• No results found

Alhoewel daar in Hoofstuk Twee ’n omvattende historiografiese besinning aangaande die navorsingstema voorgehou sal word, dien die volgende intussen as ’n kriptiese oorsig:

Die oorgrote meerderheid materiaal vir die beoogde studie lê in primêre bronne opgesluit. Hieronder tel inligting in die staatsargiewe van Pretoria en Bloemfontein, asook in die argief van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein. Hierdie ongepubliseerde materiaal sluit in: dagboeke, herinneringe, koerante uit die krygsgevangenekampe, die Britse Blouboeke en amptelike verslae oor krygsgevangenekampe.

Dagboeke van gevangenes (ten minste 60 deur krygsgevangenes en 10 deur konsentrasiekamp-bewoners) blyk ’n rykdom van inligting oor kampbewoners se ingekerkerde gemeenskapslewe te bevat. A. Marwick tref ’n onderskeid tussen inligting wat doelbewus vir eie tydgenote weergegee is en inligting wat onbewustelik weergegee is en wat later as van groot belang vir geskiedkundiges geag is. Hy neem as voorbeeld die samestelling van die Domesday Book in opdrag van Willem die Veroweraar om voorraad van sy buit te neem. Die boek het groot waarde as katalogus, maar die voorraadopname verskaf ook onbewustelik baie inligting oor die gebruike, sosiale verhoudings en gesindhede van die bevolking.34

Die aanvanklike mondelinge maar later opgetekende en skriftelike herinneringe van die gevangenes bevat ook waardevolle inligting. Volgens W.J. Pretorius berus die waarde van ’n herinneringskrif daarop dat die skrywer eers perspektief oor gebeure kon verkry het.35

Die amptelike Britse publikasies bevat ’n ryke skat van inligting aangaande die verskillende oorlogskampe. Die Britse Blouboeke bevat baie inligting oor die konsentrasiekampe. Belangrike dokumente is: CD. 819, Reports on the working of the refugee camps in the Transvaal, Orange River Colony, Cape Colony and Natal (1901); CD. 853, Further papers relating to the working of the refugee camps in the Transvaal, Orange River Colony, Cape Colony and Natal (1901); CD. 893, Report on the concentration camps in South Africa by the Committee of Ladies appointed by the Secretary of State for War containing reports on the camps in Natal, the Orange River Colony and the Transvaal (1902). Oor die krygsgevangenekampe is daar ook amptelike

34 A. Marwick, The nature of history (London, Macmillan, 1989), p. 216.

35 W.J. Pretorius, “Die Britse owerheid en die burgerlike bevolking van Heidelberg, Transvaal,

Britse verslae, byvoorbeeld CD 431, Colonial reports – annual no. 323, St. Helena report, 1900; CD 788, Colonial reports – annual no. 371, St. Helena, report for 1901; CD 1388/16, Colonial reports – annual no. 392, St. Helena, report for 1902.

’n Skat van nagraadse studies en gepubliseerde sekondêre bronne oor die Suid- Afrikaanse Oorlog is in hierdie studie gebruik om veral historiese konteks te verseker en ’n algemene demografiese en konsepsuele perspektief te verseker. Dit sluit in doktorale proefskrifte, M.A.-verhandelings, talle wetenskaplike artikels en gepubliseerde literatuur. Die immergroen publikasies as standaardwerke van F. Pretorius36 en A. Wessels,37

asook E Wessels38 is besonder waardevol vir begrip van die tydvak en van die opspoor

van werke oor die konsentrasie- en krygsgevangenekampe onderskeidelik.

1.6.2 Navorsingsbenadering: ’n Vergelykende geskiedskrywing

Die rede vir vergelykende geskiedskrywing, die wyse waarop hierdie navorsing aangepak is, verdien ’n verduideliking. Die tref van ’n vergelyking is ’n doodnatuurlike funksie van die brein. In die woorde van Reza Azarian, “Comparison is so fundamental to our cognition that thinking without comparison is almost unthinkable.”39

Vergelykende geskiedskrywing beteken volgens Jürgen Kocka dat twee of meer gevalle of stelle gebeurtenisse in die geskiedenis stelselmatig beskryf word ten opsigte van ooreenkomste en verskille met die doel om sekere intellektuele doelwitte te bereik.40

Hierdie navorsingsbenadering in die geskiedskrywing is volgens G. Haupt41 en J.

Kocka42 veeleisend. J. Kocka sonder ook drie metodologiese redes uit wat

36 F. Pretorius (red.), Verskroeide aarde (Kaapstad, Human & Rousseau, 2001).

37 A. Wessels, A century of postgraduate Anglo-Boer War (1899-1902) studies: Master’s and doctoral

studies completed at universities in South Africa, in English-speaking countries and on the European continent 1908-2008 (Bloemfontein, Sun Press, 2010).

38 E. Wessels e.a. (reds.), Bannelinge in die vreemde ..., pp. 94-415.

39 R. Azarian, “Potentials and limitations of comparative method in social science”, International

Journal of Humanities and Social Science, vol. 1, no. 4, April 2011, p. 115.

40 J. Kocka, “Comparison and beyond”, History and Theory, vol. 42, no. 1, Feb. 2003, p. 39. Vergelyk

P. de Klerk, “Die Suid-Afrikaanse geskiedenis in vergelykende perspektief – ’n Metodologiese ondersoek”, Historia, vol. 44, nr. 2, November 1999, p. 290; R. Azarian, “Potentials and limitations of comparative method in social science”, International Journal of Humanities and Social Science, vol. 1, no. 4, April 2011, p. 113.

41 H. Haupt, “Comparative history – a contested method”, Historisk Tidskrift, vol. 127, vol. 4, 2007, p.

697.

vergelykende geskiedskrywing moeilik maak, naamlik: hoe meer gevalle of gebeure in ’n vergelykende studie nagevors word, hoe meer is die navorser op sekondêre bronne aangewese, aangesien die navorser nie al die primêre bronne in die oorspronklike taal kan lees nie. Tweedens, gaan hierdie benadering van die voorveronderstelling uit dat die gevalle of gebeure wat vergelyk word, geskei kan word. Derdens is dit onmoontlik om die gevalle of gebeure in totaliteit te vergelyk. Slegs sekere aspekte van die gevalle of gebeure kan wel vergelyk word.

In hierdie studie kon bogenoemde knelpunte grootliks ondervang word. Hier word net twee gevalle, naamlik die konsentrasiekampbewoners se belewenis en hantering van ’n ingekerkerde gemeenskapslewe teenoor die krygsgevangenes se belewing en hantering van ’n ingekerkerde gemeenskapslewe stelselmatig beskryf ten opsigte van ooreenkomste en verskille. Gevolglik kon die navorser baie primêre bronne gebruik. Dit was ook moontlik om hierdie twee gevalle wat nagevors word inderdaad te onderskei, maar net sekere aspekte van die konsentrasiekampbewoners en krygsgevangenes se ingekerkerde gemeenskapslewe na te vors.

Ten spyte van vermelde metodologiese redes wat ’n vergelykende benadering in die geskiedskrywing bemoeilik, is die verdienstelikheid van hierdie benadering onbetwisbaar. Verder merk D.P. Warwick en S. Osherson tereg op:43

Comparison in its broadest sense is the process of discovering similarities and differences among phenomena. Rather than being a second-order activity tacked onto more basic processes, comparison is central to the very acts of knowing and perceiving.

Slegs deur vergelykende geskiedskrywing van die konsentrasiekampbewoners en krygsgevangenes se lewe in inkerkering kon die sienswyses dat die vroue slagoffers was wat ’n troostelose bestaan in die kampe gevoer het en dat die lewe van die krygsgevangenes in inkerkering ’n baie makliker bestaan was, ongedaan gemaak word.

43 D.P. Warwick & S. Osherson (eds.), Comparative research methods (Englewood Cliffs, N.J.,

1.6.3 Onderhoude

In hierdie studie is geen mondelinge onderhoude met persone gevoer nie. Van die herinneringe deur persone soos in dagboeke en ander sekondêr-gepubliseerde materiaal opgeteken, dateer reeds kort ná die Oorlog in 1902, en is dus honderd jaar en ouer. Daarby is van die herinneringe ook gepubliseer. Erkenning word op die gepaste wyse gegee, en daar is sover moontlik met integriteit opgetree.