• No results found

HOOFSTUK 3: VAN BOEREREPUBLIEKE TOT OORLOGSKAMPE, 1899-

3.4 Vele kante van die Oorlog

3.4.1 Afbrand en verbrand: Verskroeideaardebeleid

Ten aanvang van die Oorlog het die Boerevroue, -kinders asook bejaarde mans op die plase agtergebly. Die bestaansboerdery is voortgesit en vegtende familielede is op geestelike en eg nasionalistiese wyses bemoedig. Die vegtendes is ook gereeld van kos en klere voorsien.77

Alhoewel die Britse troepe onder generaal-majoor Babington alreeds in Desember 1899 en vroeg in Januarie 1900 verskeie plaashuise in die Wes-Vrystaat, onder meer agtien daarvan in die Jacobsdal-omgewing afgebrand het,78 is die meeste plaasbewoners

aanvanklik grotendeels met rus gelaat. Slegs voer, perde en mielies is by tye gekonfiskeer.79 Namate die Boereleiers hulle tot guerrilla-oorlogvoering gewend het, het

die Britse militêre owerheid toenemend met meer drastiese maatreëls vorendag gekom. Onder die bevel van Roberts is ’n verskroeideaardebeleid vanaf Maart 1900 as “strafmaatreël” teenoor die Boere gevolg as gevolg van hulle voortgesette weerstand.80

Hierdie maatreël is ook toegepas omdat daar gevalle voorgekom het waar

76 C. Madsen, “Canadian troops and farm burning in the South African War”, Canadian Military

Journal, Summer 2005, pp. 55, 57.

77 E. Hobhouse, War without glamour – or – women’s war experiences written by themselves,

1899-1902 (Bloemfontein, Nasionale Pers, 1924), pp. 14-15; D. Prinsloo, “Vroue in die Anglo-

Boereoorlog: ′Feite en fiksie′?”, G. Verhoef (samesteller), Die Anglo-Boereoorlog ..., p. 59; H.C. Hillegas, With the Boer forces, 2nd ed. (London, Methuen, 1901), pp. 278, 282-283; E. Neethling,

Mag ons vergeet? (Kaapstad, Nasionale Pers, 1938), herinneringe van mev. F. Bezuidenhout, p.

201.

78 J. Ploeger, Die lotgevalle van die burgerlike bevolking gedurende die Anglo-Boereoorlog, 1899-

1902, deel 4, (Pretoria, Staatsargiefdiens, 1990), p. 27:3; S.B. Spies, Methods of barbarism?

Roberts and Kitchener and civilians in the Boer Republics, January 1900-May 1902, 2nd ed. (Cape

Town, Human & Rousseau, 1978), p. 29.

79 F. Pretorius, “Die lot van die Boerevroue en -kinders”, F. Pretorius (red.), Verskroeide aarde

(Kaapstad, Human & Rousseau, 2001), p. 37.

80 B. Nasson, The war for South Africa (Cape Town, Tafelberg, 2010), pp. 239-240; S.B. Spies,

“Women and the War”, P. Warwick & S.B. Spies (eds.), The South African War: The Anglo-Boer

kommandolede vanuit ’n huis waar ’n wit vlag gewapper het op Britse soldate gevuur het, of waar plaashuise as skuilings gebruik is om aanvalle op spoorlyne te loods.81

Ná volmag vir die toepassing van hierdie beleid deur Roberts verleen is, is plaashuise klaarblyklik wyd en met onoordeelkundigheid voor die voet geplunder en afgebrand.82

March Phillipps, ’n Britse soldaat, se skrywe op 23 November 1900 “Anyway, we find that one reason or another generally covers pretty nearly every farm we come to, and so to save trouble we burn the lot without enquiry...”83 illustreer die onoordeelkundige

toepassing van Roberts se maatreël.

In sommige gevalle is eiendomme tot op die grond afgebrand omdat die mans nog geveg het of nie die eed van neutraliteit afgelê of nagekom het nie. Ook die nie- vegtendes se huise is afgebrand. Klaarblyklik het van Roberts se offisiere gemeen dat hierdie onoordeelkundige afbrand en verwoesting die inwoners se ergenis en haat laat toeneem het.84 Dié beleid is nogtans meedoënloos deurgevoer. Van die

wapenneerlêers wat die eed van neutraliteit verbreek het, se familie- of gesinslede is uit hulle huise verwyder en die huise is tot op die grond afgebrand. Generaal Pole-Carew se kolonne het met spesifieke instruksies uitgegaan om die plase van wapenneerlêers wat nog kop in een mus met die Boere was of wat van die Britse grootmoedigheid misbruik gemaak het om hulle eiendom te beskerm, onbewoonbaar te maak.85 Onder

Kitchener, Roberts se opvolger, is plaashuise van Januarie 1901 voor die voet verwoes. Geen poging is ooit aangewend om vas te stel of die huise wel vir oorlogsdoeleindes gebruik is nie.86

Beide S.B. Spies en M.A. Gronum wys daarop dat amptelike Britse syfers daarop dui

81 F. Pretorius, Die Anglo-Boereoorlog 1899-1902, p. 54; S.B. Spies, Methods of barbarism? ..., pp.

43-44.

82 G.H.L. Le May, British supremacy in South Africa, 1899-1907 (Oxford, Clarendon Press, 1965), p.

89; S.B. Spies, Methods of barbarism? ..., p. 46; B. Nasson, The war for South Africa, p. 240; F. Pretorius, Die Anglo-Boereoorlog 1899-1902, p. 54.

83 L. March Phillipps, With Rimington, Letter xxiv: Fighting and farm-burning, Frankfurt, November 23,

http://www.gutenberg.org/files/15131/15131.h/15131-h.htm.

84 B. Nasson, The war for South Africa, p. 240.

85 A.C. Martin, The concentration camps 1900-1902: Facts, figures and fables (Cape Town, Howard

Timmins, 1957), p. 2.

86 A. Grundlingh, “Waarom konsentrasiekampe?”, A. Grundlingh & B. Nasson (reds.), Die oorlog kom

huis toe: Vroue en gesinne in die Anglo-Boereoorlog (Kaapstad, Tafelberg, 2013) , p. 34; L. March

Phillipps, With Rimington, Letter xxiv: Fighting and farmburning, Frankfurt, November 23, http://www.gutenberg.org/files/15131/15131.h/15131-h.htm.

dat die aantal plaashuise wat van Junie 1900 tot Januarie 1901 afgebrand is, sowat 630 was.87

Spies & Gronum betwyfel egter die betroubaarheid van hierdie statistiek, maar voel dit bevestig tog die gegewe feite, naamlik dat die verwoesting van plaashuise in die distrikte van Bethlehem, Frankfort, Vrede, Kroonstad, Ventersburg, Winburg, Dullstroom, Middelburg, Marico, Rustenburg en Johannesburg geweldig in omvang was.88

Nie net plaashuise is verwoes nie, maar tot 40 dorpe is geplunder en grootliks verwoes.89 So byvoorbeeld is die dorp Bothaville in Oktober 1900 deur luitenant-

generaal Hunter afgebrand onder die voorwendsel dat die Boerekommando’s Bothaville as basis gebruik het vanwaar hulle aanvalle op spoorlyne uitgevoer het.90 Lord Milner

het wel in Oktober 1902 erken dat tot soveel as 30 000 huise gedurende die Suid- Afrikaanse Oorlog verwoes is.91

Vir die Boerevroue en -kinders was die afbrand van hulle woonhuise en die doodmaak van alle diere ongetwyfeld bykans ondraaglike emosionele en traumatiese gebeurtenisse (kyk Foto 3- 1). Luitenant Morrison, ’n offisier van die Kanadese artillerie, wat ’n getuie van die afbrand-aksies was, skryf: 92

We moved on from valley to valley lifting cattle and sheep, burning, looting, and turning out the women and children to sit and cry beside the ruins of their once beautiful farmsteads...

87 S.B. Spies, Methods of barbarism? ..., pp. 116-117; M.A. Gronum, Die Engelse Oorlog 1899-1902:

Die gevegsmetodes waarmee die Boererepublieke verower is (Kaapstad, Tafelberg, 1972), p. 22.

Volgens Gronum was dit 630 huise, Spies dui 634 huise aan.

88 S.B. Spies, Methods of barbarism?..., p. 116-117; M.A. Gronum, Die Engelse Oorlog 1899-1902, p.

22.

89 A. Grundlingh, “Waarom konsentrasiekampe?”, A. Grundlingh & B. Nasson (reds.), Die oorlog kom

huis toe ..., p. 34.

90 F. Pretorius, “Die lot van die Boerevroue en -kinders”, F. Pretorius (red.), Verskroeide aarde, p. 39. 91 F. Pretorius, “Die lot van die Boerevroue en -kinders”, F. Pretorius (red.), Verskroeide aarde, p. 40. 92 C. Madsen, “Canadian troops and farm burning in the South African War”, Canadian Military

Journal, Summer 2005, p. 55. Vergelyk W. Riem Vis, Tien maanden in een “vrouwenkamp”: Het leven en lijden van een Boerengezin in Transvaal tijdens den laatsten oorlog met Engeland

(Rotterdam, A.A. Daamen, 1902), pp. 87-88; M.M. Postma (samesteller), Stemme uit die

vrouekampe gedurende die Tweede Vryheidsoorlog tussen Boer en Brit van 1899-1902

Foto 3-1: OM, Bloemfontein, 03: ’n Boeregesin voor hulle huis wat afbrand

Dit moes vir die vroue inderdaad uiters traumaties gewees het om te sien hoe hulle besittings wat hulle oor ’n leeftyd heen bymekaar gemaak het nie net geplunder nie, maar inderdaad geheel en al vernietig word.

Generaal Louis Botha het gevoel dat Roberts met die verskroeideaardebeleid die ellende en lyding van die vroue en die kinders wou gebruik om die vegtende burgers tot vrede te dwing. Die Boerevroue het dieselfde sienswyse gehuldig.93 S.B. Spies kom ook

tot dieselfde gevolgtrekking, naamlik dat Roberts die lyding van die burgerlikes gebruik het om die burgers op kommando tot oorgawe te probeer dwing.94

Nóg die regering van die Oranje-Vrystaat nóg dié van die ZAR het oor die vermoë beskik om burgerlikes uit die distrikte wat deur die Britse magte binnegeval is, te verwyder. Gevolglik is inwoners merendeels aan hulle lot oorgelaat ten opsigte van die

93 Het Algemeen Nederlandsch Verbond, Ambtelijke verslagen van generaal J.H. de la Rey en

generaal J.C. Smuts, alsook andere stukken betreffende den oorlog in Zuid-Afrika, kort geleden ontvangen door de Boeren-vertegenwoordigers in Europa, en met hun toestemming openbaar gemaakt, p. 39.

94 S.B. Spies, Methods of barbarism?..., p. 137. Vergelyk F. Pretorius, “Die lot van die Boerevroue en

-kinders”, F. Pretorius (red.), Verskroeide aarde, p. 41; W.T. Stead, The war in South Africa, 1899-

19-?: Methods of barbarism: War is war, Mr. Brodrick, and war is hell, General Sherman: The case for intervention (London, Mowbray, 1901), p. 36.

verwoestings- en vernietigingstaktiek wat al hulle besittings ingesluit het. Hulle was spoedig óf haweloos en ontredderd óf ingekerker in ’n konsentrasiekamp.95