• No results found

HOOFSTUK 3: VAN BOEREREPUBLIEKE TOT OORLOGSKAMPE, 1899-

3.4 Vele kante van die Oorlog

3.4.3 Die ingekerkerdes: ’n Konsentrasiekampstelsel

Die verskroeideaardebeleid wat deur Roberts begin en deur Kitchener voortgesit is, het die konsentrasiekampstelsel ingelui.115 Die aantal hawelose vroue en kinders het teen

die helfte van Julie 1900 alreeds sodanig toegeneem dat die Britse militêre owerhede ’n oplossing vir die probleem moes vind. Aanvanklik het Roberts probeer om die versorging van hierdie hawelose vroue en kinders op die Boerekommando’s af te skuif. In Julie 1900 is 412 vroue en kinders na die Boerelinies gestuur. Op 11 Augustus 1900 is ongeveer 800 vroue en kinders van Pretoria na Belfast gestuur.116

Botha het Roberts in kennis gestel dat die Boere treine sou stuur om die vroue en kinders te gaan haal waarna hy hulle per skip na Europa sou stuur. Botha se kennisgewing en die onuitvoerbaarheid van die beleid het Roberts laat afsien117 van sy

planne om die haweloses op die Boerekommando’s af te skuif.

Om die groeiende aantal hawelose vroue en kinders te probeer hanteer, is daar met die konsentrasiekampstelsel begin. Die aanvangsdatum van dié stelsel is onbekend, maar dit blyk dat ’n kamp vir hawelose vroue en kinders reeds so vroeg as in Julie 1900 naby Mafeking (tans Mafikeng) bestaan het.118 Gedurende Augustus 1900 is die eerste

kamp, naamlik Boer Refugee Camp of Camp for Refugees and Undesirables, in Pietermaritzburg opgerig. Volgens die oudste registerinskrywing van 15 Augustus 1900 het ’n sekere F.R. Cloete en sy gesin vanuit die Standerton-distrik daar aangekom. As rede vir hulle inkerkering is aangevoer dat hulle huis verwoes is omdat daar dinamiet op hulle plaas gevind is.

115 F. Pretorius, Die Anglo-Boereoorlog 1899-1902, p. 54.

116 S.B. Spies, Methods of barbarism?..., pp. 128-139. Vergelyk B.J. Viljoen, Mijne herinneringen uit

den Anglo-Boeren Oorlog (Amsterdam, Versluys, 1902), p. 111; J.F. Naudé, Vechten en vluchten

van Beyers en Kemp “bôkant” De Wet (Rotterdam, Nijgh & Van Ditmar, 1903), pp. 126-127; Viljoen

en Naudé skryf albei oor 250 families wat in bittere koue en snerpende wind en sneeu in oop goederewaens na die kommando gestuur is.

117 M.A. Gronum, Die Engelse Oorlog 1899-1902 ..., pp. 30-31; F. Pretorius, Die Anglo-Boereoorlog

1899-1902, p. 56.

118 S.B. Spies, “Women and the War”, P. Warwick & S.B. Spies (eds.), The South African War: The

Anglo-Boer War ..., p. 167; E.C.C. Reynolds, “Die ontwikkeling van ’n elektroniese genealogiese

databasis van burgerlike sterftes tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902” (M.A.-verhandeling, Noordwes-Universiteit, 2007), p. 34.

Terselfdertyd was lord Roberts verplig om die wapenneerlêers – ongeveer 20 000 burgers het gedurende die Oorlog die wapen neergelê en die eed van neutraliteit afgelê119 – teen heropname in die Boeremagte te beskerm, en die enigste uitweg was

vlugtelingkampe (refugee camps) vir dié mense en hulle gesinne. Op 22 September 1900 het generaal J.G. Maxwell ’n bevel uitgevaardig wat die stelsel van vlugteling- of beskermingskampe in die lewe geroep het. Kampe vir wapenneerlêers is in Bloemfontein en Pretoria opgerig.120

In dieselfde maand het Roberts beveel dat alle vroue en kinders wat nog op plase bly na die vlugtelingkampe geneem moes word.121 Gedurende Oktober 1900 is lojale

republikeinse burgers se vroue en kinders verplig om na die Bloemfontein-kamp te gaan. Teen 15 November 1900 was daar reeds 519 persone in die kamp.122 So is die

vlugteling- of beskermingskampe vinnig in konsentrasiekampe vir hawelose Boerevroue en -kinders omskep.123 Lord Kitchener het, soos vroeër vermeld, op 29 November 1900

die bevel by Roberts oorgeneem. Tydens Kitchener se dryfjagte sedert Januarie 1901 is duisende Boerevroue, -kinders en bejaarde mans na die konsentrasiekampe weggevoer. Die Britse opperbevel het aangevoer dat hierdie mense weens humanitêre redes na die kamp gestuur is. Hierdie argument is as misleidend gereken. Die vernietiging van alle hulpbronne en die aanhouding van vroue en kinders in kampe is eerder om militêre redes gedoen. Alom is geglo dat hierdie redelose taktiek daarop gemik was om die Boerevegters tot oorgawe, en vredesluiting te dwing.124 ’n Vorm van

119 F. Pretorius, “Almal se oorlog: Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902)”, F. Pretorius (red.),

Geskiedenis van Suid-Afrika ..., p. 247.

120 A.M. Grundlingh, Die “Hendsopppers” en “Joiners”: Die rasionaal en verskynsel van verraad

(Pretoria, HAUM., 1979), p. 57; J. Ploeger, Die lotgevalle van die burgerlike bevolking gedurende

die Anglo-Boereoorlog ..., deel 2, p. 14:22; B. Nasson, The war for South Africa, p. 242.

121 D. Hall, The Hall handbook ..., p. 215; M. Davitt, The Boer fight for freedom, 2nd ed. (Freeport,

N.Y., Books for Libraries Press, 1972) p. 468.

122 A.M. Grundlingh, Die “Hendsoppers” en “Joiners”..., p. 58.

123 F. Pretorius, “Die lot van die Boerevroue en -kinders”, F. Pretorius (red.), Verskroeide aarde, p. 41;

B.J. Barker, A concise dictionary of the Boer War, p. 51.

124 A.Grundlingh & B. Nasson, Die oorlog kom huis toe…, pp. 34-36, 55; J. Hyslop, “The inventon of

the concentration camp: Cuba, Southern Africa and the Philippines, 1896-1907”, South African

ingekerkerdheid het reeds met die wegvoer, met ’n minimum van voedsel, klere en beddegoed, ingetree.125

Historici is nie eenstemmig oor die aantal aangehoudenes in die konsentrasiekampe nie. Volgens F. Pretorius en D. Prinsloo het die aantal blanke inwoners in die konsentrasiekampe teen September 1901 op 110 000 te staan gekom.126 Pakenham127

dui 116 000 blanke konsentrasiekampbewoners aan en Gronum 135 000.128 Teen die

einde van die oorlog is meer as 116 000 Boerevroue, -kinders en bejaarde mans in die kampe gehuisves.129 D. Hall130 dui die aantal inwoners per maand soos volg aan (kyk

Tabel 3-1):

Tabel 3-1: Die aantal blankes in konsentrasiekampe

Datum

Die aantal blankes in konsentrasiekampe Maart 1901 35 192 Junie 1901 79 967 Julie 1901 102 651 Augustus 1901 111 540 September 1901 116 225 Oktober 1901 118 408 Januarie 1902 115 037 Februarie 1902 114 181

Mei 1902 Nie beskikbaar nie.

Hoewel dit moeilik is om die presiese aantal konsentrasiekampbewoners te bepaal, is dit belangrik om te weet dat volgens Figuur 3-4 daar sowat 219 000 Afrikaanssprekende

125 D. Prinsloo, “Vroue in die Anglo-Boereoorlog: ‘Feite en fiksie’?”, G. Verhoef (samesteller), Die

Anglo-Boereoorlog ..., p. 58.

126 F. Pretorius, “Die lot van die Boerevroue en -kinders”, F. Pretorius (red.), Verskroeide aarde, p. 44;

D. Prinsloo, “Vroue in die Anglo-Boereoorlog : ‘Feite en fiksie’?”, G. Verhoef (samesteller), Die

Anglo-Boereoorlog ..., p. 58.

127 T. Pakenham, “Die Tweede Anglo-Boereoorlog, 1899-1902”, T. Cameron & S.B. Spies (reds.),

Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika, p. 214.

128 M.A. Gronum, Die Engelse Oorlog 1899-1902 ... , p. 43.

129 S.B. Spies, Methods of barbarism?... , p. 169. Vergelyk B. Farwell, The great Anglo-Boer War

(New York, Harper & Row, 1976), p. 397. Farwell dui die aantal konsentrasiekampbewoners as 120 000 aan.

inwoners in die twee Boererepublieke woonagtig was.131 Vanaf Julie 1901 is dus meer

as die helfte van die twee Boererepublieke se Afrikaanssprekende inwoners in die konsentrasiekampe aangehou. Voeg ’n mens die aantal krygsgevangenes – sowat 32 500 – hierby, dan was minstens tweederdes (66,6 persent) van die Boererepublieke se Afrikaanssprekende inwoners gedurende die loop van die oorlog ingekerker.

Dié duisende Boerevroue, kinders en bejaardes is in minstens 50 kampe vir wit burgerlikes ingekerker.132 Die meeste van die konsentrasiekampe is binne die grense

van die ZAR en OVS opgerig, maar daar is ook ’n paar kampe in die Oos-Kaap en Natal gevestig. Hierdie duisende vroue en kinders het deel van ’n kampstelsel geword wat gesien is as dat dit slegs op rampspoed kon afstuur (vergelyk Tabel 3-2 en Kaart 3- 1).133

Tabel 3-2: Konsentrasiekampe vir blankes in die Zuid-Afrikaansche Republiek, Oranje-Vrystaat, Natal en die Kaapkolonie134

Konsentrasiekamp Ligging Aantal inwoners

Aliwal-Noord Twee myl buite die dorp tussen

die Oranje- en Kraairiviere 21 Augustus 1901: 4 683

131 A. Wessels, “Afrikaners at war”, J. Gooch (ed.), The Boer War ..., p. 73. Volgens generaal J.C.

Smuts was daar ongeveer 200 000 mense in die Boererepublieke woonagtig. Vergelyk B.J. Barker,

A concise dictionary of the Boer War, p. 51; S.B. Spies, “Women and the War”, P. Warwick & S.B.

Spies (eds.), The South African War: The Anglo-Boer War ..., p. 170.

132 B. Farwell, The great Anglo-Boer War, p. 397; F. Pretorius (ed.), Scorched earth, p. 8; A.W.G.

Raath, Die Boerevrou, 1899-1902, deel 2: Kampsmarte (Bloemfontein, Volkskomitee vir die herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog, 2003), pp. 39-347; J. Groenewald, “’n Wêreld van filatelie in een oorlog”, G. Verhoef (samesteller), Die Anglo-Boereoorlog ..., p. 128; E.C.C. Reynolds, “Die ontwikkeling van ’n elektroniese genealogiese databasis van burgerlike sterftes tydens die Anglo-Boereoorlog ...”, pp. 56-60; D. Hall, The Hall handbook ..., pp. 220-221; N. Snowden, Publication no. 1: The Anglo-Boer War 1899-1902: Philately of the Boer and British

prisoner of war camps, part A: Prisoner of war camps in South Africa and the burgher camps

(Manchester, The Anglo-Boer War Philately Society, n.d.), pp. 40-66. Sommige van die historici dui meer kampe aan, aangesien sommige ook hulpposte by die totale aantal kampe insluit.

133 A. Grundlingh & B. Nasson (reds.), Die oorlog kom huis toe ..., p. 13.

134 A.W.G. Raath, Die Boerevrou, 1899-1902, deel 2 ..., pp. 39-347; E.C.C. Reynolds, “Die

ontwikkeling van ’n elektroniese genealogiese databasis van burgerlike sterftes tydens die Anglo- Boereoorlog ...”, pp. 50-60; D. Hall, The Hall handbook ..., pp. 220-221; N. Snowden, Publication

no. 1: The Anglo-Boer War 1899-1902 ..., pp. 40-46; NASA, Pretoria, Cd. 893: Report on the concentration camps in South Africa by the Committee of Ladies appointed by the Secretary of State for War containing reports on the camps in Natal, the Orange River Colony and the Transvaal (1902), pp. 1-207. Die sogenaamde Relief-poste is nie aangedui nie, aangesien die poste slegs

noodlenigingsposte was waar mense rantsoen kon kry. Vergelyk A.W.G. Raath, Die Boerevrou,

Konsentrasiekamp Ligging Aantal inwoners

Balmoral Suid van die spoorwegstasie, teen ’n heuwel 31 Desember 1901: 2 685 Barberton Suidwes van die dorp op

hoogliggende grond 30 April 1901: 1 994 Belfast Twee myl vanaf die

spoorwegstasie 12 Oktober 1901: 567 Bethulie Buite die dorp teen die skuinste

van koppies 7 September 1901: 4 882 Bloemfontein Twee myl noordwes van die

dorp 16 September 1901: 6 600 Brandfort Geen besonderhede nie 31 Desember 1901: 4 221 Buffelsrivier Ligging van die kamp is onseker Deurgangskamp

Burgersdorp Onbekend Onbekend

Colenso Geen besonderhede nie 30 April 1902: 3 019 De Jagersdrift Tydelike kamp Onbekend

Eshowe Geen besonderhede nie Desember 1901: 363 Harrismith Aan die voet van die berg naby

die dorp 29 November 1901: 1 653 Heidelberg Ongeveer ’n myl van die rivier af teen die helling van ’n koppie 31 Augustus 1901: 2 222 Heilbron Dié kamp was naby die

spoorlyn geleë 22 Oktober 1901: 3 179 Howick Geen besonderhede nie 3 Desember 1901: 3 514 Irene Noord van die Hennopsrivier en

wes van die spoorlyn 31 Augustus 1901: 4 655 Isipingo Geen besonderhede nie Geen besonderhede nie Jacob’s Siding Halfmyl oos van Merebank af April 1902: 3 080 Johannesburg Op die renbaan, ongeveer drie

myl van die stasie af 17 Februarie 1901: 5 080 Kabusi In die Kaapkolonie naby

Stutterheim Geen besonderhede nie Kimberley Newton was ongeveer ’n myl en ’n half van die stasie 26 Augustus 1901: 3 694 Klerksdorp Suid van die dorp en suidwes

van die spoorlyn 31 Augustus 1901: 4 588 Kromellenboog Naby Kromellenboogspruit, wes

van Edenburg 3 November 1901: 3 Kroonstad Twee myl van die dorp Julie 1901: 4 094

Krugersdorp Een myl noordoos van die dorp 28 September 1901: 5 408 Ladybrand Geen besonderhede nie 28 Oktober 1901: 778 Ladysmith In Natal April 1902: 1 048

Konsentrasiekamp Ligging Aantal inwoners

Mafeking

Op oewers van die

Moloporivier, ongeveer sewe myl van Mafeking

31 Augustus 1901: 4 676 Meintjieskop: “handsupper-

kamp” Naby Pretoria Maart 1902: 427 Merebank Naby Durban aan die voet van ’n heuwel Maart 1902: 8 350 Middelburg In Transvaal Augustus 1901: 6 523 Norvalspont In die Kaapkolonie Julie 1901: 3 395 Nylstroom Een myl noordwes van die

stasie September 1901: 1 851 Oos-Londen Geen besonderhede nie April 1902: 1 947

Oranjerivier Ongeveer ’n myl van die stasie 31 Augustus 1901: 1 507 Pietermaritzburg Ongeveer ’n myl vanaf die dorp Desember 1901: 2 364 Pietersburg Een en ’n halwe myl wes van

Pietersburg naby die Sandrivier 11 Augustus 1901: 3 713 Pinetown Geen besonderhede nie Geen besonderhede nie Port Elizabeth Een en ’n halwe myl noord van

Port Elizabeth Augustus 1901: 327 Potchefstroom Naby die suidekant van die

stasie Augustus 1901: 7 355 Springfontein Naby ’n spruit en na aan die

spoorlyn 11 & 12 September 1901: 2 920 Standerton Oos van die stasie op die oewer

van die Vaalrivier 9 September 1901: 3 329 Uitenhage Kaapkolonie, naby Pennel’s Mill Mei 1902: 2 007

Van der Hoovensdrift Naby Pretoria November 1901: 305 Vereeniging ’n Halfmyl van die Vaalrivier en ’n halfmyl van die stasie 22 Oktober 1901: 967

Volksrust

Driehonderd treë suidoos van die stasie en ’n halfmyl van die dorp

31 Julie 1901: 5 462

Vredefortweg Ongeveer twee myl van die

spoorwegstasie Julie 1901: 1 576 Vryburg

Geografies in Kaapkolonie, maar onder Transvaalse administrasie

1 April 1901: 1 201

140: Boere; 1 061: swart mense Vryheid In Transvaal 30 Junie 1901: 201

Warrenton Geen besonderhede nie 1 April 1901: 500 Wentworth Natal Geen besonderhede nie Winburg ’n Kwartmyl van die stasie 29 Oktober 1901: 3 153

Kaa rt 3 -1: Bla nk e k onse nt ra s ie k a mpe ty d e ns di e S ui d -Af rik a a ns e Oorl og 1 8 9 9 -1 9 0 2 Na get eke n: T. De Kle rk: 201 6/0 2/2 5