• No results found

HOOFSTUK 3: VAN BOEREREPUBLIEKE TOT OORLOGSKAMPE, 1899-

3.4 Vele kante van die Oorlog

3.4.2 Haweloses en ontredderdes: Boerevroue en kinders in die veld

Desondanks maande van ’n hawelose, ontredderde bestaan van etlike vroue en kinders, wil dit uit die herinneringe blyk dat hierdie “vryheid” ’n bestanddeel vir vele voortvlugtendes se vegtersbestaan was. Hester Jacobs van Cyferfontein, Hartebeestfontein, onthou:96

Toe die oorlog al omtrent agtien maande aan die gang was, was ons verplig om vir ons vyand te vlug, want vir ons, Afrikaanse vroue, was dit ’n verskriklike gedagte om in hulle hande te val.

Ná, maar ook vóór die afbranding van plaashuise, het baie vroue en kinders verkies om ’n swerwersbestaan in die veld te voer.97 Sommige het vir maande op dié wyse geleef

totdat hulle uiteindelik gevange geneem is. Ander het wel daarin geslaag om vir die hele duur van die Oorlog voortvlugtend te bly.98 Mev. Nonnie de la Rey, vrou van generaal

Koos de la Rey, is een van die bekende vroue wat vanaf Desember 1900 tot Mei 1902 ’n swerwersbestaan in die veld gevoer het.99

Generaal Louis Botha was tydens die vredesamesprekings by Vereeniging van mening dat daar in daardie stadium nog sowat 2 540 gesinne in die veld was. Latere statistiek het egter veel meer swerwelinge uitgewys. Teen die einde van die Oorlog was daar sowat 10 000 vroue en kinders in die ZAR in die veld, teenoor die sowat 2 000 tot 4 000

95 B. Nasson, The war for South Africa, pp. 240-241; S.B. Spies, Methods of barbarism?..., pp. 143-

144; F. Pretorius , “Die lot van die Boerevroue en -kinders”,F. Pretorius (red.), Verskroeide aarde,

p. 37.

96 E. Neethling , Mag ons vergeet?, herinneringe van H. Jacobs, p. 153. 97 F. Pretorius, Die Anglo-Boereoorlog 1899-1902, p. 64.

98 Vrystaatse Argiefbewaarplek (VAB), Bloemfontein, A-248: Dagboek van G.E.S. Grobbelaar, pp. 32-

54; E. Wessels & A.W.G. Raath (samestellers), Onthou! Kronieke van vroue- en kinderlyding,

1899-1902, 2de uitgawe (Centurion, Kraal-uitgewers, 2012), herinneringe van M. Kriel, pp. 61-62.

99 Z. Rowan, “Nonnie de la Rey 1856-1923” (M.Hsc.-verhandeling, Universiteit van Pretoria, 2003), p.

87; J.E. de la Rey, Mijne omzwervingen en beproevingen gedurende den Oorlog: Herinneringen

van mevrou De la Rey geboren Greef (Amsterdam, Höveker & Wormser, ca.1903), pp. 5-105; F.

in die OVS.100 Verskeie taktieke is gevolg om die Britse troepe te vermy.101 Vroue en

kinders het soms as die Britse magte wegbeweeg het na hulle huise teruggekeer, maar die waens het altyd gereed en gelaai bly staan vir ingeval hulle inderhaas sou moes vlug.102 Ander weer het soos dassies in die rantjies geskuil,103 terwyl ’n paar op verlate

plase of in ’n verlate huis wat nie heeltemal vernietig was nie, gaan skuil het.104 Nonnie

de la Rey het byvoorbeeld op ’n keer ’n leë skool te Rietfontein, asook ’n verlate winkel naby Lichtenburg betrek.105 Die gedagte aan ’n ingekerkerde gemeenskapslewe het

baie van hierdie vroue aan die swerf gehou. Haweloosheid is bo enige ander van die beperkte opsies verkies.106

Ter wille van veiligheid het die vroue en kinders in laers saamgetrek. Mev. Martha Kriel van Ladybrand in die Oranje-Vrystaat was in September 1901 deel van ’n vrouelaer wat uit 80 waens en verskeie rytuie bestaan het. Hulle het ’n laerkommandant, Adrian Bouwer, gehad en kommandant John Koen het altyd “rapport” na hulle laer gestuur en gesê wat hulle te doen staan.107 Van die voortvlugtende vroue en kinders het soms hulp

van ’n kommando of selfs van hulle mans ontvang.108

’n Geestesveerkragtigheid was reeds tydens die vroue en kinders se swerwersbestaan sigbaar. Nuwe kos-idees is as “resepte” beproef om almal so goed as moontlik te voed. Hoe langer die periode van rondswerf in die veld geduur het, hoe skaarser het hulle kosvoorrade vanselfsprekend geword. F. Bezuidenhout het byvoorbeeld later mielie-

100 Z. Rowan, “Nonnie de la Rey 1856-1923”, pp. 87-88; F. Pretorius, Die Anglo-Boereoorlog 1899-

1902, p. 66.

101 E. Neethling, Mag ons vergeet?, herinneringe van H. Jacobs, p. 153; uittreksel uit ’n brief van

president Steyn aan lord Kitchener, 15-08-01, p. 1.

102 E. Neethling, Mag ons vergeet?, herinneringe van H. Jacobs, p. 153.

103 E. Neethling, Mag ons vergeet?, brief van generaal Smuts aan president Steyn, p. 64.

104 VAB, Bloemfontein, A-248: Dagboek van G.E.S. Grobbelaar, p. 43; J.E. de la Rey, Mijne

omzwervingen en beproevingen gedurende den Oorlog ..., p. 29.

105 J.E. de la Rey, Mijne omzwervingen en beproevingen gedurende den Oorlog ..., p. 35.

106 E. van Heyningen, The concentration camps of the Anglo-Boer War..., p. 106; F. Pretorius, Die

Anglo-Boereoorlog 1899-1902, p. 64.

107 E. Wessels & A.W.G. Raath (samestellers), Onthou! ..., herinneringe van M. Kriel, p. 61; VAB,

Bloemfontein, A-248: Dagboek van G.E.S. Grobbelaar, p. 48. Bettie skryf dat hulle deel van ’n groot vrouelaer was en twee spioene, Koos Ferreira en ’n Hoopstater, gehad het.

koffie gedrink en brood van mieliemeel en patats gemaak.109 Groente en vrugte was

veral tydens die verskroeideaardebeleid-tydperk baie skaars. Soms was daar, te midde van hierdie tipe realiteite, egter ook spesiale tye. Hieronder tel die herinnering van ’n Nonnie de la Rey wat op ’n keer ’n vrugteboord in die Lichtenburg-distrik teëgekom het, en summier haar wa vol vrugte vir die “maer jare” gelaai het.110 Ander noodsaaklike

lewensmiddele, soos byvoorbeeld seep, het in swerwersbestaanstye mettertyd opgeraak en daarvoor is ook ’n plan beraam. Bettie Grobbelaar onthou dat haar ma bossies gebrand het, die as in water gekook het, “dan as dit afsak, kom die vet in die water, en kook dit tot lijm seep is, dit is swart, maar was eerste klas.”111 Ongeag die

wete dat ’n oorlogsituasie geheers en dat hulle omstandighede dié van voortvlugtendes was, het die vroue altyd netjies in die veld probeer bly. Selfs die wit kappies is ewe in meelwater gestywe.112

Die Engelse het gedurende die laaste ses maande van die Oorlog nie meer die Boerevroue en -kinders na die konsentrasiekampe gestuur nie. Die voortvlugtendes se ellende het vanweë die totale verwoesting van hulle land, hulle uiters beperkte vryheid van beweging en met die uitgebreide blokhuisstelsel toegeneem.113

Geen noukeurige opgawe bestaan van presies hoeveel van die voortvlugtende vroue en kinders dood is nie. Na raming het sowat 2 000 persone weens blootstelling en ontberinge gesterf.114

109 E. Wessels & A.W.G. Raath (samestellers), Onthou! ..., herinneringe van F. Bezuidenhout, p. 231.

Vergelyk VAB, Bloemfontein, A-248: Dagboek van G.E.S. Grobbelaar, p. 44; J.E. de la Rey, Mijne

omzwervingen en beproevingen gedurende den Oorlog ..., p. 90. Nonnie het patats in blokkies

gesny, dit gerooster en met koffie gemeng – ’n kwart koffie en driekwart patats.

110 J.E. de la Rey, Mijne omzwervingen en beproevingen gedurende den Oorlog..., pp. 45-46; Z.

Rowan, “Nonnie de la Rey 1856-1923”, p. 93.

111 VAB, Bloemfontein, A-248: Dagboek van G.E.S. Grobbelaar, p. 45. Vergelyk J.E. de la Rey, Mijne

omzwervingen en beproevingen gedurende den Oorlog..., pp. 36, 41. Mev. De la Rey het gebrande

voëlent en later salpeter gebruik om seep mee te maak; E. Neethling, Mag ons vergeet?, herinneringe van A.S. du Toit. Dié familie was op ’n keer verplig om hulle klere met gifbolletjies en sand te was.

112 VAB, Bloemfontein, A-248: Dagboek van G.E.S. Grobbelaar, p. 44.

113 F. Pretorius, Die Anglo-Boereoorlog 1899-1902, p. 66. Vergelyk J.E. de la Rey, Mijne

omzwervingen en beproevingen gedurende den Oorlog..., p. 30.

114 E. Neethling, Mag ons vergeet?, ds. A.J. Louw by die onthulling van die vrouemonument, pp. 246-