• No results found

HOOFSTUK 4: INKERKERING AS FISIEKE EN PSIGIESE

4.5 Die impak van ’n ingekerkerde gemeenskapslewe

4.5.2 Die fisieke impak van ontworteling en inkerkering op die lange duur

Wat betref die langtermyn impak van kamplewe op gevangenes in jare na die Oorlog, is dit ʼn onderwerp wat waarskynlik na behore in ʼn opvolgstudie aangepak sou kon word. Indien die bevindinge van studies oor die fisieke impak van gevangenskap tydens die Tweede Wêreldoorlog as barometer gebruik word, gee dit wel ’n aanduiding van die duur van gesondheidsprobleme wat die konsentrasiekampbewoners asook die krygsgevangenes moes ondervind het. Op ’n konferensie in Den Haag in 1961, het navorsers die fisieke impak van aanhouding op konsentrasiekampbewoners en

257 C.A.R. Schulenburg, “Boerekrygsgevangenes van Bermuda”, Historia, jg. 24, nr. 1, Mei 1979, p.

22. Vergelyk E. Wessels e.a. (reds.), Bannelinge in die vreemde ..., p. 218. Wessels dui 39 sterftes aan. 0 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50 St. Helena Bermuda

krygsgevangenes uitgelig.258 Algemene gesondheidsprobleme wat gevangenes volgens

dié verslag ná hulle aanhouding ondervind het, was onder andere arteriosklerose, spysverteringsprobleme, longprobleme, rumatiek, skade aan die sentrale senuweestelsel, die verdwyning van maandstonde en vrugbeginsel met latere ginekologiese probleme, vroegtydige veroudering, swak sig, watersug, slaaploosheid en spierkrampe.259

’n Anonieme konsentrasiekamp-gevangene het in haar dagboek geskryf dat hulle tot hulle gesondheid vir hulle land opgeoffer het.260 Hierdie stelling is waarskynlik vir talle

van die krygsgevangenes en konsentrasiekampbewoners waar. Hulle ontworteling, asook gebrek aan voldoende ruimte het waarskynlik tot die Afrikaner se swak gesondheid bygedra soos inderdaad ook deur C. Louis Leipoldt waargeneem is. In 1914 het Leipoldt, ná diensaanvaarding as skooldokter, bevind dat 59 persent van alle kinders op skool aan die een of ander gebrek soos blindheid en doofstomheid gely het.261 Van Heyningen kom tot dieselfde gevolgtrekking, naamlik dat die ernstige

maselepidemie in die kampe waarskynlik blindheid, doofheid en permanente longskade tot gevolg gehad het.262

’n Bestaan van inkerkering was fisiek en psigies ontwrigtend. Daar was die blootstelling, oorbevolking, swak higiëniese omstandighede, karige voeding, siekte en gevolglik die voortydige sterftes. Beide die konsentrasiekampbewoners en krygsgevangenes moes dit en baie meer verduur en albei groepe het hierdie ontwrigting as onhoudbaar beleef. Die dood van duisende mense, veral kinders, moes noodwendig onbeskryflike verdriet meegebring het. Talle sou ook lewenslank die fisieke letsels van hulle lewe tydens inkerkering dra. Beide die konsentrasiekampbewoners en krygsgevangenes het egter ook ’n merkwaardige veerkragtigheid in reaksie op dié ontwrigting getoon deur hulle uiters karige huisvesting te probeer verbeter en hulle totaal ontoereikende rantsoene aan te vul.

258 J. Segal, E.J. Hunter & Z. Segal, “Universal consequences of captivity ...”, International Social

Science Journal, vol. 28, no. 3, 1976, pp. 595-596.

259 J. Segal, E.J. Hunter & Z. Segal, “Universal consequences of captivity ...”, International Social

Science Journal, vol. 28, no. 3, 1976, pp. 595-596.

260 A.W.G. Raath, Die Boerevrou, 1899-1902, deel 2 ..., p. 310.

261 J.C. Kannemeyer, Leipoldt: ’n Lewensverhaal (Kaapstad, Nasionale Boekdrukkery, 1999), p. 374. 262 E. van Heyningen, The concentration camps of the Anglo-Boer War ..., p. 309-310.

4.6 Samevatting

Uit die bespreking van Hoofstuk Vier is beklemtoon dat die vernietiging van persoonlike besittings, hulle wegvoering en onmenslike ervaringe en lyding in die kampe, beide die konsentrasiekampbewoners en die krygsgevangenes met erge sielkundige en liggaamlike trauma gelaat het. Albei groepe gevangenes wat voorheen merendeels ’n geïsoleerde plaasbestaan gevoer het, het hulle wegvoering as vernederend en die kamplewe as onhoudbaar en ontwrigtend beleef. Daar was blootstelling aan die natuur se onsimpatieke elemente, die gedwonge opeenhoping van mense, swak huisvestingsfasiliteite, gebrek aan privaatheid en ongesonde en ontoereikende rantsoene. Vir die konsentrasiekampbewoners was daar ook nog swak watervoorsiening, swak sanitêre maatreëls en ’n tekort aan brandstof. Dit was veral die duisende kinders, wie se dieet normaalweg uit vars melk, groente, vrugte en vleis bestaan het, wie se weerstand so afgeneem het dat hulle nie die fisiek ontwrigtende omstandighede kon oorleef nie. Hierdie ontwrigting het tot 29 045 sterftes – 27 927 konsentrasiekampbewoners en 1 118 krygsgevangenes – in die oorlogskampe gelei. Die konsentrasiekampbewoners se fisieke ontwrigting en lyding, as synde nader aan die oorlogsfront, die “vyand” en die blywende “las” van verswaktes, siekes, bejaardes, jong behoeftige en noodlydende kinders in hulle midde, het daartoe aanleiding gegee dat die fisieke en emosionele ontwrigting van hulle lewens net soveel intenser blyk te gewees het en soos inderdaad in die sterftesyfers weerspieël word. Van die krygsgevangenes het erken dat die fisieke ontwrigting van hulle lewens, veral weens die inkerkering, veel minder as hulle psigiese en emosionele ontwrigting was.263 Ongeag

die verskil in ruimte en lewenslot het beide die konsentrasiekampbewoners en die krygsgevangenes hulle fisieke ontwrigting tydens wegvoering en inkerkering as ondraaglik beleef.

Beide die konsentrasiekampbewoners en krygsgevangenes het nie net in stilte gely nie. Hulle was nie almal hulpelose slagoffers nie. Uit die dagboeke blyk dit dat beide groepe geestelike veerkragtigheid getoon het ten spyte van die teenslae en trauma van inkerkering. Op konstruktiewe en vindingryke maniere het kampbewoners tydelike

140

blyplekke as “tuistes” probeer verbeter, die uitwerking van ’n oorbevolkte staat van bewoning probeer bekamp en hulle rantsoene probeer aanvul of die kos smaakliker probeer maak. Werkies is teen betaling gedoen om sodoende in hulle behoeftes te probeer voorsien.

Hierdie tydperk van fisiese ontworteling, totale ontwrigting en ondraaglik-beleefde inkerkering het die skeiding en versplintering van familie- en gesinslede tot gevolg gehad. In Hoofstuk Vyf word aandag geskenk aan dié skeiding wat waarskynlik emosionele en psigologiese gevolge gehad en daartoe bygedra het om die gevangenes se ingekerkerde gemeenskapslewe bykans ondraaglik te maak. Vervolgens word briefwisseling as manier om dié skeiding te hanteer uitgewys, asook die vermeerdering van die aantal posstukke tydens die verloop van die Oorlog en die oorlogskampbewoners se vindingryke planne om die sensors te omseil. Laastens val die kollig ook op koerante en kabelgramme as bronne van oorlogsnuus.