• No results found

HOOFSTUK 2: OORLOGSKAMPE EN KAMPSTUDIES IN DIE LITERATUUR:

2.4 Oorlogskampstudies – ’n historiografiese verkenning

Historiese literatuur oor die derduisende internasionale konsentrasie- en krygsgevangenekampe gedurende die twintigste eeu is redelik volop. ’n Paar temas, hoewel nie in diepte nie, is nagevors – soos byvoorbeeld sport,44 ekonomie45 en

kreatiwiteit46 in die kampe. Navorsers het veral posttraumatiese stresversteuring onder

41 G.H. Davis, “Prisoners of war in twentieth-century war economics”, Journal of Contemporary

History, vol. 12, no. 4, Oct. 1977, p. 624.

42 K. Mühlhahn, “The concentration camp…”, History Compass, vol. 8, no. 6, 2010, pp. 547- 548. 43 C. Minca, “Geographies of the camp”, Political Geography, vol. 49, November 2015, pp. 74-83; C.

Coker, Ethics and war in the 21st century (London, Routledge, 2008); 21st Century concentration camps / Burma Muslims, https://www.burmamuslims.org/.../21st-century-concentration.

44 B.J. Davison, “Forechecking in captivity: Sport in the lives of Canadian prisoners of war at three

German camps during the Second World War” (M.A.-dissertation, University of Windsor, 2006).

45 G.H. Davis, “Prisoners of war in twentieth-century war economics”, Journal of Contemporary

History, vol. 12, no. 4, 1977, pp. 623-634.

46 G. Carr & H.C. Mytum, Cultural heritage and prisoners of war: Creativity behind barbed wire

die oorlewendes van die kampe bestudeer.47 Relatief min inligting is gevind oor die

gevangenes se belewing en hantering van hulle inkerkering – wat navorsing oor die onderwerp gevolglik uniek maak.

In die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing oor die oorlogskampe is verskeie temas nagevors. Sport en spel in die kampe,48 die rol van godsdiens,49 asook die

administrasie 50 van en die daaglikse roetine van kamplewe is in studies opgeteken.51 ’n

Opvallende leemte in die Suid-Afrikaanse historiografie oor oorlogskampe ter plaatse is die psigologiese en emosionele impak van aanhouding. Internasionale navorsing in hierdie verband is al dikwels vanuit ander dissiplines onderneem en, met die verskynsel van internering as fokus, was die metodologie en wyse van ondersoek en ontleding vir hierdie studie van insiggewende waarde.

C. Bondy52 se artikel Problems with internment camps is metodologies van groot

waarde vir hierdie studie om op ’n weldeurdagte manier te werk te gaan om die psigologiese impak van inkerkering op beide die krygsgevangenes en

47 Voorbeelde van werke oor die konsentrasie- en krygsgevangekampe gedurende die twintigste eeu

is: R. Krell & M.I. Sherman (eds.), Medical and psychological effects of concentration camps on

Holocaust survivors (New Brunswick, Transaction Publishers, 1997); A. Russell, “Late psychosocial

consequences in concentration camp survivor families”, American Journal of Orthopsychiatry, vol. 44, no. 4, July 1974, pp. 611-619; P.B. Sutker, A.N. Allain & J.L. Johnson, “Clinical assessment of long-term cognitive and emotional sequelae to World War II prisoner-of-war confinement: Comparison of pilot twins”, Psychological Assessment, vol. 5, no. 1, March 1993, pp. 3-10; E. Luchterhand, “Prisoner behaviour and social system in the Nazi concentration camps”,

International Journal of Social Psychiatry, vol. 13, 1967, pp. 245-264; J. David, “Posttraumatic

stress disorder among survivors of Cambodian concentration camps”, American Journal of

Psychiatry, vol. 141, no. 5, May 1984, pp. 645-650.

48 F.J.G. van der Merwe, Sport en spel in die Boerekrygsgevangenekampe tydens die Anglo-

Boereoorlog, 1899-1902 (Stellenbosch, Universiteit van Stellenbosch, 1995); F.J.G. van der

Merwe, “Die aard van sport en spele in die konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902”, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Navorsing in Sport, Liggaamlike Opvoedkunde en

Ontspanning, jg. 27, nr. 2, 2005, pp.129-141.

49 A. Wohlberg & A. Wessels, “Religion and recreation in the Merebank concentration camp”, South

African Journal of Cultural History, vol. 16, no. 2, November 2002, pp. 46-65; C. Pretorius, “Die

rol van predikante van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902)”, H.T.S. Teologiese Studies, jg. 57, nr. 3/4, 2001, pp. 1052-1070; S.P.R. Oosthuizen, “Die beheer, behandeling en lewe van die krygsgevangenes...”, pp. 148-150.

50 E. van Heyningen, The concentration camps of the Anglo-Boer War ..., pp. 75-99; S.P.R.

Oosthuizen, “Die beheer, behandeling en lewe van die krygsgevangenes...”, pp. 176-190.

51 E. van Heyningen, “Die daaglikse lewe in die konsentrasiekampe”, A. Grundlingh & B. Nasson

(reds.), Die oorlog kom huis toe ..., pp. 92-119; E. Wessels e.a. (reds.), Bannelinge in die

vreemde…, pp. 110-120.

52 C. Bondy, “Problems of internment camps”, Journal of Abnormal and Social Psychology, vol. 38,

konsentrasiekampbewoners aan te toon. In sy artikel toon psigoloog Curt Bondy die psigologiese, fisiese en morele uitwerking van internering op aangehoudenes aan. Hy onderskei vier faktore wat ’n groot rol in die destruktiewe uitwerking van internering op aangehoudenes gespeel het, naamlik isolasie van hulle bekende omgewing, gesin, familie, werk, kultuur en lewenswyse, asook die verlies aan sosiale status, onsekerheid oor die duur van aanhouding en algemene onsekerheid. Dié vier faktore as riglyn is ook van toepassing gemaak op die konsentrasiekampbewoners en krygsgevangenes gedurende die Suid-Afrikaanse Oorlog. Deur na die kampe deur hierdie navorsingsbril te kyk, maak die studie uniek. Daar is ’n gebrek aan navorsing wat die fisiese, sosiale en psigologiese impak van inkerkering per se, en hoe die gevangenes dit hanteer het,53

betref.

Oor hierdie aspek van internering is Segal, Hunter & Segal54 se artikel ’n waardevolle

riglyn tydens die bestudering van die psigologiese en fisiese impak van aanhouding in die oorlogskampe. Die skrywers toon aan dat versteurings soos byvoorbeeld depressie, skuldgevoelens, angs, slaaploosheid en moegheid en siektetoestande soos arteriosklerose, spyseverteringsprobleme, longprobleme, rumatiek en verdwyning van maandstonde van die sielkundige en gesondheidsprobleme was wat die gevangenes tydens en ná inkerkering ondervind het. Oor die oorlewingsmeganismes van gevangenes tydens internering is drie artikels geïdentifiseer wat betekenisvol vir hierdie studie is. In Humor as a coping mechanism: Lessons from POWs55 toon Henman aan

dat daar gedurende onlangse konflikte onder gevangenes bevind is dat humor vir hulle ’n effektiewe oorlewingsmeganisme is. Humor word beskou as ’n manier om terug te veg en weer beheer te kry (dus ’n lewensveerkragtige gesindheid en benadering). Sy toon verder aan dat as humor as ’n element van kommunikasie en veerkragtigheid as ’n kommunikasieverskynsel beskou word, die verband tussen humor en veerkragtigheid duideliker word. Davison56 het weer in ’n studie bevind dat die beoefening van sport ’n

belangrike rol gespeel het om krygsgevangenes se wanhoop te verlig, hulle aandag van

53 Hieroor meer, later in dié hoofstuk.

54 J. Segal, E.J. Hunter & Z. Segal, “Universal consequences of captivity: Stress reactions among

divergent populations of prisoners of war and their families”, International Social Science Journal, vol. 28, no. 3, 1976, pp. 593-606.

55 L.D. Henman, “Humor as a coping mechanism: Lessons from POWs”, Humor: International Journal

of Humor Research, vol. 14, no. 1, 2001, pp. 83-94.

hulle omstandighede af te lei en om die eentonigheid van inkerkering te verbreek. Bluhm57 se studie ten opsigte van oorlewingsmeganismes wat deur die ego ontwikkel

word om die individu teen fisiese dood en geestelike vernietiging te beskerm, is ’n ander prominente faset van geestelike lewensveerkragtigheid wat ook in hierdie studie oor die belewenisse van ingekerkerdes in ag geneem is.

Hierdie internasionale studies is dus – in die lig van die beperkte navorsing oor die psigologiese impak van aanhouding en die gevangenes se benadering tot oorlewingsmeganismes – baie nuttige riglyne wat betref navorsing ten opsigte van ingekerkerdes se gemeenskapslewe gedurende die Suid-Afrikaanse Oorlog.