• No results found

HOOFSTUK 4: INKERKERING AS FISIEKE EN PSIGIESE

4.4 Inkerkering: Kampe as ruimtelik-ontwrigtende

4.4.6 Watervoorsiening en sanitasie-uitdagings

Een van die belangrikste sake wat in aanmerking geneem is met die stigting en aanlê van die konsentrasiekampe was die beskikbaarheid van water. Om hierdie rede is die konsentrasiekampe naby riviere, spruite, putte en fonteine aangelê.221 Hierdie

waterbronne was wel voldoende vir ’n paar honderd mense wat in die dorpies woonagtig was, maar die oorlog het duisende soldate, hulle diere en gevangenes na dié dorpies gebring. Die waterbronne kon vanselfsprekend nie in ’n bykomende 10 000 mense se behoeftes voorsien nie.222

In sommige kampe was die hoeveelheid water wat aan die gevangenes voorsien is, bitter min. In die Heilbron- en Kroonstad-konsentrasiekampe het die gevangenes byvoorbeeld een gelling (sowat 4,5 liter) en selfs minder water per kop per dag ontvang.223 In die Winburg-konsentrasiekamp het dit soms gebeur dat die hele kamp

net ’n paar karre water gekry het, omdat die Engelse kolonne, as kamptoesighouers, se

219 E. Wessels e.a. (reds.), Bannelinge in die vreemde..., p. 112; H. Scholtemeijer, Die balling oor die

see..., p. 26; H. de Graaf, Boere op St. Helena, p. 84.

220 H.H. van Niekerk, Dagboek van Hugo H. van Niekerk, p. 53.

221 E. van Heyningen, “A tool for modernisation? The Boer concentration camps of the South African

War, 1900-1902”, South African Journal of Science, vol. 106, no. 5/6, May/June 2010, p. 7.

222 E. van Heyningen, “A tool for modernisation? The Boer concentration camps of the South Africa

War, 1900-1902”, South African Journal of Science, vol. 106, no. 5/6, May/June 2010, p. 7; NASA, Pretoria, Cd. 893: Report on the concentration camps in South Africa ..., p. 152. Die paar putte in Belfast was onvoldoende nadat die gebruikers van die water meer as verdriedubbel het.

perde en muile eers water uit die twee fonteine gekry het. Dikwels was die gevolg dat die konsentrasiekampbewoners aldaar nie genoeg water vir koffie of broodbak gehad het nie.224

Die konsentrasiekampbewoners moes dikwels vir ure in lang toue staan om ’n bietjie water te kry en soms moes hulle maar bedroë omdraai.225 Volgens D.H. van Zyl het

hulle gesin reeds drie-uur in die oggend opgestaan om eerste by die put te wees, maar elke keer was daar reeds ander inwoners voor hulle daar en moes hulle noodgedwonge agter in die ry inval.226 Die inwoners se ontwrigting is vergroot deurdat hulle die water

ver na hulle tente toe moes aandra.227 Aanvanklik was emmers en ander houers skaars

– al wat beskikbaar was, was ’n swaar militêre emmer en ’n ovaalvormige kospot wat in sommige kampe uitgereik is. Om meer water te kry, is daar vir elke kind ’n emmertjie uit ’n groot stroop- of konfytblik gemaak waarin hulle ook water na die tent toe moes aandra.228

Die gehalte van die water was net so belangrik as die hoeveelheid wat aan die konsentrasiekampbewoners voorsien is. Ná ’n reënbui is die waterbronne, soos ’n spruit, rivier of die afvloei van ’n fontein erg besoedel deur al die vullis wat daarin beland het. In die Irene- en Potchefstroom-konsentrasiekampe se waterbronne is bene, blikke, ou skoene en dooie diere wat grootliks ontbind was, gevind.229 Die inwoners van die

224 OM, Bloemfontein, A-119.89: Brief van A.C. Meyer aan die redaksie, 24 Oktober 1949. Vergelyk

S.L. Le Clus, Lief en leed ..., p. 48.

225 VAB, Bloemfontein, A-155/134/1: Vrouweverdriet: Persoonlike herinneringe uit die laaste oorlog en

die konsentrasiekampe, van wijle mevr. P.J. van der Walt (geb. Olivier); M.M. Postma (samesteller), Stemme uit die vrouekampe..., herinneringe van J.J. Botha, p. 103; E. Neethling,

Mag ons vergeet?, herinneringe aan die konsentrasiekamp op Volksrust, p. 177; A.W.G. Raath, Die Boerevrou, 1899-1902, deel 2 ..., p. 118; OM, Bloemfontein, 6455/1: Sarie Roos: Bethulie

Koncentratie Kamp, April 1901-Nov. 1902, p. 6.

226 D.H. van Zyl, In die konsentrasiekamp..., p. 33.

227 OM, Bloemfontein, 5848/23: Brief van ’n vriendin aan Maria, Maritzburg Vrouwen Kamp, Jan. 14

1901; OM, Bloemfontein, 5747/5: Brief van G. Pretorius aan J.P.L. Pretorius, de 17de (waarskynlik Oktober 1901); M.M. Postma (samesteller), Stemme uit die vrouekampe..., herinneringe van A. Muller, p. 88; E. Neethling, Mag ons vergeet?, herinneringe aan die konsentrasiekamp op Volksrust, p. 177; M.A. Fischer, Kampdagboek..., p. 33; A.W.G. Raath, Die Boerevrou, 1899-1902, deel 2 ..., p. 118; E. Hobhouse, War without glamour ..., p. 55.

228 D.H. van Zyl, In die konsentrasiekamp..., p. 33.

229 NASA, Pretoria, Cd. 893: Report on the concentration camps in South Africa..., pp. 115, 128; J.

Standerton-konsentrasiekamp moes hulle water uit die Vaalrivier, wat deur die Dameskomitee as “notoriously foul” 230 beskryf is, gaan skep.

Die krygsgevangenes, daarenteen, het min oor die watervoorsiening in die kampe geskryf, waarskynlik omdat dit nie vir hulle soveel ontbering en lyding teweeggebring het nie. Dit was merendeels die kryggevangenes wat op St. Helena, die Bermudas en in Trichinopoly in Indië aangehou is, wat telkemale oor die tekort aan water geskryf het. Die krygsgevangenes in die Deadwood- en Broadbottom-kampe het soms so min water ontvang dat party van die krygsgevangenes nie eens kos kon kook nie.231 Elke tent

met ’n inwonertal van twaalf persone – het gewoonlik ’n rantsoen van sewe gelling (31,5 liter) water per dag ontvang.232 Die krygsgevangenes op St. Helena moes – net soos

die konsentrasiekampbewoners – geduldig toustaan om hulle skepding vol te maak.233

Sanitasiegeriewe was in die meeste konsentrasiekampe swak en ondoeltreffend. Die vroue het oor hierdie aspek van hulle kamplewe min inligting verskaf, waarskynlik omdat dit volgens die kultuur van hulle tyd ’n verbode onderwerp was. Me. Roux, ’n gevangene in die Winburg-konsentrasiekamp, vertel dat die sanitêre reëlings in die kamp sodanig was dat ’n mens nie in die openbaar daaroor kan praat nie.234

Die toilette het uit ’n rioolsloot met houtstompe bo-oor en sak rondom bestaan. In sommige kampe is daar emmers onder die balke geplaas.235 Dié “geriewe” was baie

onhigiënies en die stank was onhoudbaar.236 Uiteraard kon die oumense en kinders

kwalik hiervan gebruik maak en dit het gebeur dat kinders in die rioolsloot beland het.237

Benewens die swak higiëniese toestand van die “toilette”, was daar gewoonlik te min

230 NASA, Pretoria, Cd. 893: Report on the concentration camps in South Africa..., p. 188. 231 OM, Bloemfontein, 4528/8: Dagboek van J. Teengs, p. 287.

232 E. Wessels e.a. (reds.), Bannelinge in die vreemde..., p. 116. Vir die watervoorsiening op Bermuda

vergelyk J.A. van Blerk, Op die Bermudas beland ..., p. 40; VAB, Bloemfontein, A-186: Dagboek van T. Brain, p. 14; C.H. Benbow, Boer prisoners of war in Bermuda, 4th ed. (Bermuda, The Island

Press, 2006), p. 25.

233 L.C. Ruijssenaers, Krijgsgevangenschap van L.C. Ruijssenaers 1899-1902, p. 133. 234 E. Hobhouse, Die smarte van die oorlog ..., mededelings van me. Roux, p. 304.

235 M.C.E. van Schoor & C.G. Coetzee (samestellers), Kampkinders 1900-1902 ..., mededeling van

P.M. Pretorius, p. 28; S.L. Le Clus, Lief en leed ..., p. 78; E. Hobhouse, Die smarte van die oorlog ..., verslag van ou man oor die Bethulie-konsentrasiekamp, p. 313.

236 S.L. Le Clus, Lief en leed ..., p. 78; A.W.G. Raath, Die Boerevrou, 1899-1902, deel 2 ..., p. 39;

NASA, Pretoria, Cd. 893: Report on the concentration camps in South Africa ..., p. 51.

sitplekke vir die aantal inwoners. Daar was byvoorbeeld in die Aliwal-Noord- konsentrasiekamp slegs een toilet vir elke 177 vroue en kinders.238

Min konsentrasiekampe het oor badhuise vir die inwoners beskik.239 Verder moes die

vroue ook, in die meeste kampe, hulle klere in spruite, riviere en vuil poeletjies water was240 (kyk Foto 4-6).

Foto 4-6: OM, Bloemfontein, 04: Wasdag by die Norvalspont-konsentrasiekamp

In teenstelling met die konsentrasiekampbewoners, het die krygsgevangenes baie min oor die sanitêre geriewe in die kampe geskryf, waarskynlik weens die kultuur van die tyd en omdat dit vir hulle nie so ’n groot probleem was nie. In talle krygsgevangenekampe het die gevangenes die gerief van badkamers en washuise gehad.241 Die meeste klagtes oor dié aangeleenthede het vanuit die Deadwood- en

Broadbottom-krygsgevangekampe op St. Helena gekom. Water was met tye skaars en gevolglik moes die krygsgevangenes met slegs ’n bekertjie water oor die kop tevrede wees.242 Die toilette was net soos in die konsentrasiekampe ’n lang sloot van 0,9 meter

238 NASA, Pretoria, Cd. 893: Report on the concentration camps in South Africa ..., p. 51.

239 M.A. Fischer, Kampdagboek ..., p. 85; NASA, Pretoria, Cd. 893: Report on the concentration

camps in South Africa ..., pp. 57, 69, 79, 84, 100, 115, 140, 169, 184, 189, 199.

240 L. Boshoff-Liebenberg, Moedersmart en kinderleed ..., p. 68; E. Neethling, Mag ons vergeet?,

herinneringe van A.S. du Toit, p. 85, beskrywing van die konsentrasiekamp op Volksrust, p. 178, herinneringe van me. Truter, p. 194; NASA, Pretoria, Cd. 893: Report on the concentration camps

in South Africa ..., pp. 39, 75, 79, 84, 94, 100, 128, 133, 140, 152, 169, 189, 194, 199.

241 H.H. van Niekerk, Dagboek van Hugo H. van Niekerk, p. 46; S.J. Burger, Oorlogsjoernaal van S.J.

Burger 1899-1902, p. 146; J.N. Brink, Ceylon en de bannelingen, pp. 121-122.

wyd, 2,1 meter diep en 45,7 meter lank, waaroor ’n lang houtbalk gegooi is en dit is met sinkplaatheinings afgeskerm.243

Benewens die swak behuising en gebrek aan beddegoed en klerewasgeriewe, was die sanitêre geriewe in die konsentrasiekampe nie vir die duisende klein kindertjies geskik nie en dit was boonop baie swakker as die geriewe in die krygsgevangenekampe. Siektes soos diarree en maagkoors kan aan die besoedelde water toegeskryf word.244

Volgens Emily Jansen was die drink van water sinoniem met siek word, terwyl die stank wat oor die een kant van die kamp gehang het die oorsaak van talle keelsiektes was.245

Die Britse dokters het die Boere vir die hoë sterftesyfer onder hulle kinders blameer. Die eerste aantyging was dat die vroue “vuil” sou wees.246 Volgens Pretorius is dit wel

so dat sommige kampbewoners onderontwikkeld was, en dat onhigiëniese gewoontes, bygelowe en hul weiering om gehospitaliseer te word, tot die dood van sommige kon gelei het.247 E. Hobhouse het hierdie aantygings egter as onbillik en onwaar gereken,

en aangevoer dat die vroue se netheid in die algemeen treffend was, ongeag die abnormale omstandighede waarin geleef moes word.248 Beide die krygsgevangenes en

konsentrasiekampbewoners wat voor die Oorlog merendeels ’n geïsoleerde plaasbestaan gevoer het, het die oorbevolking in die kampe, onvoldoende huisvestingsfasiliteite en ’n ongesonde en onvoldoende dieet as onhoudbaar beleef. Hierdie faktore, tesame met swak sanitêre reëlings, het die gevangenes se lewe van inkerkering onhoudbaar gemaak en dit het grootliks tot die lewensverlies van veral duisende kinders gelei.

243 S.J. Burger, Oorlogsjoernaal van S.J. Burger 1899-1902, p. 146; L.C. Ruijssenaers,

Krijgsgevangenschap van L.C. Ruijssenaers 1899-1902, p. 158; E. Wessels e.a. (reds.), Bannelinge in die vreemde ..., p. 117.

244 M.C.E. van Schoor & C.G. Coetzee (samestellers), Kampkinders 1900-1902 ..., mededeling deur

G. Kruger, p. 12; A.W.G. Raath & R.M. Louw, Die konsentrasiekamp te Bethulie ..., p. 20.

245 W. Riem Vis, Tien maanden in een “vrouwenkamp” ..., p. 143. Vir ’n soorgelyke sienswyse vergelyk

J. Brandt-Van Warmelo, Het concentratie-kamp van Iréne, p. 112.

246 E. van Heyningen, “Botsende kulture: Britse dokters en die Boere-vroue”, A Grundling & B. Nasson

(reds), Die oorlog kom huis toe…,p.132

247 F. Pretorius, Die Anglo-Boereoorlog 1899-1902, p. 60 248 E. Hobhouse, Die smarte van die oorlog …, p. 382.