• No results found

HOOFSTUK 4: INKERKERING AS FISIEKE EN PSIGIESE

4.3 Verdere ontwrigting tot inkerkering

4.3.1 Die vervoer van gevangenes na oorlogskampe

Ook die wyse van vervoer van gevangenes na oorlogskampe het ’n eiesoortige doel van ontwrigting gedemonstreer. Henrietta Armstrong se inskrywing in haar dagboek van ’n spesifieke gebeurtenis is insiggewend en skets ’n tipiese beeld van die vroue, kinders en bejaardes wat aan lyding en ontberinge blootgestel is32 tydens hulle wegvoering na

die kampe.

Fifty families were brought from Piet Potgietersrust. They were on the journey for six days. ... how tired and miserable they all looked. One woman, Mrs Haarhoff got her arm broken. The heavy door of the truck was slammed against it.

30 D.H. van Zyl, In die konsentrasiekamp..., pp. 50, 52. Vergelyk OM, Bloemfontein, 1493/1:

Herinneringskrif van J. de Villiers, pp. 35-37; J. Fisher, The Afrikaners (London, Cassell, 1969), pp. 200-203. Die Kok-familie het na die oorlog net buite Lindley op ’n sinkplaat geslaap en net van ’n bietjie mielies geleef.

31 OM, Bloemfontein, 6675/3: Dagboek van C. Schabort, pp. 149-150.

32 H.E.C. Armstrong, Camp diary of Henrietta E.C. Armstrong: Experiences of a Boer nurse in the

Irene concentration camp, 6 April-11October 1901 {with introduction, editing of the text and

historical notes by T. van Rensburg}, (Pretoria, Human Sciences Research Council, 1980), pp. 66- 67. Vergelyk A.W.G. Raath, Die Boerevrou, 1899-1902, deel 2: Kampsmarte (Bloemfontein, Volkskomitee vir die herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog, 2003), pp. 40-41; E. van Heyningen, The concentration camps of the Anglo-Boer War..., pp. 103-104.

Die meerderheid van die vroue, kinders en bejaardes is deur die Britte weggevoer nadat hulle huise afgebrand is. Die Britte het dikwels min genade aan dié mense betoon. Selfs siekes, bejaardes en swanger vroue moes die uitmergelende ritte trotseer.33 Die meeste

mense is in oop bok- of muilwaens na die kampe of naaste spoorwegstasie vervoer.34

Boeregesinne wat weggevoer is, is verplig om dae en selfs weke lank saam met Britse troepe te reis voordat hulle by ’n kamp afgelaai is. Die Van Zyl-gesin se ervaring is waarskynlik kenmerkend: volgens D.H. van Zyl is hulle wa-reis wat normaalweg net ’n halwe dag geduur het, tot drie weke uitgerek.35 Hierdie ritte is afgelê36 met karige

kosvoorrade in toestande wat deur hitte, koue, stof, wind en reën gekenmerk is (kyk Foto 4-1).

Diegene wat per trein na konsentrasiekampe vervoer is, is soms in oop, vuil veetrokke gebondel. Daar was vanselfsprekend nie eens geleentheid om te was of te verklee nie. Hierdie ritte het gevolglik ’n nadelige uitwerking op die vroue, kinders en

33 M.M. Postma (samesteller), Stemme uit die vrouekampe ..., herinneringe van E.J. van Rensburg,

pp. 32-33; VAB, Bloemfontein, A-248: Dagboek van G.E.S. Grobbelaar, p. 51; VAB, Bloemfontein, A-155/134/2: Vrouweverdriet: Die geval van F.J. Bezuidenhout en haar dogters van Barrowfield, Utrecht; E. Wessels & A.W.G. Raath (samestellers), Onthou! Kronieke van vroue- en kinderlyding,

1899-1902, 2de uitgawe (Centurion, Kraal-uitgewers, 2012), herinneringe van M. Ferreira, Burntop,

Piet Retief, p. 223, herinneringe van H. Jacobs, Cyferfontein, Hartebeesfontein, p. 194, herinneringe van B. Hofmeyr, Marabastad, Pietersburg, p. 240; M.C.E. van Schoor & C.G. Coetzee (samestellers), Kampkinders 1900-1902: ’n Gedenkboek (Bloemfontein, Dreyer-uitgewers, 1982), medeling van A.C.E. Viljoen, p. 39.

34 VAB, Bloemfontein, A-155/134/2: Vrouweverdriet: Die geval van F.J. Bezuidenhout en haar

dogters van Barrowfield, Utrecht; M.C.E. van Schoor & C. G. Coetzee (samestellers), Kampkinders

1900-1902 ..., p. 20; L. Boshoff-Liebenberg, Moedersmart en kinderleed ..., pp. 14-15; M.M.

Postma (samesteller), Stemme uit die vrouekampe ..., verklaring van D. Jones, p. 15; OM, Bloemfontein: 6455/1: Sarie Roos: Bethulie Koncentratie Kamp, April 1901-Nov. 1902, p. 3.

35 D.H. van Zyl, In die konsentrasiekamp ..., p. 18. Vergelyk M.M. Postma (samesteller), Stemme uit

die vrouekampe ..., herinneringe van A. Boshoff, p. 69; E. Wessels en A.W.G. Raath

(samestellers), Onthou! ..., herinneringe van H. Jacobs, p. 195; E. Hobhouse, War without glamour

– or – women’s war experiences written by themselves, 1899-1902 (Bloemfontein, Nasionale Pers,

1924), pp. 104-106; E. Neethling, Mag ons vergeet?, pp. 210-215; E. van Heyningen, The

concentration camps of the Anglo-Boer War ..., pp. 101-102.

36 OM, Bloemfontein, 6455/1: Sarie Roos: Bethulie Koncentratie Kamp, April 1901-Nov. 1902, pp. 3-

Foto 4-1: OM, Bloemfontein, 01220: ’n Boeregesin met enkele besittings op pad na ’n konsentrasiekamp

bejaardes se gesondheid gehad en die meeste persone het uitgehonger, siek en verwaarloos by die kampe aangekom.37

Die behoud van ’n mate van fisiese veerkragtigheid was egter wel in die proses van wegvoering waarneembaar. ’n Tipiese voorbeeld was die klaarblyklike sing van die Vrystaatse en ZAR- volksliedere op bykans elke stasie.38 Sarie Roos skryf dat, alhoewel

hulle harte seer was en menige traan gestort is, hulle met die sing van die volksliedere wou wys dat hulle die toekoms met moed ingaan.39 Roos skryf verder ná ’n treinrit:

37 Vergelyk J.J. Roodt, “Die Port Elizabethse konsentrasiekamp, 1899-1902” (M.A.-verhandeling,

Universiteit van Port Elizabeth, 1990), pp. 21-22; VAB, Bloemfontein, A-248: Dagboek van G.E.S. Grobbelaar, p. 55; M.M. Postma (samesteller), Stemme uit die vrouekampe ..., herinneringe van E.J. van Rensburg van Wolmaransstad, p. 34; E. Wessels & A.W.G. Raath (samestellers), Onthou! ..., herinneringe van H. Jacobs , Cyferfontein, Hartebeesfontein, p. 195.

38 OM, Bloemfontein, 6455/1: Sarie Roos: Bethulie Koncentratie Kamp, April 1901-Nov. 1902, p. 4; E.

Pretorius & D. Krige, “Die dagboek van ’n Boeremeisie in diens van die vyand – siekte en sorg in die Bethulie-kamp”, Joernaal vir Eietydse Geskiedenis, jg. 36, nr. 2, September 2011, p. 84. Vergelyk E. Wessels & A.W.G. Raath (samestellers), Onthou! ..., p. 107.

“Maar wat treffend was, die geduld & moed wat elk een besiel, denk net bietjie hoe ons daar uitgesien het met nat kleere swart van steenkool.”40

Uit die krygsgevangenes se dagboekinskrywings en herinneringe blyk dit dat hulle hul wegvoering na die kampe, net soos die konsentrasiekampbewoners, as ontwrigtend beleef het.41 Die afstand na die naaste stasie is te voet afgelê.42 Die staptogte was lank

en uiters vermoeiend, met min ruskans of voldoende water- en voedselvoorsiening.43

Volgens Sarah Raal het die Britse soldate, as die krygsgevangenes te stadig na hulle sin gestap het, kort op hulle hakke gery, met die gevolg dat die perde hulle hakskene stukkend getrap het.44

Die vervoer in die oop trokke in alle denkbare weersomstandighede was vir die krygsgevangenes – net soos vir die latere konsentrasiekampbewoners – baie ontwrigtend.45 Gustav Preller, ’n krygsgevangene op pad na die Wellington-

krygsgevangenekamp, skryf dat hulle treinrit drie dae en twee nagte geduur het. Onderweg het hulle verskeie stortbuie beleef en dít was hulle enigste drinkwater gedurende die rit. Bedags was die hitte op die oop trokke ondraaglik en snags, veral as hulle papnat gereën het, was dit bitterlik koud. Hulle was dan verplig om styf teen mekaar te sit of te lê ongeag die stank of walm.46 Trokke was oorvol sodat daar omtrent

40 OM, Bloemfontein, 6455/1: Sarie Roos: Bethulie Koncentratie Kamp, April 1901-Nov. 1902, p. 4. 41 OM, Bloemfontein, 5774/1: Herinneringe en briewe van D.W. Steyn, pp. 8, 16. Vergelyk J.S. van

der Watt, Het leven der Boeren-krijgsgevangenen op Ceylon, p. 10; L.C. Ruijssenaers,

Krijgsgevangenschap van L.C. Ruijssenaers 1899-1902 {geredigeer en geannoteer deur O.J.O.

Ferreira},(Pretoria, Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, 1977),pp. 77-78; OM, Bloemfontein, 4203/35: Dagboek van P.H.H. Fick, pp. 84, 92-93; OM, Bloemfontein, 4141/2: Dagboek van C.P. van Zyl, Sialkot, p. 16; H.H. van Niekerk, Dagboek van Hugo H. van Niekerk, Christiaan de Wet- annale nr. 1 {versorg deur M.C.E. van Schoor}, (Bloemfontein, Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns; Oorlogmuseum, 1972), pp. 37, 39; G.S. Preller, Ons Parool: Dae uit die

dagboek van ’n krygsgevangene, 2de druk (Kaapstad, Nasionale Pers, 1943), pp. 63-64; H.

Scholtemeijer, Die balling oor die see ..., p. 19; OM, Bloemfontein, 1493/1: Herinneringskrif van J. de Villers, p. 7.

42 OM, Bloemfontein, 6776/1: Dagboek van C.G.E. Greyling, p. 1; H.H. van Niekerk, Dagboek van

Hugo H. van Niekerk, pp. 37, 39; S. Raal, Met die Boere in die veld: Die ervarings van die skryfster

(Kaapstad, Nasionale Pers , 1938), pp. 86-87.

43 OM, Bloemfontein, 5774/1: Herinneringe en briewe van D.W. Steyn, p. 8; J.S. van der Watt, Het

leven der Boeren-krijgsgevangenen op Ceylon, p. 10.

44 S. Raal, Met die Boere in die veld ..., pp. 86-87.

45 O. van Oostrum, Bestendige onbestendigheid: My Suid-Afrikaanse ervaringe (Pretoria, Van Schaik,

1943), p. 37; H. Scholtemeijer, Die balling oor die see..., p. 16; OM, Bloemfontein, 4502/21-28: Oorlogsherinneringe van J. Geldenhuys, p. 20.

nie sitplek vir almal was nie en om te lê was bykans onmoontlik.47 Die trokke van

goederetreine was klaarblyklik meestal vuil – vol steenkool of perdemis,48 en het nie oor

die nodige toiletgeriewe beskik nie. Geleentheid vir afklim daarvoor was min (kyk Foto 4-2).49

Foto 4-2: OM, Bloemfontein, 03849: Krygsgevangenes word per trein na ’n kamp vervoer

’n Ander saak waaroor die krygsgevangenes baie gegrief en ontevrede was, is die feit dat hulle op pad na die kampe in tronke aangehou is. Dié aanhouding was vir hulle vernederend, aangesien hulle ’n tronk as ’n plek vir diewe en moordenaars beskou het en nié as geskik vir eerlike, opregte Afrikaners wat vir hulle land geveg het nie.50 Die

tronke was vuil en met luise besmet,51 en tot hulle ergernis is hulle met boeie, rieme en

selfs stukke draad geboei.52 Die spot, uitjouery en kwetsende op- en aanmerkings op

47 H. Scholtemeijer, Die balling oor die see..., p.16; OM, Bloemfontein, 4203/35: Dagboek van P.H.H.

Fick, p. 83; O. van Oostrum, Bestendige onbestendigheid..., p. 37.

48 H.L. van Rooyen, Ek was ’n krygsgevangene in Indië in 1902 (Senekal, Model-Drukkers, 1962), p.

17; OM, Bloemfontein, 6024/1: Dagboek van C.P. Pretorius, p. 8; P.A. van Jaarsveld, My

ballingskap na Indië: Anglo-Boereoorlog (Port Shepstone, P.A. Coetzee, 1999), p. 6; OM,

Bloemfontein, 5774/1: Herinneringe en briewe van D.W. Steyn, p. 9.

49 S.P.R. Oosthuizen, “Die beheer, behandeling en lewe van die krygsgevangenes gedurende die

Anglo-Boereoorlog, 1899-1902” (D.Phil.-proefskrif, Universiteit van die Oranje-Vrystaat, 1975), pp. 66-67; G.S. Preller, Ons parool..., p. 47 skryf dat lede van hulle eskort by elke stasie of halte afgestap het, maar die krygsgevangenes is nie toegelaat om die “troks” te verlaat nie.

50 OM, Bloemfontein, 5774/1: Herinneringe en briewe van D.W. Steyn, pp. 8-9.

51 L.C. Ruijssenaers, Krijgsgevangenschap van L.C. Ruijssenaers 1899-1902, pp. 77-78. Vergelyk H.

de Graaf, Boere op St. Helena, p. 7; C.R. Kotze, My ballingskap: St. Helena (Bloemfontein, Nasionale Pers, 1942), p. 34; OM, Bloemfontein, 4502/21-28: Oorlogsherinneringe van J. Geldenhuys, p. 18.

52 C. Groenewald, Bannelinge oor die oseaan..., p. 13; J.S. van der Watt, Het leven der Boeren-

krijgsgevangenen op Ceylon, p. 9; OM, Bloemfontein, 4141/2: Dagboek van C.P. van Zyl, Sialkot,

p. 7; S.P.R. Oosthuizen, “Die beheer, behandeling en lewe van die krygsgevangenes ...”, pp. 63- 66.

stasies en in dorpe was vir beide die krygsgevangenes en konsentrasiekampbewoners uiters vernederend.53 Aanmerkings soos: “Haai ou takhaar, waar is jouw pas, waar is

Paul?” is hulle toegevoeg,54 of daar is aan die Boerevroue geskree of hulle hulself nie

as bediendes wil verhuur nie.55 Volgens Sarie Roos, ’n gevangene in die Bethulie-

konsentrasiekamp, het hulle hierdie vernedering stilswyend en met waardigheid verdra.56

Vir beide die krygsgevangenes en die vroue was die vernederende omstandighede tydens hulle wegvoering dikwels erger as hulle fisieke ontwrigting en lyding.