• No results found

9. Paradigma, epistemologie en metodologie

9.1.3 My eie posisie

9.1.3.5 Dekonstruksie van tekste

Alhoewel ek myself kan tuis voel binne bogenoemde vier aspekte, is ek tog van mening dat 'n vyfde element moet bykom. Van den Berg laat hom waarskynlik (mis)lei deur die beeld wat hy kies om te gebruik. Portrette in ons tyd is gewoonlik reghoekig, met vier sye. Dit is heel moontlik dat die portret met vier kante hom onbewustelik beperk het tot vier horison-lyne. Ek sou 'n verdere vyfde element, waarna Van den Berg self in sy artikel verwys, as volwaardige element wou aanbied. Die aspek waarna ek verwys is postmoderniteit se inherente kritiek wat dit uitspreek op alles en nog wat. Dit sluit aan by die gebruik van die term “dekonstruksie”.

Dis nie moontlik om oor dekonstruksie te praat sonder om die naam van Jacques Derrida te noem nie – alhoewel juis dit die debat moeiliker maak. In 'n ope brief aan die universiteit van Cambridge, wat op daardie stadium oorweeg het om 'n eregraad aan Derrida toe te ken, maak 'n aantal van sy kollegas (Smith 1995:419) beswaar teen hierdie verering. Hulle voer onder andere aan dat sy werk nie aan die aanvaarde standaarde van helderheid en nougesetheid voldoen nie. Hulle gaan voort en sê “his works employ a written style that defies comprehension.” Hulle noem dit ook “little more than semi-intelligible attacks upon the values of reason, truth, and scholarship.” Ten spyte hiervan is dit tog nodig om te probeer om dekonstruksie te verwoord.

Al is Derrida die vader van die konsep, is hy self ook vaag oor 'n definisie van dekonstruksie. Hy antwoord die vraag na presies wat met dekonstruksie bedoel word, as volg: “I have no simple and formalizable response to this question. All my essays are attempts to have it out with this formidable question” (Derrida 1988a:4). Elders vertel hy van 'n joernalis wat hom vra om dekonstruksie “in a nutshell” te verduidelik. Die joernalis vind dit dan verrassend “that I found it difficult to improvise a response to

what he was asking me to do” (Derrida 1995:406). Die konsep is moeilik om te verduidelik juis omdat dekonstruksie krities kyk na die taal waarmee dit verduidelik moet word.

'n Teks word gedekonstrueer “not in order to destroy” (Derrida 1997:12), maar “to undo a number of presuppositions, prejudices and so on and so forth” (Derrida 2001:110). Dit gaan dus nie om afbreek in die sin van vernietig nie, maar eerder 'n uitmekaarhaal ten einde die teks beter te verstaan. “It does not mean... saying whatever comes into your head about the text, however absurd and ridiculous...” (Caputo 1997:79).

Oor die proses van dekonstruksie sê Derrida (2001:110) self “...there is no method but there are (sic) some methodological schema...”. Die dekonstruksie van 'n teks behels die “reading of texts in terms of their marks, traces, or indecidable features, in terms of their margins, limits, or frameworks, and in terms of their self-circumscription or self- delimitations as texts” (Silverman 1989:4). 'n Teks word dus ondersoek vir wat die teks sê sowel as dit wat nie gesê word nie. Caputo (1997:77) stel dit só:

But, for Derrida, a deconstructive reading is exceedingly close, fine- grained, meticulous, scholarly, serious, and, above all, ‘responsible,’ both in the sense of being able to give an account of itself in scholarly terms and in the sense of ‘responding’ to something in the text that tends to drop out of view.

Dekonstruksie werk met teks, maar ook met konteks. Die teks is vir Derrida meer as net 'n geskrewe teks. “The concept of a text becomes metaphorically extended to include persons, events and institutions” (Lötter 1995:96). Die dekonstruksie van 'n teks, in enige vorm, sê Silverman (1989:4)

is concerned with offering an account of what is going on in the text – not by seeking out its meaning, or its component parts, or its systematic implications – but rather by marking off its relations to other texts, its contexts, its sub-texts. It means that deconstruction accounts for how a text’s explicit formulations undermine its implicit or non- explicit aspects. It brings out what the text excludes by showing what it includes. It highlights what remains indecidable and what operates as an indecidable in the text itself.

Geen teks kan egter los van, of buite 'n konteks staan nie. Derrida (1988b:136) voer 'n lang debat oor die uitdrukking “nothing outside the text” en dan sê hy: “This is inevitable; one cannot do anything, least of all speak, without determining (in a manner that is not only theoretical, but practical and performative) a context.” Dit is hierdie onbeperkte konteks wat die leser, hoorder, dekonstrueerder so ver moontlik moet verreken in die interpretasie van die teks. Dekonstruksie het dus te make met 'n herkontekstualisering van die teks. Janse van Rensburg (2000:10) gee hierdie definisie: “Deconstruction is the general strategy that exposes, by thousand tactics, the myth of the fixed, essential, timeless, and naturally accessible structures of an independent reality that the totality of (our) intelligibility networks have ‘found out’.”

In 'n poging om dekonstruksie nog eenvoudiger te stel, haal Wolfreys (1998:9) vir Miller aan wat sê: “Deconstruction... is nothing more or less than good reading as such” waarmee hy bedoel 'n lees wat beide teks en konteks verreken. Dekonstruksie van die teks is – in die woorde van Derrida self – 'n kwessie van

gaining access to the mode in which a system or structure, or ensemble, is constructed or constituted, historically speaking. Not to destroy it, or demolish it, nor to purify it, but in order to accede to its possibilities and its meanings; to its construction and its history (aangehaal in Mortley 1991:97).

Dekonstruksie op sigself doen niks aan die teks nie. Dit verander nie aan die teks nie, maar dit onthul net “how things are put together” (Wolfreys 1998:14). 'n Goeie lees van die teks onthul die teks se meta-narratiewe, waarhede, gesanksioneerde konstruksies en kanonieke interpretasies as blote diskoerse. Dit “ondermyn” ook die sentrale temas ten gunste van die gemarginaliseerde sodat dié ook sentraal kan kom staan in die verstaan van die teks (Myburg 2000:8).

Derrida gebruik, in aansluiting by Plato, die metafoor van weefwerk om die kompleksiteit van 'n teks en die verstaan daarvan te verduidelik:

The web of writing is not constructed along the lines of simple hierarchies that interrelate fixed points that we call concepts and words. The woven text has a texture that stretches and shrinks, can expand, can be grafted onto, can fold, warp, and unravel. To follow the pattern and interlacing of the composition requires the weaver’s art of looping and knotting. The surface of the woven cloth dissimulates its complex

and intricate networking... (Silverman 1989:12).

In hierdie navorsing sal die weefwerk van die mede-navorsers gerek en gekrimp, gevoel en gevou word ten einde te hoor wat nie gesê word nie, om te sien wat nie geskryf is nie. Dekonstruksie se bedoeling is om die bestaande kennis uit te daag en omver te werp. In die woorde van White (1992:136):

He achieved this by developing deconstructive methods that: a) brought forth the hidden contradictions in texts, and rendering visible the repressed meanings – the "absent but implied" meanings, b) give prominence to those knowledges ‘on the other side’, those considered to be secondary, derivative and worthless.

Die navorsing sal dus besig wees met die teks, die hele teks en niks buiten die teks nie, ten einde te hoor wat dalk nie in woorde gesê is nie en te verstaan hoekom sekere dinge wel gesê word. In terme van die aard van hierdie navorsing, is dekonstruksie dus 'n belangrike grenspaal of “horison-lyn” vir die navorser se plasing binne die postmoderniteit.

9.2 Epistemologie

Wat is kennis? Hoe kry 'n mens kennis? En, wat maak mense met kennis? Dit is die vrae van die epistemologiese diskoers. Op die oog af eenvoudige vrae, maar die antwoorde op hierdie vrae bepaal die navorser se werk. Die epistemologie stel belang in hoe mense tot kennis kom (Dill & Kotzé 1997:3). Die navorser se epistemologie sal dus sy of haar denkraamwerk en interpretasie bepaal. Dit sal die antwoord bepaal op Müller, Van Deventer en Human (2001:93) se vraag: “How are you going to gather, compile, and report the stories...?” Janse van Rensburg (2000:2) sluit aan by sy beeld van 'n skildery en sê oor die epistemologie dat dit verwys na “how the paint should be organised on the canvas to fit the paradigm... how the knowledge should be gathered and organised.”

In 'n latere artikel bevraagteken Janse van Rensburg (2007:62) die moontlikheid om 'n postmoderne epistemologie in die praktiese teologie te volg sonder om Bybelse en geloofsuitgangspunte in gedrang te bring. Hy voer aan dat 'n postmoderne epistemologie wat van 'n sosiaal-konstruksionistiese metodologie gebruik maak,

noodwendig tot relativisme sal lei. Fourie (2008:74) probeer hierdie kritiek beantwoord as hy sê: “Hierdie perspektief sou as modernisties getipeer kon word waar die waarheid tot ʼn enkele model beperk word. Postmoderne perspektiewe bevraagteken nie noodwendig die Bybel of die Teologie nie.” Of dit 'n genoegsame antwoord is, is vir my 'n vraag. Hy is egter reg as hy aanvoer: “Die postmoderniteit verbreed gewoon die basis en werkswyse deur te sê dat daar meer as een model vir die hermeneutiek is. Dit geld vir die Bybel as kenbron van die praktiese teologie sowel as vir die interpretasie van mense se lewensverhale en die sosiale konteks”, maar sy beredenering van die kwessie is nie oortuigend nie. Dit sal dus nodig wees om later weer terug te keer tot die kwessie van relativisme as Müller (2005) se postfoundationalism-benadering tot die praktiese teologie bespreek word.

Die postmoderne epistemologie verteenwoordig 'n wegbeweeg van die modernisme af en “no longer accept(s) the story that science tells to legitimate itself...” (Vanhoozer 2003:10). Dis 'n wegbeweeg van “...the authority of universal science towards narratives of local knowledge” (Vanhoozer 2003:11). Die postmoderne navorser luister nie net na die “gewone” stemme nie, maar veral ook na die verhale van diegene wat nie tevore gehoor is nie (Dreyer 2006:1319), omdat die postmoderne epistemologie werk met 'n sosiale konstruksie diskoers.