• No results found

HOOFSTUK 5: HOOP OP NUUS VAN GELIEFDES EN DIE OORLOG

5.4 Voorskrifte, sensorering en omseiling van sensors

5.4.3 Vindingryke planne om sensors te uitoorlê

Ten spyte van die streng sensorering van die posstukke, was beide die krygsgevangenes en die konsentrasiekampbewoners uiters vindingryk om die sensors te omseil. Goeie nuus is veral op verskeie vernuftige wyses die kampe ingesmokkel.62

Kiste met tabak, klere en eetgoed is uit Europa aan die krygsgevangenes gestuur. In die pakkies is daar dikwels nuusberigte rakende oorlogsgebeure in die Republieke, briewe en uitknipsels uit koerante en selfs gedigte versteek. ʼn Voorbeeld hiervan is ’n gedig oor generaal Christiaan de Wet wat in ’n pakkie versteek was.63

’n Gewilde manier om die sensor se skerp oog te ontglip, was om sekere nuus tussen die reëls met suurlemoensap te skryf en dit in die koelte te laat droog word. Die suurlemoensap het onsigbaar gebly en eers wanneer dit naby ’n hittebron gebring is, het die geskrewe gedeeltes weer swart tevoorskyn gekom.64 Brink was baie in sy skik

met die nuus – geskryf in suurlemoensap – van die Slag van Nooitgedacht waar Methuen gewond is en die Boere groot oorwinnings behaal het.65

Boodskappe is soms selfs onder die seëls geskryf. J.N. Brink meld dat hy die posseëls slegs aan die kante vasgeplak het. Onder die seël het hy ’n stukkie dun papier gesit waarop hy byvoorbeeld ’n geheime boodskap geskryf het: “Sit die brief onder ’n warm pasyster onder vloeipapier.”66

Die gebruik van metafore was ook ’n gewilde manier om sensors uit te oorlê en nuus aan hulle geliefdes oor te dra. Me. Coetzee het haar oorlogsnuus soos volg oorgedra:67

62 J.N. Brink, Ceylon en de bannelingen, p. 130. 63 H. de Graaf, Boere op St. Helena, pp. 50, 55, 94.

64 J.N. Brink, Oorlog en ballingskap (Kaapstad, Nasionale Pers, 1940), p. 150. Vergelyk H. de Graaf,

Boere op St. Helena, p. 36; OM, Bloemfontein, 6024/1: Dagboek van C.P. Pretorius, pp. 52, 169; L.

Boshoff-Liebenberg, Moedersmart en kinderleed, of 18 maande in die konsentrasiekampe (Pretoria, Noordelike Drukpers, 1921), p. 99.

65 J.N. Brink, Oorlog en ballingskap, p. 150.

66 J.N. Brink, Oorlog en ballingskap, p. 150. Vergelyk E. Wessels e.a. (reds.), Bannelinge in die

vreemde ..., p. 255.

67 Brief van M. Coetzee van Molteno aan C. Geyer in die Diyatalawa-krygsgevangenekamp, 13 Maart

1901 in P.D.R. Kotzee, Dagboek gehou gedurende gevangenskap te Ceylon ..., p. 83. Vergelyk OM, Bloemfontein, 4663/50: Brief van C.E.M. Erasmus aan P.A. Venter, Rustplaats, 18 Mei 1900; OM, Bloemfontein, 6024/1: Dagboek van C.P. Pretorius, p. 168.

... let nou op my Boetie wat ik zeg die koning nest is nou vet, die groote ou bije is nou namakaar toe noordwaarts, dit zuis dit zuis.

’n Krygsgevangene van St. Helena wou by sy broer, ene Van Vuuren van Philipstown, weet hoe dit met sy vader (Transvaal) en stiefmoeder (Engeland) gaan. Hy het die volgende antwoord van sy broer ontvang:68

Soos jy weet, is die tweede huwelik gewoonlik van die duiwel, maar vandat Chris (generaal De Wet) grootgeword het, praat hy baie met Ma. Wat die vier stiefbroers (Engelse generaals) betref, het Chris Barend (Baden Powell) se been seergemaak en hy is terug huis toe. Boetie (Buller) het ook seergekry en is uit die skool, en Ma het kanker in die bors (Engelse word uitgeroei).

Van die briefskrywers het selfs dele van hulle briewe in ’n inheemse taal geskryf om sensors te fnuik.69 Op St. Helena is ’n krygsgevangene, Marius Goddefroy, een aand

deur wagte doodgeskiet. Die sensors het opgedrag gegee dat die krygsgevangenes nie in hulle briewe van Goddefroy se dood mag skryf nie. Dié nuus is wel op vernuftige wyse na Suid-Afrika gestuur. Vermooten, ’n krygsgevangene op St. Helena, het aan sy vrou ’n brief geskryf waarin hy haar meegedeel het dat hy nou ook in die kampskool is en dat die Hollandse onderwysers hom moeilike sinne laat leer het, naamlik:70

Goede boomen zijn de vrugbaarste.

Koning Willem de derde werd in 1819 geboren. Hij was de zoon van Willem II.

De brave dochter van mijn oom is klein.

Een predikant of dominee word gaarne gehoord. De naam van grootevlooi71 bestaat niet.

Hoed en pet is een hoofdbedeksel.

Iemand is bepaald onschuldig die nergens af weet.

68 H. de Graaf, Boere op St. Helena, p. 39. Vergelyk J.N. Brink, Oorlog en ballingskap, p. 149. 69 OM, Bloemfontein, 6024/1: Dagboek van C.P. Pretorius, p. 170. Vergelyk E. Wessels e.a. (reds.),

Bannelinge in die vreemde ..., p. 190.

70 H. de Graaf, Boere op St. Helena, pp. 60-65; C. Groenewald, Bannelinge oor die oseaan…, pp. 99-

101.

Mijn toonen steeken door mijn kousen. Het is bepaald een droevig figuur. Beter schoone dan vuile kinderen.

Een soldaat of schildwacht behoort op zijn post. De verraders werden doodgeschoten in den oorlog. Honden en katten zijn viervoetige dieren.

Kaatje is de naam van een meisje. Een goede kat is een nuttig dier.

Manus, Marthinus en Marius beginnen met een M. De derde persoon hij staat in ’t enkelvoud.

De eerste mensch was Adam. Hij was vermoedelijk een landbouer. Abel was een brave zoon.

Isaac was een zoon van Sara. Vleesch is niet de minste spijze.

Het bestaan der boeren is arbeidzaamheid. Leeuwen en tijgers zijn verscheurende dieren. Die zich als opstandig uitgeeft, is niet wijs. Het werk was over ’t geheel zeer goed. Het boek van dit kind is morsig.

Huis is een gemeen zelfstandig naamwoord. Gebruikt het woord schandaal zoo min mogelijk. De, een en het zijn lidwoorden.

Een goede vrouw is een groote schat. De hond is een waakzaam dier.

Een stads- of publieke school is groot. Men schreeuwt soms moord 72en brand.

Vermooten het terselfdertyd ’n brief aan ’n ander familielid geskryf waarin hy gesê het dat elke vierde woord van elke sin in volgorde na mekaar gelees moet word.

Ten spyte van al die regulasies het briefskrywers tog wel daarin geslaag om sensors om die bos te lei. Op ’n verskeidenheid maniere het hulle nuus oor gebeure in die kamp uitgemokkel en is nuus van buite ontvang.