• No results found

Lewe na apartheid: lidmate se narratiewe vanuit 'n longitudinale pastorale betrokkenheid

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Lewe na apartheid: lidmate se narratiewe vanuit 'n longitudinale pastorale betrokkenheid"

Copied!
742
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT ’N

LONGITUDINALE PASTORALE

BETROKKENHEID

deur

Leon Michael Foot

Voorgelê ter vervulling van die graad

Philosophiae Doctor

in die

Fakulteit Teologie: Departement Praktiese Teologie

aan die

Universiteit van die Vrystaat

Bloemfontein

Promotor: Prof Jan-Albert van den Berg

(2)

Ek v Univ voor doen Univ Leon 20 A verklaar da versiteit va rheen deur n voorts versiteit van n Michael April 2013 at die proe n die Vrys r my vir ʼn afstand va n die Vryst Foot efskrif wat staat deur graad aan an die ou taat. hierby vir my ingedie n ʼn ander uteursreg die graad en word, m universitei in die pr d Philosop my selfstan t / fakultei roefskrif te hiae Docto ndige werk t ingedien en gunste or aan die k is en nie is nie. Ek e van die e e k e

(3)

Die finansiële ondersteuning van die National Research Foundation aan hierdie navorsing word hiermee erken. Die opinies uitgespreek hierin asook die gevolgtrekkings is dié van die outeur en nie noodwendig dié van die National

(4)

Die gedrukte en elektroniese weergawes van hierdie navorsingsverslag verskil van mekaar. In die gedrukte weergawe is die transkripsies van die gesprekke met die mede-navorsers (Bylae 1 – 15) en hulle skriftelike reaksies (Bylae 16 – 18) slegs in elektroniese formaat op ’n CD aangeheg. Dit beteken dat Bylae 19 – 22 direk na die Bibliografie aan die orde kom. Die Bibliografie se bladsynommers eindig op p387 en Bylaag 19 begin dan op p388. In totaal is daar dus 399 bladsye.

Die elektroniese weergawe lyk anders omdat die Bylae 1 – 18 nou as deel van die teks aangebied word. Die inhoud van die navorsingsverslag bly dieselfde, maar die bladsynommers word dramaties beïnvloed. Waar Bylaag 19 in die gedrukte weergawe direk na die Bibliografie gevolg het op p388, is dit nou Bylaag 1 – 18 wat op die Bibliografie volg. Hierdie Bylae beslaan 327 bladsye. Bylaag 19 in die elektroniese weergawe begin dus eers op p715. Die inhoudsopgawe van die elektroniese weergawe is aangepas om die impak van hierdie addisionele bladsye te weerspieël. In totaal het die elektroniese weergawe is dus 726 bladsye.

(5)

The South African dream is no quiet idyll. We have to dream with our eyes wide open on the roller-coaster ride… So sit tight and fasten your safety belts. But whatever you do, don’t close your eyes. The Loop-de-Loop and the Big Dipper on this particular ride may be hair-raising, but they’ll also be the most memorable moments. And they’re the moments you’ll recall when your grandchildren ask “What did you do during the struggle to create a better South Africa?”

Hunt, J & Lascaris, R (1998:244).

Soos die meeste van my tydgenote het ek nie veel gedoen in die tydperk vóór 1994 nie. Hierdie navorsing probeer opmaak daarvoor met die bede dat dit sal bydra tot ʼn beter post-apartheid Suid-Afrika.

Longitudinale navorsing is per se ʼn langtermynprojek. So lank dat mense – en soms ek ook – begin wonder het of dit ooit sou klaarkry. Daarom is ek so dankbaar vir mense wat my enduit ondersteun en aangemoedig het. Sonder hulle sou dit nie gebeur het nie.

Die belangrikste van die ondersteuners is Sarie, my vrou van meer as dertig jaar.

Dankie dat jy in my glo en dat ek op jou kan steun. Dis meer werd as wat woorde kan sê. Dankie vir jou insigte wat op meer as een plek neerslag vind in die verslag. Aan

ons drie seuns wat ook seker al gewonder het of hulle pa ooit gaan klaarkry, wil ek sê: Leer die les: Aanhouer wen.

My ouers het oor jare geen moeite ontsien om vir my geleenthede te skep nie.

Dankie dat julle van kleinsaf vir my gehelp het om iets raak te sien wat ek dalk nie self sou raaksien nie. Dis so jammer dat Pa nie meer hier is om die afhandeling van

die projek mee te maak nie.

Donderdae het ek en my goeie vriend en oud-kollega ds. Wim Fourie koffie gedrink en die vordering (al dan nie) van die projek bespreek. Hy het uitgevra en geluister, en soms voorstelle gemaak. Dankie Wim, vir jou weeklikse aanmoediging. Jy is vir my ʼn

(6)

vorming en vir die afskop van hierdie projek.

Die opvolgnavorsing en die dokumentering van die proses het geskied onder die bekwame leiding van prof. Jan-Albert van den Berg. Dankie dat jy my onder hande

geneem het en van my los gedagtes ʼn proefskrif gevorm het. Die sukses hiervan is ewe veel joune as myne.

Die grootste dankwoord moet gaan aan die anonieme mede-navorsers wat my vertrou het met hulle verhale. Aanvanklik in die groep, en later individueel, het hulle hul harte oopgemaak oor diep persoonlike sake. Dankie vir julle vertroue en die hulp

met my navorsing. Ek hoop dit was vir julle net so waardevol as vir my.

Hierdie verhale is aanvanklik gedeel met ʼn aantal mense wat kosbare insette gelewer het. Onder hulle tel twee Kweekskool-klasmaats, dr. Annes Nel en dr. Gideon Rossouw, my universiteitskamermaat Tinus Burger en my mede doktorale student ds. Johan Myburgh.

Tydens my navorsing was ek bevoorreg om my idees te kon deel in kritiese gesprekke met die volgende persone: Prof. Piet Meiring, prof. Piet Naudé, dr. Stiaan van der Merwe, dr. Lourens Erasmus. Ek herinner my ook ʼn kosbare gesprek met wyle dr. Beyers Naudé. Onder my kollegas wil ek graag die naam van ds. Cassie Nel uitsonder. Voor sy dood het ons verskeie gesprekke oor my navorsing gevoer. Hy het ook ʼn aantal van sy boeke tot my beskikking gestel.

Verskillende mense het gehelp met die transkripsies se vertaling en die tik daarvan. Wat die opspoor van bronne aanbetref, was mev. Hesma van Tonder van die Vrystaatse Universiteitsbiblioteek van onskatbare waarde. Vir die taalversorging wil ek vir dr. Gideon van der Watt bedank. Dankie Hesma. Dankie Gideon.

ʼn Woord van dank aan die NG Gemeente Welkom-Suid vir die toestemming om die navorsing onder lidmate te kon doen. ʼn Laaste dankie gaan aan die Vrystaat-sinode vir finansiële ondersteuning.

(7)

HOOFSTUK 1

APARTHEID ONDER DIE LOEP GENEEM (ʼn Verhaal van aksie)

1. ’n Apartheidsverhaal 1

2. Inleidend 2

3. Praktiese teologie 5

3.1 Die deskriptiewe-empiriese taak 8

3.2 Die interpreterende taak 9

3.3 Die normatiewe taak 10

3.4 Die pragmatiese taak 10

4. Voorafgaande 11

4.1 Die sosiale geheim onthul 12

4.2 Verskillende menings 13

4.3 Die uitdaging aan die kerk 15

5. Probleem-samehang 16 6. Die (mede)-navorsers 17 6.1 Aanvanklike navorsing 20 6.2 Opvolgnavorsing 21 6.3 Transkripsies 22 7. Intensie 24 8. Verwagtinge 25

9. Paradigma, epistemologie en metodologie 26

(8)

9.1.1 Die moderne era 28 9.1.2 Postmodernisme / postmoderniteit 29

9.1.3 My eie posisie 30

9.1.3.1 Subjektiewe integriteit 30

9.1.3.2 Beperktheid van taal 31

9.1.3.3 Misterie van verstaan 31

9.1.3.4 Betekenis van konteks 31

9.1.3.5 Dekonstruksie van tekste 32

9.2 Epistemologie 35

9.2.1 Sosiale konstruksie diskoers 36

9.2.2 Pastorale teorievorming 38 9.3 Metodologie 42 9.3.1 Literatuurstudie 42 9.3.2 Aanvanklike navorsing in 1998 46 9.3.3 Opvolgnavorsing in 2012 48 9.3.4 Die ABDCE-formule 49 9.3.4.1 Aksie (action) 50 9.3.4.2 Agtergrond (background) 50 9.3.4.3 Ontwikkeling (development) 51 9.3.4.4 Hoogtepunt (climax) 51 9.3.4.5 Einde (ending) 52 10. Navorsingsbeperkings 53 11. Hoofstuk-uiteensetting 54 12. Samevatting 55

(9)

HOOFSTUK 2

DIE OORSPRONG VAN DIE APARTHEIDSVERHAAL (ʼn Verhaal ter agtergrond)

1. Inleiding 57

2. Die agtergrond en oorsprong van die beleid van apartheid 61 2.1 Die voorlopers van die beleid van apartheid 63 2.2 Goeie bedoelings met die beleid van apartheid 66

2.3 Die ander kant van die munt 68

2.4 Agtergrond van 1998 se gesprekke 72

3. “Ek het nie meer ʼn ouer nie” 74

3.1 Onsekerheid 74 3.1.1 Wit armoede 75 3.1.2 Misdaad 79 3.1.3 Politiek 80 3.1.4 Dienslewering 83 3.1.5 Rassisme 85 3.1.6 Wit skuld 88 3.1.7 Regstellende aksie 89 3.1.8 Samevatting 91 3.2 Ontnugter 91 3.3 Opgewonde 92 3.4 Oneerlik 93

(10)

4. Die posisie van die kerk voor 1998 95

4.1 “Die NP in gebed” 95

4.2 “Te abstrak en teoreties en daarom ook te onkrities” 100

4.3 “Sinode van versoening” 103

5. Die posisie van die kerk sedert 1998 105

5.1 Ou toekoms, nuwe toekoms 105

5.2 Uitdagings 106

6. Weingarten se “Typology of Witnessing” 111

7. Die proses van verandering 113

8. Samevatting 118

HOOFSTUK 3

DIE VERHAAL OOR APARTHEID – VERLEDE TYD (ʼn Verhaal van ontwikkeling)

1. Inleiding 119

2. “Geblinddoek deur die lewe” 120

3. Die effek van apartheid 122

3.1 “Twee wêrelde” 127

3.2 “Minder mens” 129

3.3 “Inkommers in apartheid” 133

3.3.1 Rassisme en emosies 134

3.3.2 Rassisme en mag 135

3.3.3 Rassisme en die instellings 136

(11)

3.4 Paternalisme 137

3.5 Groot en klein apartheid 142

4. “Die belediging van apartheid” 144

5. Die onthullings voor die WVK 148

6. Reaksie op die onthullings 150

6.1 “Dit is nie só nie” 150

6.2 “Die Rooi Gevaar” 154

6.3 “Ons is mislei” 159

6.4 “Dinge het tog verander” 161

6.5 “Iewers het dinge verskriklik verkeerd geloop” 163 7. Die rol van die kerk in die tyd van apartheid 165

7.1 “Die backbone van apartheid” 165

7.2 “Te lank stilgebly” 168

7.3 “Hulle begin darem seker nou Christene raak” 170

8. ’n Herhaling van die patroon? 172

9. Samevatting 173

HOOFSTUK 4

DIE VERHAAL OOR APARTHEID – TEENSWOORDIGE TYD (ʼn Klimaks in die verhaal)

1. Inleiding 175

2. Die pad wat die perd geloop het 176

3. Metodologie 177

(12)

4.1 Nogeens, die belediging van apartheid 180

4.1.1 “Apartheid het sin gemaak” 180

4.1.2 “Dis wetgewing se skuld” 183

4.1.3 “Dit was ’n fout” 185

4.1.4 “Dit was ’n fout, maar...” 185

4.2 “Steeds twee wêrelde” 187

4.3 “Ek is (nie) ʼn rassis (nie), maar...” 193

4.3.1 Wat is rassisme? 194

4.3.2 Die onvermydelike van ras 198

4.3.3 Nie-rassisties en meer rassisties 201

4.3.4 Rassisme in remissie? 209 4.4 Skuld 210 4.4.1 Onbewuste werklikheid 211 4.4.2 Ontkenning 213 4.4.3 Erkenning 216 4.4.4 Belydenis 219

4.4.5 Skuld, vergifnis en versoening 223

4.5 Die Kerk 226

4.5.1 Die NG Kerk in apartheid Suid-Afrika 228 4.5.2 Die NG Kerk in post-apartheid Suid-Afrika 231

4.5.3 Die NG Kerk en kerkhereniging 233

4.5.4 Struikelblokke op die pad na kerkhereniging 234

4.6 Regstellende aksie 235

4.7 Die pad vorentoe 243

(13)

4.7.2 Bekommerd oor die toekoms 245 4.7.3 Die rol van die kerk op pad na die toekoms 246

4.8 Nuwe Suid-Afrikaners? 248

4.9 Die jeug vir die toekoms? 250

5. Samevatting 251

HOOFSTUK 5

DIE POST-APARTHEID VERHAAL? (ʼn Verhaal van ʼn einde)

1. Inleiding 252

1.1 Wat behels ʼn “ending”? 253

1.2 Osmer se ought, en meer 254

1.3 Pastorale betrokkenheid 255

1.4 Die rit op die “roller coaster of change” 256

2. Die rol van die WVK 258

2.1 Die waarde van die WVK 259

2.2 Die tekorte van die WVK 261

2.3 Waar staan ons nou met die WVK? 262

2.4 Waarmee die WVK nie gehelp het nie 264

3. Die hart van apartheid 266

3.1 “Senzeni na?” 266

3.2 Hoe wittes apartheid (ge)sien (het) 266 3.3 Gesoek: ʼn gemaklike paar mokassins 268

(14)

3.5 Die gevolge van ʼn ontkenning 272

3.6 So moeilik om aan te beweeg? 273

4. Nalatenskap van apartheid 274

4.1 Steeds kwaad vir die Engelse, én die Boere 274

4.2 Om die vrugte te pluk 276

4.3 Om te erken jy het die vrugte gepluk 278

4.4 “Vreemdelinge, selfs vyande” 279

4.5 Wit 282

5. Die pad van skuld en versoening 285

5.1 Wat is versoening? 285

5.2 Die groot onwilligheid 287

5.3 “Nog baie voete oor” 288

6. Die rol van die NG Kerk 289

6.1 In die beskuldigdebank 289

6.2 Die kerk in ʼn post-apartheid oorpak 290

6.3 Die kerk doen goed 292

6.4 Die kerk sukkel steeds 293

7. Skulderkenning 294

7.1 Vars stemme oor Belhar 297

7.2 Saam vorentoe 298

7.3 Lidmate en skuldbelydenis 298

8. Versoening en vergifnis 300

8.1 Versoening: Kerk as instituut moet voorbeeld stel 302

8.1.1 Eenheid in die NG Kerkfamilie 303

(15)

8.1.3 Begelei lidmate ten opsigte van die hede en die toekoms 305 8.2 Restitusie as deel van versoening 307 8.3 Regstellende aksie as restitusie in beginsel en praktyk 310

9. Lewe na apartheid 314

9.1 Die uitdaging aan die NG Kerk 314

9.2 “Ga se lekhoa, ke motho” 318

9.3 ʼn Kangaroe in die Vrystaat? 319

9.4 Hoop gesetel in volgende geslag 323

10. “Zaziwe” 326

11. Samevatting 327

12. Oorsig oor die navorsing 327

12.1 Terugskouend 328 12.2 Beperkings 329 12.3 Toekomstige temas 330 Bibliografie 331 Bylae 1. Gesprek 1: 30 Julie 1998 388 2. Gesprek 2: 13 Augustus 1998 409 3. Gesprek 3: 27 Augustus 1998 428 4. Gesprek 4: 10 September 1998 454 5. Gesprek 5: 6 Oktober 1998 474 6. Gesprek 6: 27 Oktober 1998 494

(16)

7. Gesprek 7: 4 November 1998 516

8. Gesprek 8: 19 November 1998 543

9. Gesprek 9: Opvolggesprek met Elsa en Frans 561

10. Gesprek 10: Opvolggesprek met Mike en Naomi 586

11. Gesprek 11: Opvolggesprek met Johan en Karin 600

12. Gesprek 12: Opvolggesprek met Hanlie 609

13. Gesprek 13: Opvolggesprek met Danie en Linda 629

14. Gesprek 14: Opvolggesprek met Isak 647

15. Gesprek 15: Opvolggesprek met George 661

16. Korrespondensie van Isak 681

17. Korrespondensie van Johan 698

18. Korrespondensie van Karin 705

19. Aanvanklike uitnodiging 715

20. Toestemming van mede-navorsers 717

21. Verkorte biografieë van mede-navorsers 718

22. Ingeligte toestemming (Fakulteit Teologie UV) 719

Opsomming 722

Abstract 724

(17)

(ʼn Verhaal van aksie)1

My verhaal, soos die van die meeste (aIle?) mense in Suid-Afrika, is ʼn apartheidsverhaal. Dit is 'n verhaal waaroor ek skaam kry, maar dit is ook ʼn verhaal wat meer kompleks is as wat baie van my buitelandse luisteraars ingesien het.... Die verhaal van apartheid is 'n vernederende verhaal. Dit is 'n verhaal van weet en van meerderwaardigheid wat uiteindelik ge‘backfire’ het. Ons wat gedink het ons het die antwoorde en wat neergesien het op die res van die wêreld, moes uiteindelik voel hoe dit is om uitgekryt te word as die skuim van die aarde (Müller 2000a:20).

1. 'n Apartheidsverhaal

Wit Afrikaners kan baie verhale oor hul onlangse geskiedenis vertel, maar as hulle eerlik wil wees moet hulle veral ook, soos Müller hierbo, ’n apartheidsverhaal vertel. Daar was uiteraard ook verhale oor die kerk2 en kultuur, persoonlike verhale van liefde

en barmhartigheid, maar in al die verhale was die beleid van apartheid die onontkombare, die alles-omvattende, alles-bepalende faktor in die lewe van alle mense in Suid-Afrika. Dit het – soos bykans geen ander saak nie – elke aspek van hul lewe geraak.

Hierdie verhaal van apartheid is soos die vele fasette van 'n goeie diamant. Om 'n diamant te kan waardeer, of selfs net te beskryf, vra dat dit van alle kante beskou moet word. Die lig moet eers van alle kante af op die diamant val voordat 'n oordeel gevel kan word. Om werklik eerlik met die verhaal van apartheid om te gaan, vra dat talle fasette gelyktydig onder oog gehou word sonder om een of twee uit te sonder, hetsy vir aanprysing óf kritiek. Ongelukkig val só 'n omvattende uitdaging buite die fokus van hierdie navorsing.

1

Met verwysing na die eerste deel (action) van Müller, Van Deventer en Human (2001) se ABDCE-model.

2 In hierdie navorsingsverslag word die term kerk gebruik om te verwys na die ekumeniese verstaan van die Christelike kerk as die totale liggaam van Christus soos wat dit sigbaar word in die lewens van individuele gelowiges. Die term NG Kerk of soms net Kerk (met ʼn hoofletter) verwys na die Nederduitse Gereformeerde Kerk as denominasie.

(18)

2. Inleidend

In hierdie navorsingsverslag word die verhaal vertel van 'n aantal wit Afrikaans-sprekende Christene in Welkom in die Noord-Vrystaat, wat almal bande met die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk) het3. Veralgemenend beskou was die deelnemers aan hierdie navorsingsproses, wat ek graag mede-navorsers noem, die bevoordeeldes van apartheid en dikwels ook die voorstanders daarvan. Terselfdertyd was hulle ook mense wat vanuit 'n Christelike geloofsposisie geleef het met al die etiese elemente wat dit impliseer. Soos alle ander Suid-Afrikaners het hul lewe ook onherroeplik verander ná die 1994 verkiesing. Die bevoorregte posisie wat hierdie minderheidsgroep onder apartheid beklee het, het dramaties verander met die oorgang na ’n meerderheidsregering. Hierdie oorgang alleen was al moeilik, maar na die onthullings by die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) was dit vir my as wit pastor van ’n groot gemeente, wat nog altyd byna volledig bestaan het uit wit mense, duidelik dat hulle begeleiding nodig sou hê om hulle in hierdie oorgangtyd te help. Daarom is hierdie groep beperk tot blankes4, omdat ons die mense

is wat in die ou bedeling in 'n spesifieke bedeling gestaan het en nou in die nuwe bedeling moet vrede maak met ons eie verlede [Albert 1-040]5.

Oor 'n tydperk van etlike maande word hierdie mense mede-navorsers (Epston 2004:3) in 'n projek oor hoe, gegewe hulle spesifieke verlede, wit Afrikaanse Christene leef in wat algemeen genoem is “die nuwe Suid-Afrika” (Beukes, Davies, Van der Kooy, & Van Wyk 1991; Silber 1991).

Die uitdrukking “wit Afrikaanse Christene” word nie as ʼn outomatiese samevoeging gebruik, so asof die een term noodwendig die ander veronderstel nie. Daar sou geargumenteer kon word dat die begrip wel so gefunksioneer het in die tyd van apartheid. Wat waarskynlik begin het as ʼn konvensie, het later ʼn selfstandige konstruk

3 Die navorsing fokus, soos die titel ook lui, op lidmate van die NG Kerk. Ek is egter van mening dat die temas wat aan die orde kom algemeen binne die wit Afrikaanse Christengemeenskap voorkom. Daarom word in hierdie navorsing ook uitvoerig aandag gegee aan die menings van ander wit Afrikaners.

4 Die woord “blankes” word hier gebruik, omdat dit ʼn aanhaling uit ʼn gesprek is en die woord só in die gesprek gebruik is. Sien my verduideliking oor die gebruik van wit, swart, blank en so meer later in die teks.

5 Die metode van verwysing na aanhalings uit die gesprekke word later in hierdie hoofstuk volledig bespreek.

(19)

geword waarin die een term nie los van die ander gebruik is nie. In hierdie navorsing word doelbewus op wit mense gefokus, omdat hulle tydens apartheid stemreg gehad het, op Afrikaners vanweë hulle besondere rol in die land se geskiedenis, en op

Christene omdat die studie juis wil vra na die rol van die kerk en die lidmate van die

kerk, en by name die NG Kerk. Die volgorde waarin die drie terme gebruik word, word dikwels afgewissel na gelang van die omstandighede. Daar is geen waarde-oordeel in die manier waarop dit gebruik word nie.

Die aanvanklike navorsing vind plaas in die tweede semester van 1998, in die tyd waarin die WVK se verslag gepubliseer word. Die opvolgnavorsing vind veertien jaar later plaas, aan die begin van 2012.

Die hele navorsingsverslag word gestruktureer aan die hand van Julian Müller se “apartheidsverhaal” soos hy dit in sy boek Reis-geselskap (2000a:20-22) vertel. Tydens 'n internasionale kongres vertel hy grepe uit sy eie lewensverhaal. Hy noem hierdie verhaal 'n “vernederende verhaal” en 'n “verhaal van shame”. Hy praat oor sy traagheid om nie gouer tot beter insigte te gekom het nie, en oor sy behoefte om te sê hy is jammer oor sy betrokkenheid by apartheid en sy teleurstelling met die NG Kerk.

Alhoewel ek die boek al jare gelede gelees het, was dit eers met 'n herlees tydens die opskryfproses van die navorsing dat die inhoud daarvan my diep getref het. Ek kon baie duidelike ooreenkomste sien tussen sy verhaal en myne en dié van my mede-navorsers. As hy in 1998 ʼn lidmaat van die NG Gemeente Welkom-Suid was, kan ek nogal dink dat hy goed sou kon inpas by die res van die navorsingsgroep. Uiteraard kan nie almal praat van ʼn “waterskeidingsmoment” (Müller 2000a:21) in hulle siening van apartheid nie en natuurlik het nie almal dieselfde ervarings gehad nie, en tog was daar wesentlike ooreenkomste wat die oog getref het. Sy worsteling oor sy bykans outomatiese baasskap oor sy swart maatjie, Daniël; die twyfel oor die regverdig-baarheid van die beleid van apartheid; sy teleurstelling in die NG Kerk oor die aanvanklike weiering om skuld oor apartheid te bely en sy persoonlike skuld, is alles aspekte wat ook in die groepsgesprekke na vore gekom het.

Müller se verhaal word in ’n bepaalde sin ’n onbedoelde eggo van die groep se verhale. Ek gebruik uittreksels uit sy verhaal om bepaalde hoofstukke en onderafdelings van die navorsingsverslag aan die orde te stel. Soms funksioneer dit aanvullend, soms kontrasterend.

(20)

Nie al die mede-navorsers sal saamstem met wat Müller sê en hoe hy hom daaroor uitdruk nie, en dit was ook nooit die bedoeling dat almal dieselfde moet dink of praat nie. Die navorsing was ook nie bedoel om 'n terapeutiese ingryp te wees nie, maar tog ook nie sonder terapeutiese waarde nie. Tydens die eerste groepsbyeenkoms stel ek dit so aan die mede-navorsers: Ek wil hê dat ons ...mekaar moet begelei om beter aan te pas, om 'n meer suksesvolle deelname aan die nuwe SA te kan hê [Albert 1-025]. Die deelnemers word eintlik mede-skrywers van die finale produk “and it is the recognition of this that can make therapy more of a collaborative learning program" (Steier 1991:170). Hierin sluit ek aan by Anderson en Goolishian (1988:381) as hulle die doel van terapie só verwoord:

The goal of therapy is to participate in a conversation that continually loosens and opens up, rather than constricts and closes down. Through therapeutic conversations, fixed meanings and behaviours... are given room, broadened, shifted, and changed.

Die bedoeling was nooit dat die navorsing alleen maar moet uitloop in 'n verslag waarin daar dan waarde ontsluit word nie. Die aanvanklike deelnemers (mede-navorsers) moes reeds waarde put uit hulle deelname aan die proses (Müller, Van Deventer en Human 2001). Ek verduidelik dit in die eerste gesprek só aan die groep:

...as iemand 'n proefskrif skryf, in watter studierigting ook al, dan is die waarde waarvan gewoonlik eers na die tyd. Hy kry 'n klomp mense, hy stuur vraelyste uit, hy versamel inligting en evalueer dit en so meer. En dan publiseer hy 'n artikel of 'n proefskrif en die waarde kom eers na die tyd. Die mense met wie hy in die proses die pad geloop het, hulle het nie op daardie stadium die waarde daaruit gekry nie. En dit is wat hierdie groep anders maak. Dit is my verklaarde uitgangs-punt dat hier in hierdie groep iets moet gebeur. Dit moet vir die mense wat hier is aangenaam wees om hier te wees in die eerste plek, maar daar moet ook waarde wees om hier te wees. En ek hoop dit is wat gaan gebeur. Ek hoop werklik dat ons mekaar se hande kan vat en die pad kan makliker maak vorentoe [Albert 1-127].

(21)

Dit is my hoop dat die volgende woorde van Müller (2000a:20) ook vir ons as navorsers waar sou word: “Deur die verhaal te vertel aan simpatieke maar kritiese luisteraars, kon ek self 'n nuwe storie oor my apartheidsverlede vertel wat my toelaat om aan 'n beter toekoms te werk.” Die mate waarin dit met my en die mede-navorsers sou gebeur, sou eers jare later sigbaar word toe die aanvanklike navorsing opgevolg is deur 'n verdere studie met dieselfde groep mense. Hierin is die aanvanklike temas weer aan die orde gestel en is daar gesoek vir moontlike verandering in die posisies van die mede-navorsers.

3. Praktiese teologie

Suid-Afrika is tradisioneel bekend as 'n baie godsdienstige, en by name Christelike, land. Die laaste amptelike sensus6 waarin vrae oor godsdiens gevra is, was in 2001. Tydens daardie sensus het slegs 15,1% van die bevolking aangedui dat hulle nie-godsdiens is (Statistics SA 2004:23). Hierteenoor het 75.5% hulleself tuis gevoel in een of ander Christelike kerk en onder wit mense was die syfer so hoog as 80,7% (Statistics SA 2004:24).

In die Vrystaat, waar hierdie navorsing onderneem is, is die persentasie Christene onder die algemene bevolking 89.6% en onder wit mense 'n volle 91% (Statistics SA 2005:25). Hieruit is dit duidelik dat godsdiens, en by name die Christelike godsdiens, 'n dominante faktor is om mee rekening te hou in hierdie navorsing. Van die kernsake van die Christelike geloof is die opdrag om ander mense soos jouself lief te hê (Matteus 22:39) en ook om aan ander te doen wat jy graag wil hê hulle aan jou moet doen (Matteus 7:12). Die onthullings wat by die WVK gemaak is, plaas onmiddellik hierdie uitgangspunte onder verdenking. Voor 1994 het slegs wit mense stemreg gehad waardeur hulle die politieke beleid van die land (help) bepaal het. Dit vraag kom nou onwillekeurig op oor hoe hierdie wit mense dan gedink het oor die diskriminerende beleid van apartheid in die lig van hulle godsdienstige belydenis.

Die navorsing word vanuit 'n prakties-teologiese uitgangspunt gedoen om juis die diskrepansie tussen belydenis en praktyk, tussen leer en lewe te ondersoek. In die navorsing maak ek gebruik van die insigte van talle akademici wat al hieroor geskryf het, maar ek kies doelbewus 'n drietal wat in die onlangse verlede nuwe insigte na die

(22)

tafel gebring het. Ek verwys na Müller (2005), Osmer (2008) en Ganzevoort (2009). Müller se besondere bydrae ten opsigte van postfoundationalism7 kom later volledig aan die orde, maar ek wil graag hier die bydraes van Osmer en Ganzevoort koppel aan 'n vroeëre bydrae van Müller (2000b).

Die navorsing gebruik Osmer (2008) se vier kerntake van die praktiese teologie, naamlik die deskriptief-empiriese taak, die interpretatiewe taak, die normatiewe taak en die pragmatiese taak as bril om na die problematiek van die navorsingsonderwerp te kyk. Ganzevoort (2009) se idee van teologie as “tracing the sacred” korreleer goed met aspekte van Osmer se vierdeling van praktiese teologie.

Verslagdoening oor die navorsing geskied aan die hand van die ABDCE-formule wat aanvanklik deur Lamott (1995) ontwikkel is vir die skryf van verhale. Die formule is deur Müller (2000b) en van sy kollegas verder ontwikkel (Müller, Van Deventer & Human 2001) as 'n teoretiese model vir die dokumentering van narratiewe navorsing. Die model self sal verderaan in hierdie hoofstuk meer uitvoerig beskryf en bespreek word. Op hierdie punt is dit belangrik om te wys op ooreenkomste tussen Osmer se vierdeling, Ganzevoort se “tracing the sacred” en dokumenteringsriglyne van Müller en sy kollegas. Dit is nie vreemd dat daar groot ooreenkomste tussen die modelle is nie aangesien elke navorser poog om op 'n eie manier dieselfde proses in die pastoraat te beskryf.

Ganzevoort (2009) neem sy vertrekpunt in die uitdrukking “hermeneutics of lived religion” wat vertaal word as die hermeneutiek van 'n geleefde godsdiens. Vir hom is dit 'n samevatting van waaroor die praktiese teologie gaan. Hy verduidelik dan die drie terme in sy vertrekpunt uitvoerig. Hy begin by die laaste deel van die konsep en gee eers aandag aan die woord godsdiens. Die woord godsdiens is sy voorkeur keuse bo geloof of spiritualiteit, omdat dit volgens hom 'n meer omvattende term is as die ander twee. Hy definieer godsdiens dan as “the transcending patterns of action and meaning embedded in and contributing to the relation with the sacred” (Ganzevoort 2009:3). Vir hom is dit belangrik om 'n uitdrukking soos “the sacred” te gebruik om so inklusief moontlik te wees in die omgewing waarin hy werk en beweeg. Vir hierdie navorsing word “the sacred” geïdentifiseer as God Drie-enig soos geopenbaar in die Bybel en in

7

Daar is op hierdie tydstip nog geen algemeen aanvaarde Afrikaanse vertaling vir die term

postfoundational nie. In hierdie dokument word dit in skuinsdruk gebruik om aan te dui dat dit ʼn Engelse

(23)

die lewe van Jesus Christus van Nasaret en aan ons bevestig deur die werking van die Heilige Gees.

Ganzevoort (2009:4) definieer godsdiens verder deur die tweede term in sy beskrywing van praktiese teologie. Hy kies om te praat van 'n “lived” godsdiens. Dit sluit aan by die drie tipes materiaal waarmee teologie volgens hom werk. Die eerste noem hy “text” en daarmee bedoel hy die “textual sources of a religious tradition.” Hier probeer die teologie die teks verstaan in verhouding tot ander tekste, in verhouding tot God self en in terme van geleefde ervarings. Dit tweede tipe materiaal is die “idea” of “doctrinal structures” wat probeer om te verwoord wat ons van God kan sê of nie kan sê nie. Die derde tipe materiaal waarmee hy sê die teologie werk, is “praxis”, die handelinge of betekenisse wat aan die werk is in die manier waarop gelowiges leef, onderling op mekaar inwerk en met God omgaan.

Ganzevoort (2009:4) se derde sleutelterm in sy verstaan van praktiese teologie is hermeneutiek. Benewens die feit dat dit dui op die reëls van interpretasie in die algemeen, dui dit ook op die proses van menslike interpretasie, “thereby placing existential themes at the centre of investigation.” Hier beweeg praktiese teologie nader aan die sosiale wetenskappe. Vir die praktiese teologie beteken dit dat die lewe geïnterpreteer word deur 'n eindelose reeks gesprekke waarin ons betekenis konstrueer. As praktiese teologie hermeneuties kyk, dan is die doel om die geleefde godsdiens te verstaan “from its own characteristics and in light of its own understandings and intrinsic normativity” (Ganzevoort 2009:5). Die manier waarop hy dit verstaan, noem hy “tracing the sacred.”

Ganzevoort (2009:5) onderskei vier betekenisse van die woord “tracing” wat elkeen 'n ander aspek beklemtoon en wat hy elke keer met 'n ander woord beskryf. Hy begin met 'n antieke betekenis van “tracing”, naamlik “travelling” – om oor 'n sekere terrein te beweeg. Die tweede betekenis is “following”, wat dui op die volg van 'n stel voetspore van iemand of iets anders. Die derde betekenis is 'n meer metafories verstaan van die woord in die sin om iets in detail te bestudeer. “Tracing” het dus daarmee te make om kennis te rekonstrueer en te ontwikkel. Die laaste betekenis van “tracing” het volgens hom te make met tekening of na-tekening in die sin van iets te skep of te modelleer na aanleiding van 'n eksterne werklikheid. Hiervoor gebruik hy die beskrywende woord “sketching.”

(24)

In die lig van Osmer (2008) se beskrywing van praktiese teologie, wil hierdie navorsing graag aansluit by Ganzevoort se eerste betekenis van die woord “tracing” wat hy vind in die woord “travelling” of “transversing”. Ganzevoort gaan dan voort om praktiese teologie te beskryf as swerwende geleerdheid “which resembles more the roaming through a forest of explorers who enjoy the scenery.” Hiermee bedoel hy dat die versameling van kennis nie bloot kumulatief is nie, maar meer dikwels sirkulêr. “We revisit places we have seen before and repeat old questions to consider old and new answers.” Vir die ingeligte leser sal dit duidelik wees dat hierdie aspek ooreenkomste toon met wat Osmer (2008:4) noem die “descriptive-empirical task.”

3.1 Die deskriptiewe-empiriese taak

Osmer (2008:4) beskryf sy “descriptive-empirical task” as “Gathering information that helps us discern patterns and dynamics in particular episodes, situations, or contexts.” Verderaan in sy boek (2008:36) beskryf hy dit as die soeke na die antwoord op die vraag: “What is going on?” Praktiese teologie moet eers seker maak dat die aard en omvang van die probleem goed verstaan word alvorens oplossings gesoek kan word. Hierdie strewe na verstaan vind plaas deur middel van gesprekvoering.

Die primêre wyse waarop 'n gespreksruimte geskep word en 'n dialogiese proses gefasiliteer word, is deur terapeutiese vraagstelling. Vir Anderson en Goolishian (1992:28) beteken dit 'n “not-knowing” benadering. Hiermee benadruk hulle die feit dat elke persoon die kenner van sy of haar eie lewe is. Die “not-knowing” terapeut neem 'n houding in van egte nuuskierigheid. Die terapeut se houding verwoord (of ver-beeld) 'n behoefte om meer te weet van wat gesê word, eerder as om voorafopgestelde opinies en verwagtinge oor die kliënt of die probleem of die oplossing aan te bied.

Dit is duidelik dat hierdie konsep misverstaan word deur sommige skrywers. Janse van Rensburg (2000:69) gee toe dat die “not-knowing” benadering fokus op die behoorlike verstaan van die probleem en tog is sy hele betoog en afwysing van hierdie benadering nie hierop gebou nie, maar op 'n denkbeeldige “not-knowing” benadering ten opsigte van die etiese hantering van probleemsituasies. Dit kan help om volledig te luister na hoe Anderson en Goolishian (1992:28) self hulle aanpak beskryf: “the therapist exercises an expertise in asking question from a position of ‘not-knowing’ rather than asking questions that are informed by method and that demands specific answers.”

(25)

Ander skrywers stel dieselfde standpunt in ander woorde. Ganzevoort (2009:6) sluit aan by Josuttis (1996) wat die bediening beskryf as “guidance in the hidden and forbidden zone of the sacred” en dan sê hy: “The guide is not an omniscient narrator, but a fellow traveller.” Gerkin (1997:113) gebruik die konsep van 'n “interpretive guide” om die werk van die pastor te beskryf. Van die vier pastorale funksies naamlik “healing, guiding, sustaining, and reconciling” (Gerkin 1997:114) meen hy dat 'n “substantially altered” vorm van “guiding” die oorheersende rol gaan speel in die afsienbare toekoms. Die rol van die pastor as gids sal al hoe meer fokus op ondersoek en dialoog tussen die storie van die Christelike gemeenskap en die storie van die individu.

In die navorsingsverslag sal hierdie taak tuiskom en beskryf word onder die action aspek van Müller, Van Deventer en Human (2001) se ABDCE-model. Hierdie eerste hoofstuk word juis gewy aan die opmerking van Lamott (1995:62) waarby hulle aansluit: “You begin with action that is compelling enough to draw us in, make us want to know more.” In hierdie navorsing is daardie aksie die dramatiese verandering in politieke bedeling na 1994 en die daaropvolgende onthullings voor die WVK.

3.2 Die interpreterende taak

Osmer (2008:4) beskryf die tweede taak as die “interpretive task.” Die bedoeling van hierdie taak is om so goed as moontlik te probeer verstaan waarom 'n spesifieke insident plaasgevind het of waarom 'n situasie of konteks ontstaan het en / of in stand gehou word. Vir my korreleer dit met Ganzevoort (2009:6) se “studying in detail.” Die fokus van sy detail-studie is die bewyse of oorblyfsels van die sakrale, terwyl Osmer (2008:4) se fokus meer is op die effek wat hierdie sakrale (of die afwesigheid daarvan) het in die lewe van mense. Hy beskryf sy interpreterende taak as “Drawing on theories of the arts and sciences to better understand and explain why these patterns and dynamics are occurring” (Osmer 2008:4).

Die interpreterende taak sluit aan by die ABDCE-model se tweede punt, naamlik

background. Lamott (1995:62) sê: “Background is where you let us see and know who

these people are, how they’ve come to be together, what was going on before the opening of the story.” In hierdie verslag word die background gewy aan die ontstaan en funksionering van apartheid en die agtergrond vanuit die pastorale teologie waarteen die lewens van hierdie wit Afrikaners afspeel.

(26)

3.3 Die normatiewe taak

Die normatiewe taak verwoord die soeke na 'n etiese riglyn vir die respons op dít wat in die vorige twee take ontdek en beskryf is. In sy eie woorde: “Using theological concepts to interpret particular episodes, situations, or contexts, constructing ethical norms to guide our responses, and learning from ‘good practice’” (Osmer 2008:4).

As Ganzevoort (2009:6) “tracing” as “following” beskryf, dan gebruik hy die woord “discipleship” en hy haal Paulus se woorde uit Filippense 3 aan waar hy sê dat hy besef dat hy nog nie alles al bereik het nie, maar dat hy hom inspan en uitstrek om dit te kan bereik. Dis hier waar die gelowige “tries to grasp what God had intended” (Ganzevoort 2009:6). By beide skrywers gaan dit dus oor die soeke na die etiese, 'n soeke na 'n beter, meer Bybelsverantwoorde manier van lewe in 'n spesifieke situasie.

In hierdie navorsingsverslag fokus die development aspek van die ABDCE-model op die ondersoek na die praktyk van wit Afrikaners se lewe voor die groot omwenteling in 1994. Soos Lamott (1995:62) sê: “Then you develop these people, so that we learn what they care most about. The plot – the drama, the actions, the tensions – will grow out of that.”

3.4 Die pragmatiese taak

Osmer (2008:4) se pragmatiese taak “Determining strategies of action that will influence situations in ways that are desirable and entering into a reflective conversation with the ‘talk back’ emerging when they are enacted” kom ooreen met Ganzevoort (2009:6) se “tracing” as “sketching.” Hy beskryf dit as “envisioning and developing a world in which we can live faithfully.” Hierdeur sê Ganzevoort in sy eie woorde dieselfde as Osmer, naamlik dat praktiese teologie ook die taak het om die wêreld te ontwikkel.

Müller, Van Deventer en Human (2001:86) se climax sluit aan by die pragmatiese taak. Hulle gebruik weer die woorde van Lamott (1995:62) wat die klimaks beskryf as 'n gebeure “after which things are different for the main characters...”. In hierdie navorsingsverslag korreleer dit met die longitudinale opvolg waarin gekyk sal word of enigiets verander het.

(27)

In terme van die ABDCE-model wat gekies is as struktuur vir die neerskryf van hierdie navorsingsverslag, sal die res van hierdie eerste hoofstuk besig wees met die aksie

(action) deel van die model, dit wil sê met vrae oor wat in die huidige oomblik, die nou

gebeur ten opsigte van die fokus van die navorsing. Met huidige oomblik word natuurlik bedoel die tyd van die aanvanklike navorsing, naamlik 1998. Wat gebeur wat so meeslepend is dat dit “make us want to know more” (Lamott 1995:62)? Hierdie vraag word aangespreek in die volgende afdeling onder die opskrif Voorafgaande.

Voordat daartoe oorgegaan kan word, moet nog net eers duidelik gemaak word wat verder in hierdie hoofstuk aan die orde gestel word. In aansluiting by die action-vraag na die nou, kyk ek in die probleemsamehang na my persoonlike belangstelling by die onderwerp teen die agtergrond van 'n bepaalde ervaring wat ek in die NG Kerk gehad het. Hierna word die (mede)-navorsers voorgestel, gevolg deur 'n verduideliking van die

intensie en verwagtinge van die navorsing. Die grootste deel van hoofstuk word gewy

aan die paradigma, epistemologie en metodologie. Die hoofstuk sluit af met 'n bespreking van die beperkings van die studie en 'n beskrywing van wat in die verdere

hoofstukke verwag kan word.

4. Voorafgaande

In 1994 het die lewe in Suid-Afrika dramaties verander. Na ʼn bewind van meer as vyf dekades het die Nasionale Party (NP) bewind en die amptelike beleid bekend as apartheid, formeel tot ’n einde gekom met die eerste volle demokratiese verkiesing in Suid-Afrika. Op 27 April 1994, vir die eerste keer in die meer as 300 jaar sedert die begin van Europese kolonisasie, het lede van alle bevolkingsgroepe in Suid-Afrika die geleentheid gehad om te stem vir die party van sy of haar keuse. Die sogenaamde

nuwe Suid-Afrika is gebore. Enige nuwe begin laat egter iets van die oue agter.

Die ou Suid-Afrika mag dalk dood wees, maar die verlede word nie wegwens nie; die vergrype bly spook, die geraamtes val steeds uit die kas. In die res van hierdie afdeling sal aangetoon word hoe die WVK-proses die laaste geheime van apartheid onthul het, hoe verskillende mense verskillende standpunte gehuldig het oor die toekoms van die nuwe Suid-Afrika en laastens die uitdagings aan die kerk.

(28)

4.1 Die sosiale geheim onthul

Reeds ten tye van die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika in 1994, skyf Armstrong (1994:32) dat gemeenskappe die verlede verskillend hanteer, maar dat niemand dit kan ignoreer nie. As mense of groepe die verlede nog wou ignoreer, was dit na die proses van die WVK beslis nie meer moontlik nie.

By die WVK was daar onthullings wat koue rillings langs mense se kollektiewe rûe af gestuur het. Vir baie Suid-Afrikaners was dit bloot die openbare proklamering van iets wat deel van hulle lewe was (Krog 1998a:45). Vir ander, veral vir die wit gemeenskap, was dit ʼn groot skok. Verhale van moorde, marteling, ontvoering en ander menseregte-vergrype is vertel (Asmal, Asmal & Roberts 1997; Krog 1998a; Meiring 1999a; James & Van de Vijver 2000). In die hoofartikel van Die Kerkbode van 19 Desember 1997 (Gaum 1997c:4) verwoord die redakteur waarskynlik die tipiese reaksie van die wit Afrikaner as hy, met verwysing na die gruverhale, lidmate aanhaal wat sê dat hulle nooit geweet het van, en nooit gestem het vir só 'n beleid nie.

Die “brutale werklikheid” (Campbell 1998:14) van die onthullings van mense wat in diens van die vorige regering was (De Kock & Gordin 1998), het daagliks die kokon van ontkenning verder oopgebreek. Die aanvanklike selfversekerdheid het oorgegaan in ontkenning, maar ook dit moes plek maak vir ontnugtering en ongeloof. Die sosiale geheim (Imber-Black 1993; Mason 1993) van apartheid is wreed in die openbaar uitgestal (Pauw 1997). 'n Sosiale geheim word gedefinieer as dit waarvan geweet is, of vermoed is, maar nooit oor gepraat is nie. In families of gesinne verwys dit dikwels na sosiaal onaanvaarbare optrede of gedrag, soos drankmisbruik, gesinsgeweld of bloedskande. Dit kan ook verwys na sake wat sommige as minder ernstig sal beskou, soos iemand wat sy of haar werk verloor. Wanneer sodanige geheim dan uiteindelik geopenbaar word, gaan dit gewoonlik met baie trauma gepaard.

Al gebruik Imber-Black (1993) en Mason (1993) nooit die uitdrukking sosiale geheim

van apartheid as sodanig nie, was die onthullende verhale wat een na die ander voor

die WVK vertel is, vir baie mense soos 'n sosiale geheim wat skielik aan die hele wêreld ontbloot word. Al te dikwels was dit wit Afrikaners wat as die skuldiges uitgewys is. Skielik kon die donker kant van apartheid nie meer ontken word nie

(29)

Die wit gemeenskap wat jare lank die voordeel van apartheid gesmaak het, is ontnugter. Vrae soos “was ons werklik deel hiervan?” en later “hoe leef ons nou verder in die nuwe Suid-Afrika, gegewe ons spesifieke geskiedenis?”, het in alledaagse gesprekke en tydens huisbesoeke na vore gekom en het uiteindelik aanleiding gegee tot hierdie navorsing. Krog (1998a) vat hierdie dilemma goed saam as sy haar boek opdra “aan elke slagoffer wat ’n Afrikaner van op haar lippe gehad het.”

In haar boek Country of my skull haal sy 'n anonieme brief, in Afrikaans, gerig aan die WVK aan wat dit goed opsom:

Dan huil ek vir dit wat gebeur het, al kan ek niks daaraan verander nie. Dan soek ek in my binneste om te verstaan hoe is dit moontlik dat niemand eenvoudig geweet het nie, hoe is dit moontlik dat so min iets daaraan gedoen het, hoe is dit moontlik dat ek ook maar baie keer net toegekyk het. Dan wonder ek hoe is dit moontlik om met daardie skuld en skande van die binnekant te lewe... (Krog 1998a:46).

4.2 Verskillende menings

Baie menings oor die lewe in die sogenaamde nuwe Suid-Afrika is reeds in die tyd vóór die demokratiese oorgang gepubliseer. Vanuit verskillende gesigspunte is daar gekyk na die problematiek van die land ná die demokratiese oorgang. Ter wille van ʼn oorsig noem ek net enkeles – in geen spesifieke volgorde nie.

Die teoloog Klaus Nürenberger (1994) kyk na die taak van die kerk in 'n post-apartheid Suid-Afrika. Sy vertrekpunt is “that it is part of the church’s mission to address economic issues” (Nürenberger 1994:119). Hy identifiseer veertien ekonomiese knelpunte wat volgens hom net soveel aandag vra as die politieke probleme. Dit sluit onder andere in: “a relative poor economy, vast imbalances in income, wealth and infrastructure, rural poverty, dependence on migrant labour and chaotic urbanisation” (Nürenberger 1994:121-131). Sy oplossings vir hierdie probleme lê daarin dat die kerk waagmoed aan die dag moet lê in die aanspreek van die uitdagings (Nürenberger 1994:137-142).

Sosioloë het ook vanuit hulle perspektief geskryf oor die lewe in die nuwe Suid-Afrika. Mungazi (1989) pas Thomas Kuhn se teorie van die struktuur van wetenskaplike

(30)

revolusies toe op die bevrydingstryd in Suid-Afrika en Mangaliso (1994) skryf oor post-onafhanklikheid konflik en die huidige konflik-dinamika in Suid-Afrika.

Die politici het ook hulle eie idees voorgelê oor hoe die toekoms moet lyk. Adam en Moodley (1993) voer gesprekke met prominente Suid-Afrikaners en skryf dan oor "what is likely to happen in the near future." Naidoo (1991) bring 'n aantal swart skrywers bymekaar wat skryf oor sake soos die ekonomie, arbeid en veral ook die politiek. Direk na die historiese verkiesing in 1994 het hierdie stroom idees nie opgehou nie.

Freedman (1995) beskryf profetiese scenario’s oor die moontlike toekoms in sy boek “Quest for blue skies – South Africa in 2004” terwyl ander (Friedman & Atkinson 1994; Murray 1994) se hoop vir die toekoms gebou word op die vreedsame aard van die verkiesing wat hulle heeltemal oorweldig het. Een kwessie word egter nie aangespreek nie.

Te midde van al hierdie publikasies is daar in die tyd voor die aanvanklike navorsing bitter min geskryf oor die wit Afrikaner. Net meer as ʼn dekade later sou Davies (2009:Flapteks) steeds dieselfde skryf: “Much has been written about the African National Congress, its support base and alliance partners in the post-apartheid era, but Afrikaner politics and identity remain underexplored.”8 Die dominante diskoers van die tyd voor 1998 het gefokus op die verbetering van die lewens van swart mense. Tog was die wit Afrikaner juis belangrik in die post-apartheid Suid-Afrika. As groep het hulle ’n baie spesifieke geskiedenis; hulle was die bedrywers van apartheid, die ondersteuners of ten minste dan die bevoordeeldes van apartheid. Ek kies doelbewus vir die uitdrukking bedrywers van apartheid om die Engelse perpetrators of apartheid mee te vertaal, eerder as 'n konsep soos daders. Iemand wat iets bedryf is met baie meer besig as bloot met die pleeg van sekere dade. 'n Bedrywer is ook besig met die onderliggende filosofie van dit wat bedryf word. In die lig van die debat tydens die sesde gesprek [6-052 tot 6-100] oor die onderskeid tussen die dade van apartheid en die onderliggende uitgangspunte, is dit meer omskrywend om eerder van bedrywers as daders te praat.

8

In die jare tussen die twee rondtes navorsing het daar wel ʼn aantal boeke verskyn wat spesifiek fokus op die Afrikaner. Hier kan verwys word na die boek van Botha (2008) en die twee van Giliomee (2004 en 2012).

(31)

Wetend of onwetend het wit Afrikaners die ellende van miljoene veroorsaak, en die dood van baie (Coleman 1998). Wit Afrikaners kan hulle rol in die “ou” Suid-Afrika nie ontken of ongedaan maak nie. In dieselfde asem moet ook erken word dat hierdie groep 'n belangrike rol het om te speel in die sukses van die nuwe Suid-Afrika. Dit verklaar die destydse president Nelson Mandela se uitnodiging "for the full participation of the DRC and the Afrikaner community in the reconstruction of a just and democratic society" (Villa-Vicencio & Niehaus 1995:8).

Die voorsitter van die WVK, aartsbiskop Desmond Tutu, luister na die voorlegging van die Vryheidsfront wat praat “vanuit die perspektief van die etniese Afrikaners wat hulleself nie kan... losmaak van hulle verlede nie” (Viljoen 1997) en maak dan hierdie opmerking oor die noodsaak van versoening: "Reconciliation is a national project. Every South African who loves this country must know that this is something to which they must be committed, for which they must work" (Tutu 1997).

Sedert die aanvanklike navorsing is daar heelwat geskryf wat relevant is vir hierdie studie. Hierdie nuwer bronne word verderaan bespreek in die afdeling oor die literatuurstudie.

4.3 Die uitdaging aan die kerk

Wat waar is van die breë gemeenskap, is soveel te meer waar van die kerk as die gemeenskap wat God se genade sigbaar maak. Hoe kan wit Christene hulle swart broers en susters in Christus in die oë kyk op die pad wat hulle saam loop in die nuwe Suid-Afrika? Dreyer (1996:183) sê tereg dis die uitdaging van die kerk om haar lidmate die geleentheid te gee om nuwe identiteite en nuwe rolle te definieer in die nuwe bedeling. Meiring (1998:21), wat lid van die WVK was, sluit hierby aan as hy van die NG Kerk vra om genesing te bewerk deur die hou van mini-WVK’s waar mense hulle stories kan kom vertel. Die skep van nuwe rolle en die definiëring van nuwe identiteite kom egter nie oornag nie, en waar dit nog gepaard gaan met erkenning van die benadeling van ander in die verlede, is dit 'n groot prys om te betaal waarvoor nie almal kans sien nie.

Baie wit Suid-Afrikaners verkies reeds jare lank om eerder die land te verlaat om sodoende die aanpassing in die nuwe situasie vry te spring (Rapport 1997:23). Só

(32)

byvoorbeeld toon die Australiese sensus van 2011 dat daar reeds byna 146 000 Suid-Afrikaners in Australië woon, ongeveer 0,7% van die bevolking (Van der Westhuizen 2012). Die meerderheid wit Afrikaners kan egter nie, of wil nie die land verlaat nie. Hulle sal hierdie land moet láát werk, wat dit ook al vra. Alan Paton (1979:vii) rig jare gelede reeds ʼn waarskuwing in hierdie verband: “the hard fact must be faced that the cause of black liberation and the cause of Afrikaner survival are often incompatible”. As ons hierdie land wil laat werk sal ons dit wat oënskynlik “incompatible” is, moet versoen. Die voormalige president, Nelson Mandela (Mandela 1995:188), het destyds reeds die hoop uitgespreek dat deur gesprek en onderhandeling die wit Afrikaner en die swart mense van hierdie land mekaar sal vind.

5. Probleem-samehang

Almal wat na 1948 in Suid-Afrika gebore is, het niks anders geken as die beleid van apartheid nie. Toe hulle gebore is, was apartheid alreeds daar. Tydens een van die groepsgesprekke vertel ek van my eie ontmoeting met die verhaal van apartheid:

Ek onthou kleintyd het ons altyd na my ouma toe gestap. Sy het aan die anderkant van die treinspoor gewoon... Soos jy oor die brug gestap het, het jy afgekyk na Ghandi se winkel, en langs hom was 'n groot motorhuis se muur, en op die muur het daar net sulke groot rooi letters gestaan ‘BAN APARTHEID’. Dit was seker hier iewers in die middel-60’s, daar rond, en dit is die eerste wat ek van apartheid gehoor het [Albert 1-692].

Ek onthou dat ek in my grootwordjare gedroom het daaroor dat ons as wittes eendag sou wakker word en dan is alle wit mense swart en alle swart mense wit. Al het ek dit dalk nie 'n naam gegee nie, was die besef van 'n ongelykheid en 'n onregverdigheid altyd teenwoordig. En tog was daar by wit mense klaarblyklik geen dringende behoefte om hulle aandeel of skuld aan apartheid te bely nie.

Ek onthou ook die konflik in die gemeente oor die skuldbelydenis van professor Willie Jonker by die kerkeberaad in Rustenburg in 1991. Onder leiding van 'n voormalige kollega het die kerkraad met 'n meerderheid van stemme die volgende besluit geneem:

(33)

“Die Kerkraad van die NG Gemeente Welkom-Suid distansieer hom ten volle van die skuldbelydenis wat dr. Willie Jonker namens die NG Kerk en die Afrikaner gedoen het dat apartheid in al sy vorme as sonde voor God verklaar word” (Ned. Geref. Gemeente Welkom-Suid 1991). 'n Aantal kerkraadslede het uit protes hulle teenstemme laat notuleer. Vier maande later is revisie toegestaan ten opsigte van die besluit en is 'n aantal ander besluite geneem. In die eerste van die nuwe besluite besluit die kerkraad “om hom te distansieer van die onkerkordelike optrede van Prof Willie Jonker toe hy tydens die Rustenburg-beraad 'n skuldbelydenis namens die NG Kerk en die Afrikaner gedoen het” (Ned. Geref. Gemeente Welkom-Suid 1991). 'n Verdere besluit is ook bygevoeg waarin die kerkraad “besluit om 'n beroep op lidmate te doen om hulle te vereenselwig met die skuldbelydenis wat vervat is in Kerk en Samelewing en om in die lig daarvan ook persoonlike skuldbelydenis voor God te doen” (Ned. Geref. Gemeente Welkom-Suid 1991). Ek weet nie wat die persoonlike reaksie van al die lidmate hierop was nie, maar ek kan my nie herinner aan enige gebed in my teenwoordigheid waar 'n lidmaat of kerkraadslid skuld oor apartheid bely het nie. Die onthullings by die WVK sou waarskynlik hierdie situasie verander.

Die gebeure van 1994 het iets van my droom waargemaak. Alle mense se velkleure was nog soos voorheen, maar die gesagsrolle het heeltemal verander. Die bekende het plek gemaak vir die onbekende. Ek het gewonder hoe wit mense9 in die sogenaamde “nuwe” Suid-Afrika sou leef, veral na die onthullings by die WVK. Ek het verder gereken dat indien ek daaroor wonder, daar waarskynlik ook ander sou wees wat wonder hoe hulle lewe in die toekoms sou wees. Hierdie vrae was “compelling enough to draw us in” (Lamott 1995:62). Dit was hierdie vrae wat die “this now” (Lamott 1995:48) van die aksie-fase gevorm het en waaruit die navorsing ontstaan het.

6. Die (mede)-navorsers

Soos reeds hierbo vermeld, in my mede-navorsers almal wit Afrikaans-sprekende Christene wat almal bande met die NG Kerk het. Daarby kom almal uit Welkom in die Noord-Vrystaat. Dit is gepas om hier eers iets meer oor Welkom self te sê.

9

Ek kies vir die gebruik van wit mense in plaas van witmense (ook so met swart mense en swartmense) om daarmee aan te dui dat die kollektief mense is met twee onderafdelings, eerder as twee onderskeie selfstandige groepe.

(34)

Die stad Welkom is die breinkind van sir Ernest Oppenheimer van Anglo American (Froise 2004:73). Hierdie naam is later verander na AngloGold en tans staan hulle bekend as AngloGold Ashanti. Met die ontdekking van goud in die Noord-Vrystaat in die 1940’s is besluit om 'n nuwe dorp aan te lê vanwaar die goudmyn-aktiwiteite bedryf sou word. Op 15 April 1947 gee die Provinsiale Raad toestemming vir die totstand-koming van die dorp (Fleischer 1968:21).

Welkom is een van net 'n handjievol dorpe wêreldwyd wat eers op papier uitgelê is voordat dit gebou is. Die stadsbeplanner William Backhouse benut die oorvloed ruimte op die vlaktes van die Noord-Vrystaat en ontwerp 'n model-stad: “His vision was to build an open city that would avoid congestion” (Sparks 2003:242). Van daar Welkom se magdom beroemde verkeersirkels.

In dieselfde tyd dat die dorp aangelê word, sink Anglo American aanvanklik vyf mynskagte, wat kort daarna deur nog vyf opgevolg is en toe 'n verdere drie. In sy Kersboodskap in 1950 – die jaar toe die eerste skagte in produksie kom – noem Oppenheimer hierdie groot ontwikkeling “probably the biggest single enterprise in the history of our country” (Fleischer 1968:12). Die noodsaak vir so baie skagte is duidelik as in gedagte gehou word dat die goud wat hier ontdek is, ses en 'n half onse per ton erts beloop het. In metrieke mate is dit meer as 204 gram per metrieke ton. Dit was eenhonderd keer ryker as die beste resultate van die Witwatersrand (Sparks 2003:241). Die aantal skagte sou in die daaropvolgende dekades nog dramaties vermeerder, sodat Welkom in die 1970’s ongeveer 35% van Suid-Afrika se goud geproduseer het (Sparks 2003:243).

Hierdie rykdom het ook neerslag gevind in die salarisse van die wit mynwerkers wat gemiddeld tussen R8000 en R9000 per maand verdien het in 'n tyd toe die rand 40% meer werd was as die VSA dollar (Sparks 2003:242). Die salaris van die gemiddelde swart werker hierteenoor was 'n skamele R35 per maand (Sparks 2003:243).

Ongelukkig het die Vrystaatse Goudvelde, en daarmee saam Welkom, se verhaal nie 'n onbelemmerde positiewe verloop nie. In 1992 het AngloGold, wat toe die wêreld se grootste goudprodusent was, 22 diep-vlak skagte in Welkom bedryf. Nege jaar later het hy vyf oorgehad. Sy 122 000 werknemers het verminder na 17 000 (Sparks 2003:239). Volgens die amptelike sensus was daar in 1996 ongeveer 123 000 mense werksaam in die mynbedryf in die Vrystaat, en teen 2001 slegs 44 000 (Statistics SA 2005:74).

(35)

Welkom se beste dae was verby en die effek is op alle vlakke gevoel: “Even some churches have closed” (Sparks 2003:239).

In 2003 skryf Sparks (2003:246) “Welkom’s golden age... is over and it is entering a new and much tougher economic phase...”. Dit is in hierdie tyd dat Marjorie Froise Welkom kies om haar navorsing oor Christenskap in Suid-Afrika te doen: “The City of Welkom is neither heavily urbanised nor rural and it is felt that Welkom represents a microcosm of the country of South Africa and that the research findings reflect a cross-section of the values of most South Africans” (Froise 2004:72). As Welkom dan ʼn mikrokosmos van Suid-Afrika is, is dit juis ʼn ideale plek om hierdie navorsing te doen.

As een van die leraars van die NG Gemeente Welkom-Suid, het ek in 1998 'n oop uitnodiging in die gemeenteblad geplaas waarin alle belangstellendes uitgenooi is om deel te word van 'n gespreksgroep oor apartheid en die lewe in die “nuwe” Suid-Afrika. 'n Afskrif van hierdie uitnodiging is ingesluit in hierdie verslag as Bylaag 19. Ek het ook 'n aantal persone in die gemeente persoonlik genader om hulle uit te nooi na die gespreksgeleenthede. Dertien persone het vir die gesprekke opgedaag. In hierdie navorsingsverslag verwys ek op verskillende maniere na hierdie mense, soms as (lede van) die groep, ander kere as deelnemers (Ebersöhn, Eloff & Ferreira 2007:8) en hoofsaaklik as mede-navorsers (Mouton 2001:63) soos die gebruik in 'n sosiaal-konstruksie benadering is. Hierdie terme word as wisselterme gebruik en geeneen het 'n waarde-voorrang bo die ander nie.

Die aanvanklike groep mede-navorsers het mans en vrouens ingesluit. In ouderdom het hulle gewissel van 37 tot 85 jaar. Die gemiddelde ouderdom was 49 jaar en die mediaanwaarde was 48 jaar. Daar was vier egpare in die groep asook twee wewenaars en een geskeide persoon. Wat beroepe aanbetref was daar – in geen spesifieke orde nie – ʼn huisvrou, ʼn aantal maatskaplike werkers, ʼn aantal persone in die onderwys, drie uit 'n tegniese beroepsveld, ʼn pensioenaris en ʼn verpleegkundige. Elke deelnemer het ʼn toestemmingsbrief geteken waarin toestemming gegee is dat die gesprekke opgeneem en getranskribeer mag word en vir navorsing gebruik mag word. ʼn Voorbeeld van hierdie brief is as Bylaag 20 aangeheg. Beperkte biografiese inligting van elke deelnemer verskyn in Bylaag 21 sonder om hulle identiteite bekend te maak.

In 2011, toe hierdie navorsing reeds op ʼn gevorderde stadium was, het die Departement Praktiese Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat ʼn riglyn

(36)

daargestel ten opsigte van ingeligte toestemming van deelnemers aan navorsings-projekte. Hierdie dokument is as Bylaag 22 aangeheg. Die dokument het te laat gekom vir gebruik in hierdie navorsing. Ek is egter oortuig daarvan dat Bylaag 20 volledig aan die gees en bedoeling van die Departement se riglyne voldoen, al sou dit nie in alle

detail presies daarmee ooreenstem nie. Tydens die eerste gesprek het die

mede-navorsers ook ooreengekom op ʼn stel reëls vir die gesprekke. Vergelyk in hierdie verband [1-203] en verder. Saam met Bylaag 20 is daar dus voldoende beskerming aan die mede-navorsers gebied.

6.1 Aanvanklike navorsing

Die mede-navorsers het elkeen 'n skuilnaam gekry om hulle identiteite te beskerm. Die skuilname is toegeken in die volgorde waarin hulle aan die woord gekom het. Aangesien ek eerste gepraat het, het ek vir myself 'n skuilnaam gegee wat met die letter “A” (Albert) begin het. Die persoon wat tweede gepraat het se skuilnaam begin met 'n “B” (Ben) en so verder aan met die alfabet. Ek het vir myself ook ʼn skuilnaam gegee al was dit streng gesproke nie nodig nie. Dit was ʼn doelbewuste keuse om my gelyk te stel met al die ander mede-navorsers. In die transkripsies wat aan die groep uitgedeel is na elke gesprek, is alle deelnemers gelyk – almal word net aan skuilname geken en geeneen het ʼn voorrang bo ʼn ander nie; enige vorm van magspel is daardeur geneutraliseer. Vir die mede-navorsers was ek dus ʼn gelyke vennoot en nie die dominee wat met ʼn groep lidmate ʼn proses deurloop nie. Die mede-navorsers kon in die transkripsies hulle vorige bydraes sien en daarop kommentaar lewer in die volgende gesprek. In die woorde van Conde-Frazier (2012:236) “People who were previously objects of study become active subjects and participants.”

Enkele kere word daar ook verwys na persone wat bloot met ʼn voorletter aangedui word. Omdat hulle rolle beperk is tot een of moontlik twee verbygaande verwysings, word hulle nie verder gedefinieer nie.

In die transkripsies van die gesprekke is enige identifiseerbare besonderhede soos werkgewers en werkplekke verwyder ter wille van die anonimiteit van die mede-navorsers. Volledigheidshalwe word die transkripsies van die gesprekke op die ingebinde CD beskikbaar gestel in elektroniese formaat as Bylaag 1 tot 8. Die nommer van die Bylaag stem dus ooreen met die nommer van die gesprek. Dit is ook waar van

(37)

die gesprekke van die opvolgnavorsing.

6.2 Opvolgnavorsing

Die opvolgnavorsing is by wyse van ʼn longitudinale studie gedoen. “The defining feature of longitudinal studies is that individuals are measured repeatedly through time” (Diggle, Heagerty, Liang & Zeger 2002:1). In hierdie navorsing beteken dit dat ʼn groep mede-navorsers oor ʼn tydperk van veertien jaar meer as een keer die geleentheid gekry het om hulle narratiewe te deel

...thereby allowing the direct study of change over time. The primary goal of a longitudinal study is to characterize the change in response over time and the factors that influence change. With repeated measures on individuals, one can capture within-individual change. Indeed, the assessment of within-subject changes in the response over time can only be achieved within a longitudinal study design (Fitzmaurice, Laird & Ware 2004:2).

Die aanvanklike navorsing is in groepverband gedoen. Ongelukkig was dit nie moontlik om die opvolgnavorsing ook in groepverband te doen nie. Fitzmaurice, Davidian, Verbeke en Molenberghs (2009:ix) skryf “longitudinal studies are... prone to problems of missing data and attrition.” Hierdie “attrition” word ook soms genoem “drop-out” (Hedeker & Gibbons 2006:2) en verwys na ʼn mede-navorser wat uit eie keuse of vanweë omstandighede onttrek voor die einde van die studie. Dit was ook die geval met hierdie navorsing. ʼn Beduidende aantal van die oorspronklike mede-navorsers het uit Welkom verhuis, die meerderheid na ander provinsies. Een persoon is sedertdien oorlede. Dit sou dus nie prakties moontlik gewees het om almal weer in 'n groep byeen te bring nie. Almal was egter steeds bereikbaar en ek het nog kontak met elkeen gehad.

Eerder as om 'n nuwe navorsingsgroep te begin, is besluit om eerder die oorspronklike mede-navorsers individueel te kontak vir die opvolgnavorsing. Ek het elkeen persoonlik gekontak en het deur middel van 'n persoonlike gesprek weer die temas van die oorspronklike navorsing aan die orde gestel. Ten einde hierdie gesprekke te voer het ek etlike duisende kilometers gery na uiteenlopende plekke soos Prieska in die Noord-Kaap en Malmesbury in Wes-Noord-Kaap. Die transkripsies van hierdie gesprekke is ook op

(38)

die ingebinde CD in elektroniese formaat aangeheg as Bylaag 9 tot 15. Soos in die transkripsies van die oorspronklike gesprekke is inligting wat die mede-navorsers sou kon identifiseer eers verwyder. Die transkripsies van beide die aanvanklike navorsing en die opvolgnavorsing – op die CD sowel as in aanhalings in hierdie verslag – is nie taalkundig versorg nie, maar word weergegee soos wat die persone gepraat het.

Van drie mede-navorsers het ek ook skriftelike korrespondensie ontvang. Hierdie korrespondensie is saam met die transkripsies in elektroniese formaat op die CD aangeheg. Soos met die transkripsies is hierdie skriftelike bydraes ook nie taalkundig versorg nie, maar onveranderd geplaas. Hierdie bydraes is genommer Bylaag 16 tot 18.

6.3 Transkripsies

Alle gesprekke is met die toestemming van die mede-navorsers opgeneem en later getranskribeer. Die transkripsies is nie taalkundig versorg nie. Soms lees dit ongemaklik, omdat mense hulleself onderbreek en sommige gedagtes nie volledig uitgespreek word nie. Hierin sluit ek aan by die internasionale gebruike rakende transkripsies. Die voorwoord in die transkripsies van die Universiteit van Kentucky se Mondelinge Geskiedenis-program is ook hier van toepassing: “The reader... should bear in mind that he (sic) is reading a text of the spoken word rather than the written word” (aangehaal in Allen 1982:36). In die lig van die narratiewe aard van hierdie navorsing, is dit belangrik dat die mede-navorsers se menings verbatim weergegee word al voldoen dit nie altyd aan die aanvaarde taalreëls nie.

Soms word woorde gebruik wat tans nie as geskik geag word nie. Waar hierdie woorde voorkom in aanhalings, word dit net so weergegee. “Oral history is what comes out of people’s mouths, and it has to be captured accurately on paper; or else you violate the integrity of the interviewee... and you violate the integrity of the medium” (Allen 1982:35). Die feit dat sulke woorde aangehaal word, moet nie gesien word as goedkeuring deur die navorser of ander mede-navorsers nie. Dieselfde geld ook vir die gebruik van politieke rasonderskeidende terme soos swart, wit, blank en kleurling. Vir die doel van hierdie navorsing is dit belangrik om wel daardie woorde te gebruik om 'n getroue weergawe te kry van wat die mede-navorsers bedoel het. Die gebruik van hierdie woorde impliseer nie 'n waarde-oordeel nie.

(39)

Die volledige transkripsies van alle gesprekke word aangeheg sodat enige navorser kan kontroleer dat die mede-navorsers reg en binne konteks aangehaal word. Diegene wat meer wil lees oor die mede-navorsers se menings, sal dit ook geredelik kan doen.

Pope, Ziebland en Mays (2000:114) is reg oor die hoeveelheid data wat kwalitatiewe navorsing genereer:

Contrary to popular perception, qualitative research can produce vast amounts of data. These may include... transcribed recordings of interviews... These data are not necessarily small scale: transcribing a typical single interview takes several hours and can generate 20-40 pages of single spaced text. Transcripts and notes are the raw data of the research. They provide a descriptive record of the research...

Die transkripsies van die navorsingsgesprekke beslaan etlike honderde bladsye. Om ʼn spesifieke aanhaling in so ʼn omvangryke stel data te soek, kan ʼn uitdagende taak wees. Die bestaande riglyne bied nie spesifieke voorskrifte wat vir hierdie navorsing bruikbaar is nie en daarom het ek ʼn eie unieke sisteem ontwikkel. In aansluiting by Bournemouth Universiteit (Bowden 2012:3) se voorskrifte vir verwysings van regsdokumente waar soms na bepaalde paragrawe verwys word, en as gevolg van die omvang van die Bylae, het ek besluit om ʼn meer omvattende verwysingsisteem te ontwikkel. Nou is dit nie nodig dat hele bladsye gelees moet word om ʼn bepaalde verwysing op te spoor nie. Eerder as om soos die regsgeleerdes net na ʼn paragraaf te verwys, het ek gekies om na ʼn individuele reël te verwys om dit vir die leser makliker te maak om aanhalings op te spoor en te kontroleer. Die [a-bcd] patroon van verwysing maak dit nou moontlik dat enige aanhaling met groot akkuraatheid maklik opgespoor kan word.

Om te help om 'n spesifieke aanhaling te vind, het ek die gesprekke genommer van 1 tot 15 en die drie skriftelike bydraes as 16 tot 18. Ek het elke transkripsie en skriftelike bydrae van reëlsnommers voorsien. Wanneer ek hieruit aanhaal, gebruik ek telkens 'n verwysing in die formaat [a-bcd] waar “a” verwys na die nommer van die gesprek of bydrae en die “bcd” verwys na die betrokke reël in daardie gesprek of bydrae wat aangehaal word. Saam met elke sodanige verwysing word die naam van die mede-navorser ook genoem. As die naam nie in die teks self genoem word nie, verskyn dit – in ooreenstemming met die beginsels van die Harvard metode van verwysing – in die vierkantige hakkies saam met die nommers. Hierdie metode van verwysing sluit aan by

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Die sug van mijn asem laat die grassaad bewe waar ek eensame grawe se heuwels o'erswewe, tot mijn fluister·geklaag in die eensaamheid sink... Om mijn jeugd te

inconsistency may be related to the time frames that were used: in our pilot study, adolescents with MBID seemed to be able to delay a reward when waiting times were on average 7

However it was possible to use a keytab file, converted to the Shishi format using keytab2shishi utility, to retrieve a service ticket which implies that once GSSAPI support

In view of this, and the fact that HIV/aids presents enormous challenges to schools in governing schools effectively to provide quality education to all learners, the need for

The potentially moderating variable (importance of the compliment domain) was measured for the two groups that received a compliment.. of 50 different nationalities. No

Technology incubators are a specific type of business incubator: property-based ventures which provide a range of services to entrepreneurs and start-ups, including

To reflect the property stock performance, I use the indicator of CSI-Real Estate Index, which reflects the overall performance of 50 major real estate companies listed on Shanghai

Although the parameterization of the lift force on a sphere as function of the Reynolds number is completely different in solid body rotation from that in a linear shear flow,