• No results found

Perspektiewe op standaard en dinamiese assessering

3.4 Dinamiese assessering as vernuwende wyse van assessering en intervensie binne inklusiewe onderwys

3.4.2 Wanneer en hoe word DA gebruik?

Haywood en Lidz (2007:2) verduidelik dat DA in die volgende omstandighede gebruik word:

v As prestasie in standaard toetse laag is en nie korrespondeer met prestasie gegrond op ander bronne nie.

v Indien daar hindernisse tot leer bestaan soos kognitiewe gestremdheid, emosionele uitvalle, persoonlikheidsproblematiek asook lae motiveringsvlakke. v Wanneer daar taalvaardigheidsagterstande is omdat die taal van onderrig en die

moedertaal verskil.

v As daar kultuurverskille is soos byvoorbeeld met immigrante leerders.

v Indien die doel van assessering nie klassifikasie is nie, maar die behoefte om hulpprogramme uit te werk.

Die rol van DA is dus om hindernisse tot leer te identifiseer en te verwyder sodat beter en meer gevorderde leer kan plaasvind. Die interpretasie van DA resultate kan egter nie op standaard normtabelle geplaas word nie omdat die interpretasie ten nouste afhanklik is van die assesseerder se waarnemings. Dit is dus uiters belangrik dat die assesseerder goed opgelei is in DA en gereeld refleksief moet wees ten opsigte van die interpretasie. DA word oor verskeie domeine en vakgebiede heen gebruik en fokus meer op die proses van assessering as op die produk. Alhoewel DA oorwegend volgens die literatuur benut word met laerskoolkinders, kan van die konsepte ook toegepas word op sekondêre en selfs tersiêre leerders (Laughlan & Carrigan, 2013:10).

DA word gebruik om die intensiteit van intervensie (nie-empiries) te bepaal. Hierdie bepaling is gewoonlik op ‘n skaal van 1 tot 3 waar die intensiteit dui op die

leerder/toetsling se potensiaal asook kognitiewe en meta-kognitiewe prosessering. Die intensiteit van intervensie word geklassifiseer as lig, matig en ernstig en hang af van die hoeveelheid leidrade en hulp wat ‘n toetsling nodig het om die probleem op te los of die taak suksesvol af te handel. Daar word dan ‘n kontinuum met ‘n x- en y-as gebruik om resultate te beskryf. Haywood en Lidz (2007:12) lys intervensiestrategieë soos volg en dit word in die onderstaande tabel uiteengesit.

Tabel 3.2: Intervensiestrategieë in DA (Haywood & Lidz, 2007:12)

Strategie Intensiteit Kognitiewe diepte

Fokus en aandag op relevante aspekte van die taak. 1-3 1 Verduidelik instruksies en verwagtinge van spesifieke taak. 1-3 1 Gee minimale terugvoer (reg/verkeerd) oor optrede. 1 1 Stimuleer taakgerigtheid, intrinsieke motivering. 1-2 2

Gee inligting soos

woordeskat en

definisies.

2 1-2

Vra leidende vrae. 2-3 2-3

Reguleer toetsling se gedrag (bv impulsiwiteit). 2-3 2 Onderrig konsepte, metakognitiewe 3 3

vaardigheid en self- regulerende gedrag. Ontlok of stel toepassing van konsepte en reëls voor.

3 3

Elke intervensiestrategie is gekoppel aan die hoeveelheid en intensiteit van intervensie wat weer gekoppel is aan kognitiewe diepte. Volgens Haywood en Lidz (2007:33) word konsentrasie/fokus, persepsie, geheue, taal, kognisie en metakognisie as deel van kognitiewe vaardigheid geklassifiseer en nie as deel van intelligensie nie. Laughlan en Carrigan (2013:16) meen DA wys kognitiewe sterk- en swakpunte uit sodat strategieë uitgewerk kan word om die swakpunte te verbeter deur die sterkpunte te gebruik vir verbetering. Berninger en Abbott (aangehaal deur Haywood & Lidz, 2007:33) se navorsing het aangetoon dat konsentrasie, geheue, fynmotoriese vaardigheid, spreektaal, ortografie, sosiaal-emosionele faktore, motivering, lees en skryf deel van die kognitiewe vaardighede is wat relevant tot skoolprestasie is en as daar uitvalle in een van hierdie domeine bestaan, daar ook ‘n uitval in skoolprestasie sal wees. In omstandighede waarin hierdie faktore geïdentifiseer word as hindernisse tot leer is dit dus gepas om DA te gebruik sodat dit eers herstel kan word voordat die leerder se intelligensie getoets word.

Die besluit om DA toe te pas berus eerstens op die identifisering van ‘n leerhindernis. Volgens Laughlan en Carrigan (2013:15) is dit uiters belangrik om eers die doel van die identifisering en assessering te stel. Belangrike vrae om te vra, is:

v Hoekom die assessering uitgevoer moet word? v Wie wil inligting oor die leerder bekom?

v Wat is die voor- of nadele wat uit die inligting vir die individu kan voortspruit? Dit is krities om te bepaal waar die leerder se huidige vlak van funksionering in die spesifieke domein is waarin hy sukkel. Tweedens word die spesifieke tipe DA gekies wat net buite die sone van huidige ontwikkeling val sodat intervensie/mediasie gebruik moet word (Haywood & Lidz, 2007:44). Vanuit die pre-toets word die individu se sone

van proksimale ontwikkeling bepaal. Intervensie tydens die toetsprosedure asook heronderrig is die volgende fase van die DA en daarna word die post-toets gedoen om verbetering te bepaal. Beide die data van die pre-toets asook post-toets word opgeteken met die fokus op die proses. Die aantekeninge laat die assesseerder toe om hipoteses te vorm oor die hindernisse tot leer wat mag bestaan. Die leerder moet dan gedurig opgevolg word om seker te maak die leerhindernis is uit die weg geruim. Kurrikulum- materiaal mag gebruik word in hierdie proses en staan bekend as KDA (kurrikulum- gebaseerde dinamiese assessering). Met opvoedkundige toetse is die oogmerk om die verband tussen die inhoud wat onderrig word en dit wat geassesseer word, te bepaal. In hierdie verband skryf Haywood en Lidz (2007:76) dat die inhoud van die kurrikulum ‘n belangrike basis vir DA is. Dit is moeilik om presies te bepaal hoe lank die DA sal duur omdat dit van individuele omstandighede afhang, maar gewoonlik neem die pre-toets asook post-toets 45-60 minute elk (Laughlan & Carrigan, 2013:10).

Die fases van DA is soos volg:

v Die pre-toets duur ongeveer 45-60 minute en alhoewel daar vir die assesseringsfase materiaal opgestel is deur verskeie opstellers, kan enige materiaal gebruik word (Laughlan & Carrigan, 2013:11). Dit word gewoonlik uitgevoer deur opgeleide persone.

v Terugvoer vanuit die pre-toets aan onderwysers en ouers asook almal wat met die leerder werk.

v Individuele hulpprogramme word opgestel.

v Die intervensie duur ongeveer 30-60 minute. Dit hang natuurlik af van die ondervinding en bekwaamheid van die persoon wat die program opstel en die intervensie aanbied (gewoonlik die assesseerder self). Die assesseerder is betrokke en daar word voorgestel dat die onderwysers, ouers en almal wat met die leerder werk, insette sal lewer.

v Heronderrig en intervensie neem van dae tot maande en hang af van die individu. Dit word in die klas gedoen of as ‘n remediëringsprogram. Dit kan deur die onderwyser, assesseerder, ouers asook leeronderdersteuners gedoen word.

v Die post-toets duur ongeveer 45-60 minute en word deur die assesseerder gedoen.