• No results found

HOOFSTUK 5: HOOP OP NUUS VAN GELIEFDES EN DIE OORLOG

5.8 Koerante as nuusdraers buite heinings en mure

Beide die krygsgevangenes en die konsentrasiekampbewoners het berigte oor die Oorlog – hoe skraal ook al – steeds in spanning afgewag. Met die koms van nuwe gevangenes, het die inwoners van Deadwood wel periodiek ’n bietjie nuus ontvang. Dit was egter reeds verouderd en J. Teengs skryf in sy dagboek dat hulle enige iets sou wou gee om die ware stand van sake in hulle land te weet.123 Akkurate en betroubare

nuus oor die oorlogsgebeure en die verloop van die Oorlog was egter skaars, aangesien koerante wat die Britse regering vyandiggesind was nie in die kampe toegelaat is nie.124

In Bermuda is die Times of London, die Fortnightly Review en die Nineteenth Century toegelaat. Die Daily News was egter verbode leesstof, aangesien W.T. Stead die redakteur van die koerant was.125 In Ceylon is Reynolds Newspaper, Truth en Review

of Reviews die krygsgevangenes ontsê. Slegs die vier dagblaaie wat in Ceylon uitgegee is – The Standard, The Independent, The Observer en The Times of Ceylon – en ’n paar Britse koerante is in die kampe toegelaat.126 Op St. Helena en in die Groenpunt-

krygsgevangenekamp het die krygsgevangenes die Cape Times te lese gekry.127 Tuis is

122 Vergelyk M.A. Fischer, Kampdagboek ..., p. 97; OM, Bloemfontein, 5747/2: Brief van G. Pretorius

aan J.L. Pretorius, Refugee Kamp, Bloemvontyn, Sipt. 12 1901; OM, Bloemfontein, 6765/3: Brief van J. Boshoff aan F.P. Pieterse, Shahjahanpur, 1st. April 1902; Brief van C.F. Rademan aan sy

suster, Greenpoint, 30 sten Jan 1901 (Brief in besit van prof. en me. S.A Strauss).

123 OM, Bloemfontein, 4528/8: Dagboek van J. Teengs, p. 94.

124 VAB, Bloemfontein, A-186: Dagboek van T. Brain, p. 15; J.N. Brink, Ceylon en de bannelingen, p.

128.

125 E. Wessels e.a. (reds.), Bannelinge in die vreemde ..., p. 190. 126 J.N. Brink, Ceylon en de bannelingen, p. 76.

127 OM, Bloemfontein, 4528/8: Dagboek van J. Teengs, p. 175; OM, Bloemfontein, 4789/3: Dagboek

van C. von Maltitz, p. 3. Vergelyk H.H. van Niekerk, Dagboek van Hugo H. van Niekerk, pp. 68, 70, 79.

The Star en The Transvaal Advertiser uitgegee.128 In die Merebank-konsentrasiekamp

het die inwoners skynbaar soms The Natal Mercury onder oë gekry.129

Hoewel slegs drie vroue in hulle dagboeke na koerante verwys het, kan aanvaar word dat die vroue ook probeer het om op dié wyse nuus van die Oorlog te kry.130 Die vroue

is egter blootgestel aan Britse propaganda en die korrektheid van die berigte kon eers bepaal word wanneer hulle nuus van die Boerekommando’s gekry het.131

Die koerante wat dus wel in die kampe toegelaat is, was baie eensydig in hulle verslaggewing. J.N. Brink het hierdie eensydige verslaggewing oor die verloop van die Oorlog en die koerante se pogings om al die ellende en euwels van die konsentrasiekampe goed te praat as ’n skreiende onreg teenoor die krygsgevangenes gesien.132 Benewens die eensydige verslaggewing het die berigte ook van foute

gewemel. In die koerant The Independent het daar ’n berig verskyn wat oor die Boerevegters gehandel het wat die Oranjerivier oorgesteek het. Dit het onder die opskrif The invasion of Natal verskyn. In The Times of Ceylon het daar sewe foute in ’n berig oor die Boerekrygsgevangenes voorgekom.133 Die krygsgevangenes het, wanneer hulle

’n berig oor Suid-Afrikaanse aangeleenthede wat van ’n baie sensasionele opskrif voorsien is gelees het, hulle eers vergewis of dit nie net ’n advertensie van Dr Paarsche Pillen voor Bleeke Menschen was nie.134

Die krygsgevangenes het bogenoemde koerante wat in die kampe toegelaat is as “doorspekte jingo bladen” beskou.135 Volgens Charles von Maltitz was die Cape Times

seker die langste “Jingo blad” wat gedruk is.136 Die krygsgevangenes het vinnig besef

dat die verslaggewing in bogenoemde koerante eensydig en onbetroubaar was. Hugo

128 P. Marais, Die vrou in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902 (Pretoria, J.P. van der Walt, 1999), p. 37. 129 M.A. Fischer, Kampdagboek ..., p. 92.

130 A. Badenhorst, Tant Alie van Transvaal ..., pp. 82, 87, 94, 97. Vergelyk M.A. Fischer,

Kampdagboek pp. 76, 90-92; K. Hamman (samesteller), Dagboek van ’n Bethulie-kampdogter, p.

14.

131 P. Marais, Die vrou in die Anglo-Boereoorlog ..., p. 37.

132 J.N. Brink, Ceylon en de bannelingen, p. 76. Vergelyk M.A. Fischer, Kampdagboek ..., p. 96. 133 J.N. Brink, Ceylon en de bannelingen, p. 76.

134 J.N. Brink, Ceylon en de bannelingen, p. 77.

135 S.J. Burger, Oorlogsjoernaal van S.J. Burger 1899-1902 {geredigeer en geannoteer deur T. van

Rensburg}, (Pretoria, Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, 1977), pp. 174-175.

van Niekerk het dadelik die naam van die Cape Times na die Cape Lies verander.137 In

die Merebank-konsentrasiekamp het Miem Fischer sarkasties na die “seer waarheidliewende Engelse koerantjies” verwys.138 Die krygsgevangenes het geglo dat

die Engelse hulle moedswillig van leuens voorsien het139 en dat die doel van die

eensydige verslaggewing was om hulle moedeloos te maak.140

Die gebrek aan betroubare nuus het tot gevolg gehad dat die gevangenes, net soos met die briewe, die reëls probeer omseil het. Die krygsgevangenes het wel nou en dan op een of ander manier van die verbode koerante in die hande gekry.141 Volgens C.P.

Pretorius wat in die Diyatalawa-krygsgevangenekamp aangehou is, het sommige wagte koerante in die kamp ingesmokkel.142 Cornelis Schabort skryf dat hy dit nooit gewaag

het om ’n koerant in die kamp in te smokkel nie, maar hy het wel wanneer hy op parool uitgegaan het, koerante by ’n sekere persoon gekry. Hy het vervolgens die hele dag koerant gelees en wanneer hy laatmiddag na die kamp teruggekeer het, het hy die koerante aan die persoon terugbesorg.143 Koerante wat wel ingesmokkel is, het die

rondte onder die krygsgevangenes gedoen om betroubare nuus en ’n ongesensorde weergawe van die oorlogsgebeure te verkry.144

Die gebrek aan betroubare nuus het beide die krygsgevangenes en die konsentrasiekampbewoners laat glo dat dit met die Boere in die Oorlog goed gaan. T. Brain het hierdie kwessie met majoor Elkington van Hawkins-eiland opgeneem en hom daarop gewys dat die weerhouding van nuus die krygsgevangenes laat glo het dat die Boere se saak goed is.145 De Graaf skryf in sy dagboek dat die krygsgevangenes soos

drenkelinge was wat aan ’n strooihalm vasgegryp het deurdat hulle uit elke berig of gebeurtenis iets goeds vir hulleself probeer haal het. Die vervanging op St. Helena van

137 H.H. van Niekerk, Dagboek van Hugo H. van Niekerk, pp. 68, 70, 79. 138 M.A. Fischer, Kampdagboek ..., p. 96.

139 OM, Bloemfontein, 6675/3: Dagboek van C. Schabort, pp. 42-43. 140 OM, Bloemfontein, 6024/1: Dagboek van C.P. Pretorius, p. 153.

141 J.N. Brink, Ceylon en de bannelingen, p. 128. Vergelyk S.J. Burger, Oorlogsjoernaal van S.J.

Burger 1899-1902, p. 110; OM, Bloemfontein, 6024/1: Dagboek van C.P. Pretorius, pp. 129, 139,

153, 155; OM, Bloemfontein, 4203/35: Dagboek van P.H.H. Fick, p. 300. Volgens Fick het ds. Postma ’n koerant in die Diyatalawa- krygsgevangenekamp ingebring.

142 OM, Bloemfontein, 6024/1: Dagboek van C.P. Pretorius, p. 52.

143 OM, Bloemfontein, 6675/3: Dagboek van C. Schabort, pp. 99, 114. Vergelyk S.J. Burger,

Oorlogsjoernaal van S.J. Burger 1899-1902, p. 172.

144 J.N. Brink, Ceylon en de bannelingen, p. 128.

die ou afdeling soldate met ’n nuwe afdeling wat hoofsaaklik uit “kinders” bestaan het, het die krygsgevangenes laat glo dat Engeland se weerbare manne uitgeput is.146

Hierdie sienswyse het ook vir die vroue gegeld. Volgens Rensche van der Walt was hulle op pad om pos te gaan haal toe daar ’n stukkie uit ’n Britse koerant aan hulle voorgelees is. Die berig het oor sekere Boereleiers gehandel en sy het dit vertolk as dat dit goed sou gaan met president Steyn, generaals Botha en De Wet en kommandant Haasbroek.147

Hierdie ingesteldheid van die gevangenes om uit elke berig iets goeds vir hulself te probeer haal, was ’n belangrike oorlewingsmeganisme wat tot die welsyn en innerlike krag van beide die krygsgevangenes en die konsentrasiekampbewoners meegewerk het.