• No results found

HOOFSTUK 2: OORLOGSKAMPE EN KAMPSTUDIES IN DIE LITERATUUR:

2.3 Oorlogskampe – ’n metode van oorlogvoering

’n Studie van die blanke konsentrasie- en krygsgevangekampe as metode van oorlogvoering tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog lei noodwendig tot die volgende vrae: Waar, wanneer en met watter doel is die eerste konsentrasie- en krygsgevangenekampe opgerig? Watter sigbaarheid geniet hierdie konsentrasie- en krygsgevangenekampe in die interneringsbeleidgeskiedenis van Suid-Afrika? Was die lyding soos in dié oorlogskampe beleef eie en uniek aan die Suid-Afrikaanse Oorlog? In hierdie afdeling is kortliks oor bogenoemde vrae besin as deel van die verheldering van ’n begrip oor oorlogvoering.

Teen die einde van die negentiende eeu het die reeds kragtige Britse leërmag en ander mededingende weermagte in Europa toenemend ’n professionele24 inslag gekry.

19 H. Giliomee, Die Afrikaners ..., p. 210; B. Nasson, The war for South Africa, p. 242.

20 D. Hall, The Hall handbook of the Anglo-Boer War 1899-1902 (Pietermaritzburg, University of

Natal Press, 1999), p. 217.

21 J.S. Mohlamme, “African refugee camps in the Boer Republics”, F. Pretorius (ed.), Scorched earth

(Cape Town, Human & Rousseau, 2001), p. 112.

22 E. Wessels e.a. (reds.), Bannelinge in die vreemde ..., p. 16; S.P.R. Oosthuizen, “Die beheer,

behandeling en lewe van die krygsgevangenes ...”, p. 208.

23 A. Grundlingh & B. Nasson (reds.), Die oorlog kom huis toe ..., pp. 11-12; K. Mühlhahn, “The

concentration camp…”, History Compass, vol. 8, no. 6, 2010, pp. 555- 556.

24 ’n Professionele inslag dui op goeie organisasie, uitrusting, opleiding, bestuur en aanwending en

beheer van soldate om sekere doelwitte te bereik. Vergelyk J. Hyslop, “The invention of the concentration camp ...”, South African Historical Journal, vol. 63, no. 2, 2011, p. 254; A. Grundlingh, “Waarom konsentrasiekampe?”, A. Grundlingh & B. Nasson (reds.), Die oorlog kom

Volgens Albert Grundlingh25 en Jonathan Hyslop,26 kan van die oorsake in die oprigting

van konsentrasiekampe hierin gevind word. Hierdie militêre professionaliteit het ’n militêre kultuur geskep waarin klem op die oortuiging geplaas is dat enige doel die middele heilig. Dié kultuur het in so mate inslag gevind dat menslike oorwegings oor byvoorbeeld die inkerkering van vroue en kinders onder meer gewoon opsy geskuif is. Gevolglik is aan militêre personeel die opdrag gegee om die verantwoordelikheid op hulle skouers te neem om die burgerlike bevolking te herorganiseer in gevalle waar die vyandelikhede van ’n oorlog na die burgerlike bevolking oorgespoel het. Buitengewone maatreëls is toegepas en dit is selfs geregverdig. Dit blyk ook dat militêre owerhede min oor die moontlike ingewikkeldheid van sulke ondernemings besin het.27 Laasgenoemde

kultuur was tiperend van die Suid-Afrikaanse Oorlog toe die burgerlike bevolking van die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Oranje-Vrystaat onder militêre heerskappy gekom het.28 Reeds in antieke tye is geskiedenis opgeteken van militêre taktiek in

hierdie vorm.29 Voorlopers hiervan in meer moderne tye kan in die Kubaanse en

Filippynse geskiedenis van die laat negentiende eeu gevind word waar generaal Valeriano Weyler Y Nicolau aan die spits van hierdie vorm van oorlogvoering gestaan het. Daarmee saam is ’n verskroeideaardebeleid toegepas.

Spanje het byvoorbeeld die Kubaanse rebelle van hulle landbouvoorsieningsbasis afgesny. 30 Historici reken dat tussen 400 000 en 600 000 inwoners ontwrig is, en dat tot

25 A. Grundlingh, “Waarom konsentrasiekampe?”, A. Grundlingh & B. Nasson (reds.), Die oorlog kom

huis toe..., p. 25.

26 J. Hyslop, “The invention of the concentration camp ...”, South African Historical Journal, vol. 63,

no. 2, 2011, p. 273.

27 A. Grundlingh, “Waarom konsentrasiekampe?”, A. Grundlingh & B. Nasson (reds.), Die oorlog kom

huis toe..., p. 26. Vergelyk J. Hyslop, “The invention of the concentration camp…”, South African

Historical Journal, vol. 63, no. 2, 2011, pp. 254-257.

28 A. Grundlingh, “Waarom konsentrasiekampe?”, A. Grundlingh & B. Nasson (reds.), Die oorlog kom

huis toe ..., p. 26.

29 Vergelyk R.A. Billows, Julius Caesar. The colossus of Rome (London & New York, Taylor &

Francis Group, 2009), pp. 130-165.

30 E. Wessels & A.W.G. Raath (samestellers), Onthou! Kronieke van vroue- en kinderlyding, 1899-

1902, 2de uitgawe (Centurion, Kraal-uitgewers, 2012), p. 10; K. Mühlhahn, “The concentration

camp…”, History Compass, vol. 8, no. 6, 2010, p. 545; I.R. Smith & A. Stucki, “The colonial development of concentration camps (1868-1902)”, The Journal of Imperial and Commonwealth

History, vol. 39, no. 3, 2011, pp. 420-423; J. Hyslop, “The invention of the concentration camp…”,

South African Historical Journal, vol. 63, no. 2, 2011, p. 258; A. Grundlingh & B. Nasson (reds.),

Die oorlog kom huis toe ..., p. 11; A. Grundlingh, “Waarom konsentrasiekampe?”, A. Grundlingh &

soveel as 170 000 geïnterneerdes hulle lewens in Kubaanse konsentrasiepunte verloor het.31

Die Suid-Afrikaanse Oorlog tussen Groot-Brittanje en die twee Boererepublieke het nóg ’n konsentrasiekampstelsel meegebring. Die eerste kampe was aanvanklik bedoel vir die Boere wat wapens neergelê het en vir hulle gesinne.32 Intussen het die Britse

militêre owerhede ’n verskroeideaardebeleid gevolg wat daartoe gelei het dat hierdie vlugtelingkampe vanaf September 1900 ’n beduidende verandering ondergaan het. Die inwoners was nie meer almal wapenneerlêers nie; inteendeel, die meerderheid persone in dié kampe is met geweld van hulle huise weggeneem of was vlugtendes wat in die veld aangekeer is.33 Ook swart mense is vanaf die plase en statte weggevoer en veral

in konsentrasiekampe aangehou. In hierdie konsentrasiekampe het ten minste 27 927 wit vroue, kinders en mans gesterf,34 asook 18 003 swart vroue en kinders.35

Benewens die konsentrasiekampe tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog, staan die Januarie 1904-konflik tussen die Herero- en Nama-magte teen Duitse heerskappy in Duits Suidwes-Afrika (tans Namibië) ook uit as ’n soortgelyke voorbeeld. Die Herero’s was gegrief oor hulle verlies aan mag en die onteiening van hulle grond en beeste. Gou het ’n volskaalse oorlog tussen die Duitsers en Herero’s en Namas gevolg, waarop beide laasgenoemde groepe na konsentrasiekampe gestuur is. Die gevangenes is onmenslik behandel en die sterftesyfer het 45 persent beloop.36

31 K. Mühlhahn, “The concentration camp...”, History Compass, vol. 8, no. 6, 2010, p. 545; I.R. Smith

& A. Stucki, “The colonial development of concentration camps...”, The Journal of Imperial and

Commonwealth History, vol. 39, no. 3, 2011, p. 422.

32 J. Grobler & M. Grobler, Women’s Camp Journal: The concentration camps of the Anglo-Boer War

(Pretoria, Heroloda Wordworx cc, 2013), p. 1.

33 A.W.G. Raath, “Proloog: Die ontstaan van die konsentrasiekampe”, E. Wessels & A.W.G. Raath

(samestellers), Onthou! ..., pp. 10-11,13; J. Grobler & M. Grobler, Women’s Camp Journal ..., p.1; I.R. Smith & A. Stucki, “The colonial development of concentration camps...”, The Journal of

Imperial and Commonwealth History, vol. 39, no. 3, 2011, p. 426.

34 H. Giliomee, Die Afrikaners ..., p. 211; F. Pretorius, “Almal se oorlog: Die Anglo-Boereoorlog (1899-

1902)”, F. Pretorius (red.), Geskiedenis van Suid-Afrika: Van voortye tot vandag (Kaapstad, Tafelberg, 2012), p. 246.

35 S.V. Kessler, “The black and coloured concentration camps”, F. Pretorius (ed.), Scorched earth

(Cape Town, Human & Rousseau, 2001), p. 148.

36 J. Hyslop, “The invention of the concentration camp…”, South African Historical Journal, vol. 63,

no. 2, 2011, pp. 261-262; K. Mühlhahn, “The concentration camp…”, History Compass, vol. 8, no. 6, 2010, p. 546.

In teenstelling met die wegvoering van burgerlikes na konsentrasiekampe, is die neem van krygsgevangenes ’n eeue-oue militêre praktyk. Aanvanklik was dit die gebruik om manlike gevangenes dood te maak. Sedert die laat Middeleeue is krygsgevangenes egter eerder as waardevolle oorlogsbuit beskou wat slawearbeid kon verrig. In Europa kan die rede vir hierdie verandering in denke omtrent krygsgevangenes die gevolg wees van die idees van filosowe soos Montesquieu, Jean Jacques Rousseau en Emerich Vattel.37 In Suid-Afrika self is dit moontlik om ook in die geskiedenis van Shaka en

ander prominente koninkryke dieselfde benadering te vind.38

In 1863, tydens die Amerikaanse Burgeroorlog, het die Duits-Amerikaanse juris Francis Lieber op versoek van president Lincoln ’n gedragskode aangaande die behandeling van krygsgevangenes opgestel. Dié gedragskode het onder meer bepaal dat gevange soldate aangehou en gevoed moes word én dat hulle mediese behandeling moes ontvang. Verder is bepaal dat krygsgevangenes nie tot slawe gemaak óf gemartel óf doodgemaak kon word nie. Die eerste konvensie oor die behandeling van krygsgevangenes is eers in 1899 onderteken.39

Gedurende die Suid-Afrikaanse Oorlog is tussen 27 000 en 34 000 vegtende burgers volgens dié staande militêre kode (en nie op grond van Lieber se gedragskode nie) gevange geneem. Gevangenes is in verskeie kampe in Suid-Afrika, op St. Helena en Ceylon, in Indië en op die Bermuda-eilande aangehou.40 Dié praktyk is in

daaropvolgende konflikte voortgesit. Die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) het byvoorbeeld ’n ongekende aantal krygsgevangenes opgelewer: ongeveer agt- tot nege miljoen soldate is gevange geneem. Teen die einde van die oorlog in 1918, was daar

37 F. Jacobs, “Krygsgevangenekampe: Die persepsie en die werklikheid”, E. Wessels e.a. (reds.),

Bannelinge in die vreemde ..., p. 19.

38 Vergelyk E. Fiddian-Qasmiyeh, G. Loescher, K. Long & N. Sigona (eds.), The Oxford handbook of

refugee and forced migration studies (Oxford, UK, Oxford University Press, 2014), p. 800; P.T.

Zeleza, A modern economic history of Africa: The nineteenth century, vol. 1 (Nairobi, East African Publishers, 1997), pp. 33-34.

39 F. Jacobs, “Krygsgevangenekampe: Die persepsie en die werklikheid”, E. Wessels e.a. (reds.),

Bannelinge in die vreemde ..., p. 19; A.W.G. Raath & H.A. Strydom, “The Hague Conventions and

the Anglo-Boer War”, SAYIL, vol. 24, 1999, p. 149; D.L. Costa & M.E. Kahn, “Surviving Andersonville: The benefits of social networks in POW camps”, Working Paper 11825, http://www.nber.org/papers/w11825.

40 C. Groenewald, Bannelinge oor die oseaan: Boerekrygsgevangenes 1899-1902 (Pretoria, J.P. van

der Walt, 1992), p. 9; K. Rood-Coetzee, “Die lief en leed van die bannelinge”, J.H. Breytenbach (red.), Gedenkalbum van die Tweede Vryheidsoorlog (Kaapstad, Nasionale Pers, 1949), p. 507; D. Hall, The Hall handbook ..., p. 187.

byvoorbeeld 2,2 miljoen krygsgevangenes slegs in Russiese gebied alleen. Twee dekades en meer later, tydens die Tweede Wêreldoorlog, het Duitsland byvoorbeeld ongeveer agt miljoen soldate van verskillende nasionaliteite, afkomstig van verskillende lande, gevange geneem en Rusland op sy beurt drie miljoen Duitsers.41 Nuwe

tegnologie soos verbeterde infrastruktuur (spoorweë), die massaproduksie van wapens en doringdraad het dit moontlik gemaak om krygsgevangenes te vervoer en al meer soldate gevange te neem en aan te hou. Hierdie tendens was wêreldwyd aan die orde van die dag.42 Selfs in die een-en-twintigste eeu word die “vyand” nog steeds geïsoleer

en aangehou.43

Die oprigting van konsentrasiekampe tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog van 1899 tot 1902 het onder meer hulle oorsprong gehad in die veranderde patrone van Westerse oorlogvoering en het dus deel van hierdie breër patroon van oorlogvoering gevorm. Die beskerming van die wapenneerlêers en die toepassing van ’n verskroeideaardebeleid deur die Britse militêre owerheid het twyfelloos die verdere grondslag vir die oprigting van hierdie kampe gevorm. Die oprigting van krygsgevangenekampe daarteenoor, was reeds ’n eeue-oue praktyk.

2.4 Oorlogskampstudies – ’n historiografiese verkenning