• No results found

HOOFSTUK 5: HOOP OP NUUS VAN GELIEFDES EN DIE OORLOG

5.2 Kommunikasiespore oor inkerkering en verlange na nuus van

Die internering van duisende burgerlikes en krygsgevangenes in oorlogskampe het familie- en gesinslede en vriende oor die hele wêreld heen verstrooi. Lottie Rossouw skryf byvoorbeeld in Januarie 1902 vanuit die Kroonstad-konsentrasiekamp dat dit wil voorkom asof al hulle vriende hulle in die vier uithoeke van die wêreld bevind.7 ʼn

Voorbeeld hiervan is me. Dippenaar wat in die Springfontein-konsentrasiekamp aangehou is, terwyl haar drie broers onderskeidelik op die Bermuda-eilande,8 Ceylon,9

5 OM, Bloemfontein, 6024/1: Dagboek van C.P. Pretorius, p. 28; OM, Bloemfontein, 6675/3:

Dagboek van C. Schabort, pp. 17, 19, 30. Vergelyk OM, Bloemfontein, 6344: Brief van L. Rossouw aan Oomie, Refugee Camp, Kroonstad, 15 Oct. 1901; OM, Bloemfontein, 6344/59: Brief van L. Rossouw aan L. Theron, Refugee Camp, Kroonstad, May 7th 1902; M.A. Fischer, Kampdagboek:

Een en ander uit myn leven en lyden zedert ek als krygsgevangenen weggevoerd werdt van Bührman’s Vlei te Ermelo op 31 ste Mei 1901 (Kaapstad, Tafelberg, 1964), pp. 50, 97.

6 A. Badenhorst, Tant Alie van Transvaal: Die dagboek van Alie Badenhorst {uit die oorspronklike

Nederlandse vorm in Afrikaans oorgesit deur M.E. Rothmann}, (Kaapstad, Nasionale Pers, 1939), p. 258. Vergelyk M.A. Fischer, Kampdagboek ..., pp. 50, 97.

7 OM, Bloemfontein, 6344/56: Brief van L. Rossouw aan L. Theron, Refugee Camp, Kroonstad, 4th

Jan. 1902.

8 OM, Bloemfontein, 3688/8: Brief van A.J.G. Dippenaar aan C.G.S. Dippenaar, Hawkins Eiland,

Bermuda, Den 16.2.1902. Vergelyk OM, Bloemfontein, 5747/13: Brief van M. Meyburgh aan J.P.L. Pretorius, R.C. Bloemfontein, 28 Jan. 1902; OM, Bloemfontein, 4502/21-28: Oorlogsherinneringe van J. Geldenhuys, p. 18.

9 OM, Bloemfontein, 3688/12: Brief van S. Dippenaar aan C.G.S. Dippenaar, Hut 21,

krijgsgevangenen-kamp, Diyatalawa, 29.4.1902. Vergelyk OM, Bloemfontein, 3667/2: Brief van M.C. de Jager aan Jiems de Jager, Bethulie refugee camp, 13.2.1902.

en in Indië10 gevange gehou is. Selfs gesinslede wat saam in een kamp aangehou is, is

later van mekaar geskei. Me. Van der Walt skryf dat sy en haar drie dogters aanvanklik saam in die Klerksdorp-konsentrasiekamp gevange gehou is. Op ’n dag, ten spyte van verskeie pleidooie, is sy en haar dogter Lenie na die Merebank-konsentrasiekamp gestuur.11

Verskeie briewe en dagboeke weerspieël die psigiese lyding wat beide die krygsgevangenes en konsentrasiekampbewoners wat besonder familievas was, honderde en duisende kilometers van hulle geliefdes in die kampe moes deurmaak.

5.2.2 “... om zoover van ons dierbare verband te wezen. Het maak ons leven zoms haas ondraaglyk ...”12

Wat veral opval in die 75 dagboeke en herinneringskrifte en 337 briewe wat bestudeer is, is dat die skrywers daarvan die skeiding van gesinslede, familielede, vriende en ’n bekende omgewing as een van die moeilikste aspekte van hul ingekerkerde lewe ervaar het.13 Die belewenisse van beide die konsentrasiekampbewoners en die

krygsgevangenes is ooreenstemmend.

Oor dié aspek van hulle gevangenskap skryf Cornelis Schabort, ’n krygsgevangene in die Deadwood-kamp, byvoorbeeld die volgende:14

... it is not very pleasant to sit on an island in the middle of the deep sea, separated from all dear ones, which I do not know whether we shall ever have the pleasure of meeting each other on this side of the Dark Grave again.

10 OM, Bloemfontein, 3688/5: Brief van P. Dippenaar aan C.G.S. Dippenaar, Shahjahanpur, 4 october

02, Indië. Vergelyk OM, Bloemfontein, 4765/3: Brief van J. Boshoff aan F.P. Pieterse, Shahjahanpur, 1ste April 1902.

11 Vrystaatse Argiefbewaarplek (VAB), Bloemfontein, A-155/134/1: Vrouweverdriet: Persoonlike

herinneringe uit die laaste oorlog en die konsentrasiekampe, van wijle mevr. P.J. van der Walt (gebore Olivier).

12 OM, Bloemfontein, 5774/1: Herinneringe en briewe van D.W. Steyn, p. 23.

13 H. Dampier, “Women’s testimonies of the concentration camps of the South African War ...”, p.

186; S.P.R. Oosthuizen, “Die beheer, behandeling en lewe van die krygsgevangenes gedurende die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902” (D.Phil.-proefskrif, Universiteit van die Oranje-Vrystaat, 1975), pp. 89-96.

Met bogenoemde inskrywing in sy dagboek illustreer Schabort hoe die Afrikaner, soos aangedui in Hoofstuk Drie, wat in die negentiende eeu in ’n besondere mate ’n gesinsmens was, die skeiding van geliefdes as traumaties ervaar het en dat dié skeiding bygedra het tot hulle belewing van ’n ingekerkerde gemeenskapslewe as synde ondraaglik.

Hierdie skeiding van familie- en gesinslede is vererger deur die feit dat die gevangenes nie altyd geweet het waar ’n familie- of gesinslid hom of haar bevind het nie. Me. De Jager, ’n gevangene in die Bethulie-konsentrasiekamp, het teen 13 Februarie 1902 steeds nie geweet waar haar broer was nie.15 Net so is me. Erasmus sonder enige

gesinslede in die Bloemfontein-kamp aangehou. Sy het nie geweet of haar broer nog leef of waar haar ouers en haar suster-hulle hul bevind het nie.16

L. March Phillipps, ’n kaptein wat saam met die Rimington Guides geveg het, skryf byvoorbeeld in ’n brief aan familie in Engeland dat die Britse oorlogstaktiek op sagte teikens die Boeregesinne baie lyding besorg het. Hy verwys daarna dat gesinne en gesinslede besonder geheg aan mekaar was. Hy skryf verder:17

Their [the Boer families’] lives are altogether bound up, in their serene way, with each other and with their homes. Anything that breaks up a family is felt by them more grievously than would be the case with most people, and, in the same way, anything that severs them from ‘the land’ would be more profoundly felt too. It amounts to an entire dislocation of their ideas of life.

Versplintering, afstand, onsekerheid en ’n ongekende verlange na nuus van geliefdes is soms baie emosioneel in briewe verwoord. Een so ’n voorbeeld is dié van Bettie Erasmus wat aan haar broer skryf dat, as sy aan hom en hulle suster dink, sy wil

15 OM, Bloemfontein, 3667/2: Brief van M.C. de Jager aan Jiems de Jager, Bethulie refugee camp,

den 13.2.1902. Vergelyk OM, Bloemfontein, 6455/1: Sarie Roos: Bethulie Koncentratie Kamp, April 1901-Nov.1902, p. 6; K. Hamman (samesteller), Dagboek van ’n Bethulie-kampdogter (Bloemfontein, N.G.-Sendingpers, 1965), pp. 15, 35.

16 OM, Bloemfontein, 4663/5: Brief van C.M.E. Erasmus aan haar broer, Bloemfontein. Me. Erasmus

is later na die Bethulie-konsentrasiekamp gestuur. Vergelyk OM, Bloemfontein, 5747/2: Brief van G. Pretorius aan J.L. Pretorius, Refugee Kamp, Bloemvontyn, Sipt. 12 1901.

17 L. March Phillipps, With Rimington: Letter xxiv: Fighting and farm-burning, Frankfort, November 23

“beswyk van verlange” en dat sy nooit gedink het dat sy ooit so ver van haar suster sal wees nie.18 Geykte inleidings, afsluitings en ‘n soort formalisme kom wel in briewe

voor, maar talle gevangenes se verlange na hul geliefdes word in hulle briewe weerspieël. Die aanhef en slot van die briewe dui deurentyd op emosies van liefde en verlange. ’n Voorbeeld hiervan is die brief van J.C. Erasmus aan sy ma wat afsluit met die volgende woorde: “Nu zal ik maar sluiten met myn brief maar nooit met myn verlangende hart.”19 P.A. Venter byvoorbeeld se briewe begin almal met die woorde

“Liefhebbende en nooit vergetende Eggenoot” en sluit met af met “...ontvang de duisenste groete met een kus der liefde van my u altoos aandinkende Man.”20

Briewe van beide die krygsgevangenes en konsentrasiekampbewoners weerspieël ook die psigiese impak van hierdie skeiding op die gevangenes. Albei die groepe het die stresvolle gevolge van hierdie skeiding op konstruktiewe maniere probeer verwerk. Deur briefwisseling as enigste kommunikasiemiddel het hulle probeer om die skeiding draagliker te maak en afstande tussen hulle en hul geliefdes te oorbrug en kontak te behou.

18 OM, Bloemfontein, 4663/21: Brief van B. Erasmus aan P.A. Venter, Bethulie camp, 10 April 1902.

Vergelyk H. Dampier, “Women’s testimonies of the concentration camps of the South African War…”, p. 186; OM, Bloemfontein, 5774/1: Herinneringe en briewe van D.W. Steyn, p. 23; OM, Bloemfontein, 6675/3: Dagboek van C. Schabort, pp. 30-31; OM, Bloemfontein, 4663/125: Brief van P.A. Venter aan C.M.A. Venter, Groenpunt, 1ste October 1900; OM, Bloemfontein, 2040/2: Brief van C.E. van Aardt aan J.M. Triegaardt, Diyatalawa Camp, Ceylon, April 9th 1902; OM,

Bloemfontein, 3688/15: Brief van M. van der Merwe aan sy vader, Diyatalawa Kamp, 16-10-1901; OM, Bloemfontein, 3688/9: Brief van A.J.G. Dippenaar aan C.G.S. Dippenaar, Hawkins eiland, Den 18de/4/02; OM, Bloemfontein, 3688/18: Brief van P. Dippenaar aan J. Dippenaar, Shahjahanpur, Boer Camp, India, 21ste January 1902; OM, Bloemfontein, 1371/11: Brief van G.D. Schoombee aan D.E. Potgieter, Bellary, de 11 November 1901; OM, Bloemfontein, 5592/16: Brief van M. du Toit aan haar man, Kamp, 13de Febr. 1902.

19 OM, Bloemfontein, 5690/91: Brief van J.C. Erasmus aan E.P. Erasmus, Hut 56, krijgsgevangenen-

kamp, Diyatalawa, Den 29 Augutus 1901.

20 OM, Bloemfontein, 4663/122: Brief van P.A. Venter aan C.M.A. Venter, St. Helena, Den 3 Febriari

5.3 Briewe – die enigste kommunikasiemiddel