinslede aan. Die faktore wat identifiseer word en wat ‘n aanduiding kan gee van die aard van verhoudings kan op ‘n afsonderlike vel papier aangedui word.

o Mediese geskiedenis: Slegs die belangrikste inligting oor kroniese of ernstige siektes word aangedui en die datums wat van toepassing is kan tussen hakies aangedui word.

o Ander inligting oor die gesin: Ander inligting wat moontlik van belang kan wees en wat op die geneagram aangedui kan word is:

 Etniese agtergrond en verhuisings

 Geloof en godsdienstige oortuigings en veranderings in geloof  Opleiding

 Werk of beroep en werkloosheid  Militêre diensplig

 Aftrede

 Botsings met die gereg

 Fisiese of seksuele mishandeling of bloedskande  Vetsug

 Alkohol- of dwelmafhanklikheid  Rookgewoonte

 Datum wat gesinslede huis verlaat  Aandui waar gesinslede hul tans bevind

Inligting op die geneagram moet so min as moontlik wees anders raak die geneagram te gekompliseerd. ‘n Spasie aan die onderkant van die geneagram kan benut word om bykomende inligting aan te teken, ‘n ekstra vel papier kan

ook gebruik word om inligting wat nie op die geneagram aangedui word nie aan te teken (McGoldrick et al. 1999:107).

Die afleiding wat gemaak word is dat die geneagram so saamgestel word dat faktore wat die struktuur, funksionering, kritiese gebeure en verhoudingspatrone in die gesin beskryf, grafies voorgestel word. Die geneagram bied met ander woorde ‘n sistemiese oorsig van die simptomatiese persoon binne die konteks van sy familiesisteem.

4.4 ONDERHOUDVOERING TYDENS DIE SAAMSTEL VAN DIE

GENEAGRAM

Die inligting wat nodig is om die geneagram saam te stel word tydens onderhoude met gesinslede verkry. Hierdie onderhoud kan volgens McGoldrick en Gerson (1985:29) nie net bloot gaan om inligting in te samel nie, maar is deel van ‘n terapeutiese proses om die gesin te help. Inligting kan verkry word deur met een lid van die gesin of met verskeie lede van die gesin ’n onderhoud te voer. Die houding van die onderhoudvoerder moet volgens Titelman (1998:54) respekvol en neutraal wees, aangesien objektiwiteit “…creates a research atmosphere that helps the family explore the presenting problem in the context of three or more generations of multigenerational family emotional process”. Volgens Titelman (1999:21) beklemtoon Bowen dat die onderhoudvoerder buite die emosionele sisteem van die gesin moet bly wanneer ’n onderhoud gevoer word. Dit verseker dat die navorsingsfokus behoue bly. In hierdie ondersoek sal ‘n onderhoud gevoer word met die indeks- of simptomatiese persoon. Uit bogenoemde kan afgelei word dat die wyse waarop die onderhoud gevoer word en die aard van die verhouding tussen die navorser en die kliënt die mate waartoe die kliënt bereid sal wees om die geskiedenis van die familie te eksploreer kan beїnvloed.

Wanneer met meer as een lid van die gesin onderhoude gevoer word, word betroubaarheid van die inligting wat verkry is, verhoog. Elke gesinslid sal egter vanuit sy eie verwysingsraamwerk en perspektief inligting gee en kan gesinslede se beskrywing van dieselfde situasie dus verskil (McGoldrick en Gerson 1985:30).

Wanneer inligting ingesamel word dui McGoldrick en Gerson (1985:30) aan dat daar met basiese inligting begin word wat dan wyer uitkring “…to capture relevant information about the family and its broader context”. Inligting word vanuit verskillende areas ingesamel:

 Begin by die aanmeldingsprobleem en beweeg na die groter konteks waarin die probleem voorkom.

 Begin met die onmiddellike huishouding (nukliêre gesin) en sluit dan die uitgebereide familie in.

 Die huidige situasie in die nukliêre gesin word uitgebrei om die historiese kronologie van kritiese gebeure in die familie in te sluit.

 Begin met maklike vrae en beweeg dan na vrae wat moeiliker is.

 Van ooglopende feite word later beweeg na hipoteses of moontlike probleme ten opsigte van verhoudingspatrone en gesinsfunksionering.

Wanneer die geneagram saamgestel word begin die terapeut, volgens Titelman (1998:54), deur aan die kliënt te verduidelik waarom kennis van die multigeneratiewe geskiedenis van die gesin van waarde kan wees om die huidige situasie beter te verstaan. Die diagram wat die gesinstruktuur voorstel word opgetrek en Titelman (1998:55) stel voor dat die onderhoud dan getruktureer word aan die hand van die volgende: